<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">HTS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0259-9422</issn>
<issn pub-type="epub">2072-8050</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">HTS-79-8773</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/hts.v79i1.8773</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Original Research</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Die kerkregtelike debat tydens die 73 Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">https://orcid.org/0000-0002-1200-5672</contrib-id>
<name>
<surname>van Wyk</surname>
<given-names>Barry J.</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Unit for Reformational Theology and the Development of the South African Society, Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Barend van Wyk, <email xlink:href="bvw@vodamail.co.za">bvw@vodamail.co.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>20</day><month>07</month><year>2023</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2023</year></pub-date>
<volume>79</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>8773</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>29</day><month>03</month><year>2023</year></date>
<date date-type="accepted"><day>23</day><month>05</month><year>2023</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2023. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2023</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract>
<p><bold>The ecclesiastical debate at the 73 General Church Assembly of the Dutch Reformed Church of Africa.</bold> Reformed churches emerged from the Reformation which commenced in the 16th century because of the input of well-known reformers such as Martin Luther (1483&#x2013;1546) and John Calvin (1509&#x2013;1564). Reformed churches are founded on a certain system of church polity known as presbyterial-synodal. This church orderly viewpoint amounts to the fact that it is a church where Jesus Christ is the sole ruler of the church, transforming all meetings of offices of the church to operate on the same horizontal level with Jesus Christ as the only and sufficient authority in the church.</p>
<p>This means that such a church is trying to be church of the Word and should take good care to maintain this critical principal position during meetings, as will eventually be reflected in synodal decisions taken.</p>
<sec id="st1">
<title>Contribution</title>
<p>This article takes a critical look at points of discussion submitted to the meeting, especially those with church orderly implications. Critically spoken, it means that decisions tabled at such meetings should be in the prolongment of the churches&#x2019; decision to be church of the Word, and therefore presbyterial-synodal. It is therefore also a contribution to church polity as such.</p>
</sec>
</abstract>
<kwd-group>
<kwd>presbyterial-synodal</kwd>
<kwd>church polity</kwd>
<kwd>church of the Word</kwd>
<kwd>synodal</kwd>
<kwd>diaconate</kwd>
<kwd>separation</kwd>
<kwd>church unity</kwd>
<kwd>Jesus Christ</kwd>
</kwd-group>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Inleidend</title>
<p>Sinodale vergaderings in die Reformatoriese kerkregtelike stelsel as samekomste waar meer as een gemeente betrokke is, dateer vanaf die sinodale vergadering van 1559. Die Kerkorde wat daar vasgestel is, bekend staan as die <italic>Discipline Eccl&#x00E9;siastique</italic> (Pont <xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">1981</xref>:48&#x2013;54). Dit was die eerste sinodale vergadering onder invloed van Calvyn in die tyd na die Reformasie waar nie net een gemeente betrokke was nie, maar meer gemeentes. Sedertdien bestaan die debat en kom die vraag voortdurend ter sprake na die verhouding tussen die gemeente waar gelowiges hulle lidmaatskap van die kerk beleef en uiting gee aan die gemeenskap van geloof as deel van die Christelike belydenis en die sinodale vergadering waar gemeentes van &#x2019;n bepaalde kerk saam vergader. Die verhouding tussen gemeente en sinode is sensitief en hoogs genuanseerd wat ten minste in die Reformatoriese tradisie nie noodwendig onder een noemer tuis te bring is nie. Die verhouding kan gesien word teen die bekende uitgangspunte: enersyds, dat die gemeente <italic>ecclesia completa</italic> is; en andersyds, dat die gemeente ook <italic>ecclesia completa et incompleta</italic> is in die verlenging van eersgenoemde.</p>
<p>Dit is veral laasgenoemde byvoeging wat die bestaan van sinodale vergaderings in die lewe geroep het asook die feit dat gemeentes nie in isolasie bestaan nie, maar uiting gee aan die gemeenskap van geloof as klassieke deel van die kerklike belydenis (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">2012</xref>:112).</p>
<p>Dit is egter van kritieke belang om steeds in gedagte te hou dat daar in die <italic>Apostolicum</italic> bely word (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">2008</xref>:124) dat daar net <italic>een</italic> kerk is, naamlik &#x2018;&#x2019;n heilige, algemene, Christelike kerk&#x2019;. Dit kom sekerlik daarop neer dat kerklike eenheid meer genuanseerd is as strukturele eenheid en dat gelowiges in dele van die w&#x00EA;reld wat ver van mekaar verwyder is steeds gesamentlik uiting gee aan die eenheid van die kerk (vgl. Ef 1:22, 23). Dat dit geld vir kerke naby aan mekaar soos die drie sogenaamde susterkerke in Suid-Afrika, lei geen twyfel nie. Dit geld egter onteenseglik vir die NHKA as een kerk wat in Jesus Christus nie anders kan as om bewustelik in eenheid wat sinode en gemeentes betref, met mekaar saam te leef nie. Daarom word dit ook kerkordelik verwoord wanneer gestel word: &#x2018;Die Kerk, in ooreenstemming met die belydenis, is &#x2019;n gestalte van die een, heilige, algemene en apostoliese kerk&#x2019; en verder: &#x2018;&#x2019;n Gemeente handhaaf die eenheid van geloof, belydenis en liturgie met die ander gemeentes van die Kerk&#x2019; (Ordere&#x00EB;l 2, NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2019</xref>:5).</p>
<p>Van den Heuvel (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0035">2004</xref>) verwoord die verhouding tussen kerk (sinode) en gemeente soos volg:</p>
<disp-quote>
<p>De kerk bestaat uit al de gemeenten. Kerk en gemeente bestaat niet zonder elkaar. Er is geen onderscheid in &#x2018;hoger&#x2019; of &#x2018;lager&#x2019;. De kerk is geen overkoepelend orgaan en de gemeenten zijn geen onderafdeling van de kerk. Beide zijn volledige gestalten van kerk-zijn en hebben een eigen verantwoordelijkheid. De landelijke verschijningsvorm heeft &#x2018;kerk&#x2019; en de plaatselijke &#x2018;gemeente&#x2019;. Er bestaat tussen de kerk en de gemeenten een voortdurende beweging en betrokkenheid. Over de kerk kan niet worden gesproken zonder de gemeente en de gemeente kan niet worden ge&#x00EF;soleerd van de bredere verbanden. (p. 29)</p>
</disp-quote>
<p>Sedert die sitting van die bekende Sinode van Dordrecht van 1618&#x2013;1619 het daar tussen kerkraad en sinode in verskillende kerke in die Reformatoriese tradisie nadere beklemtonings ontstaan wat ten minste die samestelling en statuur van sinodale vergaderings bepalend be&#x00EF;nvloed het. Sodoende het daar reeds by Dordrecht streek- of partikuliere sinodes ontstaan (Artikel XXIX) (Kersten <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1980</xref>:183; vgl. Pont <xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">1981</xref>:234). Daarmee saam maak die sinodale kommissie, wat in die sinodale struktuur van die NHKA bestaan (Ordinansie 4.6, NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2019</xref>:54), eers in die Algemeen Reglement van 1816 (Hooijer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1848</xref>:41; Pont <xref ref-type="bibr" rid="CIT0031">1991</xref>:42) sy verskyning.</p>
<p>In die kerkregtelike verloop sedert die Reformasie, met besondere verwysing na die Nederlandse tradisie vanaf die Sinode van Dordrecht tot op datum, is daar sekerlik bepaalde tendense en modaliteite (Van Wyk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0044">1991</xref>:87; vgl. Haitjema <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">1953</xref>; Langman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">1950</xref>; Van Leeuwen <xref ref-type="bibr" rid="CIT0039">1946</xref>) sigbaar. Die ietwat verskillende benaderings word veral duidelik wanneer die Nederlandse Hervormde Kerk (NHK) daarin slaag om uiteindelik op 01 Mei 1951 van die ongunstige Algemeen Reglement van 1816 se invloed te ontkom. Die NHK volg nie en keer ook nie terug tot die Kerkorde wat tydens die Sinode van Dordrecht vasgestel is nie, maar formuleer &#x2019;n eie kerkorde omdat die Kerkorde van Dordrecht te eensydig was en as kerkorde poog om die invloed van die Remonstrante en die owerheid teen te staan (Balke &#x0026; Oostenbrink-Evers <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1993</xref>:XXXIX). Daarmee saam word die kerkordelike stryd in die NHK ook voorafgegaan deur die Doleansie van 1886 wat uiteindelik &#x2019;n kerklike skeuring tot gevolg het en sedert 1892 as die Gereformeerde Kerken in Nederland bekend staan naas die Christelijke Gereformeerde Kerken (Nauta <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">1958</xref>:187; Van Genderen <xref ref-type="bibr" rid="CIT0038">1957</xref>:166).</p>
<p>Verder kan daarop gewys word dat, met ingang van 01 Mei 2004, die Nederlandse situasie ontwikkel het en &#x2019;n samevoeging van die NHK, die Gereformeerde Kerken in Nederland en die Evangelisch-Lutherse Kerk ontstaan het om die Protestantse Kerk in Nederland te vorm (Van den Heuvel <xref ref-type="bibr" rid="CIT0035">2004</xref>:13).</p>
<p>Die ontwikkeling na die Sinode van Dordrecht kan enersyds beskou word as die Gereformeerde kerkordelike tradisie wat nouer verbonde is aan die Dordrechtse kerkordelike re&#x00EB;lings as die Hervormde tradisie wat nie die Dordrechtse Kerkorde strak navolg nie, maar &#x2019;n eie kerkordelike weg volg. Vir die doel van hierdie artikel word die fokus op die verhouding tussen sinode en gemeente gerig.</p>
<p>Negatief gesproke word in die Gereformeerde kerkregtelike tradisie soos veral by die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika gevind word, te veel klem op die plaaslike gemeente geplaas wat as kerk tot ander kerke toetree op grond van &#x2019;n kerkverband. Hierin funksioneer die belydenis as akkoord van gemeenskap in juridies-konfessionele sin wat insluit of uitsluit en beteken dat die kerk as geheel as &#x2019;n belydeniskerk tipeer kan word. Die afgevaardigde na &#x2019;n sinodale vergadering verteenwoordig &#x2019;n kerk [gemeente] en word nie deur afvaardiging &#x2019;n lid van die sinode wat in eie reg bestaan nie (Spoelstra <xref ref-type="bibr" rid="CIT0033">1989</xref>:207).</p>
<p>In die Hervormde tradisie neem afgevaardigdes van gemeentes sitting in die sinodale vergadering as verteenwoordigers van die amp (Ordinansie 4.4) (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2019</xref>:50) wat in die lig van die Woord en onder leiding van die Gees van God besluite neem wat alle gemeentes van die kerk &#x2013; dus die kerk as geheel &#x2013; raak (Ordinansie 4.4 [xix]) (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2019</xref>:53). Die sinodale vergadering is nie &#x2019;n ho&#x00EB;r vergadering bloot omdat daar meer ampsdraers as in kerkraadsvergaderings byeen is nie, maar hoogstens &#x2019;n meerdere of bykomende vergadering. Die gelykheid setel daarin dat vergaderings uiting aan die Hoof- en Heerskap van Christus (Ordere&#x00EB;l 4) (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2019</xref>:39) gee ten spyte van die getalle- oorwig en met Skriflesing en gebed geopen word waartydens die leiding van die Gees gevra word. Daarom verskil die vergadering van die kerkraad en die sinode nie in rangorde nie, maar hoogstens in werkopdrag. Die vergaderings staan nie hi&#x00EB;rargies tot mekaar soos in die niehi&#x00EB;rargiese beginsel volgens Ordere&#x00EB;l 4 bepaal word nie. Daarom is dit kenmerkend van sinodale vergaderings om besluite te neem oor die belydenis, liturgie en die kerkorde (Ordinansie 4.4.3 [ii]) (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2019</xref>:51).</p>
<p>Die uitdaging of essensie van die kerkregtelike handelinge in die Reformatoriese tradisie kan seker varieer, maar wat nie onderhandelbaar is nie, is wat bekend staan as Presbiteriaal-sinodaal wat &#x2019;n aanduiding van die kerkregtelike stelsel in Reformatoriese kerke is. Presbiteriaal-sinodaal staan in teenstelling met die Episkopaalse stelsel beter bekend as die Roomse kerkregtelike stelsel (Van &#x2019;t Spijker <xref ref-type="bibr" rid="CIT0041">1990 a</xref>/<xref ref-type="bibr" rid="CIT0042">b</xref>/<xref ref-type="bibr" rid="CIT0043">c</xref>:301&#x2013;312). Andersyds staan Presbiteriaal-sinodaal ook teenoor die Kongregasionalisme of Independentisme (Van &#x2019;t Spijker <xref ref-type="bibr" rid="CIT0041">1990a</xref>/<xref ref-type="bibr" rid="CIT0042">b</xref>/<xref ref-type="bibr" rid="CIT0043">c</xref>:313&#x2013;325). Die Roomse kerkregtelike stelsel word afgewys vanwe&#x00EB; die hi&#x00EB;rargiese of prominente posisie van die Pous, terwyl die Independentisme op &#x2019;n oordrewe klem op die plaaslike gemeente neerkom. Die Kongregasionalisme kies sy uitgangspunt in die gemeente, wat as sodanig draer van kerklike gesag is. Die gemeente oefen gesag uit en benodig nie die outoriteit van ampsdraers nie. Die Independentisme dui aan dat die gemeente nie afhanklik is van &#x2019;n sinode nie, terwyl ook &#x2019;n onafhanklike opstelling van belydenis en kerkverband &#x2019;n rol speel.</p>
<p>Dit is weereens noodsaaklik om daarop te wys dat die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) reeds jare gelede die besluit geneem het om kerkregtelik te funksioneer op grond van die Presbiteriaal-sinodale stelsel van kerkregering soos ook duidelik word uit kerkordes wat daarna vasgestel is (vgl. Van Wyk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0044">1991</xref>:174; Pont <xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">1981</xref>:190&#x2013;195; NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1986</xref>:1&#x2013;9; NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2023</xref>:23, 66). Kort en bondig gesien, kom dit daarop neer dat Jesus Christus die Hoof en Heer van die kerk in die algemeen is en derhalwe ook van die NHKA wat poog om &#x2019;n verskyningsvorm van die een heilige en algemene kerk te wees.</p>
</sec>
<sec id="s0002">
<title>Beskrywingspunte en besluite van die 73e Algemene Kerkvergadering</title>
<sec id="s20003">
<title>Beskrywingspunt 42</title>
<p>In hierdie verband is dit seker verblydend dat in die agenda van die 73e Algemene Kerkvergadering (AKV) na presbiteriaal-sinodaal verwys is en dit selfs as motivering gebruik is in bepaalde beskrywingspunte. Hier word na Beskrywingspunt 42 (NHKA Agenda <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">2022a</xref>) verwys wat uit die ring van Klerksdorp afkomstig is en onder die opskrif van volhoubare kerkwees soos volg lui:</p>
<disp-quote>
<p>Die NHKA volg nie nougeset die presbiteriaal-sinodale kerkbegrip nie. Daarom is daar sinodale heffings (sentralisasie) om die AKV en haar kommissies, komitees en sinodale kerkkantoor te onderhou. Die gemeentes vind dit moeilik om die praktyk te bekostig. Met die COVID-pandemie het dit &#x2019;n groter krisis geword. Die Ring van Klerksdorp vra dat die saak ondersoek word as &#x2018;n bydrae tot volhoubare kerkwees van die NHKA. (p. 180)</p>
</disp-quote>
<p>In die verdere motivering van die beskrywingspunt word tussen teorie en praktyk onderskei waar eersgenoemde aan presbiteriaal-sinodaal gelyk gestel word en laasgenoemde na die praktyk verwys waarin eersgenoemde funksioneer. Dit kom volgens die beskrywingspunt daarop neer dat met verloop van tyd &#x2019;n ontwikkeling plaasgevind het wat meebring dat &#x2018;die algemene kerk[raads] vergadering met haar uitgebreide sinodale struktuur, histories algaande die plek van die kerkraad ingeneem het&#x2019; (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2022b</xref>:182). Met die algemene kerk[raads] vergadering wat hier gestel word, word die Algemene Kerkvergadering bedoel soos in die NHKA gebruiklik geword het en as &#x2019;n kerkraadsinode tipeer kan word vanwe&#x00EB; die feit dat elke kerkraad by die AKV verteenwoordig is. Vroe&#x00EB;r het elke kerk se volledige getal kerkraadslede die vergadering bygewoon, maar sedertdien, met die uitbreiding van die NHKA, woon slegs die predikant(e) en een ouderling uit elke kerkraad dit by. Vandaar die benaming kerkraadsinode.</p>
<p>Die mening van die beskrywingspunt se voorleggers is verder dat die AKV die plek van die kerkraad met verloop van tyd ingeneem en gemarginaliseer het sodat die kerkraad nie meer as prim&#x00EA;re vergadering van die ampte funksioneer nie. Elke besluit word eers met die sekretaris van die AKV uitgeklaar omdat die sekretaris as &#x2019;n hoof- uitvoerende beampte funksioneer (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2022b</xref>:182).</p>
<p>Die werklike rede wat ter sprake is, word reeds gestel as &#x2019;n bipol&#x00EA;re spanning tussen teorie en praktyk wat verhoogde sinodale heffings om die gevormde kerkbegrip te finansier tot gevolg het, aangesien die &#x2018;algemene kerk(raads)vergadering in die plek van die kerkraadsvergadering wil regeer&#x2019;. Verder kom dit daarop neer dat die AKV sy regeertaak aan die Kommissie van die AKV gedelegeer het. Dit beteken dat die Kommissie en &#x2019;n hele klomp rade wat met die regeertaak behulpsaam moet wees, die kerkraadsvergadering as prim&#x00EA;re vergadering vervang het. In hierdie verband het ook &#x2019;n moderamen ontstaan om die Kommissie behulpsaam te wees, maar in die jongste tyd is ook &#x2019;n Sentrum vir Gemeentelike Bediening (SGB) in die lewe geroep met &#x2019;n sekretaris en &#x2019;n aantal komitees en streeksbestuurders om die regeertaak te behartig.</p>
<p>Die slotsom waartoe die opstellers van die beskrywingspunt gekom het, is dat hierdie struktuur nie waarde toegevoeg het nie, want die NHKA verloor steeds lidmate, het &#x2019;n kerkskeuring ervaar en die algemene toestand van die gemeentes is nie goed nie. Dit het tot gevolg dat gemeentes van deeltydse predikante en deeltydse emeriti gebruik moet maak.</p>
<p>Die krisis volgens die beskrywingspunt is soos volg (NHKA Notule <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2022b</xref>):</p>
<disp-quote>
<p>In hierdie korporatiewe bestuurstruktuur wat die NHKA nou volg het die gemeentes (seker onbewustelik) in die denke van die NHKA, takke geword met &#x2019;n predikant en kerkraad wat as &#x2019;n takbestuur funksioneer, onder toesig en hulp van streeksbestuurders en sinodaal &#x2019;n SGB en &#x2019;n sekretaris wat soos &#x2019;n hoof uitvoerende beampte funksioneer. (p. 183)</p>
</disp-quote>
<p>Volgens die beskrywingspunt is die gevolg sigbaar in sinodale heffings wat nie verminder kan word nie, maar wanbetalings deur renteheffings gekorrigeer word. Die slotsom waartoe die beskrywingspunt kom, is die volgende (NHKA Notule <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2022b</xref>):</p>
<disp-quote>
<p>Die NHKA sal indringend moet kyk na teorie en praktyk van die presbiteriaal-sinodale kerkbegrip. Die kerkraad as prim&#x00EA;re vergadering sal weer in ere herstel moet word, sodat die verkondiging van die evangelie, die barmhartigheid en die missionaat weer die uitsluitlike taak van die NHKA sal wees. Daar sal wegbeweeg moet word van die sentralisasie en die duur Sinodale Dienssentrum met al sy vertakkinge. (p. 183)</p>
</disp-quote>
</sec>
<sec id="s20004">
<title>Beskrywingspunt 44</title>
<p>Die volgende beskrywingspunt wat die aandag getrek het, was die een wat die dienswerk van emeriti in die kerk bepaal en aan bande wou l&#x00EA; onder die voorwendsel dat emeriti die dienswerk van jonger kollegas inhibeer. Die ouderdom van 65 &#x2013; wanneer predikante met pensioen mag gaan en sodoende uit die aktiewe diens mag tree sonder finansi&#x00EB;le kommer &#x2013; is &#x2019;n redelike ho&#x00EB; ouderdom in die kerk. Die ooreenkoms van finansi&#x00EB;le versorging deur die kerk na aftrede moet sekerlik met dankbaarheid beje&#x00EB;n word.</p>
<p>Jare gelede is hierdie ouderdom redelik streng toegepas onder die argument dat vir jonger kollegas ruimte gemaak moet word omdat daar &#x2019;n oorvoorsiening van predikante ontstaan het &#x2013; of was dit dalk &#x2019;n tekort aan gemeentes? Die ouderdomsbepaling van 65 is uit die korporatiewe w&#x00EA;reld geneem en verder versier met allerlei bepalings wat met pensioen te make het. So het die Kerkwet volgens Bepaling 156 gestel dat aan die einde van die maand waarin die leeftyd van 65 jaar bereik word, aan die predikant emeritaat verleen word (NHKA, Kerkwet <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1989</xref>:72).</p>
<disp-quote>
<p>Verpligte emeritaat op 65-jarige leeftyd verlaag inderdaad &#x2019;n ho&#x00EB; roeping wat volgens die bevestigingsformulier van Godswe&#x00EB; kom en klassifiseer die predikant as &#x2019;n soort propagandis-organiseerder van &#x2019;n kerklike organisasie wat tot op sy 65-jarige leeftyd nog wel bruikbaar is maar daarna, ter wille van die goeie orde en die welsyn van die organisasie moet plek maak vir jonger, meer entoesiastiese kragte (Pont <xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">1978</xref>:57).</p>
</disp-quote>
<p>Dit is belangrik, al is dit terugskouend, om daarop te wys dat die ouderdomsgrens soos destyds vasgestel, nie beteken het dat die roeping van die betrokke predikant ook daarmee be&#x00EB;indig is nie; inteendeel. Dit is ook nodig om daarop te wys dat selfs in daardie tye die moontlikheid van &#x2019;n pastorale hulp ook bestaan het. Dit was van toepassing op diegene wat nie na &#x2019;n gemeente beroep of in &#x2019;n gemeente bevestig is nie. Dit het die volgende gevalle ingesluit en was van toepassing op predikante in besondere diens, deeltydse predikante, proponente, teologiese dosente, emeriti en diegene met predikantstatus wat nie in &#x2019;n gemeente bevestig is nie (Bepaling 162) (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1989</xref>:75).</p>
<p>Die bestaan van Bepaling 162 (Kerkwet 1989) in die destydse kerkordelike re&#x00EB;lings dui aan dat daar tog ruimte vir predikante was, naas voltydse dienswerk in gemeentes, om ook deeltydse dienswerk te verrig soos emeriti en diegene met &#x2018;predikantstatus&#x2019; wat nie in &#x2019;n gemeente bevestig is nie. Die re&#x00EB;l is dus nie so konsekwent toegepas nie en kom ook daarop neer dat daar ander moontlikhede naas voltydse bediening in &#x2019;n gemeente was. Die moontlikheid word reeds in die Kerkwet van 1979 soos deur die 59e AKV vasgestel, gevind. Met die aanvaarding van die Kerkorde word die moontlikheid aansienlik tot &#x2019;n besondere opdrag beperk (Ordinansie 2.1.17.2) (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1997</xref>:31) om weer tydens die 69e AKV, gehou in September 2010, ter sprake te kom (Ordinansie 2.1.16.3) (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">2010a</xref>:32). Dit is tydens die 70e AKV gedurende 2013 (Ordinansie 2.1.16.3) (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">2013</xref>) verder uitgebrei. Dit was egter tydens die 73e AKV waartydens die moontlikheid dat sogenaamde emeriti weer na emeritaat beroep word, kerkordelik genormaliseer is (vgl. Ordinansie 3.2.18.3) (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2023</xref>:30).</p>
<p>Dit is verder merkwaardig dat veranderde omstandighede waarin die kerk sy dienswerk moet verrig, die kerk soms buite kerklike beheer en teen wil en dank dwing om ander maatre&#x00EB;ls te tref en bestaande uitgangspunte wat jare lank gekoester is, te hersien. Dit was geykte kerkordelike onderbou dat die innerlike roeping deur uiterlike roeping &#x2013; &#x2019;n beroep na &#x2019;n gemeente dus &#x2013; afgerond moet word. Indien nie, was geoordeel dat die betrokkene klaarblyklik nie geroep is nie (Pont <xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">1981</xref>:205).</p>
<p>Veranderde omstandighede wat met demografie, ekonomie en politieke veranderinge saamhang, het tot gevolg gehad dat selfs in die Kerkorde wat in 2010 vasgestel is, die moontlikhede van gedeeltelike versorging, deeltydse bediening en selfs geen versorging in werkruimtes of standplase, soos dit toe genoem is, moontlik was. Daarby is ook gevoeg dat predikante in deeltydse versorgde werkruimtes al hulle tyd en aandag aan die gemeente moet bestee (Ordinansie 2.1.2.1, [1]&#x2013;[iv]) (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">2010a</xref>:15).</p>
<p>Met verloop van tyd is die deelsorgmoontlikheid opgehef sodat slegs voltydse versorging of deeltydse versorging moontlik is naas predikante met besondere opdrag (Ordinansie 3.2.3.1 en 3.2.18) (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2019</xref>:20, 35).</p>
<p>Histories gesien het daar dus &#x2019;n redelike verskuiwing van die kerkordelike maatre&#x00EB;ls plaasgevind wat in die Calvinistiese en Nederlandse kerkordelike bedeling geldig was en die omstandighede waarin die kerk destyds sy werk moes verrig tot die huidige bestel waarin die kerk tans verkeer.</p>
<p>Die situasie is verder bemoeilik deur &#x2019;n ommeswaai van &#x2019;n oorvoorsiening van predikante tot &#x2019;n ernstige tekort aan predikante wat die NHKA in die gesig staar (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">2022a</xref>:36&#x2013;37, 69, 88).</p>
<p>In die lig van veranderde omstandighede is oorbeweeg na &#x2019;n situasie waar emeriti na emeritaat verder kan werk in die kerk en beroep is na gemeentes in deeltydse hoedanigheid soos geformuleer in Ordinansie 3.2.11 (vi) (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2019</xref>):</p>
<disp-quote>
<p>&#x2019;n Ge&#x00EB;meriteerde predikant kan met deeltydse versorging in gemeentes werksaam wees. Hy of sy word na sodanige gemeente beroep en verrig volledig ampswerk. (p. 28)</p>
</disp-quote>
<p>Die aangeleentheid is verder bepaal deur Ordinansie 3.2.18.3 (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2019</xref>):</p>
<disp-quote>
<p>(i) &#x2019;n Ge&#x00EB;meriteerde predikant kan deeltyds op versoek van &#x2019;n kerkraad, met toestemming van die ringskommissie of die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, ampswerk verrig in &#x2019;n gemeente of in &#x2019;n ander werkruimte.</p>
<p>(ii) Emeriti se werkopdrag word jaarliks deur die kerkraad in oorleg met die ringskommissie goedgekeur.</p>
<p>(iii) In alle gevalle word sodanige predikant beroep na &#x2019;n gemeente. Die opsighoudende vergadering sien, in oorleg met die kerkraad, toe dat die opdrag en vergoeding ooreenstem. (p. 35)</p>
</disp-quote>
<p>Aan die hand van die versorgingsvoordele as deel 2 van die beroepsbrief van predikante in die NHKA is geoordeel dat emeriti se dienswerk slegs deeltyds is. Dit sou daarop neerkom dat &#x2019;n emeritus na &#x2019;n jaar weer <italic>de novo</italic> beroep sou moes word en opnuut plegtig voor die Heer van die kerk onderneem om die dienswerk soos in die kerklike bepalings omskryf, na te kom. Die feit dat die kerk steeds volstaan met &#x2019;n beroepsbrief as kerklike dokument om die verbintenis tussen predikant en gemeente te re&#x00EB;l en al is dit so dat, juridies gesproke, die kerkraad die werkgewer van die predikant is, word die beroepsbrief nie met &#x2019;n kontrak vervang nie. Dit is &#x2019;n besondere kerkregtelike keuse wat op die andersheid van die kerk in die w&#x00EA;reld dui en dit beteken ook dat enige dispuut deur die kerk in hierdie verband hanteer moet word sonder om regsgeleerdes van buite die kerk betrokke te maak.</p>
<p>Wat meer is, die formulering in Ordinansie 3.2.18.3 (ii) soos hierbo aangehaal, dui daarop dat <italic>slegs</italic> emeriti se <italic>werkopdrag</italic> jaarliks hersien word en &#x2019;n betrokke emeritus hoef dus nie weer beroep te word nie. Vrese dat, indien &#x2019;n betrokke emeritus se werkvermo&#x00EB; deur swak gesondheid of om welke rede onder druk kan beland wat vir die betrokke kerkraad en gemeente &#x2019;n verleentheid kan veroorsaak, is misplaas en word reeds kerkordelik gere&#x00EB;l deur Ordinansies 3.2.14.2 en 3.2.14.5 indien so &#x2019;n situasie w&#x00E9;l ontstaan (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2019</xref>:30, 32).</p>
<p>Die motivering in die beskrywingspunt is nogal merkwaardig omdat geargumenteer word dat sodanige emeriti in gemeentes veroorsaak dat jong predikante teen &#x2019;n hongerloon hulle dienswerk moet verrig en dat emeriti gemeentes oorneem of inpalm &#x2013; &#x2019;n toestand waarvan die gevolg volgens die beskrywingspunt eers oor 20 jaar duidelik sal wees (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">2022a</xref>:185).</p>
<p>Dit moet uit die oogpunt van emeriti seker met dank vermeld word dat &#x2019;n grasietydperk van vyf jaar na die aftreeouderdom &#x2013; soos deur die korporatiewe w&#x00EA;reld bepaal en deur die Kerk nagevolg &#x2013; gevoeg is; dus &#x2019;n verlenging tot op 70-jarige ouderdom.</p>
<p>Die kritieke vraag wat ter sprake kom, is die volgende: Op grond waarvan word die roeping van die dienaar van die Woord soos verwoord in die bevestigingsformulier (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">2008</xref>:96), deur &#x2019;n arbitr&#x00EA;re ouderdomsbepaling be&#x00EB;indig? Indien kollegas vanwe&#x00EB; swak gesondheid of om ander redes nie langer as die geykte ouderdom van 65 jaar dienswerk in die kerk wil of kan verrig nie is dit &#x2019;n persoonlike keuse. Op dieselfde gronde is verdere dienswerk na die ouderdom van 65 jaar ook &#x2019;n persoonlike keuse wat gevorm is in die roeping wat sodanige bedienaar van die Woord ervaar. Dit kan nie deur &#x2019;n sinodale besluit be&#x00EB;indig word nie, veral nie in &#x2019;n tyd waarin die kerk &#x2019;n ernstige tekort aan predikante ervaar. Dit is nie net &#x2019;n keuse nie, maar word versier met bruikbare kerklike dienswerk soos kerkordelik bepaal word en geld vir alle dienaars van die Woord.</p>
<p>Die uiteinde van die beskrywingspunt was dat die AKV &#x2019;n besluit aanvaar het dat Ordinansie 3.2.18.3 gewysig word om gevolg te gee aan die volgende voorstel:</p>
<disp-quote>
<p>Emeriti wat gesond genoeg is, se voortgesette bediening in gemeentes word deur die betrokke kerkrade gere&#x00EB;l met instemming van die ringskommissie, sonder verdere regulering (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">2022b</xref>:186).</p>
</disp-quote>
</sec>
<sec id="s20005">
<title>Beskrywingspunt 33</title>
<p>Die vraag of diakens deel van die kerkraadsvergadering en derhalwe van meerdere of bykomende vergaderings uitmaak, is redelik ver terugvoerbaar in die kerkregtelike debat. Die Kerkorde soos vasgestel tydens die Sinode van Dordrecht bepaal dat die kerkraad uit dienaars van die Woord en ouderlinge sal bestaan (Artikel XXXVII) (Kersten <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1980</xref>:184). Verder het Artikel XXXVIII ook bepaal dat, waar ouderlinge min is, diakens tot die kerkraad gevoeg kan word.</p>
<p>Die formulering volgens die <italic>Discipline Eccl&#x00E9;siastique</italic>, die Franse Kerkorde van 1559, artikels 3, 5 en 6, het diakens as deel van die kerkraad geag (Pont <xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">1981</xref>:50). Dit was waarskynlik in navolging van die Nederlandse Geloofsbelydenis (NGB) Artikel 30 (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">2012</xref>:64) waarvolgens diakens deel van die kerkraad en sinodale vergaderings uitgemaak het. In die Nederlandse kerkregtelike stelsels tot met die Sinode van Dordrecht 1618&#x2013;1619 word diakens nie as deel van meerdere vergaderings gesien nie soos in die aangehaalde Kerkorde van Dordrecht 1618&#x2013;1619 aangetoon word. Die Kerkorde van Dordrecht vorm in &#x2019;n sekere mate &#x2019;n bepaalde afsluiting van die kerkregtelike ontwikkeling sedert die Sinode van Emden (1571) (Pont <xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">1981</xref>:188).</p>
<p>Sonder om breedvoerig op die kerkregtelike ontwikkeling na 1619 in te gaan, is dit bekend dat die eerste sinodale vergadering wat daarna in 1816 plaasgevind het, &#x2019;n kerkorde gehad het wat in &#x2019;n totaal ander tradisie funksioneer as wat algemeen aanvaar is (Pont <xref ref-type="bibr" rid="CIT0031">1991</xref>:106&#x2013;109; Van Loon <xref ref-type="bibr" rid="CIT0040">1942</xref>). Dit word nie net in Gereformeerde geledere ervaar nie, maar ook in die destydse NHK. Daarom ontstaan daar sterk weerstand wat daarop uitloop dat die NHK die Algemeen Reglement van 1816 op 01 Mei 1951 vervang met &#x2019;n kerkorde wat duidelik standpunt inneem teen die Algemeen Reglement van 1816 (Haitjema <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1951</xref>:109&#x2013;110; NHK <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">1969</xref>; Van den Heuvel <xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">1991</xref>:33; Van Wyk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0044">1991</xref>:146&#x2013;147).</p>
<p>Uit die Kerkorde van die NHK, soos vasgestel in 1969, word in die Ordinansies, Artikel 10, bepaal dat &#x2019;n predikant, asook een ouderling of een diaken deur elke klassis (ringsvergadering) vir &#x2019;n tydperk van vyf jaar na die Generale Sinode afgevaardig word. Sewe en twintig klassisse vaardig dus &#x2019;n predikant af, 13 klassisse &#x2019;n ouderling en agt klassisse &#x2019;n diaken en &#x2019;n kerkvoog. Dit kom dus daarop neer dat die Generale Sinode, as die kerkvoogde buite rekening gelaat word, uit 56 afgevaardigdes bestaan het (NHK <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">1969</xref>:33).</p>
<p>Die Kerkorde wat die gevolg is van die samesmelting tussen die NHK, die Gereformeerde Kerken Nederland en die Evangelisch-Lutherse Kerk in die Koninkrijk der Nederlanden vorm sedert 01 Mei 2004 gesamentlik die Protestantse Kerk in Nederland (PKN) met &#x2019;n eie Kerkorde (Van den Heuvel <xref ref-type="bibr" rid="CIT0035">2004</xref>: voorwoord). Volgens Artikel 25 wat oor die Generale Sinode handel, het diakens ook deel van die vergadering gevorm (PKN <xref ref-type="bibr" rid="CIT0032">2004</xref>:90).</p>
<p>Die vergelyking met die kerkordelike verloop sedert 1619 toon aan dat na 1619 &#x2019;n meer aanvaarbare houding jeens diakens in sinodale vergaderings ontstaan het sodat die gevolgtrekking gemaak kan word dat diakens deel van sinodale vergaderings vorm. Die Kerkwet van die NHKA soos vasgestel tydens die 62e Algemene Kerkvergadering van 1989 het in Bepaling 10 aangedui dat, naas die predikant, ook &#x2019;n lid van die kerkraad afgevaardig kan word na die AKV wat beteken het dat diakens prinsipieel deel van die NHKA se sinodale vergadering uitgemaak het (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1989</xref>:18).</p>
<p>Die situasie is egter sedert die invoering van die Kerkorde gewysig met die verskyning van die Algemene Diakensvergadering (ADV) as aparte sinodale vergadering wat hoofsaaklik uit diakens wat trapsgewys vanuit ringe saamgestel is, bestaan het. Ordinansie 3.10.1 het die samestelling van die ADV beperk tot twee afgevaardigde ampsdraers uit elke ringsdiakensvergadering (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1997</xref>:56).</p>
<p>Hierdie kerkregtelike praktyk het met verloop van tyd herbesinning geverg; in so &#x2019;n mate dat diakens ook op ringsvlak wat ook sedert 1997 &#x2019;n aparte ringsdiakensvergadering gevorm het (vgl. Ordinansie 3.6.1) (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1997</xref>:47), weer saamgevoeg is as deel van die ringsvergadering sedert die herskrywing van die Kerkorde soos tydens die 71e Algemene Kerkvergadering vasgestel. Die samestelling van die ringsvergadering het uit predikante wat per beroepsbrief aan &#x2019;n gemeente verbonde was, asook twee ouderlinge en twee diakens bestaan (Ordinansie 4.2.1) (Kerkorde <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2016</xref>:48).</p>
<p>Naas die ADV was die rol van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering wat aan die kerkregtelike bestel van die NHKA gemeet is, ook diakonaal deur &#x2019;n Kommissie van die Algemene Diakensvergadering gedupliseer (vgl. Ordinansie 3.10.3.2) (Kerkorde <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1997</xref>:58) (Ordinansie 4.9) (Kerkorde <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2019</xref>:60). Soos by die Kommissie van die AKV wat oor die dienste van &#x2019;n voltydse sekretaris beskik, bestaan daar ook op diakonale vlak &#x2019;n voltydse sekretaris.</p>
<p>Tydens die 72e AKV het daar ook &#x2019;n beskrywingspunt gedien om diakens deel van die AKV te maak. Toe die beskrywingspunt nie aanvaar is nie, het die sekretaris van die ADV, Ds. G.P.J. Stoltz daarop gewys dat dit &#x2019;n bykomende las van vyf rand per lidmaat op die sinodale heffing plaas. Dit kom daarop neer dat die bestaan van &#x2019;n aparte diakensvergadering, die ADV, oor &#x2019;n tydperk van drie jaar &#x2019;n sinodale uitgawe van bykans R1 miljoen beteken as met &#x2019;n totale lidmaattal van bykans 60 000 gewerk word (vgl. NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2023</xref>:207).</p>
<p>Die argument wat soms in die kerklike wandelgange gehoor word, naamlik dat die Kerkorde kerklike dienswerk aan bande l&#x00EA;, is nie korrek nie soos duidelik uit die herbesinning oor vergaderings van die ampte en die posisie van diakens in vergaderings van die ampte blyk. Daarom word die kerk nie erflik belas met kerkordelike formulerings uit die verlede wat in die hede as &#x2019;n ononderhandelbare en verswarende las op die kerkordelike gang inwerk nie. Die kerkordelike verloop wat in die praktyk na vore kom, verg dat anders en nuut gedink moet word om die Skriftuurlike opdrag van die diakonaat ten beste tot uitvoer te bring. Omstandighede waarbinne die kerk sy roeping moet uitleef, beteken ook om versigtig met kerklike fondse (offergawe) om te gaan en soos die Kerkwet (Bepaling 186, NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1989</xref>:85) geformuleer het &#x2018;hierdie vertrouensaak, soos dit goeie huisvaders betaam, met waardigheid, sorgsaamheid en weldeurdag&#x2019; uit te voer. Offergawe is die hoofbron van inkomste in die Kerk wat as gesindheidsgeld tipeer kan word en gegee word as gevolg van die mate waarin die teenwoordigheid van die Hoof van die kerk, Jesus Christus, <italic>coram Dei</italic> deur gelowiges ervaar word. Dit kom dus daarop neer dat ook diakonale dienswerkkoste effektief uitgevoer moet word om dit nog beter te doen.</p>
<p>Die 73e AKV (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2022b</xref>) het die volgende besluit oor die samevoeging van die AKV en ADV geneem (Beskrywingspunt 33):</p>
<disp-quote>
<p>Die AKV neem &#x2018;n beginselbesluit dat die samestelling van die AKV gewysig word om diakens in te sluit. Die nodige kerkordelike wysigings word aangebring om die integrasie van diakens moontlik te maak. Die nuutverkose Kommissie van die AKV implementeer die besluit met die oog op die 74ste AKV. (p. 140)</p>
</disp-quote>
<p>Die besluit is ietwat problematies omdat geen aanduiding van die nadere inhoud gegee is nie. Die Raad vir Kerkregtelike Advies het oor die aangeleentheid gehandel in &#x2019;n vergadering op 06 Februarie 2023 sowel as in gesamentlike gesprek op 09 Maart 2023 met die Kommissie van die AKV &#x2013; nader bepaal as Kluster 3 &#x2013; nadat &#x2019;n kennisgewing van me Karen Breedt, gedateer 27 Februarie 2023, ontvang is. Daar is tot die slotsom gekom dat die Kerkorde (vgl, Ordinansie 4.4.1 [ii]) gewysig word sodat kerkrade naas die predikant(e) &#x2019;n lid van die kerkraad kan afvaardig. Dit kom daarop neer dat &#x2019;n diaken (in plaas van &#x2019;n ouderling) en die gemeentepredikant die AKV kan bywoon (vgl. Pont <xref ref-type="bibr" rid="CIT0030">1982</xref>:119).</p>
<p>Verder het Beskrywingspunt 33 ook ingehou dat &#x2019;n kernkomitee vir diakonaat soos volg saamgestel word:</p>
<list list-type="bullet">
<list-item><p>een predikantslid van die Kommissie van die AKV.</p></list-item>
<list-item><p>twee ouderlingslede van die Kommissie van die AKV.</p></list-item>
<list-item><p>een predikantslid van die Kommissie van die ADV.</p></list-item>
<list-item><p>twee diakenslede van die Kommissie van die ADV.</p></list-item>
<list-item><p>die sekretaris van die ADV.</p></list-item>
<list-item><p>kundiges op uitnodiging.</p></list-item>
</list>
<p>Die vermoede bestaan dat hierdie komitee uiteindelik ook die huidige Kommissie van die ADV sal vervang.</p>
</sec>
<sec id="s20006">
<title>Beskrywingspunt 20</title>
<p>In die diskussie word ook na Beskrywingspunt 20 verwys wat kommer oor die gespanne verhouding tussen die NHKA en die Geloofsbond van Hervormde Gemeentes (GHG) verwoord. Die kommer spruit uit die kerklike onenigheid as gevolg van Beskrywingspunt 54 wat tydens die 69e Algemene Kerkvergadering (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2010b</xref>:108) aanvaar is. Dit hou in dat apartheid nie teologies regverdig kan word nie en in stryd is met die evangelie van Jesus Christus, gebaseer is op onderlinge onversoenlikheid, die sanksionering van onreg en die beeld van God wat in mense aangetas word. Die gevolg was dat die NHKA van dwaalleer beskuldig is en &#x2019;n Staat van Belydenis teen die kerk afgekondig is wat deur ellelange litigasie en hofverskynings gevolg is.</p>
<p>Behalwe die verklaring oor apartheid is daar geen afwyking van die belydenisskrifte van die Kerk nie. Tydens die hersiening van die Kerkorde is die bepaling dat historiese belydenisskrifte nie gewysig word nie ingevoeg (vgl. Ordinansie 1.3.1) (NHKA Kerkorde <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2019</xref>:3).</p>
<p>Die gebeure staan in kontras met die tipies Hervormde siening uit die Nederlandse verlede. Tydens die Doleansie van 1886 is gestel dat dit nie gaan oor separatisme nie, maar oor reorganisasie &#x2013; die bekende standpunt van P.J. Hoedemaker in die oortuiging dat &#x2018;<italic>reorganisatie der kerk de essentiele voorwaarde voor het herstel van haar belijdend karakter was</italic>&#x2019; (Nijenhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">1986</xref>:188). Dit was Hoedemaker se vaste oortuiging &#x2018;<italic>dat men met een kerk niet mocht breken waarin de historische belijdenis nog steeds aanwezig was</italic>&#x2019; (Nijenhuis1986:190). Hieroor het Calvyn ook die volgende ges&#x00EA; soos aangehaal deur Niesel (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0025">1957</xref>:196): &#x2018;<italic>Aber die Abspaltung kann nur dann verantwortet werden, wenn &#x201C;die Kirche v&#x00F6;llig von der Verehrung Gottes und der Predigt des Wortes abgefallen ist&#x201D;</italic>&#x2019;.</p>
</sec>
</sec>
<sec id="s0007">
<title>Kritiese nabetragting</title>
<p>Die wyse waarop kerke uit die Reformatoriese verlede uiting gee aan presbiteriaal-sinodaal is nie konsekwent nie en vertoon bepaalde genuanseerde verskille en beklemtonings. Sommige verkies om net te verwys na presbiteriale kerkregering en fokus sterk op die plaaslike gemeente as kerk [<italic>ecclesia completa</italic>] (vgl. Van der Linde <xref ref-type="bibr" rid="CIT0036">1965</xref>; Van der Walt <xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">1976</xref>).</p>
<p>Presbiteriaal-sinodaal beteken Jesus Christus is Hoof en Heer van die kerk (vgl. Ef 1:22&#x2013;23). Omdat lidmate landswyd en w&#x00EA;reldwyd verspreid is, vorm kerke gemeentes, ringe en sinodale vergaderings. Met betrekking tot sinode en kerkraad [gemeente] is die een nie belangriker as die ander en staan nie hi&#x00EB;rargies tot mekaar nie. Wie deel is van &#x2019;n gemeentelike kerkraad, moet die sinode in die oog hou en wie in die sinode sit, moet die gemeente in die oog hou (Van den Heuvel <xref ref-type="bibr" rid="CIT0035">2004</xref>:29). Die drie vergaderings van die ampte in die NHKA, naamlik die AKV, ringsvergaderings en kerkraadsvergaderings staan in kerkregtelike verband tot mekaar en is nie hi&#x00EB;rargies verbind bloot omdat die AKV &#x2019;n vergadering is wat uit meerdere ampsdraers saamgestel word nie. Dit is kerkordelik ook duidelik as Ordinansies 4.1, 4.2 en 4.4 met mekaar vergelyk word (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2019</xref>:40&#x2013;54).</p>
<p>Skeeftrekking of oorbeklemtoning na welke kant toe, versteur die besondere balans en mond uit in enersyds &#x2019;n sinodale heerskappy of &#x2019;n gemeente wat stol in <italic>ecclesia completa</italic> en sinodale besluite eers ratifiseer alvorens daaraan gevolg gegee word (Du Plooy <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2008</xref>). Die voor-die-hand-liggende denkfout wat deur die opstellers van Beskrywingspunt 42 gemaak word, is om dit presbiteriaal-sinodaal vanuit die <italic>ecclesia completa</italic> standpunt te benader. Dit gee dus op hierdie wyse uiting aan die Kerkreg van die Doleansie wat konfederatief van aard is en die bestaan van die gemeente word oorbeklemtoon as die sogenaamde outonomie van die plaaslike gemeente wat konfederatief saamverbind is met die belydenis as akkoord van gemeenskap (vgl. Nijenhuis <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">1986</xref>:188). Die ywer van die betrokke beskrywingspunt is waarskynlik om finansi&#x00EB;le redes en is &#x2019;n wesenlike weerstand teen sinodale heffings om &#x2019;n sinodale struktuur in stand te hou in diens van die kerk as geheel en tot voordeel van gemeentes. &#x2018;Die meerdere vergadering handhaaf die organiese eenheid (geloofs- &#x00E9;n organisatoriese eenheid, NGB art. 28) van die kerk en staan teenoor die independentisme waar die plaaslike kerk as soewerein onafhanklik gesien word&#x2019; (Pont <xref ref-type="bibr" rid="CIT0030">1982</xref>:113).</p>
<p>Tweedens word krities gekyk na Beskrywingspunt 44 wat die dienswerk van emeriti wou beperk tot ouderdom 70. Dat dit so in die NHKA toegepas is vanwe&#x00EB; &#x2019;n oorvoorsiening van predikante (of dalk &#x2019;n tekort aan genoeg gemeentes) is ietwat van &#x2019;n verleentheid, aangesien daar geen bybels-kerkregtelike argument gevoer kan word dat ouderdom die roeping van die predikant uitwis nie. Die Kerk het dus redelik swaar geleun op die korporatiewe w&#x00EA;reld se persepsie dat &#x2019;n werker op &#x2019;n sekere ouderdom moet aftree &#x2013; dikwels op &#x2019;n hoogtepunt van sy of haar loopbaan. In &#x2019;n tyd waarin die NHKA op &#x2019;n ondervoorsiening van predikante afstuur, is dit nog meer merkwaardig gesien in die lig van die beskrywingspunt dat die aanstelling van emeriti die oorsaak is dat jonger kollegas met &#x2019;n hongerloon tevrede moet wees. Die kerk het nie ou dominees, jonger dominees of vroulike dominees nie, maar slegs geroepe dienaars van die Woord.</p>
<p>Beskrywingspunt 33 het tot gevolg dat die verhouding tussen die presbiteraat en die diakonaat op sinodale vlak weer teruggevoer is soos dit was (vgl. Bepaling 10) (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1989</xref>:18). Miskien het die situasie rondom landsomstandighede wat die kerklike lewe be&#x00EF;nvloed en hoe die Kerk daardeur geraak word &#x2019;n bydrae gelewer. Dit hoef nie beperkend vir die diakonaat te wees nie, aangesien die sinodale vergadering rigtinggewende besluite neem wat op sinodale maar veral op ringsvlak en in gemeentes ten uitvoer gebring moet word. Met die besluit transformeer die NHKA weer die diakonaat soos dit in ander kerke op dieselfde kerkregtelike uitgangspunt gebruiklik is.</p>
<p>Beskrywingspunt 20 roep die onverkwiklike stryd van kerklike skeuring weer na vore wat op geen manier goedgepraat of aanvaarbaar geag kan word nie. Die soort kerklike skeurings is nie vreemd in Suid-Afrika nie soos wat in die geledere van die NG Kerk in 1986 gebeur het.</p>
<p>Samevattend en onderliggend moet die neiging tot independentisme nie uit die oog verloor word nie wat naas die Episkopaalse vorm van kerkregering aan die ander kant van die spektrum as independentisme of kongregasionalisme tipeer word (vgl. Van &#x2019;t Spijker <xref ref-type="bibr" rid="CIT0041">1990 a</xref>/<xref ref-type="bibr" rid="CIT0042">b</xref>/<xref ref-type="bibr" rid="CIT0043">c</xref>:313&#x2013;325). Eenvoudig gestel kom dit daarop neer dat ampsdraers en vergaderings die kerkordelike bepaling dat sinodale besluite bindend is van die moment waarop dit geneem is, uit die oog verloor (Ordinansie 4.4.4 [xix]) (NHKA <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2023</xref>:45; Van Wyk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0045">2020</xref>). Daarmee saam is dit jammer dat ten minste sommige lede van die vergadering uit voeling raak met die fyn kerkregtelike nuanses synde Kerk van die Woord soos wat in presbiteriaal-sinodaal verwoord word (vgl. Van &#x2019;t Spijker <xref ref-type="bibr" rid="CIT0041">1990a</xref>/<xref ref-type="bibr" rid="CIT0042">b</xref>/<xref ref-type="bibr" rid="CIT0043">c</xref>:326&#x2013;338).</p>
<p>Argumente soos gehoor in Beskrywingspunt 42 wat poog om die fokus terug te swaai na die gemeente, dra die kiem vir die vrees van sinodale oorheersing wat ook in die negentiende eeu in Nederland gehoor is en op die Doleansie uitgeloop het. Die waarskuwende woord van Plomp (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">1971</xref>:90) is van toepassing, naamlik &#x2018;<italic>Wie alleen oog heeft voor het gevaar van de hi&#x00EB;rarchie vervalt gemakkelijk tot independentisme</italic>.&#x2019; Die omgekeerde is ook waar, naamlik &#x2018;<italic>wie alleen beducht is voor independentisme, heeft nauwelijks verweer tegen de hi&#x00EB;rarchie</italic>&#x2019;. Daarop volg die positiewe argument ten gunste van presbiteriaal-sinodaal wat deur al die jare sedert die Reformasie ononderhandelbaar gebly het: &#x2018;<italic>Anti-hi&#x00EB;rarchies en anti-independentistisch zijn negatieve typeringen als positieve equivalenten waarvan kunnen gelden: presbyteriaal en synodaal.</italic>&#x2019;</p>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkenning</title>
<sec id="s20008" sec-type="COI-statement">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeur verklaar dat geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenis het met enige party wat nadelig kon be&#x00EF;nvloed in die skryf van hierdie artikel nie.</p>
</sec>
<sec id="s20009">
<title>Outersbydrae</title>
<p>B.J.v.W., was die enigeste outeur betrokke by die skryf van die artikel.</p>
</sec>
<sec id="s20010">
<title>Etiese oorwegings</title>
<p>Hierdie artikel voldoen aan alle etiese standaarde vir navorsing sonder direkte kontak met mens of dier.</p>
</sec>
<sec id="s20011">
<title>Befondsing</title>
<p>Hierdie navorsing het geen spesifieke toekenning ontvang van enige befondsingsagentskap in die openbare, kommersi&#x00EB;le of nie-winsgewende sektore.</p>
</sec>
<sec id="s20012" sec-type="data-availability">
<title>Data beskikbaarheidsverklaring</title>
<p>Data-deling is nie van toepassing op hierdie artikel nie, aangesien geen nuwe data in hierdie studie geskep of ontleed is nie.</p>
</sec>
<sec id="s20013">
<title>Vrywaring</title>
<p>Die sienings en menings wat in hierdie artikel uitgedruk word, is di&#x00E9; van die outeur (s) en weerspie&#x00EB;l nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde agentskap van die outeurs nie.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Balke</surname>, <given-names>W</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Oostenbrink-Evers</surname>, <given-names>H</given-names></string-name></person-group>., <year>1993</year>, <source><italic>De Commissie voor de Kerkorde</italic></source>, <publisher-name>Boekencentrum</publisher-name>, <publisher-loc>Zoetermeer</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Du Plooy</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>2008</year>, <article-title>&#x2019;n Kritiese analise van die begrip ratifikasie volgens die Gereformeerde Kerkreg</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>64</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>a12</fpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v64i1.12">https://doi.org/10.4102/hts.v64i1.12</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Haitjema</surname>, <given-names>Th.L</given-names></string-name></person-group>. <year>1951</year>, <source><italic>Nederlands Hervormd Kerkrecht</italic></source>, <publisher-name>Callenbach</publisher-name>, <publisher-loc>Nijkerk</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Haitjema</surname>, <given-names>Th.L</given-names></string-name></person-group>., <year>1953</year>, <source><italic>De richtingen in de Nederlandse Hervormde Kerk</italic></source>, <publisher-name>Veenman &#x0026; Zonen</publisher-name>, <publisher-loc>Wageningen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hooijer</surname>, <given-names>C</given-names></string-name></person-group>., <year>1848</year>, <source><italic>Kerkelijke Wetten</italic></source>, <publisher-name>Noem &#x0026; Zoon</publisher-name>, <publisher-loc>Zalt-Bommel</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Kersten</surname>, <given-names>G.H</given-names></string-name></person-group>., <year>1980</year>, <source><italic>Kerkelijk Handboekje</italic></source>, <publisher-name>&#x2018;De Banier&#x2019;</publisher-name>, <publisher-loc>Utrecht</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Langman</surname>, <given-names>H.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1950</year>, <source><italic>Kuyper en de Volkskerk, een Dogmatisch-Ecclesiologische Studie</italic></source>, <publisher-name>Kok</publisher-name>, <publisher-loc>Kampen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Nauta</surname>, <given-names>D</given-names></string-name></person-group>., <year>1958</year>, &#x2018;<chapter-title>Gereformeerde Kerken in Nederland</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>F.W.</given-names> <surname>Grosheide</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>G.P.</given-names> <surname>van Itterzon</surname></string-name> (reds.)</person-group>, <source><italic>Christelijke Encyclopedie</italic></source>, <comment>Deel III</comment>, pp. <fpage>187</fpage>&#x2013;<lpage>190</lpage>, <publisher-name>Kok</publisher-name>, <publisher-loc>Kampen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA)</collab></person-group>, <year>1979</year>, <source><italic>Algemene Kerkvergadering, Kerkwet</italic></source>, <publisher-name>Dutch Reformed Church&#x2019;s</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA)</collab></person-group>, <year>1986</year>, <source><italic>Algemene Kerkvergadering, Kerkwet</italic></source>, <publisher-name>NHW-Pers</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA)</collab></person-group>, <year>1989</year>, <source><italic>Algemene Kerkvergadering, Kerkwet</italic></source>, <publisher-name>Gutenberg</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA)</collab></person-group>, <year>1997</year>, <source><italic>Algemene Kerkvergadering, Kerkorde</italic></source>, <publisher-name>Perskor</publisher-name>, <publisher-loc>Johannesburg</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA)</collab></person-group>, <year>2007</year>, <source><italic>Algemene Kerkvergadering, Diensboek</italic></source>, 2008, <publisher-name>Sentik</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA)</collab></person-group>, <year>2010a</year>, <source><italic>Algemene Kerkvergadering, Kerkorde</italic></source>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA)</collab></person-group>, <year>2010b</year>, <source><italic>Algemene Kerkvergadering, Besluitebundel</italic></source>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA)</collab></person-group>, <year>2012</year>, <source><italic>So glo ons</italic></source>, <publisher-name>Sentik</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA)</collab></person-group>, <year>2013</year>, <source><italic>Algemene Kerkvergadering, Kerkorde</italic></source>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0018"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA)</collab></person-group>, <year>2016</year>, <source><italic>Algemene Kerkvergadering, Kerkorde</italic></source>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0019"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA)</collab></person-group>, <year>2019</year>, <source><italic>Algemene Kerkvergadering, Kerkorde</italic></source>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0020"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA)</collab></person-group>, <year>2022a</year>, <source><italic>Algemene Kerkvergadering, Agenda</italic></source>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0021"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA)</collab></person-group>, <year>2022b</year>, <source><italic>Algemene Kerkvergadering, Notule</italic></source>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0022"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, (NHKA)</collab></person-group>, <source><italic>Almanak 2023, Jaarboek van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, Jaargang 117</italic></source>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0023"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA)</collab></person-group>, <year>2023</year>, <source><italic>Algemene Kerkvergadering 2022, Kerkorde 2023</italic></source>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0024"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederlandse Hervormde Kerk (NHK)</collab></person-group>, <year>1969</year>, <source><italic>Generale Sinode 1969, Kerkorde</italic></source>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0025"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Niesel</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>1957</year>, <source><italic>Die Theologie Calvins</italic></source>, <publisher-name>Kaiser</publisher-name>, <publisher-loc>M&#x00FC;nchen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0026"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Nijenhuis</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>1986</year>, &#x2018;<chapter-title>De Nederlandse Hervormde Kerk en de Doleantie</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>W.</given-names> <surname>Bakker</surname></string-name>, <string-name><given-names>O.J.</given-names> <surname>de Jong</surname></string-name>, <string-name><given-names>W.</given-names> <surname>van &#x2018;t Spijker</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>L.J.</given-names> <surname>Wolthuis</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>De Doleantie van 1886 en haar geschiedenis</italic></source>, pp. <fpage>178</fpage>&#x2013;<lpage>202</lpage>, <publisher-name>Kok</publisher-name>, <publisher-loc>Kampen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0027"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Plomp</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>1971</year>, &#x2018;<chapter-title>De kerkorde van Emden</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>D.</given-names> <surname>Nauta</surname></string-name>, <string-name><given-names>J.P.</given-names> <surname>van Doorn</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>O.J.</given-names> <surname>De Jong</surname></string-name> (reds.)</person-group>, <source><italic>De Synode van Emden Oktober 1571</italic></source>, pp. <fpage>88</fpage>&#x2013;<lpage>121</lpage>, <publisher-name>Kok</publisher-name>, <publisher-loc>Kampen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0028"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Pont</surname>, <given-names>A. D</given-names></string-name></person-group>., <year>1978</year>, <article-title>Waar begin en waar eindig die amp</article-title>, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>34</volume>(<issue>3</issue>), <fpage>48</fpage>&#x2013;<lpage>59</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0029"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Pont</surname>, <given-names>A.D</given-names></string-name></person-group>., <year>1981</year>, <source><italic>Die historiese agtergronde van ons kerklike reg</italic></source>, Deel 1, <publisher-name>HAUM</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0030"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Pont</surname>, <given-names>A.D</given-names></string-name></person-group>., <year>1982</year>, <article-title>Die betekenis van die meerdere vergaderinge ten opsigte van hulle gesag, funksie en handelinge in die kerk</article-title>, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>38</volume> (<issue>2&#x0026;3</issue>), <fpage>104</fpage>&#x2013;<lpage>135</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v38i2/3.4263">https://doi.org/10.4102/hts.v38i2/3.4263</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0031"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Pont</surname>, <given-names>A.D</given-names></string-name></person-group>., <year>1991</year>, <source><italic>Die historiese agtergronde van ons kerklike reg</italic></source>, Deel 2, <publisher-name>Kital</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0032"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Protestantse Kerk in Nederland (PKN)</collab></person-group>, <year>2004</year>, <source><italic>Generale Sinode 2003, Kerkorde 2004</italic></source>, <publisher-name>Boekencentrum</publisher-name>, <publisher-loc>Zoetermeer</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0033"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Spoelstra</surname>, <given-names>B</given-names></string-name></person-group>., <year>1989</year>, <source><italic>Gereformeerde Kerkreg en Kerkregering</italic></source>, <publisher-name>V&#x0026;R</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0034"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="editor"><string-name><surname>Van den Heuvel</surname>, <given-names>P</given-names></string-name>. (red)</person-group>, <year>1991</year>, <source><italic>De Hervormde Kerkorde, een praktische toelichting</italic></source>, <publisher-name>Boekencentrum</publisher-name>, <publisher-loc>Zoetermeer</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0035"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="editor"><string-name><surname>Van den Heuvel</surname>, <given-names>P</given-names></string-name>. (red)</person-group>, <year>2004</year>, <source><italic>De toelichting op de kerkorde van de Protestantse Kerk in Nederland</italic></source>, <publisher-name>Boekencentrum</publisher-name>, <publisher-loc>Zoetermeer</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0036"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van der Linde</surname>, <given-names>G.P.L</given-names></string-name></person-group>., <year>1965</year>, <source><italic>Die grondbeginsels van die presbiteriale kerkregeringstelsel</italic></source>, <publisher-name>Pro Rege</publisher-name>, <publisher-loc>Potchefstroom</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0037"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van der Walt</surname>, <given-names>J.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1976</year>, <source><italic>Christus as Hoof van die Kerk en die presbiteriale kerkregering</italic></source>, <publisher-name>Pro Rege</publisher-name>, <publisher-loc>Potchefstroom</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0038"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Genderen</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>1957</year>, &#x2018;<chapter-title>Christelijke Gereformeerde Kerken</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>F.W.</given-names> <surname>Grosheide</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>G.P.</given-names> <surname>van Itterzon</surname></string-name> (reds.)</person-group>, <source><italic>Christelijke encyclopedie</italic></source>, Deel II, pp. <fpage>166</fpage>&#x2013;<lpage>167</lpage>, <publisher-name>Kok</publisher-name>, <publisher-loc>Kampen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0039"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Leeuwen</surname>, <given-names>P.A</given-names></string-name></person-group>., <year>1946</year>, <source><italic>Het kerkbegrip in de Theologie van Abraham Kuyper</italic></source>, <publisher-name>Wefer</publisher-name>, <publisher-loc>Franeker</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0040"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Loon</surname>, <given-names>J.C.A</given-names></string-name></person-group>., <year>1942</year>, <source><italic>Het Algemeen Reglement van 1816</italic></source>, <publisher-name>Zomer &#x0026; Keuning</publisher-name>, <publisher-loc>Wageningen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0041"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van &#x2019;t Spijker</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>1990a</year>, &#x2018;<chapter-title>Congregationalisme</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>W.</given-names> <surname>van &#x2019;t Spijker</surname></string-name>, <string-name><given-names>W</given-names> <surname>Balke</surname></string-name>, <string-name><given-names>K.</given-names> <surname>Exalto</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>L.</given-names> <surname>van Driel</surname></string-name> (reds.)</person-group>, <source><italic>De Kerk</italic></source>, pp. <fpage>313</fpage>&#x2013;<lpage>325</lpage>, <publisher-name>De Groot</publisher-name>, <publisher-loc>Kampen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0042"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van &#x2019;t Spijker</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>1990b</year>, &#x2018;<chapter-title>Episcopalisme</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>W.</given-names> <surname>van &#x2019;t Spijker</surname></string-name>, <string-name><given-names>W</given-names> <surname>Balke</surname></string-name>, <string-name><given-names>K.</given-names> <surname>Exalto</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>L.</given-names> <surname>van Driel</surname></string-name> (reds.)</person-group>, <source><italic>De Kerk</italic></source>, pp. <fpage>301</fpage>&#x2013;<lpage>312</lpage>, <publisher-name>De Groot</publisher-name>, <publisher-loc>Kampen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0043"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van &#x2019;t Spijker</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>1990c</year>, &#x2018;<chapter-title>Het presbyteriale-synodale stelsel</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>W.</given-names> <surname>van &#x2019;t Spijker</surname></string-name>, <string-name><given-names>W.</given-names> <surname>Balke</surname></string-name>, <string-name><given-names>K.</given-names> <surname>Exalto</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>L.</given-names> <surname>van Driel</surname></string-name> (reds.)</person-group>, <source><italic>De Kerk</italic></source>, pp. <fpage>326</fpage>&#x2013;<lpage>338</lpage>, <publisher-name>De Groot</publisher-name>, <publisher-loc>Kampen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0044"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Wyk</surname>, <given-names>B.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1991</year>, <source><italic>Die Presbiteriaal-sinodale kerkbegrip</italic></source>, <publisher-name>Kital</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0045"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Wyk</surname>, <given-names>B.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2020</year>, &#x2018;<article-title>Kerkordelike toleransie en die reg van usansie</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>76</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>a5634</fpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v76i1.5634">https://doi.org/10.4102/hts.v76i1.5634</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Van Wyk, B.J., 2023, &#x2018;Die kerkregtelike debat tydens die 73 Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika&#x2019;, <italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic> 79(1), a8773. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v79i1.8773">https://doi.org/10.4102/hts.v79i1.8773</ext-link></p></fn>
<fn><p><bold>Note</bold>: Special Collection: Wim Dreyer Dedication, sub-edited by Jaco Beyers (University of Pretoria, South Africa).</p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>