Chapter

Die Klein Begin 1916−1933

J.P. Oberholzer
HTS Teologiese Studies / Theological Studies | Vol 66, No 3 | a922 | DOI: https://doi.org/10.4102/hts.v66i3.922 | © 2010 J.P. Oberholzer | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 27 July 2010 | Published: 23 September 2010

About the author(s)

J.P. Oberholzer,, South Africa

Abstract

Die opleiding neem ‘n aanvang met een kerklike dosent, J.H.J.A. Greyventein, en ‘n aantal universiteitsdosente. Die studentetal groei stadig. Die vertrek van professor Paterson en die koms van S.P. Engelbrecht in 1921 bring ‘n belangrike wending. Wanneer B. Gemser in 1926 toetree, is daar drie dosente wat tegelyk ampsdraers van die Nederduitsch Hervormde Kerk is. Gemser is dosent in Teologie sowel as in Lettere en Wysbegeerte waar hy begin met die vestiging van ‘n sterk departement Semitiese Tale. Engelbrecht se kundigheid omvat Kerkgeskiedenis sowel as ‘n unieke kennis van die Voortrekker- en ou Tansvaalse geskiedenis en dit kom die Departement Geskiedenis ten goede. Die akademiese gehalte van die opleiding neem toe, en so ook die studentetal. ‘n Bedreiging vir die voortbestaan van die Fakulteit teologie is afgeweer deur die tydige optrede van S.P. Engelbrecht en die tussenkoms van die Eerste Minister. Die selfstandigwording van die Universiteit van Pretoria en die Afrikaanswording van die Universiteit bring ‘n veranderde konteks.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 3032
Total article views: 7460


Crossref Citations

No related citations found.