About the Author(s)


Andries W.G. Raath Email
Department of History, University of the Free State, South Africa

Citation


Raath, A., 2016, ‘Tropologiese Hoogliedmetafore en vroulike mistieke piëtisme in Suid-Afrikaanse pioniergemeenskappe, 1760–1860’, HTS Teologiese Studies/Theological Studies 72(3), a3355. http://dx.doi.org/10.4102/hts.v72i3.3355

Original Research

Tropologiese Hoogliedmetafore en vroulike mistieke piëtisme in Suid-Afrikaanse pioniergemeenskappe, 1760–1860

Andries W.G. Raath

Received: 15 Feb. 2016; Accepted: 05 May 2016; Published: 31 Aug. 2016

Copyright: © 2016. The Author(s). Licensee: AOSIS.
This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Abstract

The ego-focus of pioneer women on the South African frontier, 1760–1860, reflects distinct traits of mystical spirituality. The pioneer spirituality of women on the borders increasingly came to expression in ego-texts with experiential inclinations. The leaning towards Jesus-centred mystical spirituality developed parallel to pietistic tendencies in Holland and Germany, and allegorical and tropological applications of the bridal metaphors in the Song of Songs formed a distinct element of female pietism on the frontier. Women believers in the interior favoured tropological applications of bridal metaphors in the Song of Songs. The popularity of such tropological applications can firstly be attributed to the physical conditions under which pioneer women found themselves. Secondly, the availability of German pietistic works contributed towards the religious culture of mystical and individualistic readings of bridal metaphors in the Song of Songs. Tropological readings of the Song of Songs’ bridal metaphors are traced to the theology of Bernard of Clairvaux particularly and other pre-reformational mystical sources.

Inleiding

Die opkoms van Christelike mistiek vanaf die twaalfde eeu in Europa is grootliks geïnspireer deur die marginalisering en isolasie van die kleinburgerdom (derde stand of petit bourgeoisie) in kerklike kringe:

A prominent line of historical scholarship considers popular religious movements – like the rise of mysticism in thirteenth-century Europe and the wave of seventeenth-century Pietism in Germany – as part of a continuum, whereby laypeople (the petit bourgeoisie or third estate) sought to recover their rightful place in ecclesiastical life. (Raath 2014:95–96)

Die meegaande individualisering en verinnerliking van Christelike spiritualiteit manifesteer in twee onderskeibare mistieke tradisies: eerstens, die filosofiese mistiek (of ‘wesensmistiek’) van Johann (Meister) Eckhart (c. 1260–1327) en Johann Tauler (c. 1300–1361), en tweedens, die affektiewe mistiek (of ‘bruidsmistiek’) van Bernard van Clairvaux (1090–1153), Heinrich Seuse (c. 1295 / 1300–1365) en Jacob Boehme (1575–1624) (Zaleski: 1991:xi).

Veral die bruidsmistiek sou ’n blywende impak op die Duitse piëtisme in die Lutherse spiritualiteit en die gereformeerde piëtisme van die Nederlandse Nadere Reformasie hê.1 Bruidsmistieke ego-beskrywings van gelowiges het by voorkeur metafore uit die boek Hooglied ontgin om mistieke geloofservarings te tipeer en te beskryf. Sulke Hooglied-metafore is in allegoriese, tropologiese en mariologiese kontekste aangewend om uitdrukking aan die Christelike geloofservaring te gee. Aanvanklik is allegoriese bruidsmistieke metafore uit die Hooglied van Salomo benut om die verhouding tussen Christus en sy kerk op aarde te beskryf. Die latere verinnerliking van die spirituele geloofservaring het tot ’n verskuiwing na tropologiese toepassings van Hooglied-metafore gelei, uit hoofde waarvan die fokus op die verhouding tussen Christus en die siel van die gelowige geplaas is. Deurentyd egter het mariologiese toepassings van Hooglied-metafore uitdrukking aan die verhouding tussen Christus en die maagd Maria (simbool van die kerk) gegee.

In die nawerking van die reformatoriese spiritualiteit van die Nederlandse Nadere Reformasie was allegoriese toepassing van metafore in die Hooglied van Salomo aan die orde van die dag. Daarenteen is die Duitse piëtisme gekenmerk deur hoofsaaklik die tropologiese gebruik van Hooglied-metafore om die intiem-persoonlike geloofsband tussen Christus en die gelowige siel te beskryf. Vanweë die impak van sowel die Nederlandse Nadere Reformasie as die Duitse piëtisme op die spiritualiteit van die pionierslewe in Suid-Afrika2 onstaan die vraag tot welke mate Hooglied-metafore in die beskrywing van spirituele ervarings van Suid-Afrikaanse pioniers voorgekom het en wat die aard van die metaforiese Hooglied-toepassings in pioniersgemeenskappe vanaf 1750 tot 1860 was.

Die verskynsel van Hooglied-metafore in die mistiek-piëtistiese egotekste van gelowiges in Suid-Afrikaanse pioniersgemeenskappe vanaf 1750 tot 1860 laat die vraag ontstaan of en tot welke mate die Hooglied-metafore in dié gemeenskappe verband hou met die Middeleeuse Hooglied-mistiek in Europa. Die antwoord op dié vraag word tot ’n groot mate beïnvloed deur die bruidsmistieke tradisies in die Europese stamlande van waar stamouers met mistiek-piëtistiese godsdiensvoorkeure na die Kaap gekom het. Voorts word die vraag beantwoord tot welke mate Europese mistieke tradisies rigtinggewend op die mistieke piëtisme van die Kaapse binneland ingewerk het.

Die oorspronge van die bruidsmistieke spiritualiteit in Europa

Origines van Alexandrië (gebore c. 185 n.C.) se allegoriese en tropologiese toepassing van Hooglied-metafore

Origines se pogings om ’n balans tussen God se absolute transendensie van die skepping en sy goddelike immanensie in die lewe van die gelowige te vind, kulmineer in sy affektiewe Christosentriese bruidsmistiek (Greer 1979:25). In die proloog tot sy kommentaar op Hooglied verklaar hy dat dié Bybelboek ’n bruilofslied is wat deur Salomo in die vorm van ’n drama beskryf is. In dié drama gee die bruid (die individuele siel) uiting aan haar brandende liefde vir die Bruidegom (die Woord van God) (Origenes 1979:217). Volgens Origines word die bruid – hetsy die kerk of die gelowige siel – se hunkering na Christus in Hooglied beskryf. Hooglied bevat eksplisiet didaktiese aspekte: die hemelse Bruidegom omhels die siel (of die kerk) wat met Hom verenig is (Origenes 1979:217). Origines waarsku egter teen die vleeslike en erotiese vertolking van die allegoriese en tropologiese metafore in Hooglied. Van die vleeslike en wêreldse leser verklaar Origines: ‘For if he does not know how to listen to the names of love purely and with chaste ears, he may twist everything he has heard from the inner man to the outer and fleshly man and be turned away from the Spirit to the flesh. Then he will nourish in himself fleshly desires, and it will seem because of the divine Scriptures that he is impelled and moved to the lusts of the flesh’ (Origenes 1979: 218). Die vleeslike interpretasies van Hooglied laat die wêreldse liefde vir die bose gedy; die Bybelse verstaan van Hooglied laat egter die liefde vir die Woord van God, die getroue Bruidegom (Christus), die ware huweliksgenoot van die siel, opvlam (Origenes 1979:223).

Die bruidsliefde – wat allegories of tropologies toegepas kan word – word deur Origines affektief verstaan. Deur die bruid se affektiewe liefde vir die Bruidegom, word Christus ons naaste. Die geestelike bruilof is die kulminasie van die liefdesband wat bruid en Bruidegom verenig (Origenes 1979:223–224).

Origines se benutting van Hooglied-metafore het die grondslag gelê vir die uitgebreide allegoriese toepassing van die bruidsmetafore in Hooglied in die na-Middeleeuse Christelike spiritualiteit (Matter 1990:20–48). Op die voetspoor van Origines maak Johannes Cassianus (c. 415) van sowel allegoriese as tropologiese Hooglied-metafore gebruik: Eerstens word Hooglied as beskrywend van die verhouding tussen Christus en die kerk beskou; tweedens, word ’n troplogies-morele vlak van Hooglied-interpretasie onderskei wat Hooglied op die liefde tussen Christus en die gelowige siel toegepas (Cassianus 1958:190).3

Tropologiese Hooglied-metafore by Bernard van Clairvaux (1090–1153)

Die verinnerliking van die geloofslewe wat vanaf die twaalfde eeu deur die opbruisende mistiek in die Middeleeuse spiritualiteit teweeggebring is, het ’n klemverskuiwing vanaf allegoriese interpretasies na tropologiese toepassings tot gevolg gehad. Bernard van Clairvaux was instrumenteel in die vestiging van die Cisterciënsiese tradisie (Matter 1990:40). Alhoewel die assosiasie van Hooglied met die liefde tussen God en die gelowige siel as een van die interpretasies by Origines teenwoordig was, word dit vanaf die twaalfde eeu onder leiding van Bernard van Clairvaux die primêre modus in Hooglied-interpretasie.4 Nieteenstaande die feit dat Bernard tussen allegoriese en tropologiese modii beweeg en naby aan Origines se interpretasies bly, ondergaan die mistieke vereniging van die individu met Christus ’n belangrike transformasie. Die Hooglied van Salomo word die hoogste doel van die Cisteriënciese geestelike dissipline onderweg na die eenwording met God. Die woorde: ‘Laat hy my kus met die kusse van sy mond’ – die mistieke kus (spirituale osculum) (Hooglied 1:2) – word deur Bernard vertolk as die onmiddellike en persoonlik-mistieke eenwording van die bruid met die Bruidegom. In Bernard se drie-en-dertigste preek oor Hooglied beskryf hy die mistieke hoogty – die lig waarin die kontemplatiewe siel ewigdurend met God verkeer (Matter 1990: 129).

Mariologiese Hooglied-metafore het parallel met tropologiese metafore voorgekom. Radbertus (c. 831) se mariologiese uitleg van Hooglied het die weg geopen vir ’n invloedryke tradisie van mariologiese Hooglied-interpretasie. Honorius Augustudenensis (12de eeu) begin sy uitleg van Hooglied met ’n analogie tussen Maria en die kerk wat op verskillende vlakke beweeg en wat die mariologiese uitleg van Hooglied by die allegoriese interpretasies insluit (Matter 1990:169). In die mariologiese tradisie wat daaruit voortgevloei het, is die bruid met die maagd Maria geassosieer. Die maagd Maria is vervolgens as die spirituele model aan die mistiek-godsdienstige vroue voorgehou.

In die latere Cisteriënsiese vertolking van Hooglied as ’n bruilofslied tussen Christus en die menslike siel is Hooglied in terme van ’n huweliksdialoog vertolk.5 Omdat sowel ecclesia as anima vroulike selfstandige naamwoorde is, was dit maklik om die woorde van die bruid in Hooglied – in aansluiting by mariologiese toepassings – in die mond van die kerk te plaas (Matter 1990:151).

Die ontwikkeling van die tropologiese bruidsmistieke spiritualiteit in pre-Reformatoriese Duitsland

Die dertiende en veertiende eeu het ’n skerp opbloei in tropologiese toepassings van Hooglied-metafore in Duitsland tot gevolg gehad. Die Rothchild-omdigting van Hooglied (c. 1300) gebruik mistieke ikonografie om die geheime van die liefdesontmoeting tussen Christus en die menslike siel te verwoord (Hamburger 1990:7; 1991: 134–158). Tropologiese bruidsmistieke digwerk word vanaf die dertiende tot die vyftiende eeu uitdrukkingswyses om die liefdesontmoeting tussen Christus en die siel te beskryf. Die lang metaforiese gedig ‘Tochter Syon’ (Dogter van Sion) deur Lamprecht van Regensburg (c. 1250) is ’n tipiese voorbeeld hiervan. Dit verbeeld die liefdesvereniging van die goddelike Bruidegom en die bruid (Weinhold 1880; Keller 2000:157–158). Die beeld van die wynkelder in Hooglied 4:2 word aangewend om die goddelike beneweling en mistieke erotiek tot uitdrukking te bring. Die gedig eindig met ’n uitvoerige relaas van die huwelik van die minnaars: hul liefdeskus (reëls 4004–4104) en’n beskrywing van hul finale vereniging (reëls 4188–4195), met gebruik van die frase ‘sy is in hom en hy in haar’ (reël 4191).

Katharina Tucher (c. 1375–1448) is ’n invloedryke eksponent van die tropologiese bruidsmistiek in die kleinburgerlike godsdienskultuur van die laat-Middeleeuse Duitsland. Katharina beskryf haarself as die bruid van Christus wat die Bruidegom se voete kus. Christus spreek Katharina se siel aan in die woorde van Hooglied: ‘[M]y suster, my vriendin; my duif, my volmaakte’ (Hooglied 5:2) (McGinn 2005: 361–365). Soortgelyk verwoord ’n anonieme vrou van Basel haar versugting na mistieke kontak met God en die kus van Christus (Schiewer 1996:289–317).

Ook manlike gelowiges getuig van Hooglied-mistiek. Hendrik van Friemar (c. 1250–1340) se beskrywings is deurspek met verrukkende geestelike opwellings, ekstatiese belewenisse en die erotiese beeldspraak van Hooglied (byvoorbeeld Hooglied 5:4: ‘My beminde het sy hand deur die deuropening gesteek; toe het my binneste oor hom in beroering gekom …’) (McGinn 2005: 368–377, op 371).

In die Das Buch von geistlicher Armut (Boek van geestelike armoede) van ’n anonieme persoon word na Bernard van Clairvaux en Augustinus en beeldspraak uit Hooglied verwys: God kus haar en dié kus verbeeld die liefdeseenwording van bruid en Bruidegom in Hooglied 1:2. Dié teks bevat meer erotiese taal gebaseer op Hooglied as die meeste ander mistieke bronne uit dié tydperk. Die gelowige siel pleit by God: ‘Spreek my Geliefde, want ek is krank van liefde’ (’n toespeling op Hooglied 2: 5). Die sentrale tema van die teks is die liefdeseenwording van die gelowige siel met God (McGinn 2005:392).

Herlewing van die bruidsmistieke spiritualiteit in die Duitse piëtisme en die Nederlandse Nadere Reformasie

Bruidsmistieke spiritualiteit in die Duitse piëtistiese godsdiensliteratuur

Die tradisionele Lutherse en Calvinistiese spiritualiteit is gekenmerk deur leerstellige formulerings wat in die na-reformatoriese geloofsbeoefening beskou is as steriele leerstellighede met te min klem op persoonlike herlewing en geestelike groei in lewensheiliging en persoonlike geloofservaring. Alhoewel Martin Luther (1483–1546) die spekulatiewe mistiek afgewys het, was die Lutherse spiritualiteit instrumenteel in die opbloei van die reformatoriese mistiek van die sewentiende eeu (kyk Hoffman 1974:321, 323; Vogelsang 1937:48–50). Volgens Luther is die mistiek ’n legitieme onderwerp vir teologiese studie en kontemplasie. In die lyn van Bernard van Clairvaux verstaan Luther mistiek as die ‘Godservaring’ en mistieke eenwording met God; nie as die eindpunt van die Christen se geestelike reis nie, maar eerder as die inkorporering van elke gelowige in die liggaam van Christus (Philipp 1957–1965:1334–1338).

In sy kommentaar op Hooglied (Vorlesung über das Hohelied) (1530–1531) handel Luther met geloof in eksplisiet mistieke terme: extasis (’n populêre term onder Middeleeuse mistici) is fides (geloof) – ’n transformasie van die term extasis as die eindpunt van die geloofsweg (Werke, 31(2):586–769). In Middeleeuse beeldspraak van die mistieke eenwording van Christus en die gelowige siel beskryf Luther in sy Sermon von der Freiheit eines Christenmenschen (Die vryheid van ’n Christen), met verwysing na Efesiërs 5:31–33, dat die gawe van geloof geleë is in die vereniging van die siel met Christus – net soos ’n bruid met die Bruidegom verenig word en deur die sakrament (van die Nagmaal) tot een vlees saamgesnoer word: deur die geloof word Christus mens; deur die liefde word ons Christus (Luther 1847:21).6

Dié mistieke benadering tot geloofsbeoefening het veral tot uitdrukking gekom in die teologie van die Lutherse prediker en skrywer Johann Arndt (1555–1621). In sy werk Wahren Christentum (True Christianity) en in talle oordenkingsbundels het Arndt rigting en stimulus aan die piëtisme gegee7 – ’n mistieke inslag wat hy uit Johann Tauler, Thomas à Kempis (gebore 1379/1380) en ander pre-reformatoriese mistici geput het (Wallmann 1986:14).8 Volgens Arndt bewerk geloof die mistieke vereniging van die gelowige met Christus. Uit dié mistieke vereniging hunker die herbore mens na die nabootsing van die lewe van Christus en kruisig sy eie begeertes (Arndt 1979:21). Deur liefdeshandelinge in nabootsing van Christus word die beeld van God in die mens herstel. Die mistieke vereniging van die gelowige met Christus geskied uit genade, en die fokus daarvan is die sakramentele vereniging met die liggaam van Christus – die kerk op aarde (Arndt 1979:47). Ondanks die gebrek aan intensiteit van Bernard van Clairvaux se Jesus-mistiek in laasgenoemde se Hooglied-eksegese kom verwysings na erotiese bruidsmistiek by Arndt voor: die siel is die bruid en Jesus die Bruidegom:

So perfect is the washing in the blood of Christ that the Bridegroom says: You are most beautiful my friend (Song 1:15). Therefore, the Bridegroom takes the soul and marries himself to the soul with an eternal binding and attaches himself with as many firm bonds as a husband can attach himself to his wife with. This promise in the bethrothal by which the Bridegroom bethrothes himself to his bride is stronger than any promise. (Arndt 1979:265)

Deur Arndt se bruidsmistieke metafore is die Middeleeuse Jesus-mistiek van Bernardt se model in die Lutherse aanbiddings- en geloofstaal gevestig (Wallmann 2005:21–37). Alhoewel Arndt se Hooglied-metafore ’n allegoriese toespitsing vertoon, het dit die weg vir individualiserende interpretasies van Hooglied-metafore in die Duitse reformatoriese spiritualiteit ingelui (Wallmann 2005:33).9

Onder invloed van die konventikels wat in die opkomende Lutherse piëtisme ontluik het, het Jacob Boehme (1575–1624) in 1600 sy eerste geestelike self-ontwaking beleef. Boehme se mistieke spiritualiteit neem as vertrekpunt Luther se perspektiewe oor geloof en sy teologie weerspieël talle aspekte van Luther se denke (Zeller 1978:xii–xv; kyk ook Miller 1970:261–303). In Boehme se Die weg na Christus gebruik hy – soos Luther – beelde en konsepte van die laat-Middeleeuse mistici: Sophia wat aan die begin van die gelowige se lewe van geloof met die siel verenig word. In dié eenwording word die hele lewe van Christus nageboots: die menswording, lyding, sterwe, opstanding, Hemelvaart en verheerliking van Christus, en die kus van Sophia word ontvang in Christus; Sophia onthul haarself in die lieflike naam van Jesus (Erb 1978:14).

Jacob Boehme was instrumenteel in die herlewing van die bruidsmistieke spiritualiteit in die Duitse piëtisme. Winfried Zeller beskryf die kleinburgerlike godsdienstige spiritualiteit in Duitsland as mistieke ‘Boehmisme:’: ‘(t)he religious spirituality of extensive lay circles in the seventeenth- and eighteenth-century German Protestantism was in its foundations “mystical Boehmism and occasionally Paracelsian”’ (Zeller 1978:xii). Die historiese betekenis van Boehme se invloed is opgesluit in sy lewende vroomheid waarin mistieke en reformatoriese invloede tot ’n eenheid saamgesnoer is (Zeller 1978:xii).10 Veral die piëtistiese konventikels in die geledere van die kleinburgerdom van die sewentiende en agttiende eeu het die invloed van die Protestantse mistikus van Görlitz weerspieël (Zeller 1978:xii). Boehme se spiritualiteit het veral sy meditatiewe inslag en klem op die eenwording van die menslike wil met dié van God vertoon (Zeller 1978:xiv). In effek het Boehme Johann Arndt se klem op vroomheid tot ’n fokuspunt van sy spiritualiteit verhef en tot die herlewing van die mistiek in Duitsland bygedra (Zeller 1978:xiv).

By Boehme is die mistieke band van Christus met die gelowige van ’n meer persoonlike aard: die gelowige word opgeroep om alle liefde vir die aardse te verwerp en om die liefde vir God te omarm (Erb 1978:8–9). Dié liefdesband tussen Christus en die gelowige siel word deur Boehme in tropologiese Hooglied-metafore beskryf:

If a man wishes to attain the noble Virgin Sophia, Her honour and love, he must make such a vow to her in his resolution and mind … so that if there were anything that would keep the mind from forsaking the earthly life, no matter how beautiful or majestic it might seem in this world, the mind ought not to look to it, but rather wish to give it up than to lose the noble love of Sophia in the growth of the flower of Christ … For this is the flower of Sharon, the rose in the valley, of which Solomon [Song of Solomon 2:1] sings and calls his dear beloved, his chaste bethrothed, whom he loved as have all the saints before and after him. Those who have obtained Her love called Her their pearl. How this is to be prayed for, follows in this brief guide. (Boehme 1978:40–41)

In ’n hartstogtelike gebed smag die gelowige siel om deur die liefde van Christus verswelg te word:

O holiest and deepest Love of God in Christ Jesus, give me Your pearl, press it into my soul. Take my soul into Your arms …’ en ‘O highest Love, you have appearest in me. Remain in me. Embrace me in Yourself. Keep me in You so that I cannot bend from You. Fill my hunger with Your love. Feed my soul with heavenly being and give it as drink the blood of my Redeemer Jesus Christ. Let it drink from your fountain. (Boehme 1978:49)

Die bruidsmetafore in Boehme se Sophia-mistiek is oorwegend van ‘n tropologiese aard:

O my bridegroom, how good it is for me in your marriage. Kiss me, then, with your desire in your strength and might. Then will I show you joy in your fire-life and sweet love and bright light. All holy angels rejoyce with us now that they see us married one more … (Boehme 1978:59)11

Teen 1661 is Boehme se versamelde werke deur John Spanow (1615–1665) in Engels vertaal, waarna die mistici John Pordage (1607–1681) en Jane Leade (1623–1704) Boehme se mistieke spiritualiteit versprei het. In die Europese post-Reformatoriese mistieke spiritualiteit het die Quietiste Pierre Poiret (1648–1719) en Antoinette Bourignan (1616–1680) aktief tot die verspreiding van Boehme se spiritualiteit bygedra – ’n invloed wat na Brittanje uitgekring het (Ward 2002:49–50).

Johann Gerhardt (1582–1637) se Heilige meditasies (1606) het die invloed van die Middeleeuse mistiek van Augustinus, Bernard van Clairvaux, Thomas à Kempis en Johann Tauler na die Duitse piëtisme oorgedra. Gerhardt se bruidsmistiek fokus veral op die spirituele huwelik van Christus en die gelowige siel (Lund 2011:17). Die dertiende oordenking van sy Heilige meditasies handel oor die geestelike huwelik van Christus en die siel. Met verwysing na Hosea 2:19 verklaar Gerhardt dat Christus deel van die bruilofsvieringe in Kana was as aanduiding dat hy vlees geword het om ’n geestelike huwelik te vier (Joh 2:2 – Gerhardt 2011:72). Benewens die tropologiese gebruik van bruidsmetafore kom heelwat allegoriese toepassings van Hooglied-metafore by Gerhardt voor. Verwysend na Hooglied 6:9 beskryf Gerhardt die één ware en ortodokse kerk as die geliefde bruid van Christus; die heilige kerk van God is ’n moeder, ’n maagd, ’n bruid (Gerhardt 2011:96–97). Die tropologiese aanwending van Hooglied-metafore by Gerhardt handel grootliks met die eenwording van Christus en die gelowige siel:

Just as the union of the flesh of a man and wife joined makes one flesh out of two (Matt 19:6), so the spiritual union of Christ and the faithful soul makes them one spirit. Truly, where there is one spirit, there is the same will; and where there is the same will, there are also the same actions. Therefore, if one’s life does not conform to the life of Christ, it is proven that the person neither clings to Christ nor has the Spirit of Christ. (Gerhardt 2011:119).

Tropologiese Hooglied-verwysings kom ook elders in Gerhardt se werk voor: liefde is die geestelike verlosser van die siel (Gerhardt 2011:135); die kuise gedagtes is die huweliksbed van Christus (Gerhardt 2011:138); leer nederigheid van Christus, u Bruidegom (Gerhardt 2011:140).

Tropologiese bruidsmetafore in die werke van Duitse piëtiste wat aan die Kaap gelees is, het wye inslag gehad. In sy Seelen-Schatz (1675) verwys Christiaan Schriver (1629–1693) na verskeie aspekte van tropologiese mistieke simbole: drome waarin die Bruidegom die gelowige siel in die slaap besoek (Scriver 2011:262); die huwelik van Christus met die siel (Scriver 2011:265); geen huwelik met Christus is moontlik sonder ’n vroom en heilige lewe nie (Scriver 2011:266); wanneer die gelowige Jesus Christus aankleef, omarm hy die gelowige met sy liefde en word die menslike siel met die siel van Christus verenig (Scriver 2011:269). Die piëtis Philip Nicolai beskryf Christus as Koning en Bruidegom van die siel en die siel die bruid van Christus (Nicolai2011:278–280). Johann Francke se erotiese beeldspraak van die rus in Christus se omhelsing en die ontmoeting van die bruid en die Bruidegom verteenwoordig hoogtepunte in die tropologiese aanwending van Hooglied-metafore.

Tropologiese Hooglied-metafore in Duitse piëtistiese literatuur van die sewentiende en agttiende eeu het veral in Lutherse himnologiese werke prominent gefigureer. In Carl Andreas Redel se Lutherse gesang- en gebedsboek (1765) wat deur Duitse stamouers na die Kaap gebring is en ook aan die Kaapse gesirkuleer het, kom verskeie bruidsmistieke liedere voor. D.P. Nicolai (1556–1608) se ‘Von der Vereinigung mit Gott’ (lied 443) verwoord tipiese tropologiese bruidsmistieke sentimente:

Wie schön leuchtet der Morgenstern, voll Gnad und Wahrheit von dem Herrn, die süsse Wurtel Jesse. Du Sohn Davids aus Jacobs Stamm, myn König und myn Braütigam, hast mir myn Hertz besessen’ (vers 1). ‘Geutz sehr tief in myn Hertz hinein, du heller Jaspis und Rubin, die Flamme deiner Liebe: Und erfreu mich, dass ist doch blieb an deinem ausverwählten Leib ein lebendige Ribbe. Nach dir ist mir Gratissa, Soli Rosa, krank und glimmet myn Hertz, durch Liebe verwundet (vers 3). (Redel 1765:492)

In lied 475 van Redel se liedboek is Christus (die Bruidegom) en die gelowige siel (bruid) in ’n liefdesdialoog gewikkel: die bruid verklaar haar liefde vir die Bruidegom, waarop laasgenoemde antwoord dat Hy Hom ewiglik in liefde aan die bruid verbind het. Geen watervloed kan die gloed van Christus se liefde vir die bruid uitdoof nie (Redel 1765:492).

In die Geitslicher Liederschatz wat talle herdrukke beleef het en vanaf 1832 tot 1840 steeds wyd in die Kaapse gemeenskap voorgekom het, kom ’n hele aantal Hooglied-gebaseerde liedere met tropologiese bruidsmistieke metafore voor. In Lied 119 (‘Liebe zu Jesu’), gebaseer op Hooglied 1:4, sing die gelowige siel: ‘O Jesu! Deine Lieb’ ist süss; wenn ich sie tief in’s Hertze schliess’, erquicket sie mich ohne Zahl mit Freuden, tausend-, tausendmal’ (vers 4) (Geistlicher Liederschatz, 1832: 1832:51). In lied 1816 (‘Im Frühling’) van Albert Knapp (gebore 1798) sing die gelowige siel:

Was soll ich singen ausser dir, wenn ich auf deiner Schöpfung Zier mit stillen Augen blicke? Wenn deine Sonne mich bescheint, wenn Tief’ und Höhe sich vereint, dass sie myn Hertz erquicke? Wenn mich lieblich deine Güte in der Bluthe, in den Halmen weckt zu Dank- und Wonnepsalmen? (vers 1). (Anon 1832:788)

Lied 181 (‘Ruhe in Gott’) (vers 2), gebaseer op Hooglied 3:5, beskryf die passievolle oorgawe aan Christus se liefde:

In meines Heilands treuen Armen, von seiner Gnade ganz bedeckt ruh’ ich, myn Freund in dem Erbarmen, bis mich die Liebe selber weckt, bis mich die holde Stime rührt, die mich zum letzten Kampfe führt. (Anon 1832:77)

In dieselfde bundel is ook Johann Mentzer (gebore 1658) se ‘Der Gekreuzigte ist myne Liebe’ (lied 283) opgeneem. Dié lied besing die sterwensliefde van Christus met verwysing na Hooglied 8:6:

‘Der am Kreuz ist myne Liebe, meine Lieb’ ist Jesus Christ; weg ihr argen Sündentriebe, Satan, Welt und Fleischeslüst, eure Lieb’ ist nicht von Gott, eure Lieb’ ist gar der Tod: der am Kreuz ist myne Liebe, weil ich mich im Glauben über. (Anon 1832:119).

Die Nederlandse vertaling van die Verenigde Evangeliese Broedergemeente se Lofzangen en Geestelijke Liederen der Vereenigde Evangelische Broedergemeente (vierde uitgawe 1856), ’n geliefde liedboek aan die Kaap, bevat oorwegend tropologiese bruidsmetafore, waarvan Lied 140 eksemplaries van die persoonsgerigte Hooglied-mistiek is:

Gij stijgt omhoog, mijn Bruidegom
En ik blijf hier beneden,
Ach, dat mijn ziel, uw eigendom,
Terstond U na kon treden!
Maar ach! wie weet, ho, hoe lang ik nog
Als balling om zal zwerven.
Kom Jezus! kom, verhoor mij toch;
Laat m’ Uwer niet langer derven. (Verenigde Evangeliese Broedergemeente 1856:110)

Die bruidsmistiek in die godsdienstige literatuur van die Nadere Reformasie

Engelse Puriteinse bruidsmistiek het ’n direkte invloed op die gereformeerde piëtisme in Nederland uitgeoefen. Langs dié weg het Bernard van Clairvaux se bruidsmistiek sterk ingang in post-Reformatoriese teologie in Nederland gevind. Allegoriese bruidsmetafore wat die geestelike liefdesverhouding op Christus en die Kerk van toepassing gemaak het, het die eerste fase van die Nederlandse gereformeerde piëtisme gekenmerk. Godefridus Udemans (1581–1649) se allegoriese Hooglied-mistiek is tiperend van die bernardynse klem op die liefdesverhouding tussen Christus en die kerk. In sy Corte … verclaringe over het Hooge-liedt (1616) gee Udemans ’n uitleg en toepassing van Hooglied as versinnebeelding van die geestelike huwelik van Christus en sy gemeente (Op ‘t Hof 1987:543). In sy dedikasie gee die outeur erkenning aan ‘Bernardus, Willeramus Abbas, Franciscus Lamberti van Avenjon, Icannes Mercerus, Theodorus Beza, Emm. Tremellius ende Fr. Iunnius, Guill. Tomson, Dud. Fennerus, Thomas Brightman, Georg. Gyfford, Willem Gouge, Ioannes Duyve, Ios. Hall’ (Op ‘t Hof 1987:578).12 Meer as die helfte van dié bronne is van Puriteinse oorsprong. Udemans dra dié werk op aan E. Teellinck (‘n mede-piëtis) en skryf van die gemeente as bruid:

Wy willen dan onsen arbeyt door uwen persoon, op-offeren de rechte Bruydt Christi, dat is de Gemeynte der uytvercorenen, want het gaat die alleene aen, sy connen dat oock alleene verstaen, ende recht ghebruycken ter salicheydt.13

Vroeë Nederlandse piëtistiese geskrifte soos dié van Johannes de Swaef (1594 – c. 1653), byvoorbeeld Salomonis Prohetie (1633) –’n vertaling van John Cotton se uitleg van Hooglied – beskryf die kerk as die bruid en Christus as die Bruidegom.

Die allegoriese Hooglied-mistiek van vroeë Nederlandse piëtiste soos Udemans is veral deur die kantaantekeninge van die Nederlandse Statenbybel (verskyn 1637) versterk. In die aanhef tot dié Bybelboek word die konteks van Hooglied verduidelik as:

een gespreck tusschen CHRISTUM als Bruydegom / ende de Bruyt sijne Kercke / onder het voorbeelt van Salomo ende sijne Bruyt …’ en ‘(o)nder den name des Bruydegoms, ende der Bruyt, worden in dit Hooge Liedt / onder verbloemde woorden / beschreven de hertelicke liefde / ende de voortrefelicke weldaden des Heeren Jesu Christi des Bruydegoms / tot de Christelicke Kercke sijne Bruyt: Ende aen d’ander zijde / der Bruyt / sijner heyliger Kercke / hertelick verlangen na haren lieven Bruydegom den Heere Jesum Christum. (Bilia Statenbybel 1730:fol. 327)

Die impak van die Middeleeuse Devosie in die bernardynse tropologiese Hooglied-mistiek het via die Engelse Puritanisme toenemend neerslag in die gereformeerde piëtisme gevind (kyk Hofmeyr 1989:17).14 Onder invloed van Puriteinse outeurs soos Richard Sibbes (1577–1635) vergroot die tropologiese Hooglied-mistiek in die agttiende-eeuse Nederlandse gereformeerde piëtisme. Die tropologiese bernardynse bruidsmetafore lei tot die verskuiwende klem na die verhouding tussen Christus en die gelowige siel – die persoonlike sielelewe van die gelowige word toenemend met die tropologiese bruidsmetafore van die bernardynse mistiek in verband gestel. Die bruidsmistieke transformasie na die gemeenskap tussen Christus en die siel word gaandeweg gevoelsmatiger. Veral invloedryk was Jacobus Koelman (1633–1695) se Het hemelse huwelijk, ‘n vertaling van Fr. Rous se werk (Op’t Hof 1987:33). Dié oorsetting van die piëtistiese geskrifte van F. Rous het daartoe bygedra dat invloede van die latere Middeleeuse mistiek“in die piëtistiese sektor van die Nederlandse geesteslewe deurgewerk het.15

Die deurvloeiing van die ‘(d)evotioneel gehalte van het gereformeerde Protestantisme’ en die pastorale aard van die ‘door Bernardus en de Moderne Devotie beïnvloede theologie van Calvijn’ wat deur ‘vele openingen naar het piëtisme’ gevloei het, sluit ook in die tropologiese inslag van bruidsmetafore in die Hoogliedmistiek van die agttiende-eeuse Nadere Reformasie (Reuter 1963:9–20, 28–37; Van der Linde 1971:112–128 en Op’t Hof 1987: 609). Die allegoriese toepassings van Hooglied-metafore het egter die belangrikste stroom in die Nederlandse Nadere Reformasie gevorm. Dié tendens neem ’n aanvang met Theodorus Beza (1519–1605) se allegoriese toepassings van Hooglied-metafore. In 1600 verskyn die vertaling van Meusevoet uit Frans van die geskrif van Beza: Predicatien over de drie eerste Capittelen des hoogen Liedts Salomonis. Hoewel Beza ook tropologiese toepassings maak, val die klem hoofsaaklik op die allegoriese uitleg met die bruid van Christus as die kerk. Alhoewel Beza aandui dat die kerk behoefte aan reformasie het, is die mistieke elemente in sy Hooglied-eksegese minder opvallend as by Bernard van Clairvaux:

Is dus, zoals uit het voorgaande blijkt de interpretatie van de Sponsa Cantici in de Hoogliedpreken van Theodorus Beza in principe gelijk aan die van Bernard, in zoverre als de bruid zowel het ganse lichaam der kerk is als de enkele ziel, dit is nog geen reden om de Hoogliedverklaring van Beza mystiek te noemen, als bij Bernardus. In de uitwerking en toepassing valt immers de nadruk bij Beza niet, zoals bij Bernard, op de enkele ziel, maar vrijwel uitsluitend op de ganse kerk. Men kan de Hoogliedinterpretatie van Beza ecclesiologisch noemen, met een bijzondere tendens naar het heils- en kerkhistorische. (Boot 1971:116)

’n Tipiese voorbeeld van allegoriese Hooglied-metafore is Johannes Groenewegen (1709–1764) se Verzameling van veertien uitgezochte en stichtelijke, zoo afscheids- als intree- en andere Predikatien ([1766] 1857). Met verwysing na die bruid in Hooglied 8:11, 12 word die verhouding tussen Bruidegom en die bruid op Christus en sy kerk van toepassing gemaak:

Een wijngaard versta er door / diezelfde / die in dit lied zoo dikwijls als zijne bruid voorkomt / die hij noemt zijn lieffte / zijne vriendin / zijne schoone; het is zijne kerk / zijn vrijgekocht volk / die gemeente / die zijn ligchaam is / waarvan Hij het hoofd is / en haar Heer / Bruydegom en man; van dien wijngaard is Hij de wijnstok / de stam / de wortel / zij de ranken in Hem ingeënt / en die alle leven ontvangen moeten / en in Hem blijvende / alleen vruchtbaar kunnen zijn / en opwassen in hem / die het Hoofd is (1857:36) en … dat Gods kerk een wijngaard genoemt wordt; zij wordt toch genoemd en vergelden bij alles wat heerlijk is. (Groenewegen 1857:36–37)

Invloedryke outeurs soos Bernardus Smytegelt (1665–1739)16, David Knibbe (1639–1701)17, Theodorus van der Groe (1705–1784)18, Johannes Coccejus (1603–1669)19, Coenraad Mel (gebore 1665)20 en Abraham Hellenbroek (1658–1731)21, het eweneens die bruidsmetafore in Hooglied oorwegend allegories, synde van toepassing op die kerk van Christus, vertolk.

Tropologiese toespelinge op Hooglied-metafore kom in die minderheid voor, byvoorbeeld Bernardus Smijtegelt (1665–1739)22 en C.J. Wits (1599–1669). Wits (1599–1669), in sy Stigtelike bedenkinge, onledige ledigheydt, stichtelycke tijdkortinge: Vertoont door geestelicke gesangen (1645), bied ’n voorbeeld van sterk tropologiese toepassings van Hooglied-metafore. In die eerste afdeling van sy werk vorm geestelike minnesange ’n belangrike deel van sy werk. In sy ‘Vreugden sang der bruyd Christi’ is vers 2 gebaseer op Hooglied 4:9:

Hy roept verlieft dus uit / Gy neemt mijn hert / O Bruid! Dat door’t licht / En gesicht Dan uw oogen / En uw’ halsketing Spruit. Hy kust (als Trouw Verbond) My met zijn reine Mond / (Hoogl. 1:1) haald my in / als Vrindin / met verlangen / Spijt Duivel / Dood en zond.

In Wits se ‘Liefdens Lied, Des Geestelyken Bruydegoms. Berymd uit het vierde capittel van het Hooge Lied Salomons’ sing die Bruidegom:

Uw’ beide Borsten lijken me’e De Jonge Tweelings van een Rhee / Die onder lelijen weijen / Tot dat den lichten dag komt aan / De shaduwen vergaan / dan ga ik my vermeijen’, waarop die geestelike bruid antwoord (vers 16): ‘O! Dat mijn Liefste by my quam / En in zijn Hof een plaatze nam: En at zijn Ed’le vruchten. Die hy my mildelijken geeft / En daar de eer van heeft / ‘t Verlangen doet my zugten. (Wits 1645:‘Liefdens Lied’)

Bruidsmistieke ego-beskrywings in die Kaapse pionierslewe, 1750–1850

Die godsdienstige lewe van die pioniers in die Suid-Afrikaanse binneland

Teen die middel van die agttiende eeu het die trekboerbeweging langs die Roggeveldberge na die Nieuweveldberge en die Sneeuberge beweeg en in die Klein Karoo versprei (Van der Merwe 1988:3 e.v.). Periodieke droogtes het wisselvallige patrone van trekboer-vestiging in die omgewing van die Sneeuberge en verder noord tot gevolg gehad. Teen 1754 het diefstal van vee en konflik met inheemse Boesmanstamme wyd voorgekom (Van der Merwe 1988:9). Mettertyd is die noordoostelike grens van die Kaapkolonie dermate gedestabiliseer dat konflik tussen grensboere en inheemse stamme ’n algemene verskynsel was. In 1771 het Adriaan van Jaarsveld, die later beroemde veldkommandant, maar destyds nog veldkorporaal in die Sneeuberge, gerapporteer ’dat de daar omstreeks woonenede Hottentots soo stout geworden waaren, dat se op verscheidene plaatseen des nachts de huijsen omsingelt en in deselve hebbende willen breeken’ (Kaapse Argiefbewaarplek C 462: Inkomende Briewe, 3 Mei 1771: 719). Vanweë onveilige omstandighede aan die binnelandse grense, was gebiede yl bewoon en plase ver van mekaar geleë. Ten spyte van volgehoue militêre optrede deur trekboer-kommando’s het pionier-families deurlopend skade gely. In die distrik Graaff-Reinet het trekboere tussen 1 Julie 1786 en 31 Desember 1788 ongeveer 92,191 Ryksdaalders skade gely. In dieselfde distrik is 99 perde gesteel en doodgeskiet, 107 veewagters (onder wie sewe slawe) vermoor, 6 299 beeste en 17 970 kleinvee weggevoer (Van der Merwe 1988:15–16).

Die afgesonderde omstandighede waaronder die trekboere die gevare aan die grense moes trotseer, het volgens Barrow, teen die einde van die agttiende eeu ontberingsvolle implikasies vir die pioniers tot gevolg gehad:

An inhabitant of Sneeuwberg has not only the continual apprehension of losing his property, but he lives in a state of perpetual danger. Should he depart to the distance of five hundred yards from his house, he is under the necessity of carrying a musquet. He can neither plough, nor sow, nor reap, without his arms. If he would gather a few greens in the garden, he must take his gun in his hand. To bear a life of such constant dread and anxiety, a man must be accustomed to it from his infancy, or unacquainted with one that is better. (Barrow 1806:249)

Die vroue het ’n integrale deel van die stryd om oorlewing aan die grense gevorm. Voorts het trekboervroue in geïsoleerde en kerklik gemarginaliseerde omstandighede ook die slagoffers van inheemse aanvallers geword. Hendrina Cecilia Kruger (gebore 1744) beskryf byvoorbeeld ’n geval waar die bejaarde egpaar Teutman aan die grense deur inheemse aanvallers vermoor is (Hendrina Cecilia Kruger c. 1765).

Die ontberingsvolle bestaan van trekboergesinne is gekenmerk deur ’n ongevestigde lewenswyse, gedurige rondtrekkery weens droogtes en inboorlingaanvalle en ’n gemarginaliseerde kerklike betrokkenheid. Dié nomadiese lewenstyl het die weg voorberei vir die resepsie van mistiek-getinte godsdiensbeoefening van ’n persoonlike aard, emosionele geloofsbelewing en asketiese afsondering – tendense wat reeds teen die einde van die sewentiende eeu in Nederland, Duitsland, Skotland en Engeland sigbaar was (Schoeman 2011:61). Aan die Kaap is hierdie tendense gestimuleer deur die groot aantal Lutherse VOC-amptenare – sowel Nederlands- as Duitssprekend – asook deur Lutherse oordenkingsbundels van Europa en Lutherse sendelinge wat onderweg na die handelsposte in Indië die Kaap aangedoen het (Schoeman 2011:61). Die sendeling George Schmidt, sieketroosters Louis van Dijk en Willem Raassel en die leraar Hermanus Haiko van der Veen was enkele van die piëtistiese geestelikes wat godsdienstige invloed onder die Kaapse bevolking gehad het (Schoeman 2011:63 en 238–294). Voorts het piëtisties-geneigde leraars (byvoorbeeld Theodorus van der Groe) korrespondensie met Kaapse ingesetenes (soos Susanna Bosman) gehandhaaf en langs dié weg die opwellende gees van piëtisme aan die Kaap versterk (Schoeman 2011:64–65). Daarbenewens het piëtistiese ego-beskrywings van ’n godsdienstige aard onder Kaapse ingesetenes gesirkuleer (Schoeman 2011:65–66). Teen die tweede helfte van die agttiende eeu was die godsdienstige etos van piëtisme reeds wyd gevestig aan die Kaap.23 Johanna Duminy – ’n Kaapse vrou uit dié tyd – skryf van ’n man en vrou uit die binneland wat mooi ‘liedere van piëteit’ gesing het terwyl Johanna self vir ’n siek vrou uit ’n gebedeboek voorgelees het (Pretorius 1998:51). Dié gebedeboek was waarskynlik een van die Kaapse oordenkings- of liedeboeke wat as ego-beskrywings die spontane godsdiensbelewenisse en gevoelsmatige godsdiens van die tyd verwoord het. Intense persoonlike belewings van die godsdiens, sterk piëtistiese gevoelselemente in rym- of sangvorm en intense godsdiensrelase en stigtelike briewe van ’n persoonlike aard het wyd onder jong meisies en vroue gesirkuleer. Voorbeelde bestaan van Hester Maria van Zyl (gebore Van den Heever, 1790) uit die omgewing van Cradock en Anna Remmerta Botha (gebore Bester, 1808) uit die omstreke van Cradock – beide voorbeelde van outobiografiese ego-tekste van piëtistiese oorsprong (Pretorius 1998:66–68). Vir die trekboer- en Voortrekkervroue sou die oordenkingsbundels ’n belangrike bron van stigting, geestelike opbou en waardevolle tydverdryf wees. Bruidsmistieke aantekeninge, liedere en digwerk wat direk uit die Bybelboek Hooglied oorgeneem is of daarop gebaseer is, het algemeen in die skriftelike nalatenskap van piëtistiese vroue in die Kaapse binneland voorgekom. Voorts sou die hunkering na aardse en geestelike sekuriteit deur sublimering op die hemelse Bruidegom (Jesus) oorgeplaas word (Pretorius 1977:185).

Teen 1779 was daar slegs vyf gemeentes in die Kaapprovinsie: Kaapstad (1665), Stellenbosch (1687), Drakenstein (1691), Roodezand (1743) en Zwartland (1745). Vanweë die groot afstande wat lidmate aan die grense moes aflê vir kerkbesoek, moes die trekboer-families hulself met die Statenbybel en godsdienstige oordenkingsbundels van Duitse en Nederlandse oorsprong vir hul geestelike versorging behelp (Van der Walt 1928:97 e.v.). Die isolasie van die Boeregesinne in die afgeleë binneland het tot gevolg gehaddat die inwoners van die Roggeveld, Groot-Karoo, Camdebo en Sneeuberge vir maande van die hoofstroom-kerklike betrokkenheid verstoke was. Die piëtistiese literatuur wat aan die Kaap gesirkuleer het, tesame met die relatief eensame lewensomstandighede van pioniersvroue, was instrumenteel vir die kultivering van ’n godsdienstige mentaliteitsprofiel wat in godsdiens, geestelike liedere en mistieke godsdienspraktyke uitgemond het. In dié spirituele klimaat het die metafore in Hooglied vrugbare toepassing in die godsdienstige praktyke van die pioniersvroue gevind. Binne die breër pionier-etos in die binneland het die metaforiese toepassings van Hooglied teruggegryp na die mistieke interpretasie van Hooglied-metafore deur die Middeleeuse Devosie soos dit in die godsdienstige literatuur van die Nadere Reformasie en besonderlik in die Duits-piëtistiese werke neerslag gevind het.

Allegoriese bruidsmistiek in die mistieke spiritualiteit van pioniersvroue

Die Voortrekkervrou Susanna Smit (gebore Maritz, 1799), eggenote van eerwaarde Erasmus Smit, was een van die min pioniersvroue wat haar godsdienstige ego-beskrywings in ’n reeks geestelike dagboekies neergepen het. In haar godsdienstige dagboeke en oordenkingsbundels (1847–1858) gee sy duidelike blyke van sowel allegoriese as tropologiese toepassings van Hooglied-metafore. In die nag ondervind sy die persoonlike teenwoordigheid van Christus; die Bruidegom klop aan die deur van haar hart: ‘Hoor my beminde klop. Maak vir my oop, my suster, my vriendin, my duif, my volmaakte. Want my hoof is vol dou, my haarlokke van nagdruppels’ (Hooglied 5:2) (Smit [18 Des. 1847 37:5]). Tydens haar oordenking die volgende oggend maak sy Hooglied 6:11 van toepassing op die gemeente van Christus:

Zoo zeide ik voorwaer den heer is op de aarde geweest, en heeft zijne gemeenten bezocht om te zien, wien van hun wakende was … – ’n direkte toepassing van die kantaantekeninge van die Statenbybel oor dieselfde teks: dit zijn de woorden des Bruydegoms / aanwijsende hoe hy den hof / zijne Kercke besoeckt. (Biblia, Statenbybel, 1730, kantaantekening by Hooglied 6:11)

Elders in haar dagboeke word tropologiese en allegoriese toepassings van Hooglied-metafore ook afwisselend gebruik. Tydens ’n gesprek met ene Marquard, ’n diaken van die gemeente te Pietermaritzburg, vertolk sy die simbool van die duif in Hooglied 6 as synde die ware kerk van Christus (Smit 41: 2 (July 1849) – weereens ’n navolging van die allegoriese uitleggings van die Statenbybel (Statenbybel, 1730: kantaantekening by Hooglied 6). Andersins spreek Susanna Christus aan as haar ‘eenigste en aller lieste (sic) Bruidegom (Susanna Smit, dagboek, 34: 35 (20 Sept. 1847) en die Seun van die vader as haar ‘zielen man’ (Susanna Smit, Dagboek, 35: 21 (8 Okt. 1847), teenoor wie sy haar liefde verklaar, (‘dien liefde, die ik gevoelde was van een eedelen aard, niet uit zinnig …’) (Susanna Smit, Dagboek, 35: 22 (8 Okt. 1847); sy beskou haar as ‘eene verloofde vrauw, Christus als mijn verloofde man, God mijn Vader, door den H. Geest’ (Susanna Smit, Dagboek, 35: 23 (8 Okt. 1847).

Tropologiese bruidsmistiek in die spiritualiteit van pioniersvroue

Die trekboervrou Hendrina Cecilia Kruger (gebore 1744) toon in haar oordenkingsbundel ’n sterk geneigdheid tot tropologiese toespitsinge van die Hooglied-mistiek. In haar lied ‘Uyt het hooge Liet Zalomons Kantica 5 vers 2 den geesteliken bruijt met haren bruijdegom Jezus’ is die Bruidegom en die bruid in ’n liefdesdialoog gewikkel. In vers 1 is die Bruidegom aan die woord:

Mijn haijr is nat van douw des snags
ik kloppe hier aen u deur
mijn bruijt en hebt gij mij niet verwagt
ik staa hier buijten en truer
mijn duijve doet oopen mijn schone vrindin.
In vers 4 antwoord die bruid:
Meijn liefsten gij zeijt mij gelijk een ree
die op de bergen spring
ag kon ik met hem ook huppelen mee
die al twee lingen voort bring
gij doet geleijk de een hoorenen pleegt
die op de bergen sweef – ek begeeft
eer dat ik mijn herte heeft gekeert
heeft mij mijn liefsten begeert – en geleert. (Hendrina Cecilia Kruger c. 1765).

Dié verse vorm ’n patroon van innige Jesus-mistiek van ’n affektiewe individualiserende aard. In haar ‘Zamen Spraek Tusschen Jezus en de belasten verlooren zondaer gezogt en gezaligt oover gezit op de Christelikke ABC’ spreek Jesus die siel persoonlik aan:

Eij gij ziel ik zal u trekken
eij en door genaet u wekken
eij en maaken u heel vreij
eijgendom te zeijn van mij
foorts ik zal de magt verpletten
feijlig u en vreijheijt zitten
fan u zonden slaver neij
foorwaer gij zult zijn voor mij. (vers 3) (Hendrina Cecilia Kruger, c. 1765)

In ’n gedig op die ontydige dood van twee kinders in 1773 en 1776 onderskeidelik, pleit sy by Christus:

Ag liefste Jezus wees dog mijn
en laet ik wezen dijn
vergaert mij en het bundelken
van u geloovigen
de werelt die mij nu zoo haet
zal namaels zien mijn staet. (vers 15) (Hendrina Cecilia Kruger c. 1773 & 1776).

Innige piëtistiese mistiek van ’n persoonlike aard kom ook voor in die Van der Walt-oordenkingsbundel (watermerk 1797). Die samesteller verwoord die verlange na en verklaar die liefde vir Jesus op ’n besonder innige en gevoelvolle wyse:

Waar is Jesus mijn verlangen
Vriend en alder liefste mijn
Waar heyt hij gewent sijn gangen
Waar mog hij te vinden sijn. (vers 1)
En:
Liefste Jesus laat u venden
Mijne siele tot schreijd
Gunt een oog wink sal mijn bringen
Aan u vrugt en eeuwigheijd. (vers 5) (Van der Walt c. 1797).

Die Voortrekkervrou Anna Elizabeth Steenkamp (gebore Retief, 1797) se godsdienstige oordenkingsbundel sinspeel op die metafore van bruid en Bruidegom in Hooglied 2:10 – toespelinge wat vrywel algemeen in oordenkingsbundels uit dié tyd voorkom:

Staet op mijn bruijd die ik beminne
Staet op mijn schoone mijn vriendinne
En kom met blijdschap dienen mij
Want siet de wenter is voorbij. (vers 1) (Steenkamp, c. 1843)24

Soortgelyke Hooglied-metafore met ‘n tropologiese toespitsing kom ook voor in die oordenkingsbundel van D. Strydom (geskryf deur Beatrix G. Nel) (Strydom c. 1835), Hester Vente en Catharina van Lier (gebore 1768). Die pioniersvrou Hester Venter (gedoop 1750) weerspieël ook die affektiewe persoonsgerigte liefdesmistiek wat vrywel algemeen deur pioniersvroue gehuldig is (Venter 1853; Landman 2009: 89–102). In haar Ondervindelijke bekeeringsweg (1853) haal Hester Venter verskeie Nadere Reformasie outeurs bekend om hul piëtistiese voorkeure, aan: Lodenstein, Smytegeld en Sluiter. Sy verkies egter die tropologiese toepassings van Hooglied-mistiek in haar oordenkinge, gedigte en liedere. In een van haar selfgemaakte verse bied sy haar aan Jesus:

Jezus lief, hier is mijn hart,
Jezus lief, hier is mijn ziel.
Jezus lief, hier is mijn
Ziel en ligchaam beide. (Venter 1853:44)

Met verwysing na Hooglied 3:4 besing sy die intieme nabyheid van Jesus:

Ik vond hem, die mijne ziel lief heeft; ik hield hem vast; ik liet hem niet gaan Hooglied 3:4). Dan kuste hij ze niet alleen met de kussen van zijn mond, maar dan is het ‘de Koning heeft mij gebracht in zijne binnenkamer …’ (Venter 1853:15)

Haar selfgemaakte mistieke liedere bevat elemente van bruidserotiek wanneer sy Christus as Bruidegom besing:

Al hijgend dorstig tot Hem snikt,
Die liefde band, o zoete brand!
Och! kwaamt Gij met uw liefde min,
En schiet in mij een vonkje in. (Venter 1853:165)

Hooglied 2:4 is die inspirasie van Hester se beskrywing van haar belewenis van Jesus se liefde:

Werd ik in het wijnhuis dronken,
Daar het al is opgedischt,
Van uw liefde zoo beschonken,
Tot mijn ziels verzadenis. (Venter 1853:166)

Catharina van Lier, suster van ds. H.R van Lier, teken in haar dagboek aan hoe sy in ekstase onder gebed die liefdeskus van Christus ervaar het:

Tegen den avond mog tik vurig bidden: en ondrvond, hier onder, die uitnemende liefde mijns Hemelschen Bruigoms. Hy kuste met de kussen zijns monds: ik zwoer Hem op nieuw hulde, en betuigde hartelijk alles wat aan Hem was, gansch begeerlijk te vinden. (Van Lier 1806:34)

Slot en gevolgtrekking

Pioniersvroue van die trekboertydperk en tydens die Groot Trek vertoon ‘n opvallende ‘vroulike piëtisme’. Mistieke kontemplasie en ekstatiese belewenisse was frekwente manifestasies van die heersende godsdienstige spiritualiteit in die afgeleë binneland. Die ontluikende mistieke self-bewussyn wat onder gelowiges aan die grense na vore gekom het, verteenwoordig in bepaalde opsigte ’n kultuur van spirituele weerstand teen die kerklike en godsdienstige marginalisering wat veral deur vroue in die pioniersomstandighede ervaar is. Dié reaksionêre piëtistiese godsdienskultuur onder pioniersvroue in Suid-Afrika vertoon bepaalde paralelle met godsdienstige tendense in die sewentiende- en agttiende-eeuse Duitse piëtisme.

Die aktiewe propagering van ’n piëtistiese spiritualiteit deur vrouegelowiges in dié pioniersomstandighede kan beskryf word as die reaksie van die kleinburgerlike geloofsgemeenskappe aan die grense teen isolasie en marginalisering van die gelowiges van die kerklike lewe aan die Kaap; ’n reaksie teen die intellektualisering van die kerklike lewe, steriele dogmatisme en kerklike hiërargieë in die Kaapse kerk.

Die ontluikende ego-fokus van pioniersvroue in die nawerking van dié mistiek-bevindelike spiritualiteit het ’n verdiepende en individualiserende effek op die godsdienstige lewe van pioniersvroue gehad. Dié verdiepende en individualiserende effek van die piëtistiese mistiek het toenemend gekulmineer in ego-tekste met ondertone van bevindelike spiritualiteit. Die geneigdheid tot die mistiek-bevindelike ervaring van ’n Jesus-gesentreerde spiritualiteit het parallel met Duitse en Nederlandse piëtistiese tendense in allegoriese en tropologiese toepassings van die bruidsmistieke metafore in Hooglied tot uitdrukking gekom. Die eksplisiete voorkeur vir tropologiese toepassings van Hooglied-metafore kan eerstens toegeskryf word aan die fisieke omstandighede waarin vroue van die hoofstroom-spiritualiteit aan die Kaap afgesny was. Tweedens het die beskikbaarheid van Duits-piëtistiese werke met tropologiese Hooglied-voorkeure tot ’n dominante kultuur van persoonlike en individualistiese interpretasie en toepassing van Hooglied-metafore aanleiding gegee. Die inslag van tropologiese Hooglied-mistiek kan veral via die werke van Duitse piëtiste na die mistiek van Bernard van Claivaux en die moderne devosie van die pre-reformatoriese spiritualiteit teruggespoor word.

Erkenning

Mededingende belange

Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.

Literatuurverwysings

Anon, 1832, Geistlicher Liederschatz. Sammlung der vorzüglichsten geistlichen Lieder für Kirche, Schule und Haus …, Samuel Elsner, Berlin.

Arndt, J., 1979, True Christianity, Paulist Press, Mahwah, NJ.

Barrow, J., 1806, Travels into the interior of South Africa, vol. I, T. Cadell & W. Davies, London.

Biblia (Nederlandse Statenbybel), 1730, Dat is de gantsche H. Schrifture vervattende alle de Canonijcke Boecken des Ouden en des Nieuwen Testaments …, Pieter en Jacob Keur, Dordrecht.

Boehme, J., 1978, The Way to Christ, ed. P. Erb, Paulist Press, New York.

Boot, I., 1971, De allegorische uitlegging van het Hooglied voornamelijk in Nederland. Een onderzoek naar de verhouding tussen Bernard van Clairvaux en de Nadere Reformatie, Izaäk Boot, Zuijderduiin.

Cassian, J., 1958, ‘Collationes xiv, viii’, in Sources chrétiennes 54, 189–193.

Coccejus, J., 1677. De Leere van het Verbond en Testament Gods … Jac. Noenaard, Middelburg.

Erb, P., 1978. ‘Introduction’, in Jacob Boehme, The Way to Christ, Paulist Press, New York.

Gerhard J., 2011, ‘Sacred Meditations (1606) & School of Piety or the Practice of Godliness (1622)’, in ed. Eric Lund, Seventeenth-Century Hymns, Pualist Press, Mahwah, NJ., 39–206.

Gerhardt, P., 2011, ‘Lutheran Hymns’, in ed. Eric Lund, Seventeenth-Century Lutheran Meditations and Hymns, Paulist Press, Mahwah, NJ., 302–336.

Greer, R.A., 1979, ‘Introduction’, in Origen, An Exhortation to Martyrdom, Prayer and Selected Works, Paulist Press, Mahwah, NJ., 1–37.

Groenewegen, J., 1857, Verzameling van Veertien uitgezochte en Stichtelijke Predicatien, I.J. Malga, Nijkerk.

Hamburger, J.F., 1990, The Rothchild Canticles: Art and Mysticism in Flanders and the Rhineland circa 1300, Yale University Press, New Haven.

Hamburger, J.F., 1991, ‘Revelation and Concealment: Apophatic Imagery in the Trinitarian Miniatures of the Rothchild Canticles’, Beinecke Studies in Early Manuscripts, The Yale University Library Gazette, 66, Supplement, 134–158.

Hellenbroek, A., 1718–1720, Het Hooglied van Salomo, dle. I & II, Rein. Van Doesburg, Rotterdam.

Herde, R., 1968, Das Hohelied in der lateinischen Literature des Mittelalters bis zum 12. Jahrhundert, Studi Medievali 3, ser. 8, Müncher Beiträge zur Mediävistik und Renaissance-Forschung 3, Centro Italiano di Studi sull’alto Medioevo, Spoleto.

Hoffman, B., 1974, ‘Luther and the Mystical,’ The Lutheran Quarterly, 26(3), 316–329.

Hofmeyr, J.W., 1989, Die Nederlandse Nadere Reformasie en sy invloed op twee kontinente, Universiteit van Pretoria, Pretoria.

Janowski, H.N., 1987, Einführung: Meditation und Nachfolge in der Devotio Moderna, Olten / Freiburg.

Kaapse Argiefbewaarplek (KAB), C. 462, ‘Inkomende Brieven 1771’: 719.

Keller, H.E., 2000, My Secret is Mine: Studies in Religion and Eros in the German Middle Ages, Peeters, Leuven.

Knibbe, D., 1699, De Hand Gods uytgestreckt i.h. Oordeelen en Bewaaren van sijn Kerk, J. Luchtmans, Leiden.

Koepp, W., 1959, Johan Arndt. Eine Untersuchung über die Mystik in Lutherthum, Berlin.

Kruger, H.C., c. 1780, ‘Oordenkingsbundel’, obgepubliseerde en ongepagineerde manuskrip. (Kopie in die versameling van A.W.G. Raath).

Landman, C., 2009, ‘Calvinism and South African women: a short historical overview’, in Studia Historiae Ecclesiasticae, 35(2), October, 89–102.

Lichtenstein, H., 1812, Reisen im Südlichen Africa in den Jahren 1803, 1804 und 1806, dle. I & II, C. Salfeld, Berlin.

Lund, E. (ed.), 2011, Seventeenth-Century Lutheran Meditations and Hymns, Paulist Press, Mahwah, NJ.

Luther, M., 1847, ‘Sermon von der freiheit eines Christenmenschen’, in Refortmatorischen Schriften, ed. Karl Zimmermann, dl. II, Carl Wilhelm Leske, Darmstadt.

Luther, M., 1972, Works, vol. 15, ed. J. Pelikan, Concordia, Philadelphia, Pa.

Matter, E.A., 1990, The Voice of My Beloved. The Song of Songs in Western Medieval Christianity, University of Pennsylvania Press, Philadelphia.

McGinn, B., 2005, The Harvest of Mysticism in Medieval Germany (1300–1500), vol. IV, The Presence of God: A History of Western Christian Mysticism, Herder, New York.

Miller, A.E., 1970, ‘The Theologies of Luther and Boehme in the Light of their Genesis Commentaries,’ Harvard Theological Review, 63, 261–303.

Moll, W., 1864–1867, Kerkgeschiedenis van Nederland vóór de hervorming, dle. I & II, Arnhem.

Nicolai, P., 2011, ‘Hymns’, in ed. E. Lund, Seventeenth-Century Lutheran Meditations and Hymns, Paulist Press, Mahwah, NJ, 277–280.

Op ‘t Hof, W.J., 1987, Engelse Pietistische Geschriften in het Nederlands, 1598–1622, Lindenberg, Rotterdam.

Origenes, 1979, an Exhortation to Martyrdom, Prayer and Selected Works, Paulist Press, Mahwah, NJ.

Philipp, W., 1965, ‘Unio Mystica’, in Die Religion in Geschichte und Gegenwart, (3 Aufl.), Tübingen, 1957–1965, 1334–1339.

Post, R.R., 1968, The Modern devotion. Confrontation with Reformation and Humanism, Studies in medieval and Reformation Thought, III, Leiden, E.J. Brill.

Pretorius, C., 1977, Die Afrikanervrou as Kultuurdraer en Kultuurskepper, ongepubliseerde D.Phil.-proefskrif, UP.

Pretorius, C. 1998, Al Laggende en Pratende, Kaapse vroue in die 17de en 18de eeu, Human & Rousseau, Kaapstad.

Raath, A.W.G., 2014, ‘Petit bourgeoisie, female piety and mystical pietism on the South African frontier, 1760–1860’, in Studia Historiae Ecclesiasticae, May 40(1), 95–116.

Redel, C.A., 1765, Geistliche neu-vermehrtes Altenburgisches Gesang- und Gebeth-Buch, Paul Richtern, Altenburg.

Reuter, K., 1963, Das Grundverständnis der Theologie Calvins, Beiträge zur Geschichte und Lehre des Reformierten Kirche, XV, Verlag des Erziehungsvereins, Wageningen.

Schiewer, H-J., 1996, ‘Auditionen und Visionen einer Begine: Die ‘Selige Schererin,’ Johannes Mulberg und die Basler Beginenstreit. Mit einem Textabdruckt’, in Die Vermittlung geistlicher Inhalte im deutschen Mittelalter: Internationales Symposium, Roscrea 1994, ed. Timothy R. Jackson, Nigel F. Palmer, and Almut Suerbaum, Niemeyer, Tübingen, 289–317.

Schoeman, K., 2010, Die Bosmans van Drakenstein. Persoonlike dokumente van die familie Bosman van Drakenstein, 1705–1842, Protea Boekhuis, Pretoria.

Schoeman, K., 2011, Cape Lives of the Eighteenth Century, Protea Book House, Pretoria.

Scriver, C., 2011a, ‘The Treasure of the Soul (1605)’, in red. E. Lund, Seventeenth-Century Lutheran Mediations and Hymns, Paulist Press, Mahwah, NJ, 258–273.

Scriver, C., 2011b, ‘Gotthold’s Occasional Devotions (1667)’, in red. Eric Lund, Seventeenth-Century Lutheran Hymns, Paulist Press, Mahwah, NJ, 345–347.

Smit, S., 1847–1858, ‘Dagboeke’, ongepubliseerde dagboekinskywings en oordenkingsbundels. (Kopie in die versameling van A.W.G. Raath).

Smytegelt, B., 1740, Des Christens Heil en Cieraat, O. & P. van Thol, Middelburg.

Smytegelt, B., 1745, Een Woord op zyn tyd, dle. I & II, Nicolaas Pieter Bloemendal, ‘s Gravenhage.

Steenkamp, A., c. 1843, ‘Oordenkingsbundel’, ongepubliseerde en ongepagineerde manuskrip. (Kopie in die versameling van A.W.G. Raath).

Van den Berg, J., 1985, ‘De Engelse Puritein Francis Rous (1579–1695) en de vertaling van enkele van zijn geschriften in het Nederlands’, in De zeventiende eeuw, I, 48–66.

Van der Groe, T., 1787, Verzameling van Biddagspredikatien, Henricus van Otterloo, Utrecht.

Van der Linde, S., 1971, ‘Calvijns leer van de Heilige Geest Volgens Boeck III van zijn Institutie’, in Theologia Reformata, xiv, 102–118.

Van der Merwe, P.J., 1988, Die Noordwaartse Beweging van die Boere voor die Groot Trek (1770–1842), Die Staatsbiblioteek, Pretoria.

Van der Walt, C., 1797, ‘Oordenkingsbundel’, ongepubliseerde en ongepagineerde manuskrip. (In die versameling van A.W.G. Raath).

Van der Walt, A.J.H., 1928, Die Ausdehnung der Kolonie am Kap der Guten Hoffnung 1700–1779, Ebering, Berlin.

Van Lier, C.A., 1806, Dagboek, Gemeenzame Brieven en overdenkingen van L.C. Geschreven door wylend Juffrouw Catharina Allegonda van Lier, aan Cabo de Goede Hoop …, tweede druk, Willem van Yzerworst, Utrecht.

Venter, H., 1853, De Ondervindelijke Bekeeringsweg, Van de Sandt De Villiers, Kaapstad.

Verenigde Evangelische Broedergemeente, 1856, Lofzangen en Geestelijke Liederen …, L. Fr. Fues, Tübingen.

Vogelsang, E., 1937, ‘Luther und die Mystik,’ Luther Jahrbuch, XIX, 32–54.

Wallmann, J., 1986, Philipp Jakob Spene rund die Anfänge des Pietismus, J.C.B. Mohr (Paul Siebeck), Tübingen.

Wallmann, J., 2005, ‘Johan Arndt (1555–1621), in red. Carel Lindberg, The Pietist Theologians, Blackwell Publishing, Malden, 21–37.

Ward, W.R., 2002, The Protestant evangelical awakening, Cambridge University Press, Cambridge.

Weinhold, K., 1880, Lamprecht von Regensburg: Sanct Francisken Leben und Tochter Sion, Schöningh, Padenborn.

Wits, C.J., 1645, Stichtelycke Bedenkinghe, Onledighe Ledigheydt, Stichtelycke Tijdkortinge: Vertoont door Geestelicke Gesangen, Hendrik vander Putte, Amsterdam.

Zaleski, C., 1991, ‘Foreword’, in ed. K.J. Campbell, German Mystical Writings, Continuum, New York, vii–xii.

Zeller, W., 1978, ‘Preface’ in Jacob Boehme, The Way to Christ, Paulist Press, Mahwah, NJ, xi-xv.

Footnotes

1. Schoeman (2010:94) beskryf piëtistiese vroomheid as synde ‘in die eerste instansie gebaseer op die Bybel, maar in Nederland is daar ook ywerig gebruik gemaak van die geskrifte van Nederlandse, Engelse, Skotse en Duitse predikante …’ Breedweg volg hierdie navorsing die omskrywing van W.J. Op’t Hof, 1987: 24 van die piëtisme: ‘die stroming binnen het gereformeerde Protestantisme die zich tegen algemeen verbreide wantoestanden en misvattingen kerend, met profetische bezieling zowel aandrang op de innerlijke believing van de gereformeerde leer en de persoonlijke levensheiliging als – harmonisch hiermee verbonden – ijverende voor de radicale heiliging van alle levensgebieden.’

2. Raath 2014:113, konkludeer dat die impak van die Nederlandse Nadere Reformasie en die Duitse piëtistiese literatuur aan die Kaapse volksplanting tot ‘n sterk beweging van piëtistise godsdienstige toewyding aanleiding gegee het.

3. Cassianus onderskei ook twee ander hermeneutiese benaderings: die historiese en die anagogiese: ‘Hierusalem quadrifarie posit intellegi: secundum historiam civitas ludaeorum, secundum allegoriam ecclesia Christi, secundum anagogen civitas dei illa caelestis, “quae est mater omnium nostrum,” (Galatians 4:26) secundum tropologiam anima hominis’ (1958:190).

4. Die tropologiese toepassing van Hooglied-metafore het dus vanaf die twaalfde eeu ‘n teologiese genre in eie reg geword: ‘The association of the Song of Songs with the love between God and the individual soul is present in the Christian tradition from the beginning … As a primary mode of interpretation, however, this way of reading song of Songs came into its own in the twelfth century. Latin exegetes of this period of evangelical fervor and monastic reform tended to amphasize a personalistic spirituality, in which the Song of Songs was increasingly read as a dynamic guide to the quest of each human being for union with God’ (Matter 1990:123).

5. Herde (1968:1041–1067) bevind dat die tropologiese interpretasie van Hooglied ‘n wye spektrum van Latynse poësie en prosa beïnvloed het.

6. ‘[N]icht allein gibt der Glaube so viel, dass die Seele dem göttlichen Wort gleich wird, aller Gnaden voll, frei und selig, sondern vereiniget auch die Seele mit Christo, als eine Braut mit ihrem Bräutigam; aus welcher Ehe folget, wie St. Paulus (Eph. 5:30) sagt, dass Christus und die Seele Ein Leib warden, so warden auch beider Güter, Fall, Unfall und alle Dinge gemein, dass was Christus hat, das ist eigen der gläubingen Seele, was die Seele hat, wird eigen Christo. So hat Christus alle Güter und Seligkeit, die sind der Seele eigen. So hat die Seele alle Untugend und Sünde auf sich, die warden Christo eigen.’

7. Kyk Ward (2002:48). Arndt se vier (later ses) boeke van Wahren Christentum is vanaf 1605 tot 1740 95 keer in Duits gepubliseer, 28 keer in Latyn, Engels, Nederlands, Deens, Sweeds, Tjeggies, Russies en Yslands. Die Duitse uitgawes beloop moontlik 100 000 eksemplare. Die spreekwoord het gelui dat elke boer wat drie of meer boeke van Arndt had, ‘n eksemplaar van Wahren Christentum besit.

8. ‘Reiche Anleihen aus der mittelalterlichen Mystik, vor allem aus den Predigten Taulers, haben Johann Arndt geholpen, das Ideal einer ungeheuchelten innerlichen Herzensfrömmigkeit zu bilden, in der der Seele eine über die Vergebungsgewissheit der Rechtfertigung hinausreicehnde nähere Verbindung mit Gott zuteil wird, die durch fromme Übungen und Betrachtungen gepflegt und praktiziert wird und die im täglichen Wandels erkennen lässt’ (Kyk Koepp 1959).

9. ‘Self-denial and humility are the main virtues of the pious person. The resort to the mystics led to a stronger interiorization and self-observation. The sacramental mediation of salvation receded behind personal experience. The pietistic godliness stamped by Arndt gave people a greater degree of independence in relation to the church’s office-holders. Arndt is a decisive pioneer on the modern path toward individualization.’

10. Vir Boehme se invloed kyk Ward (2002:4).

11. Kyk ook Boehme (1978:58, 602–61, 62). Die erotiese mistiek van Boehme is opvallend: ‘Immediately the marriage with the Virgin Sophia begins when the two lovers receive each other in joy, and press into each other with complete inner desire, in the sweetest love of God. Then in a short time the marriage of the lamb is prepared when the Virgin Sophia (as the worthy humanity of Christ) is wedded with the soul’ (Boehme 1978:69).

12. Vir die bruidsmistieke invloed van die Middeleeuse Devosie op die Nederlandse piëtisme kyk Moll 1864–1867; Post 1968; Janowski 1987:719.

13. Vir Udemans se Puriteinse invloed kyk W. Op’t Hof (1987:628).

14. Kenmerkend van die vroomheid van die Moderne Divosie was ‘n wettiese inslag, ’n goddelike angs, ’n verdieping in die lewe en lyde van Christus en ’n gevoelige vroomheid. Hul mistiek was eerder praktiese gedempte mistiek as van ’n spekulatiewe aard.

15. Rous se spiritualiteit was van ’n individualistiese en subjektiewe aard. Sy werk Mystical arriage: or experimental discourses of the heavenly marriage betweene a soule and her Saviour verskyn in 1635 en vorm later deel van die Interiora Regni Dei van 1655. Kyk Van den Berg (1985:48–66).

16. Een woord op zijn tijd (met verwysing na Hooglied 2:14 en 5:2).

17. De hand Gods uytgestrekt in het oordeelen en bewaaren van sijn Kerk … (met uitleg van Hooglied 1:5 en 4:13, 14).

18. Verzameling van biddags-predikatien (verklaring van Hooglied 4:16 en 6:9).

19. De leere van het Verbond en Testament Gods (met verwysing na Hooglied 6:9).

20. Woorden op zijnen tijd (met toepassing van Hooglied 6:10, 13).

21. Het Hooglied van Salomo. Verklaart en vergeestelykt (verwysend na die beeldspraak van die bruid in Hooglied).

22. De Christens heil en sieraad (verwysend na Hooglied 1:4) en Gekrookte riet (met verwysing na Hooglied 2:13).

23. Die reisiger Lichtenstein het tussen 1803 en 1806 op sy reis na die Kaapse binneland spesifiek melding gemaak van die stigtelike literatuur ‘der hollandischen Pietisten’ in omloop onder die pionier-Boere (Lichtenstein 1812:143).

24. Volgens ‘n inskripsie in haar herinneringskrif is hierdie (en ander liedere) in 1843 neergeskryf deur Carel (Karel) Jacobus van der Merwe (genealogiese verwysing: b2c9d12e5f1) (gebore te Tulbagh in 1812, later woonagtig te Voor-Sneeuberg, Graaff-Reinet), wat in 1836 met Gert Maritz uit die Kaapkolonie getrek het.


 

Crossref Citations

1. Transkonfessionalisme, konstruktivisme en Karel Schoeman (1939–2017) oor die Kaapse piëtisme
Andries W.G. Raath
In die Skriflig/In Luce Verbi  vol: 51  issue: 1  year: 2017  
doi: 10.4102/ids.v51i1.2249