About the Author(s)


Jaco Beyers Email symbol
Department Religion Studies, Faculty of Theology and Religion, University of Pretoria, Pretoria, South Africa

Citation


Beyers, J., 2023, ‘Festschrift: WA Dreyer’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 79(1), a8636. https://doi.org/10.4102/hts.v79i1.8636

Note: Special Collection: Wim Dreyer Dedication.

Editorial

Festschrift: WA Dreyer

Jaco Beyers

Copyright: © 2023. The Author(s). Licensee: AOSIS.
This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Agtergrond

Prof. Wim Dreyer het oor ’n lang tydperk ’n besondere bydrae gelewer tot die bevordering van Bybels Reformatoriese teologie ten dienste van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika.

Willem Akkerhuys Dreyer is op 09 Oktober 1958 in Pretoria gebore. In 1976 matrikuleer hy aan die Afrikaans Hoër Seunskool, met Afrikaans, Engels, Duits, Latyn, Wiskunde en Geskiedenis as vakke.

Wim Dreyer is op 25 November 1982 gelegitimeer as predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en op 24 April 1983 in die Gemeente Magaliesmoot georden. Hy bedien vervolgens die gemeentes Vliegepoort (1985–1988), Balfour (1988–1995) en Horison-Roodepoort (1995–2005). In 2014 (tot op hede) is hy in die Gemeente Pretoria-Oos as deeltydse predikant bevestig.

In 2005 word hy deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV) benoem as Sekretaris vir Apostolaat, verantwoordelik vir sending, asook skakeling met die ekumeniese Afrika-Instituut vir Missiologie (AIM). In dié tyd was hy verantwoordelik vir die verskuiwing van die AIM vanaf Hammanskraal na die kerkkantoor in Pretoria. Hy het ook weeklikse lesings vir die studente van die Maranatha Reformed Church of Christ (MRCC) aangebied.

Wim Dreyer was van 2001 tot 2007 tydelik deeltydse dosent in Kerkgeskiedenis aan die Universiteit van Pretoria. In 2010 word hy in ’n 50%-pos aan die Fakulteit Teologie aangestel, en 50% in die Sentrum vir Missionale Bediening wat die Algemene Kerkvergadering in 2010 tot stand gebring het. Die deeltydse aanstelling in die Fakulteit Teologie is in 2013 verander na ’n heeltydse pos in Kerkgeskiedenis en Kerkreg. In 2019 word hy bevorder tot medeprofessor in die Departement Sistematiese en Historiese Teologie. Hy ontvang in 2020 sy gradering as navorser van die National Research Foundation (NRF), op grond van uitsette in die vorm van publikasies.

Wim Dreyer is lid van nasionale en internasionale vakverenigings, en is tans ook ’n navorsingassosiaat van die Johannes à Lasco Instituut (Emden, Duitsland). As dosent is hy verantwoordelik vir lesings oor die teologiese ontwikkeling en geskiedenis van die Christendom in die Vroeë Kerk, Laat Middeleeue, Reformasie (16de eeu), asook die Moderne Periode. In die lesings fokus hy veral op die teologiese bydraes van Augustinus, Martin Luther, Johannes Calvyn en Karl Barth. In sy lesings oor Kerkreg beklemtoon hy die belang van ’n toepaslike en eietydse ekklesiologie as basis en uitgangspunt vir die kerklike orde en bedieningspraktyk. Hy het tot op hede 14 meesters- en 9 doktorale studente begelei.

In 2019 het die Algemene Kerkvergadering besluit om die Hervormde Teologiese Kollege uit te brei, deur die vestiging van die Sentrum vir Gemeentelike Bediening (SGB) en die Sentrum vir Reformatoriese Teologie (SRT). Die Kommissie van die AKV het Wim Dreyer as eerste hoof van die SRT benoem, met die verantwoordelikheid om die Kerk se teologiese studente bloot te stel aan Hervormde teologie, soos dit histories ontwikkel het en omskryf word in die Kerkorde. ’n Verdere ontwikkeling was die insluiting van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) se argief, museum en biblioteek in die SRT.

Akademiese kwalifikasies en studierekord

  • Wim Dreyer het in 1979 sy BA-graad voltooi met Hebreeus en Wysbegeerte as hoofvakke. In 1982 voltooi hy sy BD-graad, met ’n skripsie onder die titel ‘Teologie as wetenskap’.
  • In 1992 voltooi hy sy doktorale eksamen in Nuwe Testament onder leiding van prof. AG van Aarde; in Praktiese Teologie onder leiding van prof. TFJ Dreyer; en in Kerkgeskiedenis en Kerkreg onder leiding van prof. AD Pont. In 1995 promoveer hy in Kerkgeskiedenis en Kerkreg onder leiding van prof. SJ Botha, met ’n proefskrif oor ‘Kerk, volk en owerheid’. Hy ontvang die graad DD in 1995.
  • In 2009 begin hy met sy doktorale studie onder leiding van prof. TFJ Dreyer. Hy promoveer in 2011 in Praktiese Teologie met ’n proefskrif met die titel ‘Praktiese Ekklesiologie – ’n Hervormde perspektief’. Die navorsing het gefokus op die transformasie van die Hervormde Kerk, in die konteks van veranderende omstandighede aan die begin van die 21ste eeu.

Akademiese prestasies en bydraes

Publikasies
  • Monografie (2)

Dreyer, W.A., 1999, Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika 1652 tot 1902 – Die eerste 250 jaar, Kital, Pretoria.

Dreyer, W.A., 2016, Praktiese Ekklesiologie. Kerkwees in die 21e Eeu, AOSIS, Cape Town.

  • Redakteur van boeke (3)

Dreyer, W.A., Gerber, J.J. & Smit, C.J. (eds.), 2010, ‘John Calvin 1509–2009. A South African Perspective’, in In die Skriflig, suppl 3, American Theological Library Association, Chicago.

Dreyer, W.A. (red.), 2017, ‘100 jaar Hervormde Teologie’, HTS Hervormde Teologiese Studies 73(1), a4612, https://doi.org/10.4102/hts.v73i1.4612

Dreyer, W.A. (red.), 2021, ‘#“Skrifbeskouing”, Kerk en Teologie Vol. I’, Tydskrif vir Hervormde Teologie 9.

  • Hoofstukke in boeke (12)

Dreyer, W.A., 2021, ‘Woord van God, Bybel, Heilige Skrif’, in W.A. Dreyer (red.), Kerk en teologie Vol. 1, vol. 9, Tydskrif vir Hervormde Teologie.

Dreyer, W.A., 2017, ‘Ecclesia semper reformanda: The challenge to be church. Perspectives from the Ned. Hervormde Kerk van Afrika’, in K. Gerber (ed.), Reformation 500 – Some South African perspectives, CLF, Wellington.

Dreyer, W.A., 2017, ‘Die ontstaan en belang van Calvyn se eerste drie publikasies’, in I.W.C. Van Wyk (red.), Nadenke oor 500 jaar se reformatoriese teologie, pp. 40–52, AOSIS, Durbanville.

Dreyer, W.A., 2017, ‘Calvin, Van Lodenstein and Barth: Three perspectives on the necessity of church reformation’, in I.W.C. Van Wyk (ed.), Nadenke oor 500 jaar se Reformatoriese teologie, pp. 53–65, AOSIS, Durbanville.

Dreyer, W.A. & Pillay, J., 2017, ‘#“Historical Theology: Content, methodology and relevance”, Theology at the University of Pretoria – 100 years: (1917–2017) Past, present and future’, Verbum et Ecclesia 38(4), a1680. https://doi.org/10.4102/ve.v38i4.1680

Dreyer, W.A., 2014, ‘New context, new church order’, in L.J. Koffeman & J. Smit (eds), Protestant Church polity in changing contexts II, Zürich, Lit Verlag.

Dreyer, W.A., 2013, ‘Fifty years of isolation: The Nederduitsch Hervormde Kerk 1960–2010’, in M.A. Plaatjies van Huffel & R. Vosloo (eds.), Reformed Churches in South Africa and the struggle for justice. Remembering 1960–1990, Sun Media, Stellenbosch.

Dreyer, W.A., 2010, ‘From Noyon to Geneva’, in W.A. Dreyer, J.J. Gerber & C.J. Smit (eds.), John Calvin 1509–2009. A South African perspective, pp. 1–22, Skriflig 44 suppl.3, American Theological Library Association, Chicago.

Dreyer, W.A., 2010, ‘Calvin on church and government’, in W.A. Dreyer, J.J. Gerber & C.J. Smit (eds.), John Calvin 1509– 2009. A South African perspective, pp. 167–180, Skriflig 44 suppl.3, American Theological Library Association, Chicago.

Dreyer, W.A., 2002, ‘1853. Die Hervormde Kerk vry en onafhanklik’, in G. Hofmeyr (red.), NG Kerk 350 Jaar, Lux Verbi, Wellington.

Dreyer, W.A., 2000, ‘Tussen ortodoksie en vrysinnigheid’, in D.J.C. Van Wyk (red.), 20e Eeu Hervormde Teologie, Pretoria, Sentik.

Dreyer, W.A., 1986, ‘Sakramente, doop en nagmaal’, in Glo die Woord – Kategese vir volwassenes, Pretoria, Kital.

  • Artikels (46)

2021

Dreyer, W.A. & Maseko, X., 2021, ‘Ecclesiological renewal for a relevant ministry and church polity, with reference to UCCSA and UPCSA in Zimbabwe’, Studia Historiae Ecclesiasticae 47(1), 13, https://doi.org/10.25159/2412-4265/8373

Dreyer, W.A. & Janse van Rensburg, A., 2021, ‘Godsdiens en die reg: Herwaardering van die Hervormde Kerk se Besluit 41 (2016) oor homoseksualiteit’, Tydskrif vir Geesteswetenskappe 61(1), 211–228, https://doi.10.17159/2224-7912/2021/v61n1a13

2020

Dreyer, W.A., 2020, ‘Benedikt Dreyer (1480–1555): Kunstenaar in konteks van die Kerkhervorming’, LitNet Akademies 17(2), 382–402.

Dreyer, W.A., 2020, ‘The priesthood of believers: The forgotten legacy of the reformation’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 76(4), a6021, https://doi.org/10.4102/hts.v76i4.6021

Dreyer, W.A., 2020, ‘Die Sinode van Emden: Bakermat van die Nederduitse Kerke in Suid-Afrika’, In die Skriflig 54(1), a2630, https://doi.org/10.4102/ids.v54i1.2630

Dreyer, W.A., 2020, ‘A theological response to collective trauma in South Africa’, In die Skriflig 54(1), a2578, https://doi.org/10.4102/ids.v54i1.2578

Dreyer, W.A., 2020, ‘Missionale ekklesiologie in die Afrikaanse gereformeerde kerke sedert 1990’, Stellenbosch Theological Journal 6(3), 249–276, https://doi.org/10.17570/stj.2020.v.6n.3.a08

2019

Dreyer, W.A., 2019, ‘Being church in the era of “homo digitalis”#’, Verbum et Ecclesia 40(1), a1999, https://doi.org/10.4102/ve.v40i1.1999

Dreyer, W.A., 2019, John de Gruchy’s understanding of the Kingdom of God as articulated in “The Church struggle in South Africa”, Studia Historiae Ecclesiasticae 45(1). https://doi.org/10.25159/2412-4265/4790

2018

Dreyer, W.A., 2018, ‘Barth on election and the Canons of Dort’, In die Skriflig 52(2), a2389, https://doi.org/10.4102/idsv52i2.2389

Lee, Y. & Dreyer, W.A., 2018, ‘From proto-missional to mega-church: A critique of ecclesial “growth” in Korea’, HTS Teologiese Studies/ Theological Studies 74(4), 4665. https://doi.org/10.4102/hts.v74i4.4665

Dreyer, W.A., 2018, ‘John Calvin as “public theologian” in view of his “Commentary on Seneca’s de Clementia”#’, HTS Teologiese Studies/ Theological Studies 74(4), a4928, https://doi.org/10.4102/hts.v74i4.4928

2017

Dreyer, W.A., 2017, ‘There is only one Church! Albert Geyser’s ecclesiology in delayed action’, HTS Teologiese Studies/ Theological Studies 73(1), 4598, https://doi.org/10.4102/hts.v73i1.4598

Dreyer, W.A., 2017, ‘Karl Barth’s Römerbrief: A turning point in Protestant Theology’, Studia Historiae Ecclesiasticae 43(3), a3183, https://upjournals.co.za/index.php/SHE/index

Dreyer, W.A., 2017, ‘Teaching historical theology at the University of Pretoria – Some introductory remarks’, HTS Teologiese Studies/ Theological Studies 73(4), a4596, https://doi.org/10.4102/hts.v73i4.4596

Dreyer, W.A., 2017, ‘Kerkwees in die voetspore van Christus volgens Efesiërs 4 en 5’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 73(1), a4681, https://doi.org/10.4102/hts.v73i1.4681

Dreyer, W.A., 2017, ‘Johannes Dreyer (1500–1544) – Die Hervormer van Herford’, HTS Teologiese Studies/ Theological Studies 73(1), a3211, https://doi.org/10.4102/hts.v73i1.3211

Dreyer, W.A., 2017, ‘Honderd jaar Hervormde Teologie’, HTS Teologiese Studies/ Theological Studies 73(1), a4612, https://doi.org/10.4102/hts.v73i1.4612

2016

Dreyer, W.A., 2016, Church, mission and ethics: Being church with integrity’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 72(1), a3163, https://doi.org/10.4102/hts.v72i1.3163

SA Church History Society: Dreyer, W.A., 2016, ‘Heretic or rebel? The heresy trial of Albert Geyser’, HTS Teologiese Studies/ Theological Studies 72(4), a3745, https://doi.org/10.4102/hts.v72i4.3745

Dreyer, W.A., 2016, ‘Historiese Teologie in ’n veranderende konteks’, HTS Teologiese Studies / Theological Studies 72(3), a3208, https://doi.org/10.4102/hts.v72i3.3208

Dreyer, W.A, & Van Rensburg, A., 2016, ‘Oorsprong van die drievoudige struktuur van die Heidelbergse Kategismus’, HTS Teologiese Studies/ Theological Studies 72(3), a3349. https://doi.org/10.4102/hts.v72i3.3349

2015

Dreyer, W.A., 2015, ‘South Africa: The early quest for liberty and democracy’, HTS Teologiese Studies / Theological Studies 71(3), a2873, https://doi.org/10.4102/hts.v71i3.2873

Dreyer, W.A., 2015, ‘In pursuit of justice (1). Albert Geyser’s story as told by the media’, Studia Historia Ecclesiastica 41(2), https://doi.org/10.17159/2412-4265/2015/396

Dreyer, W.A., 2015, ‘The real crisis of the church’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 71(3), a2822, https://doi.org/10.4102/hts.v71i3.2822

Dreyer, W.A., 2015, ‘Heilige, algemene kerk’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 71(3), a2826, https://doi.org/10.4102/hts.v71i3.2826

2014

Dreyer, W.A., 2014, ‘The Heidelberg Catechism: A 16th century quest for unity’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 70(1), a2092, https://doi.org/10.4102/hts.v70i1.2092

Dreyer, W.A., 2014, ‘Conversio Ad Docelitam: Calvyn oor bekering en Christenwees’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 70(3), a2094, https://doi.org/10.4102/hts.v70i3.2094

Dreyer, W.A., 2014, ‘Wanneer een twee word: ’n Perspektief op resente gebeure in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 70(1), a2054, https://doi.org/10.4102/hts.v70i1.2054

2013

Dreyer, W.A., 2013, ‘Missional ecclesiology as basis for a new church order: A case study’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 69(1), a1368, https://doi.org/10.4102/hts.v69i1.368

Dreyer, W.A., 2013, ‘Die Hervormde Kerk en apartheid’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 69(1), a1944, https://doi.org/10.4102/hts.v69i1.1944

2012

Dreyer, W.A., 2012, ‘The amazing growth of the early church’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 68(1), a1268, https://doi.org/10.4102/hts.v68i1.1268

2011

Hervormde Teologiese Kollege: Dreyer, W.A., 2011, ‘Histories-vergelykende ekklesiologie – Oppad na ’n omvattende Praktiese Ekklesiologie’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 67(3), 1083, https://doi.org/10.4102/hts.v67i3.1083

Dreyer, W.A., 2011, ‘A journey from isolation’, HTS Teologiese Studies / Theological Studies 67(1), a869, https://doi.org/10.4102/hts.v67i1.869

Dreyer, W.A., 2011, ‘’n Multidissiplinêre benadering tot Praktiese Ekklesiologie’, in HTS Teologiese Studies / Theological Studies 67(2), a1088, https://doi.org/10.4102/hts.v67i2.1088

2009

Dreyer, W.A., 2009, ‘The Leuenberg Agreement and church unity: A possible matrix to cross ten seas with?’ HTS Teologiese Studies/ Theological Studies 65(1), 195. https://doi.org/10.4102/hts.v65i1.195

2005

Dreyer, W.A., 2005, ‘Die NHKA as volkskerk – herbesinning’, HTS Teologiese Studies / Theological Studies 62(4), 1337–1368. https://doi.org/10.4102/hts.v62i4.415

Dreyer, W.A., 2005, ‘Church and government in reformed perspective, HTS Teologiese Studies / Theological Studies 61(3), 883–895, https://doi.org/10.4102/hts.v61i3.472

2001

Dreyer, W.A., 2001, Kerkgeskiedenis: Perspektiewe vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika HTS Teologiese Studies / Theological Studies 57(3&4), 1015–1036, https://doi.org/10.4102/hts.v57i3/4.1864

1999

Dreyer, W.A., 1999, ‘Die betekenis van die doop vir lidmaatskap van die kerk’, HTS Teologiese Studies / Theological Studies 55(2&3), 563–586, https://doi.org/10.4102/hts.v55i2/3.1603

1997

Dreyer, W.A., 1997, ‘Enkele aantekeninge oor die ontstaan van belydenisskrifte in die sestiende eeu’, HTS Teologiese Studies / Theological Studies 53(4), 1206–1227, https://doi.org/10.4102/hts.v53i4.1779

1996

Dreyer, W.A., 1996, ‘Enkele aspekte van Beza se politieke teorie, soos verwoord in sy De iure magistratuum’, HTS Teologiese Studies / Theological Studies 52(4), 1001–1013, https://doi.org/10.4102/hts.v52i4.1587

Dreyer, W.A., 1996, ‘Kerk – kultuur – volk – owerheid’, HTS Teologiese Studies / Theological Studies 52(4), 863–893, https://doi.org/10.4102/hts.v52i4.1574

1995

Dreyer, W.A., 1995, ‘Kerk, volk en owerheid in die 1858 Grondwet van die Zuid-Afrikaansche Republiek’, HTS Teologiese Studies / Theological Studies 51(2), 539–551, https://doi.org/10.4102/hts.v51i2.1406

Dreyer, W.A. & Majwabe, F.E., 1995, ‘Tradisionele geloof, HTS Teologiese Studies / Theological Studies 51(2), 552–558, https://doi.org/10.4102/hts.v51i2.1406

1994

Dreyer, W.A., 1994, ‘Die kerkregtelike posisie van die kind in die Ned. Hervormde Kerk van Afrika, met besondere verwysing na lidmaatskap, doop, nagmaal en tug’, HTS Teologiese Studies / Theological Studies 50(3), 522–530. https://doi.org/10.4102/hts.v50i3.2568

Lidmaatskap van vakverenigings
  • Church History Society of Southern Africa
  • SA Kongres vir Calvynnavorsing
  • International Society for Protestant Church Polity
  • Kerkhistoriese Genootskap
Skakeling met en lesings aan oorsese teologiese fakulteite
  • Genève (2000)
  • Zürich (2000)
  • Oslo (2000)
  • Utrecht (2000)
  • Johannes à Lasco Instituut, Emden (Verskeie kere 2012–2019)
  • Groningen (2016)
  • PThU (2019)
  • Toronto (2019)
Nagraadse eksaminator

Wim Dreyer is eksterne eksaminator vir nagraadse studente aan die Universiteite van Noordwes, Stellenbosch en Vrystaat.

Huidige akademiese benoemings
  • Dosent: Fakulteit Teologie en Religie, Universiteit van Pretoria
  • Koördineerder: Sentrum vir Reformatoriese Teologie
  • Navorsingsgenoot: Johannes à Lasco Instituut (Emden, Duitsland)
  • Redaksielid: In die Skriflig
  • Redakteur: Tydskrif vir Hervormde Teologie
Beoordelaar teologiese vaktydskrifte

Wim Dreyer het al meer as 100 artikels vir die volgende joernale voltooi:

  • Theologia Moderna (USA)
  • HTS Teologiese Studies / Theological Studies
  • Studia Historia Ecclesiastica
  • Verbum et Ecclesia
  • Koers
  • Acta Theologica
  • In die Skriflig
  • Litnet
  • Tydskrif vir Hervormde Teologie

Besondere diens aan die NHKA

Kommissie van die Algemene Kerkvergadering

Wim Dreyer is in 2001 die eerste keer as lid van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering verkies. Daarna is hy weer in terme van die kerkordelike rotasiebeginsel in 2004, 2010, 2013 en 2019 as lid van die Kommissie verkies. In die afgelope 21 jaar dien hy as vise-skriba, skriba, voorsitter en ondervoorsitter van die Kommissie en die Moderamen.

In hierdie periode van die NHKA se geskiedenis moes die Kommissie besonder moeilike sake hanteer, onder meer besluite oor apartheid (en die gepaardgaande kerkskeuring en hofsaak); die formulering en vestiging van ’n eietydse kerkbegrip en ekklesiologie (en die verwydering van die begrip ‘volkskerk’ uit die Kerkorde); besluite oor homoseksualiteit; die hertoelating tot internasionale ekumeniese liggame; die herstrukturering van die sinodale rade en sinodale struktuur (insluitend die verkoop van die sinodale kerkkantoor); die ontwikkeling van ’n nuwe verstaan van sending (van ’n tradisionele sendingmodel na ’n missionale bedieningspraktyk); nuwe liturgiese praktyke en diensformuliere, asook die herstrukturering van die diakonale diensorgane.

Ten opsigte van al hierdie sake het Wim Dreyer ’n integrale rol gespeel in terme van navorsing, formulering van beskrywingspunte vir die AKV en die implementering van veranderingbestuur.

Memoranda aan die Algemene Kerkvergadering en Kommissie

Wim Dreyer was verantwoordelik vir die talle memoranda wat voor die Kommissie van die AKV en die Algemene Kerkvergadering gedien het, en bygedra het tot die hervorming en vernuwing van die Hervormde Kerk:

  • 2005: Amp van die predikant
  • 2005: Deeltydse predikante?
  • 2005: Statistiese verslag ten opsigte van ampswerk
  • 2006: Eenheid tussen die NHKA en die MRCC
  • 2006: Missionêre gemeentes
  • 2006: Onbekwaamheid van predikante
  • 2006: Sinodale herstrukturering
  • 2006: Unity in mission (Eenheid MRCC en NHKA)
  • 2006: Kerkeenheid en volkskerk
  • 2006: World Alliance of Reformed Churches Fact Sheet
  • 2006: Inligtingstuk besoek van die WARC aan die NHKA
  • 2007: Riglyne vir die Apostolaat in die NHKA
  • 2007: The Road Ahead – The WARC and the NHKA
  • 2008: Die NHKA en die WARC. Memorandum van die Raad vir Ekumene aan die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering
  • 2009: Strategiese oorwegings ten opsigte van die Apostolaat in die NHKA
  • 2009: Semper Reformanda: Implementering van die apostolaatbeleid soos goedgekeur deur die 67ste Algemene Kerkvergadering.
  • 2010: Enkele ekklesiologiese kontoere met die oog op die herskrywing van die Kerkorde.
  • 2010: Ondersoek na die oorsake van lidmaatvermindering in die NHKA
  • 2010: Memorandum aan die AKV oor die NHKA en ekumeniese skakeling
  • 2011: Die NHKA en Apartheid
  • 2012: Contra Status Confessionis: ’n Weerlegging van die status confessionis wat teen die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika uitgereik is deur ’n groep bekend as die SteedsHervormers.
  • 2012: Die Welstand van predikante en gemeentes in die NHKA
  • 2013: Die NHKA as volkskerk – oorsig en herbesinning
  • 2014: Bilaterale ooreenkoms tussen die NHKA en die NGK
  • 2014: Kerkwees met integriteit
  • 2016: Kerkwees in Christus se voetspore
  • 2019: Herindeling van ringe
  • 2019: Besinning oor die uitverkiesingleer
  • 2021: Strategiese oorwegings ten opsigte van sinodale begrotings
Kerklike publikasies
  • Dreyer is met ingang 01 Januarie 1995 deur die Kommissie van die AKV as redakteur van Die Hervormer benoem, terwyl hy predikant van Gemeente Horison was. In daardie stadium het daar weekliks ’n gedrukte koerant verskyn. Hy het as redakteur uitgetree na sy verkiesing tot die Algemene Kommissie in 2001.
  • Sedert 2019 dien hy as redakteur van Die Almanak.
  • Vanaf 2021 dien hy as redakteur van die Tydskrif vir Hervormde Teologie.
Sinodale Rade

Wim Dreyer dien op die volgende sinodale rade en komitees:

  • Kuratorium (ondervoorsitter)
  • Raad vir SENTIK
  • Raad vir Apostolaat (Sekretaris)
  • Raad vir Ekumene (Sekretaris)
  • Kernkomitee vir Teologie en Etiese Vraagstukke (Voorsitter)

Spesiale toekennings

Wim Dreyer het die volgende toekennings ontvang:

  • Toekenning van die National Research Foundation (NRF).
  • SP Engelbrecht-medalje (Goud) vir Suid-Afrikaanse kerkgeskiedskrywing.
  • ’n Goue sertifikaat van die Internasionale Olimpiese Komitee vir ’n besondere bydrae tot die ontwikkeling van Olimpiese sport in Suid-Afrika.
  • Die Bene meritus-toekenning vir 40 jaar diens aan Suid-Afrikaanse sport (Skerm).
  • Sportadministrateur van die Jaar van TuksSport.
  • Verskeie goue toekennings van TuksSport as afrigter van die nasionale senior (Protea) en junior skermspan by ses verskillende wêreldkampioenskapbyeenkomste, asook die Wêreld- Universiade.
  • Hy is in 2021 ingelyf in TuksSport se ‘Hall of Fame’.


Crossref Citations

No related citations found.