Abstrak
Herman Jean de Vleeschauwer’s (1899–1986) interpretation of Medieval philosophy at UNISA (1951–1964). This article presents the interpretation of Herman Jean de Vleeschauwer (1899–1986) of Medieval philosophy during his career as a lecturer and professor of philosophy at the University of South Africa (UNISA) from 1951 to 1964. The study is done regarding De Vleeschauwer’s publications and unpublished manuscripts relating to Medieval philosophy, as filed in Archive MSS Acc 32 at the UNISA Institutional Repository. Essentially, De Vleeschauwer was one of only two South African university lecturers in the 20th century who consistently included the Middle Ages in the philosophy curriculum (the other was Martin Versfeld at the University of Cape Town, from 1937 to 1972). When précising his work in Medieval philosophy at UNISA for the designated period, it becomes clear that De Vleeschauwer’s nuanced defence of Thomism was the matrix of his interpretation. This cornerstone, and his numerous other published and unpublished texts relating to the Middle Ages, show that De Vleeschauwer was an erudite commentator, competent lecturer and skilled specialist researcher in Medieval philosophy, as he was in early modern and modern philosophy (especially on Kant and Geulincx). As a scholar of Medieval philosophy, in particular, De Vleeschauwer had no equal in the 20th century South African context.
Contribution: This article contributes to the ongoing assessment of the characteristic and curious inattention to Medieval philosophy at South African (especially the historical Afrikaans) universities during the course of the 20th century.
Keywords: Archive MSS Acc 32; Herman Jean de Vleeschauwer (1899–1986); Medieval philosophy; Thomism; University of South Africa (UNISA); Martin (Marthinus) Versfeld (1909–1995).
Inleiding
Hierdie artikel sluit aan by ’n vorige1 bydrae wat handel oor die enigste twee plaaslike filosofiedosente wat Middeleeuse filosofie sistematies en konsekwent gedurende die middeldekades van die 20ste eeu in hulle leergange verreken het, te wete Martin (Marthinus) Versfeld (1909-1995), in die periode 1937 tot 1972 aan die Universiteit van Kaapstad, en Herman Jean de Vleeschauwer (1899-1986), in die periode 1951 tot 1964 aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA).2 Dit is juis op grond van die volgehoue insluiting van die Middeleeuse korpus in hulle publikasies en ongepubliseerde tekste dat die twee dosente as uniek in die Suid-Afrikaanse filosofiese landskap opval. Geen vakkundige bestekopname is egter tot op datum van Versfeld en De Vleeschauwer se nalatenskappe met betrekking tot hulle werk in Middeleeuse filosofie as sodanig aangebied nie.3 Ten opsigte van De Vleeschauwer word gevolglik ’n eerste poging aangewend vanuit sy tersaaklike publikasies en ongepubliseerde dokumente, soos bewaar in die De Vleeschauwer Argief MSS Acc (Manuscript Collections Accession) 32 in die UNISA Institutional Repository. Die kernoorweging in die lesing is dat De Vleeschauwer se interpretasie van Middeleeuse filosofie afgelei kan word van sy genuanseerde verdediging van Thomisme, soos vergestalt in na-Middeleeuse resepsies van die werke van die Dominikaan Thomas Aquinas (1225-1274), in sy vroeëre ontleding Schets eener critiek der Thomistische wijsbegeerte (De Vleeschauwer 1930 [tweede uitgawe 1942], en bygewerk in sy lesings aan UNISA [De Vleeschauwer 1956a, 1957a, 1958a; sien afdeling 3 infra]).
Herman Jean (oorspronklik Jan Melania) de Vleeschauwer (9 Julie 1899 – 15 Augustus 1986) is in Dendermonde in België gebore en het in 1923 in filosofie gepromoveer aan die Universiteit van Gent (UGent). Hy was vanaf 1925 tot 1945 hoogleraar in logika, metafisika en ideëgeskiedenis by dieselfde universiteit. De Vleeschauwer was ook vanaf 1951 dosent in filosofie en later (vanaf 1956) professor in sowel filosofie as biblioteekkunde4 aan UNISA, tot en met sy aftrede in 1964. Hy was ’n buitengewoon produktiewe akademiese skrywer (veral as Kant- en Geulincx-navorser) wat in 1939 tot lid van die Koninklike Vlaamse Akademie benoem is en reeds in 1937 op die ouderdom van 38 ’n eerste eredoktorsgraad (van die Universiteit van Glasgow) ontvang het (sien Van der Walt & Coetzee 2013:1–2). In die 20 jaar as professor by UGent het De Vleeschauwer 11 monografieë en 54 portuurgeëvalueerde artikels gepubliseer (sien Zastrau 1987:2–18). Hy het hierdie merkwaardige publikasieregister by UGent vanaf 1951 aangevul by UNISA deur die magdom gepubliseerde tekste en ongepubliseerde materiaal wat tans in MSS Acc 32 bewaar word. De Vleeschauwer was dus in alle opsigte ’n voortreflike akademikus wat tereg die agting van sy vakgenote binne en buite Suid-Afrika afgedwing het.
Dit is teen die agtergrond van Archie L. Dick se betreklik onlangse ontledings (sien Dick 2002:5–27, 2012:83–99)5 egter nie moontlik om De Vleeschauwer se betrokkenheid by Nasionaal-Sosialistiese (via die Vlaamsch Nationaal Verbond) en ander ekstremistiese bewegings in België vanaf die vroeë 1940’s verder te onderspeel nie. Geen verwysing na De Vleeschauwer se bewese ondersteuning van Nasionaal-Sosialisme vanaf 1942 tot 1945, en dat hy op 30 Januarie 1946 deur ‘n Belgiese militêre hof ter dood veroordeel is vir aktiewe bystandverlening aan die Nazi-besetting van België gedurende daardie periode, dat hy in Februarie 1950 onder die skuilnaam ‘Herman de Villiers’ gevlug het na Suid-Afrika (na drie jaar van geregsontduiking in Switserland met ’n vals paspoort [as ‘Herman-Jean Goffaux’]), of dat hy op bedenklike wyse Suid-Afrikaanse burgerskap en ’n vaste aanstelling by ’n Suid-Afrikaanse universiteit verkry het (sien Dick 2002:18–22), kom voor in die Festschrift wat reeds in 1960 gepubliseer is, asook ’n gedenkskrif wat in 1989 en twee prominente eulogieë wat in 1987 en 1989 gepubliseer is nie. Wie die waarderende opsomming van Kruithof (1960; vgl. Leemans 1937) van De Vleeschauwer se indrukwekkende lys van publikasies vanaf 1925 tot en met sy finale skorsing uit UGent6 in Januarie 1945 lees, sou dus geen diskontinuïteit opmerk in die latere herwaarderings van befaamde vakgenote soos Gerhard Funke (1987), Gerhard Rauche (1989) en Volker Gerhardt (1989), of vanuit die commendationes van die eminente medewerkers (insluitende Walter Bröcker, Carl Oberholzer en Hendrik Stoker) aan die Festschrift H.J. de Vleeschauwer (sien Redakteurs Philosophia Reformata 1960) reeds van 1960 nie. Dat ’n hoër hof bevind het De Vleeschauwer het hom vanaf 1942 (en tot nog so laat soos in 1946) skuldig gemaak aan ernstige wandade (onder meer die plundering van private Joodse biblioteke onder direkte toesig van die berugte Einsatztab Reichsleiter Rosenberg of ERR – maar dit gaan in strafregtelike sin veel wyer7) en uiteindelik deur dié hof aan hoogverraad skuldig bevind is, was óf nie aan sy vakgenote bekend nie, óf hulle was daarvan oortuig dat dit nie verder relevant was nie.8
Tersaaklike dokumente in die De Vleeschauwer Argief MSS Acc 32, UNISA
Teen sy aftrede in 1964 was De Vleeschauwer die enkelskrywer van meer as 60 boeke en hoofstukke in boeke, en meer as 300 portuurgeëvalueerde artikels in geakkrediteerde tydskrifte, geskryf en gepubliseer in Nederlands, Frans, Duits, by uitsondering in Engels, en (op grond van die bekwame taalversorging daarvan deur Theo van Wijk, wat die grootste deel van sy lesings en ander tersaaklike tekste by UNISA uit Nederlands in Afrikaans vertaal het9) in ’n onmiskenbare Vlaamse soort Afrikaans. De Vleeschauwer het na sy aankoms in Suid-Afrika in 1950 dus vir alle praktiese doeleindes ’n Europese navorser gebly, wat oorwegend in bogenoemde Europese tale bly publiseer het (vgl. voetnote 15 en 16 infra). Afgesien van sy lesings en ander manuskripte wat in Afrikaans bygewerk en vertaal is, was daar niks in De Vleeschauwer se selfaanbod wat daarop sou kon dui dat hy ’n Suid-Afrikaanse akademiese skrywer was (of minstens in daardie stadium vanuit Suid-Afrika gewerk het) nie. By Versfeld, aan die ander kant, was dit strykdeur duidelik dat ’n deurleefde Suid-Afrikaner aan die woord was (sien Beukes 2022, deel 1, afdeling 1, endnoot 2).
MSS Acc 32 bestaan uit ’n verstommende 340 houers met ’n totale raklengte van 34 meter (sien Van der Walt & Coetzee 2013:1–22). Die argief is in 2013 aansienlik verruim nadat die biblioteek van die Universiteit van Johannesburg (UJ, voorheen die Randse Afrikaanse Universiteit [RAU]) al die materiaal (ingeslote sy volledige privaat biblioteek) wat De Vleeschauwer in die laat 1970’s aan RAU geskenk het en waarvoor hy sélf die eerste inventaris opgestel het, aan UNISA terugbesorg het. Uit hierdie enorme versameling is ook De Vleeschauwer se toegewyde onderrig van en gespesialiseerde navorsing in Middeleeuse filosofie na te speur. MSS Acc 32 bevat ’n inhoudsopgawe van 13 afdelings (A–M),10 waarin drie boekpublikasies (in Groep A) rakende die Middeleeue voorkom: oor Aquinas (De Vleeschauwer 1947) (hoewel afgehandel vier jaar voor sy indienstrede by UNISA), ’n handboek11 vir logika en kennisleer waarin Middeleeuse filosofie (vanaf Boethius [ca.477-524] tot selfs by die postskolastici12 van die laat 14de en vroeë 15de eeue) prominent figureer, en ’n sosio-kulturele chronologie (De Vleeschauwer 1964a) van die Westerse filosofie, waarin ook die Middeleeuse ideëgeskiedenis grondig verreken word.
De Vleeschauwer se geargiveerde artikels oor Middeleeuse filosofie in geakkrediteerde vaktydskrifte sluit onder meer in hoogs oorspronklike bydraes oor intellektuele sinergie (De Vleeschauwer 1953a) in die Middeleeue, die verhouding tussen metafisika en fisika (De Vleeschauwer 1965a) in die Middeleeuse en die meer uitgebreide Westerse ideëgeskiedenis, asook ’n uitstekende inleiding tot die tydgenootlike (naamlik tot in die laat 1930’s) navorsing oor Nikolaus van Kusa (De Vleeschauwer 1939a) (1401–1464), die ‘laaste Middeleeuse en eerste Renaissance filosoof’ en ‘poortwagter van die moderne’, na Gilson (1940:404) se bekende tiperings. Die argief gee blyke van ’n groot aantal soortgelyke artikels waarin De Vleeschauwer se wye belesenheid in Middeleeuse filosofie duidelik blyk, selfs met betrekking tot meer aweregse denkers soos Hendrik van Gent (d.1293) en Sigerius van Brabant (ca.1240–1282) (De Vleeschauwer 1976a, 1976b).
Die dissipline ideëgeskiedenis (of, na De Vleeschauwer se voorkeurbenaming, ‘die geskiedenis van die filosofie’) stel ’n hoë eerste kriterium, naamlik die aanbod van sistematiese ontledings wat aan die hand van gedissiplineerde verwysings na die tersaaklike primêre en sekondêre tekste geverifieer kan word. Saaklik sou opgemerk kon word dat letterlik elke werk van De Vleeschauwer aan dié eerste kriterium voldoen: élke teks, gepubliseerd en ongepubliseerd, dra die merkteken van eersterangse ideëhistoriese ontleding, met voetnote en endnote waarin grondige verwysings na die primêre tekste in Latyn en die ou Europese volkstale verskaf en selfstandig gekommentarieer word, en dit dus moontlik maak om elke stelling wetenskaplik te verifieer. In hierdie opsig was De Vleeschauwer ’n 20ste-eeuse skolastikus: hy het geen stelling aan willekeurige interpretasies oorgelaat en geen ruimte gelaat vir tegnies filosofiese misverstande nie. Van ’n retoriese lesing of verhalende aanbod uit die ideëgeskiedenis was daar by De Vleeschauwer geen sprake nie: van ’n saaklike en verifieerbare aanbod altyd wél. Stilisties het hy voorkeur verleen aan dig geskrewe paragrawe wat soms uit een buitengewoon lang sin bestaan, maar sintakties nietemin vlot en leesbaar saamgestel is. Die eg skolastiese werkswyse om tekste uit die tersaaklike tematiese voorgeskiedenis in jukstaposisie te ontleed, terwyl die gesag van die teks steeds inwendig gehandhaaf word (en nie met beroep op uitwendige [veral kerklik gesanksioneerde] gesag nie), is nougeset deur De Vleeschauwer nagevolg.
Dat De Vleeschauwer die gewigtige taak opgeneem het om die volledige leerplan in filosofie by UNISA te hersien, staan as ’n blywende aantekening by sy nalatenskap as opvoeder en dosent. Besonder opvallend is die intensiewe insluiting van Middeleeuse filosofie in sy nuut ontwerpte kursusmateriaal en studiehandleidings13 vir die twee leergange wat hy ‘Sistematiese Wysbegeerte’ en ‘Geskiedenis van die Wysbegeerte’ genoem het. Beide leergange het die vyfdelige (Aristoteliese) inhoudsopgawe van filosofie gedurende die sentrale en latere Middeleeue omvat, wat bestaan het uit kosmologie, epistemologie, metafisika, psigologie en etiek (politieke filosofie is reeds sedert die vroeë Middeleeue onder etiek gerubriseer). Hiermee is filosofie in die betrokke voorgraadse kursus by UNISA nie as slegs één van die driejarige hoofvakke aangebied nie: De Vleeschauwer het die groter leerplan met dié twee leergange juis so saamgestel dat beide as afsonderlike hoofvakke vir die betrokke graad in lettere kon dien.14 Die Middeleeuse kultuur- en ideëgeskiedenis is grondig in beide hierdie hoofvakke ‘Sistematiese Wysbegeerte (Logika, Metafisika, Epistemologie, Etiek)’ en ‘Geskiedenis van die Wysbegeerte’ aan die bod gebring.
Afgesien van sy gespesialiseerde bydraes tot Middeleeuse filosofie, sou De Vleeschauwer na die inhoud van MSS Acc 32 ook beskryf kon word as ’n spesialis in vroeë moderne en moderne filosofie (veral ten opsigte van die epistemologiese beweging vanaf Descartes na Kant15 en die tematiese raakpunte tussen Leibniz en Geulincx16) waartoe antieke filosofie17 en Middeleeuse filosofie vir hom die vanselfsprekende ideëhistoriese toegang verskaf het. Die Middeleeue figureer vir De Vleeschauwer dus nie bloot as agtergrond tot vroeë moderne en moderne filosofie nie – maar juis as die diskursiewe sleutel daarvoor. Dit is hierdie oortuiging wat hom daartoe gebring het om 20ste-eeuse Thomisme genuanseerd en konsekwent tot dié mate te verdedig dat dit as die matriks van sy interpretasie van Middeleeuse filosofie beskou sou kon word.
Opvallend afwesig in MSS Acc 32 is enige substansiële bydrae oor Augustinus (354–430), wat wel as die ‘eerste Middeleeuse filosoof’ verstaan kan word (vgl. Beukes 2020:I:12). Dit is uit die argiefmateriaal duidelik dat De Vleeschauwer hom reeds vroeg verbind het aan ’n Duitse skool, voorgegaan deur die skolastiekspesialis Martin Grabmann18 (1875–1949), wat Augustinus tot die latere kerkvadergeskiedenis beperk het en nie primêr as ’n filosoof verstaan het wat eksegeties dienooreenkomstig hanteer sou moes word nie. Sonder om hom regstreeks daarvoor te verkwalik, kan De Vleeschauwer se algehele verbygaan van Augustinus wel as die grootste enkele leemte in sy andersins wydgaande en diep belese interpretasie van Middeleeuse filosofie beskou word.19
De Vleeschauwer se genuanseerde verdediging van Thomisme as die matriks van sy interpretasie van Middeleeuse filosofie
De Vleeschauwer se genuanseerde verdediging van Thomisme kan om drie redes as die matriks of as ’n basis vir die uitleg van sy interpretasie van Middeleeuse filosofie verstaan word. Eerstens is (die vier hoofstukke in) sy Schets eener critiek der Thomistische wijsbegeerte (van hier af ‘SCTW’) een van slegs twee tekste wat hy uitdruklik in ’n tweede uitgawe bygewerk en laat herpubliseer het.20 Die enigste ander soortgelyke heruitgawe was sy Grondbeginselen der Logika, wat aanvanklik in 1931 en met ’n tweede uitgawe (ook) in 1942 gepubliseer is, en wat later by UNISA bygewerk, vertaal en heraangebied is as Handleiding by die studie van die logika en kennisleer (sien De Vleeschauwer 1952). In die ‘Woord vooraf’ van die tweede uitgawe van SCTW dui De Vleeschauwer (1942:7) aan dat daar in die 12 jaar tussen die eerste en tweede uitgawes verwikkelinge binne die filosofiese raamwerk van 20ste-eeuse Thomisme was wat bywerking genoodsaak het. Dít het natuurlik die radikaal veranderde maatskaplike (en teologiese) konteks ingesluit wat deur die Tweede Wêreldoorlog meegebring is en die Katolieke intellektuele tradisie (wat Thomisme as sy diepste filosofiese ankerpunt beskou) ten diepste geraak het.
Tweedens verduidelik De Vleeschauwer (1942:7) in dieselfde paragraaf dat hierdie teks een van ’n viertal is wat vir hom méér inhou as ‘blote objektiewe studies vanuit die lewensvreemde navorsingskonteks’ van die Middeleeue. Hy bied die vier tekste gevolglik as ‘outobiografiese fragmente’ aan wat volgens sy eie aanduiding ’n weerspieëling wil wees van die inhoud en stemming van sy ‘eie wysgerige opvoeding’.21 Thomisme dui dus nie vir De Vleeschauwer bloot op ’n uitdruklik Katolieke rigting in na-Middeleeuse resepsies van die werke van Thomas Aquinas nie, maar as ’n raamwerk vir die interpretasie van sy eie werk – mits sodanige verdediging van Thomisme as krities, en derhalwe genuanseerd, verstaan word, en veral nie verwar word met ’n (vir hom) misplaaste Katolieke lojalisme nie. Anders gestel: reeds in die ‘Woord vooraf’ is dit duidelik dat De Vleeschauwer sélf nie as ’n Thomis (en veral nie ’n neo-Thomis) verstaan wou word nie, maar in sy interpretasie van Middeleeuse filosofie wel diep aangewese was op die diskursiewe geleiers wat Aquinas verskaf het. In SCTW is daar gevolglik nie sprake van die neo-Thomistiese aanbod van ’n alleenstaande Aquinas wat die Middeleeuse ideëgeskiedenis selfstandig in sy hande sou hou nie – maar eerder van ’n kritiese verrekening (en teenkanting, veral ten opsigte van die Katolieke kerk se opeising van Aquinas as ’n heilige middel tot bedenklike intellektuele doelstellinge22) van die wyses waarop Aquinas in na-Middeleeuse resepsies voorgestel is.
Derdens is SCTW die één werk waarna De Vleeschauwer voortdurend in sy lesings by UNISA terugverwys het: vir die dosent De Vleeschauwer moes die onderrig van Middeleeuse filosofie spontaan by Aquinas begin, terugwerk na die vroeë Middeleeue en vanaf Aquinas weer vooruit beweeg na die latere Middeleeue, die Renaissance en vroeë moderniteit. Hoewel hy dus nie as ’n Thomis beskou wou word nie, het De Vleeschauwer Aquinas wel as die sentrale oriëntasiefiguur vanuit die Middeleeuse ideëgeskiedenis voorgehou. Sy tydgenoot Versfeld het by voorkeur op Augustinus, maar minstens net soveel op Aquinas gefokus as De Vleeschauwer: die twee dosente se interpretasie van Middeleeuse filosofie verskil egter daarin dat Versfeld, wat (hoewel Protestants opgevoed, maar sedert 1943) ’n toegewyde Katoliek was, inderdaad as ’n Thomis of selfs as ’n neo-Thomis beskryf sou kon word op grond van sy prioritisering van juis die Katoliek Thomistiese interpretasie van dié Dominikaan.23 De Vleeschauwer (vanuit huis ‘Vlaams-Katoliek’ [Dick 2002:20]) was daarenteen na sy eie beskrywing ‘kerklik afvallig’ en ‘altyd teen hierdie geïsoleerde voorstelling en kerklike opeising van Aquinas gekant’ (Dick 2002:20–21). Hy wou intellektueel getrou bly aan Aquinas se filosofiese nalatenskap, maar sou slegs met betekenisvolle nuansering aan dié verdediging van Thomisme kon deelneem (daarom het hy by latere terugskoue opgemerk dat hy ‘nooit Katoliek genoeg vir die Katolieke of Protestants genoeg vir die Protestante’ was nie [Dick 2002:21]). Kortom: De Vleeschauwer wou Aquinas se nalatenskap in beskerming neem sonder om onkrities aan Thomisme te konformeer.
De Vleeschauwer (1942:11) se retoriese inleidingsvraag in SCTW is hoe relevant Thomisme as die ‘kwasi-amptelike wysbegeerte van die katolisisme’ veral in die derde en vierde dekades van die 20ste eeu moontlik nog sou kon wees.24 In instemmende antwoord op dié vraag neem hy ’n wye vlug oor die Middeleeuse ideëgeskiedenis en kan die bondige werk (102 bladsye in die 1942-uitgawe) wel ook as ’n kort inleidingswerk tot Middeleeuse filosofie gelees word. ’n Betreklik breë versameling van Middeleeuse denkers en hulle intellektuele agtergronde25 word behendig aan die orde gebring – sónder om af te wyk van die werk se sentrale oogmerk, dus om Thomisme as ’n geldige (en vir hom dus uitdruklik nie-Katolieke) filosofiese oriëntasiepunt in die 20ste eeu te verdedig. Vir De Vleeschauwer (1942:14) is die taktiese wins aan Thomisme binne die moderne filosofiekonteks juis die oudwêreldse26 karakter daarvan, waar ‘kinderagtige bygeloof’ en ‘barbaarse intellektuele onderdrukking’, na ’n tipies mediëvalistiese27 voorstelling vanuit die Verligting, in ’n voortdurende stryd gewikkel sou wees. Hierdie 18de- en 19de-eeuse mediëvalisme28 het Thomisme ironies binne die moderne filosofiekonteks versterk deur dit van allerlei bykomende vooroordele te bevry – veral dat dit nie verdien om verder ernstig beskou te word nie, synde ’n rigiede filosofiese stelsel wat in ’n kultuurvreemde Latynse konteks gebed is en institusioneel skynbaar nog net deur die Katolieke kerk in bewaring gehou word.29 Hierdie mediëvalisme het Thomisme trouens bevry tot ’n alternatiewe filosofiese strategie wat in die kultureel en intellektueel diep verwonde derde en vierde dekades van die 20ste eeu as kritiek teen veral materialisme en sekularisme hervertolk kon word. Anders gestel: die feit dat Thomisme op grond van bogenoemde soort mediëvalismes deur moderniteit onderskat is, was diskursief voordelig.30
Tog was hierdie (ironies produktiewe) mediëvalisme nie kosteloos nie: die onmiddellike probleem is dat Thomisme oor die afgelope sewe eeue die karikatuur probeer aanveg het deur voortdurend interne, maar verswakkende aanpassings31 te maak, in die poging om dit, ondanks die karikatuur van wêreldvreemdheid, vir elke opvolgende geslag relevant te probeer hou. In die intellektuele verset teen dié modernistiese karikatuur was institusionele ondersteuning vanuit Katolieke geledere skynbaar onontbeerlik: minstens die 19de eeu en die eerste dekades van die 20ste eeu getuig gevolglik van ’n Thomisme wat uitdruklik as ‘modern Katoliek’ (of neo-Thomisties) bestempel sou moes word en wesenlik afskeid van die historiese Aquinas en sy leerstellings geneem het.32 Die aanvegting van ’n karikatuur het dus ’n volgende karikatuur opgelewer: in moderne Thomisme of neo-Thomisme is daar volgens De Vleeschauwer (1942:13) nog weinig van Aquinas sélf te bespeur. Hiermee arriveer ons by die oop senuweepunt van De Vleeschauwer se ontleding en daarom genuanseerde verdediging van Thomisme: Aquinas het in die moderne Thomisme onherkenbaar geword, of, skerper gestel, neo-Thomisme bied ’n Katolieke karikatuur van Aquinas en sy skolastiese uitset aan. Die maatskaplike en teologiese konteks van die eerste dekades van die 20ste eeu vra daarom na ’n grondige terugkeer na ’n kerklik onbemiddelde Aquinas waarin sy metafisika saaklik heroorweeg kan word.33
Hierdie terugkeer na Aquinas pura et vera moet egter juis digby die basiese vertrekpunt van daardie skolastiese uitset gehou word, naamlik die sintese van Aristoteliese natuurlike filosofie en (13de-eeuse) Christelike dogma. Die voorbehoude wat reeds in Aquinas se eie tyd uitgespreek is teen dié simbiose van ‘heidense ontologie’ en wesenlike aspekte van die Christelike leer, vind volgens De Vleeschauwer (1942:15–16) stééds weerklank in 19de-eeuse neo-Thomisme, waarin die Christendom (algaande dringender onder die druk van moderne sekularisme) teen sodanige ‘heidense invloede’ beskerm moes word. Die resultaat was ’n gesaniteerde Aquinas, ontdaan van sy fundamentele afhanklikheid van die nie-Christelike bronne in Aristoteliese filosofie en Neoplatonisme, en dienstig gestel aan Katolieke konfessionele belange. Daarom werp De Vleeschauwer (1942:17–19) teë op sowel die klassieke Thomistiese as die neo-Thomistiese opvatting van ’n monolitiese, selfgenoegsame en selfverwysende Aquinas: die Dominikaan moet volgens De Vleeschauwer trouens verstaan word, nie as die éérste sintetiseerder van Aristoteliese filosofie en Christelike dogma nie – maar as een van die láástes.34 Merkwaardig vir ’n lesing vanuit die eerste dekades van die 20ste eeu plaas De Vleeschauwer (1942:17) Aquinas gevolglik binne die ideëhistoriese raamwerk van Arabiese Neoplatonisme35 – in die eerste dekades van die 20ste eeu het die studie van die Arabiese denkers vanuit die vroeë Middeleeue immers pas ’n aanvang geneem en was hierdie denkers buite die Arabiesmagtige spesialisnavorsing nog grootliks onbekend. Nietemin slaag De Vleeschauwer (1942:17–18) daarin om, buiten die tóé wel reeds meer bekende Ibn Sina (Avicenna, 980–1070) en Ibn Rushd (Averroes, ca.1126–1198), ook ’n veeltal minder bekende Arabiese Aristoteliane en Neoplatoniste betekenisvol (hoewel onchronologies en slegs breedweg tematies) aan die woord te bring, waaronder die sogenaamde ‘vader van Arabiese filosofie’ Alkindi (ca.801–ca.870), Alfarabi (ca.870–ca.950) en Algazali (1058–1111), terwyl hy ook aandag skenk aan die Joodse Neoplatoniste Isak Israeli (ca.855–ca.955), Ibn Gabirol (Avicebron 1021–1058) en Moses Maimonides (1138–1204). De Vleeschauwer se vertrekpunt vir sy kritiese verdediging van Thomisme is helder en deursigtig: Aquinas was nie ’n skolastiese alleenstander wat in ’n ‘Aristotelies gesuiwerde formaat’ ten behoewe van intra muros Katolieke belange deur middel van neo-Thomisme tot nuwe diens opgeroep sou kon word nie – maar die produk van ’n gesofistikeerde Dominikaanse opvoeding wat die voorafgaande ideëgeskiedenis (nie bloot ‘heidens’ nie, maar inderdaad Islamgebaseerd) met die diepste erns geneem het.36 Alleen wanneer Aquinas op hierdie of ’n soortgelyke wyse grondig ideëhistories en kultuurhistories gekontekstualiseer word, kan Thomisme strategies as ’n alternatiewe (juis modernkritiese) filosofiese aanbod in en vir die 20ste eeu aangebied word.
Op die spoor van dié breë, maar nietemin geartikuleerde, invalshoek verken De Vleeschauwer die volgende 12 temas:
die eerste en sporadiese tekens van konflik tussen die twee jong skoolordes37 van die Dominikane en Franciskane in die 13de eeu (met fokus op Aquinas se Franciskaanse tydgenoot, Bonaventura, 1217–1274) en die wyse waarop die Franciskane se merkwaardige sukses (na die veroordeling van talle van Aquinas se leerstellinge by die Paryse Veroordelings van 1277) in die 14de eeu die vroeë Thomisme van die 14de en 15de eeue bepalend ondermyn het, gevolg deur die grootliks interne Franciskaanse geskil tussen realiste (soos Johannes Duns Skotus ca.1226–1308) en nominaliste (soos Willem van Ockham ca.1285–1349) in die 14de en vroeë 15de eeue38;
die inhiberende invloed van die Reformasie (veral Luther, Melanchthon en Calvyn) op die resepsie en ontwikkeling van Thomisme, gevolg deur pogings tydens die Kontra-reformasie tot die teendeel (veral ten opsigte van die rol van die Jesuïete daarin; De Vleeschauwer 1942:18–19);
die algehele filosofiese en trouens ideologiese ondergrawing van Thomisme in die 17de en 18de eeue39;
die fundamentele epistemologiese verskil tussen die moderne soeke na en die Middeleeuse ontvangs van waarheid;40
die ontwikkeling van antieke filosofie in die Middeleeue, met besondere verwysing na die nawerking van Plato (via Augustinus, wat De Vleeschauwer feitlik algeheel buite rekening laat) en Aristoteles (via die Arabiese Neoplatoniste) – (De Vleeschauwer 1942:18–24);
Die invloed van Petrus Abelardus (1079–1142) se filosofies teologiese dialektiek (met inbegrip van die hewige kritiek van die Cisterciënser Bernardus van Clairvaux [1090–1153] daarteen) en die Aristoteliese natuurlike filosofie van Roger Bacon (ca.1214–1292) vanuit die vroegskolastiek op Aquinas in die hoogskolastiek (De Vleeschauwer 1942:24–33);
Die ontwikkeling van die summa as genre op die spoor van Sententiae in quatuor IV libris distinctae van Petrus Lombardus (1095–1160) op weg na Aquinas se Summa Theologiae van (oorspronklik) 61 volumes (De Vleeschauwer 1942:24; vir steeds die beste tekskritiese uitgawe van die ST, sien Aquinas [1259–1268] 1964);
die hoogskolastiek se rigiede skeiding van skolastiek en mistiek, asook die konstante ‘gevaar’ van panteïsme vanuit die Neoplatoniese mistiek van die vroeë Middeleeue;41
die kenmerking van Thomisme as ’n middewegsoekende of getemperde vorm van realisme;42
die Thomistiese onderskeid tussen syn en wesensyn (Dasein, zoo-zijn);43
die Thomistiese prioritisering van substansie as synskategorie (De Vleeschauwer 1942:53–56);
laastens, die uitsonderlike plek van kousaliteitsteorie(ë) in Thomisme en hoe Newton se traagheidswet die Thomistiese aanspraak op ‘eenvoudige waar oordele’ ’n onherstelbare nekslag toegedien het.44
Hierdie 12 temas figureer sonder uitsondering in De Vleeschauwer se lesingmateriaal vanaf 1951 tot 1964 aan UNISA en dit kan as sodanig geverifieer word: wie sy handleidings vir die leergange ‘Sistematiese Wysbegeerte’ en ‘Geskiedenis van die Wysbegeerte’ vanuit hierdie tydperk raadpleeg, sal opmerk dat die inhoud van beide regstreeks met dié tematiese raamwerk korrespondeer. De Vleeschauwer verdedig Thomisme (en vir hom, by implikasie, die eietydse relevansie van Middeleeuse filosofie in die algemeen) omdat dit vanuit dié tematiese raamwerk en binne die konteks van laat 19de en 20ste-eeuse nihilisme (dus, ná ‘die dood van God’) die één vraag – moontlik die wesenlikste van alle filosofiese vrae – sistematies wou (en, op De Vleeschauwer se aandrang, steeds wíl) beantwoord: Waarom is daar juis iets en nie niks nie?
Dit sou van goeie filosofiese etiket spreek om De Vleeschauwer sélf op hierdie vraag in die hoofteks te laat reageer: ‘Deze vraag die de geest los van de andere vraag naar den oorsprong van de wereld stelt, word door Thomas en zijn geestesverwanten voor het heelal als geheel opgelost met de verwijzing naar God als den voldoenden grond van het contingent zijn in het algemeen. Deze bewijsweg is verweg de belangrijkste, niet alleen uit hoofde van de groote bewijskracht of bewijswaarde die men er als zelfstandige bewijsvoering toekent, maar meer nog, omdat het de laatste praemisse uitmaakt waarvan al die overige Godsbewijzen afhankelijk zijn’ (De Vleeschauwer 1942:78; skrywer se kursivering). Dié ‘overige Godsbewijzen’ sou natuurlik ook die bewyse vir die niebestaan (of opgeskorte bestaan, of dood) van God moes insluit. Logies geldig soos wat die vraag en De Vleeschauwer se Thomistiese antwoord daarop is, sou voorlopig dus niks meer nie as dié voorafgaande en insgelyks logiese (moontlik tog wel ‘zedelijk disteologische’45) vraag in die eietydse leser se midde gelaat kon word: Kan iets bewys word wat nooit was nie?
Samevattting en konklusie
De Vleeschauwer se kritiese en genuanseerde verdediging van Thomisme kan as die matriks van sy interpretasie van die Middeleeuse ideëgeskiedenis, ook tydens sy termyn as dosent en professor in filosofie by UNISA vanaf 1951 tot 1964, beskou word. Dit is duidelik dat hy, afgesien van sy belese kommentaar daarop en bekwame onderrig daarvan, ook gespesialiseerde bydraes tot Middeleeuse filosofie gelewer het, soos wat die geval was met sy vele ontledende en kommentariërende bydraes tot die korpus van primêre tekste in vroeë moderne en moderne filosofie (veral oor Kant en Geulincx). As ’n bedrewe spesialisnavorser van die Middeleeuse ideë- en kultuurgeskiedenis, het De Vleeschauwer in die 20ste-eeuse Suid-Afrikaanse konteks geen gelyke gehad nie.
Erkennings
Mededingende belange
Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.
Outeursbydrae
J.B. is die enigste outeur betrokke by die skryf van dié artikel.
Befondsing
Die artikel is befonds deur die Departement Filosofie & Klassieke, Fakulteit Geesteswetenskappe, Universiteit van die Vrystaat.
Data beskikbaarheidsverklaring
Datadeling is nie van toepassing op die artikel nie, aangesien geen nuwe data in die studie geskep of ontleed is nie.
Vrywaring
Die sienings en menings wat in die artikel uitgedruk word, is dié van die outeur en weerspieël nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde agentskap van die outeur nie.
Etiese oorwegings
Hierdie artikel voldoen aan alle etiese standaarde vir navorsing sonder direkte kontak met mens of dier.
Verwysings
Aquinas, T., [1259–1268] 1964, Summa Theologiae, Volumes I–LXI, Blackfriars Edition, Eyre & Spottiswoode, London.
Beukes, J., 2018a, ‘Die Arabiese trajek in die Karolingiese periode in Middeleeuse filosofie’, Litnet Akademies 15(3), 502–564, besigtig 12 Februarie 2022, vanaf https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2018/12/LitNet_Akademies_15-3_Beukes_502-564.pdf.
Beukes, J., 2018b, ‘Die Arabiese trajek in die post-Karolingiese periode in Middeleeuse filosofie’, Litnet Akademies 15(3), 565–626, besigtig 12 Februarie 2022, vanaf https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2018/12/LitNet_Akademies_15-3_Beukes_565-626.pdf.
Beukes, J., 2020, Middeleeuse filosofie, Volumes I & II, Akademia, Pretoria.
Beukes, J., 2021a, ‘The case for post-scholasticism as an internal period indicator in Medieval philosophy’, HTS Teologiese Studies / Theological Studies 77(4), 1–13. https://doi.org/10.4102/hts.v77i4.6270
Beukes, J., 2021b, ‘Middeleeuse studies, Mediëvalistiek en Mediëvalisme: Kritiese onderskeide en samehange’, Verbum et Ecclesia 42(1), 1–8. https://doi.org/10.4102/ve.v42i1.2236
Beukes, J., 2021c, ‘Neoplatonism in the Cologne tradition of the later Middle Ages: Berthold of Moosburg (ca.1300–1361) as case study’, HTS Teologiese Studies / Theological Studies 77(4), 1–15. https://doi.org/10.4102/hts.v77i4.6281
Beukes, J., 2021d, ‘“Skoolordes” in stede van “bedelordes”: ’n Heroorweging van die toepaslikheid van die begrip mendīcāns in die (Afrikaanse) Middeleeuse vakregister’, HTS Teologiese Studies / Theological Studies 77(4), 1–11. https://doi.org/10.4102/hts.v77i4.6837
Beukes, J., 2022, ‘Martin Versfeld (1909–1995) se interpretasie en toepassing van Middeleeuse filosofie aan die Universiteit van Kaapstad (1937–1972)’, Litnet Akademies 19 [ter perse].
Brown, P., 1967, Augustine of Hippo. A biography, University of California Press, Berkeley.
References to H.J. (Herman Jean) de Vleeschauwer: From the De Vleeschauwer Archive MSS Acc (Manuscript Collections Accession) 32 in the UNISA Institutional Repository, Unisa, Pretoria (listed chronologically with the archive’s relevant file number only):
De Vleeschauwer, H.J., 1930 (2nd edn., in De Vleeschauwer 1942:9–111), Schets eener critiek der Thomistische wijsbegeerte, B4.20.
De Vleeschauwer, H.J., 1931 (2nd ed. 1942), Grondbeginselen der Logika, A3.1 en A3.2.
De Vleeschauwer, H.J., 1939a, ‘Van de voorposten der moderne wijsbegeerte: Twintig jaar Cusanus-studie’, B5.6. Also in Tijdschrift voor Filosofie 1(2), 449–474.
De Vleeschauwer, H.J., 1939b, L’évolution de la pensée Kantienne, A2.1. For De Vleeschauwer’s later translations of this major work in English, Spanish, German and Italian, see MSS Acc 32 A2.2, A2.3, A2.4 and A2.5 respectively.
De Vleeschauwer, H.J., 1940, Op den drempel van de wijsbegeerte, A3.4.
De Vleeschauwer, H.J., 1942, Humanistische cultuur: Vier studien op het gebied van het hedendaagse geestesleven (Uitgeverij De Lage Landen, Brussels), A4.2.
De Vleeschauwer, H.J., 1943, Renatus Descartes: Redenering van de middel, A5.2.
De Vleeschauwer, H.J., 1947, Thomas van Aquino. Over de vorstelijke regeering, A4.6.
De Vleeschauwer, H.J., 1952, Handleiding by die studie van die logika en die kennisleer, A3.3.
De Vleeschauwer, H.J., 1953a, ‘Bibliotheken und geistige Einheit des Mittelalters’, B3.5. Auch in Deutsche Vierteljahrsschrift für Literaturwissenschaft und Geistesgeschichte 27(1), 169–181. https://doi.org/10.1007/BF03374868
De Vleeschauwer, H.J., 1953b, ‘De Benedetto Croce a Arnold Geulincx e il criterio “verum est factum”’, B2.10.
De Vleeschauwer, H.J., 1954, Die biologische Theorie der sinnlichen Erkenntnis bei Arnold Geulincx, B2.9.
De Vleeschauwer, H.J., 1955, Un nouveau style critique (Kant-Studien), B1.5.
De Vleeschauwer, H.J., 1956a, Sistematiese Wysbegeerte (Logika), E5.1.
De Vleeschauwer, H.J., 1956b, Aristoteles en die Macedoniese politiek, A5.1.
De Vleeschauwer, H.J., 1957a, Sistematiese Wysbegeerte (Metafisika, Epistemologie, Etiek), E5.2, E.3.2 en E3.3.
De Vleeschauwer, H.J., 1957b, Three centuries of Geulincx research, A6.3 and G19.6.
De Vleeschauwer, H.J., 1957c, A survey of Kantian philosophy, B1.12.
De Vleeschauwer, H.J., 1958a, Geskiedenis van die Wysbegeerte (Thomisme; Anorganiese, organiese en geestelike syn), E1.2 and E.7.1.
De Vleeschauwer, H.J., 1958b, L’opera di Arnold Geulincx, A6.6.
De Vleeschauwer, H.J., 1958c, Occasionalisme et conditio humana chez Arnold Geulincx (Kant-Studien), B2.1.
De Vleeschauwer, H.J., 1958d, Geskiedenis van die Wysbegeerte (Griekse filosofie), E2.2.
De Vleeschauwer, H.J., 1961, Le De virtute et primis ejus proprietatibus, d’Arnold Geulincx, A6.5.
De Vleeschauwer, H.J., 1962, Plans d’études au XVIIe siècle:1 Descartes, A5.5.
De Vleeschauwer, H.J., 1963a, Wie ich jetzt die Kritiek der reinen Vernunft entwicklungsgeschichtlich lesen (Kant-Studien), B1.3.
De Vleeschauwer, H.J., 1963b, Etudes Kantiennes contemporaines (Kant-Studien), B1.7.
De Vleeschauwer, H.J., 1963c, Plans d’études au 17e siecle: Geulincx, G25.1.
De Vleeschauwer, H.J., 1964a, Chronologie vir ’n sosio-kulturele geskiedenis van die Weste, A5.7.
De Vleeschauwer, H.J., 1964b, Plans d’études au XVIIe siècle:2 Geulincx, A5.6.
De Vleeschauwer, H.J., 1964c, Il tema del ‘superuomo’ in Arnold Geulincx, B2.12.
De Vleeschauwer, H.J., 1965a, Peri fuseos: Die verhouding van metafisika en fisika in die Westerse denke, B4.2.
De Vleeschauwer, H.J., 1965b, Arnold Geulincx Sämtliche Schriften, Volume 1, A6.1.
De Vleeschauwer, H.J., 1965c, Entwurf einer Kant Bibliographie (Kant-Studien), B1.4.
De Vleeschauwer, H.J., 1965d, Einleitung zur Ausgabe von Geulincx (Gesammelte Werken), B2.7.
De Vleeschauwer, H.J., 1965e, Nachricht von der Einrichtung seiner Vorlesungen in dem winterhalben Hahre von 1765–1766, d’Immanuel Kant, G19.1.
De Vleeschauwer, H.J., 1966, La doctrine du suicide dans l’éthique de Kant (Kant-Studien), B1.13.
De Vleeschauwer, H.J., 1967, Gottfried Wilhelm Leibniz: Vader van die moderne universiteit, A5.3.
De Vleeschauwer, H.J., 1968a, Arnold Geulincx Sämtliche Schriften, Volume 2, A6.2.
De Vleeschauwer, H.J., 1968b, Le sens de la méthode dans le discours de Descartes et la critique de Kant, B1.19.
De Vleeschauwer, H.J., 1968c, L’horizon dans la logique Kant, G6.1.
De Vleeschauwer, H.J., 1972a, ‘Occassionalisme et harmonie préétablie: Geulincx et Leibniz’ in (International Leibniz conference 17–22 July 1972), B2.2.
De Vleeschauwer, H.J., 1972b, Die Beziehung zwischen Geulincx und Liebniz, G13.1.
De Vleeschauwer, H.J., 1973, René Descartes, A4.3.
De Vleeschauwer, H.J., 1974a, La Cinderella dans l’oeuvre Kantienne (Kant-Studien), B1.1.
De Vleeschauwer, H.J., 1974b, L’éthique de Geulincx et l’éthique de Kant, B2.4.
De Vleeschauwer, H.J., 1976a, Siger van Brabant, B5.16.
De Vleeschauwer, H.J., 1976b, Hendrik van Gent, B5.17.
Dick, A.L., 2002, ‘Scholarship, identity and lies: The political life of H.J. de Vleeschauwer, 1940–1955’, Kleio 34(1), 5–27. https://doi.org/10.1080/00232080285310011
Dick, A.L., 2012, The hidden history of South Africa’s book and reading cultures, University of Toronto Press, Toronto.
Funke, G., 1987, ‘Herman Jan Melania de Vleeschauwer’, Kant Studien 78(1), 1–4. https://doi.org/10.1515/kant.1987.78.1-4.1
Gadamer, H.-G., [1960] 1999, Truth and method, 1st German edn., transl. J. Weinsheimer & D. Marshall, Continuum, New York, NY.
Gerhardt, V., 1989, ‘Was ist ein vernünftiges Wesen? Gedenkschrift für H.J. de Vleeschauwer’, South African Journal of Philosophy 8(1), 155–165.
Gilson, E., [1932, L’esprit de la philosophie médiévale] 1940, The spirit of Mediaeval philosophy, 1st French edn., Scribner, New York, NY.
Gilson, E., [1919, Le Thomisme] 1957, The Christian philosophy of St Thomas Aquinas, 1st French edn., Victor Gollancz, London.
Grabmann, M., 1957, Die Geschichte der scholastischen Methode, Volumes I & II, Akademie Verlag, Berlin.
Heidegger, M., [1927] 1962, Being and time, 1st German edn., transl. E. Macqurrie & E. Robinson, Harper and Row, New York, NY.
Kruithof, J., 1960, ‘Herman de Vleeschauwer’, pp. 305–309, viewed 11 January 2022, from https://libstore.ugent.be/fulltxt/MEM10/000/000/629/MEM10-000000629_1960.pdf.
Leemans, V., 1937, ‘Hulde aan Prof. H.J. de Vleeschauwer’, De Standaard, n.p., July 31, 1937.
Rauche, G.A., 1989, ‘Herman Jan Melania de Vleeschauwer – in memoriam’, South African Journal of Philosophy 8(1), 123–128.
Redakteurs Philosophia Reformata, 1960, Festschrift H.J. de Vleeschauwer, Mededelings van die Universiteit van Suid-Afrika, C Supplement 1, Unisa, Pretoria.
Van der Walt, M. & Coetzee, M.A., 2013, Papers of Herman Jean de Vleeschauwer (1899–1986) (MSS Acc 32), Unisa Institutional Repository, Unisa, Pretoria, viewed 11 January 2022, from https://uir.unisa.ac.za/handle/10500/10318.
Zastrau, H.O., 1987, ‘Herman Jean De Vleeschauwer: 9 July 1899 to 15 August 1986’, Mousaion 5(2), 2–18.
Voetnotas
1. Sien Beukes (2022, ‘Martin Versfeld [1909–1995] se interpretasie en toepassing van Middeleeuse filosofie aan die Universiteit van Kaapstad [1937–1972]’). Die twee artikels word só aangebied dat dit toeganklik is vir lesers wat nie in filosofie spesialiseer nie, en ook vir internasionale Afrikaansmagtige lesers wat nie noodwendig vertroud is met die kompleksiteite van die historiese Suid-Afrikaanse universiteitswese nie.
2. UNISA is gestig in 1873 as University of the Cape of Good Hope en het vanaf 1918 as die dubbelmediuminstelling University of South Africa / Universiteit van Suid-Afrika bekend gestaan. Vir ’n bespreking van die opvallende onderwaardering van Middeleeuse filosofie in leergange by veral die histories Afrikaanse universiteite (HAU’s) in Suid-Afrika in die loop van die 20ste eeu, sien Beukes (2022, deel 1, afdeling 2). Hier word nié beweer dat Middeleeuse filosofie in géén stadium by die HAU’s gedoseer is nie, maar dat dit - anders as in die geval van byvoorbeeld antieke filosofie, politieke filosofie, wetenskapfilosofie, etiek, vroeë moderne en moderne filosofie - nie op ’n konsekwente, sistematiese basis en veral nie deur gespesialiseerde vakkundiges in Middeleeuse studies soos Versfeld by UK en De Vleeschauwer by UNISA aangebied is nie. Waar Middeleeuse filosofie vanaf die laat 1960’s wel (en om duidelik teologiese redes) by spesifiek die Universiteit van die Vrystaat (KOVS/UV/UFS, 1904) en PU(K) (vir CHO, 1869/1919, sedert 2004 Noordwes Universiteit/Northwest University, NWU) gedoseer is, sou dit as ’n vorm van ‘Reformatoriese filosofie’ (onder die breër benaming van ‘Christelike wysbegeerte’) beskryf moes word, waarmee nie Versfeld of De Vleeschauwer gemoeid was nie.
3. Vir ’n omvangryker navorsingmotivering en vir ’n aanduiding waarom die twee artikels juis in Afrikaans aangebied word, sien Beukes (2022, deel 1, afdeling 1).
4. De Vleeschauwer het biblioteekkunde feitlik eiehandig as ’n selfstandige vak met verskeie dissiplines en deeldissiplines aan UNISA gevestig en ontwikkel. Na sy aftrede in 1964 is hy ’n kontrakaanstelling vir ’n bykomende twee jaar in biblioteekkunde aangebied en het hy het UNISA eers aan die einde van 1966 finaal verlaat. Die eerste doktorsgraad in biblioteekkunde (DBibl) vanuit dié universiteit is in 1973 honoris causa aan hom toegeken.
5. Sien Dick (2002:5-27, ‘Scholarship, identity and lies: the political life of H.J. de Vleeschauwer’; Dick 2012:83-99, ‘[…] Book theft, intellectual fraud, and book burning, 1950-1971’).
6. Sien https://www.ugentmemorie.be/artikel/43-de-universitaire-epuratie punt 33, paragraaf 3 (12 Januarie 2022).
7. Sien Dick (2012:83-89) se tweede en selfs grondiger ontleding (as in Dick 2002:5-27) van De Vleeschauwer se Nasionaal-Sosialistiese lojaliteite en ondergrondse politieke bedrywighede in België vanaf 1942 tot 1946, sy ‘asielskap’ onder ’n valse identiteit in neutrale Switserland vanaf 1947 tot 1949 en sy opportunisiese wegvlug uit Europa na Suid-Afrika in Februarie 1950. Dick se twee ontledings is streng argief- en dokumentgebaseerd, saaklik en verifieerbaar: dit kan nie anders as om met erns bejeën te word nie.
8. De Vleeschauwer ontvang in April 1969 amnestie van dieselfde Belgiese militêre hof wat hom in Januarie 1946 aan hoogverraad skuldig bevind en die hoogste straf vir ’n halsmisdaad opgelê het (sien Dick 2002:23 [vn.42]). Hermeneuties gaan dit egter oor die tekste en nie die skrywer daarvan nie. Indien aan ’n leser ’n gemiddelde filosofieteks voorgehou word, is dit daardie leser se goeie reg, juis op hermeneutiese gronde, om die teks sonder verdere verwyl verby te gaan. Die teks verdien dan (volgens die betrokke leser) niks meer nie. Dit is ten opsigte van De Vleeschauwer se tekste (vir hierdie leser) nié die geval nie. Die tersaaklike tekste spreek (vir hierdie leser) van deurwinterde eksegetiese bekwaamheid en outentieke vakkundigheid: anders as Versfeld, wat in die voorafgaande bydrae (Beukes 2022, deel 2, afdeling 6.1) beskryf is as ’n ‘retoriese ideëhistorikus’, was De Vleeschauwer ’n geskiedsfilosofiese chirurg wat lengte- en dwarssnitte met presisie in die anatomie van die ideëgeskiedenis kon maak en elke snit met gedissiplineerde bronverwysings en uitermate belese kommentaar verantwoord het. Sy tekste verdien daarom noukeurige lesings, presies soos wat die tekste van ’n ander berugte - in bogenoemde politieke konteks - skrywer, Martin Heidegger, elke billike lesing verdien wat dít toekom. Hermeneuties gesproke het die leser geen keuse buiten om nié te lees nie: enige ander prerogatiewe van die leser sou moes aankom op ’n eie onoorkombare Vorgriff, Vorhabe en Vorsicht (Heidegger [1927] 1962:150), of Vorurteil (Gadamer [1960] 1999:512). Met kritiese inbegrip van eie voorgrepe en vooroordele, kies hierdie leser nié om nie te lees nie en oefen hy die hermeneutiese opdrag (hoewel, vir ’n filosoof, eerder ’n fundamentele plig) uit om die tekste te eerbiedig vir wat dit is en vir wat daar staan.
9. Theo (Theodoor) van Wijk (1916-2009) het later (1972-1988) rektor en visekanselier van UNISA geword en het ook as kanselier van dié universiteit vanaf 1989 tot 1990 gedien. Ten opsigte van die insluiting en ontwikkeling van die deeldissipline ideëgeskiedenis (of ‘die geskiedenis van die filosofie’, soos dit op De Vleeschauwer se aandrang by UNISA genoem is) in die voorgraadse en nagraadse leerplanne in filosofie, was Van Wijk vanuit die Departement Geskiedenis vir De Vleeschauwer ’n onmisbare kollega en institusionele bondgenoot. Sien https://www.unisa.ac.za/sites/corporate/default/Unisa-History-and-Memory-Project/Personalities/All-personalities/Theodoor-van-Wijk (12 Januarie 2022). Van Wijk se Nachlass word insgelyks bewaar in die UNISA Insitutional Repository by https://uir.unisa.ac.za/handle/10500/19513 (12 Januarie 2022).
10. Groep A: Gepubliseerde boeke en boekhoofstukke.
Groep B: Gepubliseerde artikels in geakkrediteerde vaktydskrifte. Groep C: Handgeskrewe notas met inhoudsopgawes. Groep D: Ongepubliseerde manuskripte en korrespondensie. Groep E: Lesings in filosofie. Groep F: Lesings in biblioteekkunde. Groep G: Gepubliseerde manuskripte en korrespondensie. Groep H: Ongepubliseerde voordragte. Groep I: Adminstratiewe dokumentasie. Groep J: Ander korrespondensie. Groep K: Artikels in buitelandse koerante en nie-akademiese tydskrifte. Groep L: Oorblywende dokumentasie. Groep M: Alle ander dokumentasie terugbesorg deur die UJ biblioteek (in 2013). Vgl. Van der Walt and Coetzee (2013:2).
11. Sien De Vleeschauwer (1952). Hierdie Afrikaanse handboek is grootliks ’n bywerking en vertaling van sy Grondbeginselen der Logika (De Vleeschauwer 1931, tweede uitgawe 1942).
12. Vir ’n omskrywing van die neologisme postskolastiek, sien Beukes (2021a:1-13).
13. De Vleeschauwer het meer as 2000 getikte bladsye vir die nuwe studiehandleidings in Afrikaans (vertaal deur Van Wijk) en Engels geskryf (sien Van der Walt & Coetzee 2013:1).
14. Vir die inhoud van hierdie hersiene kursusmateriaal in Afrikaans en Engels, veral ten opsigte van die deeglike insluiting van die Middeleeuse ideëgeskiedenis daarby, sien De Vleeschauwer (1956a, 1957a, en 1958a). De Vleeschauwer het hierdie merkwaardige ontwikkeling na twee hoofvakke in filosofie waarskynlik vermag deur, met die institusionele bystand van Van Wijk by die Departement Geskiedenis, ‘Geskiedenis van die Wysbegeerte’ vanuit dié departement te laat medefasiliteer.
15. Vir sy belangrikste latere (slegs ná 1951, ook in voetnoot 16 infra) publikasies en ongepubliseerde tekste oor Kant, sien De Vleeschauwer (1939b [maar in 1962 vertaal in Spaans, MSS Acc 32 A2.3, in 1965 in Engels, MSS Acc 32 2.2, in 1965 in Duits, MSS Acc 32 A2.5, en in 1976 in Italiaans, MSS Acc 32 A2.4]; 1955, 1957c, 1963a, 1963b, 1965c, 1965e, 1966, 1968b, 1968c, en 1974a). Sien daarby die volgende twee (ongedateerde) getikte weergawes in MSS Acc 32: ‘Littérature Kantienne récente’ (G1.6) en ‘Un Kantisme nouveau style’ (G4.4). Vir Descartes, sien De Vleeschauwer (1943, met gedeeltes daarvan later bygewerk in De Vleeschauwer 1962; en 1973).
16. Vir Geulincx, sien De Vleeschauwer (1953b, 1954, 1957b, 1958b, 1958c, 1961, 1963c, 1964b, 1964c, 1965b, 1968a, 1965d, 1974b). Sien daarby dié ongedateerde getikte weergawes in MSS Acc 32: ‘Geulincx: Part 1 and 2’ (G5.1), ‘L’oeuvre de Geulincx (G20.1); ‘Occasionalisme et conditio humana chez Arnold Geulincx’ (G20.2); en ‘De orationes van (Arnoud) Geulincx’ (G20.4). Vir Leibniz, sien De Vleeschauwer (1967, 1972a, en 1972b). Sien daarby die tersaaklike en aanverwante (ongedateerde) getikte weergawes in MSS Acc 32 van ‘Perennis quaedam philosophia’ (G4.2; G6.3, G7.1 en G7.2).
17. Vir antieke filosofie, veral ten opsigte van Aristoteles, sien De Vleeschauwer (1940, 1956b; vergelyk daarby sy lesings in antieke filosofie vanaf 1958 [in De Vleeschauwer 1958d] – vergelyk ook dié twee (ongedateerde) manuskripte in MSS Acc 32: ‘Geskiedenis van die wysbegeerte in die oudheid’ [G11.3] en ‘Die biblioteek van Aristoteles’ [G22.5]).
18. In sy invloedryke inleidingswerk, in twee volumes, sluit Grabmann (1957:I:148–176) Augustinus uit die Middeleeuse korpus, posisioneer hy hom streng binne die laatpatristiek en gebruik hy Boethius as inleidingsdenker tot sy enorme geskiedskrywing van Middeleeuse filosofie in die algemeen en die geskiedenis van die vroegskolastiek in die besonder.
19. Sien Beukes (2022, deel 2, afdeling 4). De Vleeschauwer kon gedurende sy termyn by UNISA nog nie kennis maak met waarskynlik dié belangrikste monografie oor Augustinus as juis filosoof nie, naamlik Peter Brown (1935-) se grensverskuiwende en in talle opsigte radikale Augustine of Hippo: A biography (eerste uitgawe gepubliseer in [Brown] 1967, met talle herdrukke daarna, die laaste in 2013). Dié werk van Brown, wat die ideëhistoriese deeldissipline van laat antieke studies deur die loop van die 1960’s en 1970’s feitlik eiehandig gevestig het, (na sy eie tipering [Brown 1967:1] ‘#’n Augustinus sonder al die teologie’) het die beeld van Augustinus in die laat moderne navorsing onherroeplik verander en ’n afskeid van die tradisionele voorstelling (waaraan De Vleeschauwer hom ongetwyfeld verbind het) van Augustinus as ‘wesenlik ’n teoloog’ bemoontlik. Op die dekblad van die 2013-uitgawe (steeds, soos in 1967, by University of California Press) word die befaamde kultuurhistorikus van die Middeleeue, Richard W. Southern (1912–2001), se commendatio by die eerste uitgawe met goeie rede herhaal: ‘I salute Brown’s achievement in bringing Augustine out of the tomb of theological doctrine, and setting his mind and emotions working before our eyes’.
20. Sien De Vleeschauwer (1930; bygewerk in ’n tweede uitgawe as die eerste van vier hoofstukke in Humanistische cultuur: Vier studien op het gebied van het hedendaagse geestesleven [De Vleeschauwer 1942:9–111]). ’n Aantal Nederlandse universiteitsbiblioteke beskik steeds oor ’n eksemplaar van die eerste uitgawe van 1930. Die Universiteitsbiblioteek Twente word bedank vir die interbiblioteekse beskikbaarstelling van ’n pragtig bewaarde eksemplaar (bykans ’n eeu oud, met gereserveerde versamelingsnommer MB186b17) wat in hierdie ontleding gebruik kon word. Eksegetiese voorkeur word wel aan De Vleeschauwer se eie bywerking van die 1930-uitgawe in die 1942-uitgawe verleen. Vertalings uit hierdie uitgawe (uit Vlaams-Nederlands na Afrikaans) is dinamies van aard en die skrywer se eie - terwyl die oorspronklike teks, waar moontlik en gepas, in voetnote aangehaal word ten einde die leser in staat te stel om De Vleeschauwer se gesofistikeerde gedagtegang te kan volg. Wanneer die twee uitgawes vergelyk word, kom dit met uitsondering van die ‘Woord vooraf’ (De Vleeschauwer 1942:7) en gedeeltes vanuit die eerste en laaste afdelings (De Vleeschauwer 1942:11–19, 107–111) feitlik volledig ooreen. Hierdie drie gedeeltes in die 1942-uitgawe werp by implikasie lig op wat De Vleeschauwer as tekortkominge in die eerste uitgawe van 1930 sou beskou het, asook die drasties veranderde maatskaplike en teologiese konteks waarin Thomisme gedurende die 1930’s en vroeë 1940’s herwaardeer moes word.
21. ‘Het gaat er om een viertal stukken die voor mij iets meer beteekenen dan louter objectieve studiën die hun ontstaan danken aan een levensvreemden vorschingsarbeid. Het gaat er in zoover om autobiografische fragmenten als ik ze in de verwijdering van den tijd weer erken als behoorende tot mijn eigen wijsgerige leerschool’ (De Vleeschauwer 1942:7).
22. ‘De ontwikkeling der laatste jaren bewijst op de meest onbetwistbare wijze dat de thomistische denkrichting zich als streng eenheidsfenomeen in het uitwendig leven der katholieke Kerk heeft overleefd […] en duidelijk in hoe de ontreddering zich van de beweging zelf heeft meester gemaakt […]’ (De Vleeschauwer 1942:12).
23. Versfeld is daarom in die voorafgaande lesing (Beukes 2022, deel 2, afdeling 4) aanspreeklik gehou vir die voortsetting van ‘n ‘individualistiese en modernistiese voorstelling van Aquinas’ as ‘n ‘geniale individu, as dié enigmatiese Wunderkind van die hoogskolastiek en ’n briljante alleenstander’, eerder as ‘een van die eerste vaandeldraers van ’n werklik bevoorregte opvoeding binne die jong en dinamiese Dominikaanse skoolorde van die vroeë 13de eeu’.
24. ‘[De] wedergeboorte van het Thomisme als de quasi-officieel wijsbegeerte van het katholicisme over geheel de wereld blijft een gegeven dat wij uit de physionomie der hooge cultuur van die XXe eeuw niet wegredeneeren kunnen’ (De Vleeschauwer 1942:11).
25. SCTW beskik ongelukkig nie oor ’n indeks óf ’n skrywersindeks nie en die leser moet dus geduldig deur die hoofteks werk om De Vleeschauwer se interpretasie van ’n beduidende aantal Middeleeuse denkers en temas te sistematiseer. Daarby verwys De Vleeschauwer, op hoë uitsondering na, ongedateerd en slegs met die ‘agternaam’ na die Middeleeuse denkers. Vergelyk gevolglik (alfabeties ná Thomas Aquinas) die besprekings van (dus in De Vleeschauwer 1942):16–17; 20–24 (Aquinas [1225–1274]); 24–25 (Petrus Abelardus 1079–1142); 17–18 (Albertus Magnus ca.1200–1280); 17–18 (Alfarabi ca.870–ca.950); 17–19 (Algazali 1058–1111); 17–18 (Alkindi ca.801–ca.870); 17 (Ibn Gabirol, Avicebron 1021–1058); 17 (Ibn Sina, Avicenna 980–1070); 17; 36 (Ibn Rushd, Averroes ca.1126–1198); 33 (Bernardus van Clairvaux 1090–1153); 17 (Bonaventura 1217–1274); 24–25 (Roger Bacon ca.1214–1292); 18 (Johannes Duns Skotus ca.1226–1308); 17–18 (Isak Israeli ca.855–ca.955); 24–25 (Petrus Lombardus 1095–1160); 17 (Moses Maimonides 1138–1204) en 18 (Willem van Ockham ca.1285–1349).
26. ‘Toen het neothomisme met vertwijfelende doelbewustheid zijn loopbaan had aangevangen, werd het door de modernen als archaïsme bespot en uit naam van de moderne beschaving afgewezen’ (De Vleeschauwer 1942:13).
27. Mediëvalisme dui op die ‘verselfstandiging van toevallige elemente in die Middeleeuse ideë- en institusiegeskiedenis, op grond waarvan ’n idiosinkratiese (dikwels volslae foutiewe) beeld van die Middeleeue gepostuleer word. Pejoratiewe, patroniserende en inderdaad vals karikature van die Middeleeue (volgens ’n tipiese Renaissance mediëvalisme byvoorbeeld ‘‘in die middel’’, ‘‘donker’’ en ‘‘wreed’’, of ’n tipiese 19de-eeuse mediëvalisme, byvoorbeeld ‘‘eerliker’’, ‘‘meer ridderlik’’ en ‘‘meer maagdelik’’) gaan telkens terug op die een of ander onverantwoorde mediëvalistiese lengtesnit’ (Beukes 2021b:2). Natuurlik het die Verligting sélf tallose mediëvalismes geproduseer – wat De Vleeschauwer se skerp blik nie ontgaan het nie.
28. De Vleeschauwer (1942:14) vind in die Verligting ’n soort mediëvalisme wat hy noem ’n ‘medievistisch ingesteld romantisme […] van het middeleeuwsch denken […] de Verlichting had immers tusschen het denken der Oudheid en dat der moderne tijden een hiaat van ongeveer tien eeuwen laten voortbestaan en wist van deze eeuwen niets meer te berichten dan dat het een sombere tijd was geweest, waar kinderachtig bijgeloof en barbaarsche geestesverdrukking met elkander wedijveren’.
29. ‘Bij het Thomisme gaat het om een solied gebouwd en sterk gesloten leerstelsel, dat zich bedient van een aan den huidigen mensch vreemd geworden lexicon. Door deze handicap is het voor oningewijden haast niet toegankelijk geworden […]’ (De Vleeschauwer 1942:11).
30. De Vleeschauwer (1942:13) verwoord dié bevryding op grond van die onderskatting van Thomisme as: ‘Wij kunnen het Thomisme heden ten dage met grootere onbewogenheid van gemoed in de oogen zien en het ontleden met een onbenevelden, critischen blik, omdat het voor onze hedendaagse cultuur geen onmiddelijk gevaar meer oplevert […]’.
31. ‘Een langzaam decompositieproces […]’ (De Vleeschauwer 1942:13).
32. ‘Het Thomisme is hoogstens nog een verzamelbegrip dat veelmeer de deelneming van de katholieke denkers aan al de levensrichtingen van den tijd dan wel het historisch leerstelsel van Thomas aanduidt […]’ (De Vleeschauwer 1942:13).
33. Dié herwaardering van Aquinas an sich is wel met wisselvallige resultate van stapel gestuur deur Pous Leo XIII (1810–1903, pous 1878–1903) deur middel van sy herderlike skrywe Aeterni Patris van 1879: ‘In plaats van nieuw leven te geven aan het corpus metaphysicum van het middeleeuwsch Thomisme en diens aanpassing te verwezenlijken aan de onweersprekelijke eischen van de moderne (natuur)wetenschap, heefte de encycliek als blijvende resultaten de historisch-critische uitdieping van het middeleeuwsch geestesleven gehad, waaraan niemand, ook de minst scholastiek ingestelde cultuurgegadigde de verdiende hulde kan onthouden […] doch wat de encycliek niet bereiken kon […] is dat deze tevens den materieelen inhoud van het Thomisme – beginselen en stelsel – als […] het levend bestanddeel der hedendaagsche cultuur van te maken […]’ (De Vleeschauwer 1942:16).
34. ‘Is het waar dat Thomas een van de eersten was om de Aristotelische metaphysica in het christelijk denken in te bouwen, toch is het anderzijds onbetwistbaar dat hij met dergelijk programma een der laatst aangekomenen is geweest’ (De Vleeschauwer 1942:17). Die ongeëwenaarde prestasie in Aquinas se uitset vestig daarin dat hy bogenoemde sintese in die oorspronklike 61 volumes van die Summa Theologiae voltrek het, ondanks: ‘Wij mogen het ongetwijfeld voor waar houden dat, in zich self beschouwd, de Aristotelische metaphysica als geheel onvereenigbaar is met het christelijk dogma’ (De Vleeschauwer 1942:36).
35. Sien De Vleeschauwer (1942:33–34). Vir die wesenlike invloed van Arabiese Neoplatonisme op die vroegskolastiek en hoogskolastiek – in die Dominikaanse orde as sodanig tot so laat as die tweede helfte van die 14de eeu – sien Beukes (2018a, 2018b), en Beukes (2021c:1–15).
36. Om De Vleeschauwer se kritiese aanvoeling ten opsigte van die noodsaaklikheid van ’n grondige verrekening van Aquinas se opvoedkundige konteks en die tersaaklike Arabiese intellektuele voorgeskiedenis in perspektief te stel, sou daarop gewys kon word dat min – indien enige – vroeë 20ste-eeuse Aquinas-navorsers hulle daarmee só uitdruklik teen neo-Thomisme sou opgestel het. Dit geld ook vir waarskynlik die mees bedrewe Aquinas-spesialis in die vroeë 20ste-eeuse skolastieknavorsing, Étienne Gilson (sien Gilson [1957] se Le Thomisme [hoewel oorspronklik veel vroeër – in 1919 – in Frans uitgegee]), wat skrywers insiens wel tot die kader van neo-Thomisme behoort: De Vleeschauwer, daarenteen, hoort nié daar nie.
37. Vir die gebruik van die begrip skoolorde in stede van die tradisionele bedelorde, sien Beukes (2021d:1–11).
38. ‘Slechts korten tijd heeft sich dat thomistisch Aristotelisme in zijn volle gaafheid kunnen handhaven. In de XIVe eeuw reeds, doch vooral in die XVe eeuw overheerst het nominalisme dat de Aristotelici, spijt den Aristotelischen grondslag waarop het berusste, als een verderflijken uitwas beschouwden, doch dat midden een complex van onzinnige, dialectische sophistiek in zich de kiemen van het modern denken bevatte’ (De Vleeschauwer 1942:18).
39. ‘De XVIIe eeuw is het tijdvak waarin het Thomisme, bloedarmoedig geworden in eigen huis, van buiten af als ideologisch fundament van den gedachtenomloop verbleekt. Augustinus neemt de plaats van Aristoteles, en Descartes, die van Thomas in. In de XVIIIe eeuw bezit het Thomisme geen openbaar leven meer’ (De Vleeschauwer 1942:18).
40. ‘Waarheid zoeken is de kenschetsende levensstijl van het fautstisch denken in den modernen cultuurhabitus; waarheid ontvangen was het stijlstigma van de Johannitische bespiegeling in den religieus-autoritairen ban van de middeleeuwschen cultuurcanon […] In de oogen van den wijsgeerig geïnteresseerden mensch der Middeleeuwen is de waarheid geen zaak van verovering’ (De Vleeschauwer 1942:19); immers, ‘Thomas werkt met gevonden materiaal’ (De Vleeschauwer 1942:22).
41. ‘De cultuurgeschiedenis kan niet onverschillig zijn voor de vraag waarom onmiddellijk vóór Thomas Aristoteles door de christelijke theologen wordt opgeroepen om de plaats van Plato het profaan aandeel in de christeijke levensbeschouwing van het Westen te leveren. Ik kan hierop kortweg antwoorden: om aan het gevaar van het pantheïsme te ontkomen. Menigmaal neemt men in de hooge Middeleeuwen evengoed als in de late Middeleeuwen die vervaging waar van de grenzen die God en het heelal van elkander scheiden’ (De Vleeschauwer 1942:34).
42. Hier kan slegs saaklik uitgewys word dat De Vleeschauwer sélf om hierdie rede altyd nader aan realisme as aan nominalisme beweeg het, juis vanuit ’n bedrewe Kantiaanse bemiddelingsperspektief: ‘Het Thomisme kleeft […] de gematigd realistische theorie aan’ (De Vleeschauwer 1942:43); ‘De gevolgtrekking die de realistische kennisleer en die realistische wereldvisie aan den geest opdringen wijzen er op hoe groot de afstand is welke hen scheidt van denkgewoonten die ons in vleesch en bloed zijn overgegaan en die ons als het ware tot een tweede natuur zijn geworden. Het Thomisme gaat uit van de overtuiging dat de waarheid den mensch eens voor goed gegeven is’ (De Vleeschauwer 1942:48); ‘Het realisme is in zijn diepste wezen een metaphysische geesteshouding en deze grijpt voortdurend in de kennisleer in […]’ (De Vleeschauwer 1942:49).
43. ‘Het Thomisme aanvaardt een wezenlijk onderscheid tusschen de beide termen zoo-zijn en bestaan. Het zoo-zijn of de wezenheid van iets is werkelijk onderscheiden van zijn bestaan […] Als een commentaar op het gekende Bijbelwoord Ego sum qui sum, leert het Thomisme dat God is (i.e. bestaat) omdat hij zoo-is. Hij bestaat dank zij zijn wezenheid zelf’ (De Vleeschauwer 1942:51).
44. ‘De uitzonderlike plaats die de causaliteitsleer in de structuur van het thomistisch stelsel bekleedt verklaar meer dan voldoende waarom dit stelsel zijn batterijen concentreert op dit leerstuk en waarom het beste deel van zijn denkkracht gewijd wordt aan de verheldering van dit probleem. […] De ontdekking van het traagheidsbeginsel heeft aan de thomistische causaliteitsleer den genadeslag toegebracht’ (De Vleeschauwer 1942:61).
45. ‘De grondfout waaraan het Thomisme zich schuldig maakt ligt in de innige vervlechting van ontologie en waardenleer of van ontologie en moraal. Deze fout ligt aan den wortel van het grootste aantal der bedenkingen die ter gelegenheid van de critische peiling van deze ethica bij ons oprijzen. Zoowel als zijn verdiensten zijn ook de logische tekorten van het Thomisme convergent’ (De Vleeschauwer 1942:106). Maar ‘het Thomisme is […] spijts al de vreemdheden die verouderde en uitgeleefde stijlmodaliteiten aanbrengen geen hieroglypische codex van een aan den mensch vreemd leven. Integendeel, het is een exemplaar van het zielsverwante dialoog van den mensch met de ongenaakbare mysteries van het leven’ (De Vleeschauwer 1942:111 [slotparagraaf]).
|