Prof. Wim Dreyer het oor ’n lang tydperk ’n besondere bydrae gelewer tot die bevordering van Bybels Reformatoriese teologie ten dienste van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika.
Willem Akkerhuys Dreyer is op 09 Oktober 1958 in Pretoria gebore. In 1976 matrikuleer hy aan die Afrikaans Hoër Seunskool, met Afrikaans, Engels, Duits, Latyn, Wiskunde en Geskiedenis as vakke.
Wim Dreyer is op 25 November 1982 gelegitimeer as predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en op 24 April 1983 in die Gemeente Magaliesmoot georden. Hy bedien vervolgens die gemeentes Vliegepoort (1985–1988), Balfour (1988–1995) en Horison-Roodepoort (1995–2005). In 2014 (tot op hede) is hy in die Gemeente Pretoria-Oos as deeltydse predikant bevestig.
In 2005 word hy deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV) benoem as Sekretaris vir Apostolaat, verantwoordelik vir sending, asook skakeling met die ekumeniese Afrika-Instituut vir Missiologie (AIM). In dié tyd was hy verantwoordelik vir die verskuiwing van die AIM vanaf Hammanskraal na die kerkkantoor in Pretoria. Hy het ook weeklikse lesings vir die studente van die Maranatha Reformed Church of Christ (MRCC) aangebied.
Wim Dreyer was van 2001 tot 2007 tydelik deeltydse dosent in Kerkgeskiedenis aan die Universiteit van Pretoria. In 2010 word hy in ’n 50%-pos aan die Fakulteit Teologie aangestel, en 50% in die Sentrum vir Missionale Bediening wat die Algemene Kerkvergadering in 2010 tot stand gebring het. Die deeltydse aanstelling in die Fakulteit Teologie is in 2013 verander na ’n heeltydse pos in Kerkgeskiedenis en Kerkreg. In 2019 word hy bevorder tot medeprofessor in die Departement Sistematiese en Historiese Teologie. Hy ontvang in 2020 sy gradering as navorser van die National Research Foundation (NRF), op grond van uitsette in die vorm van publikasies.
Wim Dreyer is lid van nasionale en internasionale vakverenigings, en is tans ook ’n navorsingassosiaat van die Johannes à Lasco Instituut (Emden, Duitsland). As dosent is hy verantwoordelik vir lesings oor die teologiese ontwikkeling en geskiedenis van die Christendom in die Vroeë Kerk, Laat Middeleeue, Reformasie (16de eeu), asook die Moderne Periode. In die lesings fokus hy veral op die teologiese bydraes van Augustinus, Martin Luther, Johannes Calvyn en Karl Barth. In sy lesings oor Kerkreg beklemtoon hy die belang van ’n toepaslike en eietydse ekklesiologie as basis en uitgangspunt vir die kerklike orde en bedieningspraktyk. Hy het tot op hede 14 meesters- en 9 doktorale studente begelei.
In 2019 het die Algemene Kerkvergadering besluit om die Hervormde Teologiese Kollege uit te brei, deur die vestiging van die Sentrum vir Gemeentelike Bediening (SGB) en die Sentrum vir Reformatoriese Teologie (SRT). Die Kommissie van die AKV het Wim Dreyer as eerste hoof van die SRT benoem, met die verantwoordelikheid om die Kerk se teologiese studente bloot te stel aan Hervormde teologie, soos dit histories ontwikkel het en omskryf word in die Kerkorde. ’n Verdere ontwikkeling was die insluiting van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) se argief, museum en biblioteek in die SRT.
Wim Dreyer het in 1979 sy BA-graad voltooi met Hebreeus en Wysbegeerte as hoofvakke. In 1982 voltooi hy sy BD-graad, met ’n skripsie onder die titel ‘Teologie as wetenskap’.
In 1992 voltooi hy sy doktorale eksamen in Nuwe Testament onder leiding van prof. AG van Aarde; in Praktiese Teologie onder leiding van prof. TFJ Dreyer; en in Kerkgeskiedenis en Kerkreg onder leiding van prof. AD Pont. In 1995 promoveer hy in Kerkgeskiedenis en Kerkreg onder leiding van prof. SJ Botha, met ’n proefskrif oor ‘Kerk, volk en owerheid’. Hy ontvang die graad DD in 1995.
In 2009 begin hy met sy doktorale studie onder leiding van prof. TFJ Dreyer. Hy promoveer in 2011 in Praktiese Teologie met ’n proefskrif met die titel ‘Praktiese Ekklesiologie – ’n Hervormde perspektief’. Die navorsing het gefokus op die transformasie van die Hervormde Kerk, in die konteks van veranderende omstandighede aan die begin van die 21ste eeu.
Dreyer, W.A., 1999,
Dreyer, W.A., 2016,
Dreyer, W.A., Gerber, J.J. & Smit, C.J. (eds.), 2010, ‘John Calvin 1509–2009. A South African Perspective’, in
Dreyer, W.A. (red.), 2017, ‘100 jaar Hervormde Teologie’,
Dreyer, W.A. (red.), 2021, ‘#“Skrifbeskouing”, Kerk en Teologie Vol. I’,
Dreyer, W.A., 2021, ‘Woord van God, Bybel, Heilige Skrif’, in W.A. Dreyer (red.),
Dreyer, W.A., 2017, ‘
Dreyer, W.A., 2017, ‘Die ontstaan en belang van Calvyn se eerste drie publikasies’, in I.W.C. Van Wyk (red.),
Dreyer, W.A., 2017, ‘Calvin, Van Lodenstein and Barth: Three perspectives on the necessity of church reformation’, in I.W.C. Van Wyk (ed.),
Dreyer, W.A. & Pillay, J., 2017, ‘#“Historical Theology: Content, methodology and relevance”, Theology at the University of Pretoria – 100 years: (1917–2017) Past, present and future’,
Dreyer, W.A., 2014, ‘New context, new church order’, in L.J. Koffeman & J. Smit (eds),
Dreyer, W.A., 2013, ‘Fifty years of isolation: The Nederduitsch Hervormde Kerk 1960–2010’, in M.A. Plaatjies van Huffel & R. Vosloo (eds.),
Dreyer, W.A., 2010, ‘From Noyon to Geneva’, in W.A. Dreyer, J.J. Gerber & C.J. Smit (eds.),
Dreyer, W.A., 2010, ‘Calvin on church and government’, in W.A. Dreyer, J.J. Gerber & C.J. Smit (eds.),
Dreyer, W.A., 2002, ‘1853. Die Hervormde Kerk vry en onafhanklik’, in G. Hofmeyr (red.),
Dreyer, W.A., 2000, ‘Tussen ortodoksie en vrysinnigheid’, in D.J.C. Van Wyk (red.),
Dreyer, W.A., 1986, ‘Sakramente, doop en nagmaal’, in
Dreyer, W.A. & Maseko, X., 2021, ‘Ecclesiological renewal for a relevant ministry and church polity, with reference to UCCSA and UPCSA in Zimbabwe’,
Dreyer, W.A. & Janse van Rensburg, A., 2021, ‘Godsdiens en die reg: Herwaardering van die Hervormde Kerk se Besluit 41 (2016) oor homoseksualiteit’,
Dreyer, W.A., 2020, ‘Benedikt Dreyer (1480–1555): Kunstenaar in konteks van die Kerkhervorming’,
Dreyer, W.A., 2020, ‘The priesthood of believers: The forgotten legacy of the reformation’,
Dreyer, W.A., 2020, ‘Die Sinode van Emden: Bakermat van die Nederduitse Kerke in Suid-Afrika’,
Dreyer, W.A., 2020, ‘A theological response to collective trauma in South Africa’,
Dreyer, W.A., 2020, ‘Missionale ekklesiologie in die Afrikaanse gereformeerde kerke sedert 1990’,
Dreyer, W.A., 2019, ‘Being church in the era of “homo digitalis”#’,
Dreyer, W.A., 2019, John de Gruchy’s understanding of the Kingdom of God as articulated in “The Church struggle in South Africa”,
Dreyer, W.A., 2018, ‘Barth on election and the Canons of Dort’,
Lee, Y. & Dreyer, W.A., 2018, ‘From proto-missional to mega-church: A critique of ecclesial “growth” in Korea’,
Dreyer, W.A., 2018, ‘John Calvin as “public theologian” in view of his “Commentary on Seneca’s de Clementia”#’,
Dreyer, W.A., 2017, ‘There is only one Church! Albert Geyser’s ecclesiology in delayed action’,
Dreyer, W.A., 2017, ‘Karl Barth’s Römerbrief: A turning point in Protestant Theology’,
Dreyer, W.A., 2017, ‘Teaching historical theology at the University of Pretoria – Some introductory remarks’,
Dreyer, W.A., 2017, ‘Kerkwees in die voetspore van Christus volgens Efesiërs 4 en 5’,
Dreyer, W.A., 2017, ‘Johannes Dreyer (1500–1544) – Die Hervormer van Herford’,
Dreyer, W.A., 2017, ‘Honderd jaar Hervormde Teologie’,
Dreyer, W.A., 2016, Church, mission and ethics: Being church with integrity’,
SA Church History Society: Dreyer, W.A., 2016, ‘Heretic or rebel? The heresy trial of Albert Geyser’,
Dreyer, W.A., 2016, ‘Historiese Teologie in ’n veranderende konteks’,
Dreyer, W.A, & Van Rensburg, A., 2016, ‘Oorsprong van die drievoudige struktuur van die Heidelbergse Kategismus’,
Dreyer, W.A., 2015, ‘South Africa: The early quest for liberty and democracy’,
Dreyer, W.A., 2015, ‘In pursuit of justice (1). Albert Geyser’s story as told by the media’,
Dreyer, W.A., 2015, ‘The real crisis of the church’,
Dreyer, W.A., 2015, ‘Heilige, algemene kerk’,
Dreyer, W.A., 2014, ‘The Heidelberg Catechism: A 16th century quest for unity’,
Dreyer, W.A., 2014, ‘Conversio Ad Docelitam: Calvyn oor bekering en Christenwees’,
Dreyer, W.A., 2014, ‘Wanneer een twee word: ’n Perspektief op resente gebeure in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika’,
Dreyer, W.A., 2013, ‘Missional ecclesiology as basis for a new church order: A case study’,
Dreyer, W.A., 2013, ‘Die Hervormde Kerk en apartheid’,
Dreyer, W.A., 2012, ‘The amazing growth of the early church’,
Hervormde Teologiese Kollege: Dreyer, W.A., 2011, ‘Histories-vergelykende ekklesiologie – Oppad na ’n omvattende Praktiese Ekklesiologie’,
Dreyer, W.A., 2011, ‘A journey from isolation’,
Dreyer, W.A., 2011, ‘’n Multidissiplinêre benadering tot Praktiese Ekklesiologie’, in
Dreyer, W.A., 2009, ‘The Leuenberg Agreement and church unity: A possible matrix to cross ten seas with?’
Dreyer, W.A., 2005, ‘Die NHKA as volkskerk – herbesinning’,
Dreyer, W.A., 2005, ‘Church and government in reformed perspective,
Dreyer, W.A., 2001, Kerkgeskiedenis: Perspektiewe vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika
Dreyer, W.A., 1999, ‘Die betekenis van die doop vir lidmaatskap van die kerk’,
Dreyer, W.A., 1997, ‘Enkele aantekeninge oor die ontstaan van belydenisskrifte in die sestiende eeu’,
Dreyer, W.A., 1996, ‘Enkele aspekte van Beza se politieke teorie, soos verwoord in sy
Dreyer, W.A., 1996, ‘Kerk – kultuur – volk – owerheid’,
Dreyer, W.A., 1995, ‘Kerk, volk en owerheid in die 1858 Grondwet van die Zuid-Afrikaansche Republiek’,
Dreyer, W.A. & Majwabe, F.E., 1995, ‘Tradisionele geloof,
Dreyer, W.A., 1994, ‘Die kerkregtelike posisie van die kind in die Ned. Hervormde Kerk van Afrika, met besondere verwysing na lidmaatskap, doop, nagmaal en tug’,
Church History Society of Southern Africa
SA Kongres vir Calvynnavorsing
International Society for Protestant Church Polity
Kerkhistoriese Genootskap
Genève (2000)
Zürich (2000)
Oslo (2000)
Utrecht (2000)
Johannes à Lasco Instituut, Emden (Verskeie kere 2012–2019)
Groningen (2016)
PThU (2019)
Toronto (2019)
Wim Dreyer is eksterne eksaminator vir nagraadse studente aan die Universiteite van Noordwes, Stellenbosch en Vrystaat.
Dosent: Fakulteit Teologie en Religie, Universiteit van Pretoria
Koördineerder: Sentrum vir Reformatoriese Teologie
Navorsingsgenoot: Johannes à Lasco Instituut (Emden, Duitsland)
Redaksielid:
Redakteur:
Wim Dreyer het al meer as 100 artikels vir die volgende joernale voltooi:
HTS Teologiese Studies / Theological Studies
Studia Historia Ecclesiastica
Verbum et Ecclesia
Koers
Acta Theologica
In die Skriflig
Litnet
Tydskrif vir Hervormde Teologie
Wim Dreyer is in 2001 die eerste keer as lid van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering verkies. Daarna is hy weer in terme van die kerkordelike rotasiebeginsel in 2004, 2010, 2013 en 2019 as lid van die Kommissie verkies. In die afgelope 21 jaar dien hy as vise-skriba, skriba, voorsitter en ondervoorsitter van die Kommissie en die Moderamen.
In hierdie periode van die NHKA se geskiedenis moes die Kommissie besonder moeilike sake hanteer, onder meer besluite oor apartheid (en die gepaardgaande kerkskeuring en hofsaak); die formulering en vestiging van ’n eietydse kerkbegrip en ekklesiologie (en die verwydering van die begrip ‘volkskerk’ uit die Kerkorde); besluite oor homoseksualiteit; die hertoelating tot internasionale ekumeniese liggame; die herstrukturering van die sinodale rade en sinodale struktuur (insluitend die verkoop van die sinodale kerkkantoor); die ontwikkeling van ’n nuwe verstaan van sending (van ’n tradisionele sendingmodel na ’n missionale bedieningspraktyk); nuwe liturgiese praktyke en diensformuliere, asook die herstrukturering van die diakonale diensorgane.
Ten opsigte van al hierdie sake het Wim Dreyer ’n integrale rol gespeel in terme van navorsing, formulering van beskrywingspunte vir die AKV en die implementering van veranderingbestuur.
Wim Dreyer was verantwoordelik vir die talle memoranda wat voor die Kommissie van die AKV en die Algemene Kerkvergadering gedien het, en bygedra het tot die hervorming en vernuwing van die Hervormde Kerk:
2005: Amp van die predikant
2005: Deeltydse predikante?
2005: Statistiese verslag ten opsigte van ampswerk
2006: Eenheid tussen die NHKA en die MRCC
2006: Missionêre gemeentes
2006: Onbekwaamheid van predikante
2006: Sinodale herstrukturering
2006: Unity in mission (Eenheid MRCC en NHKA)
2006: Kerkeenheid en volkskerk
2006: World Alliance of Reformed Churches Fact Sheet
2006: Inligtingstuk besoek van die WARC aan die NHKA
2007: Riglyne vir die Apostolaat in die NHKA
2007: The Road Ahead – The WARC and the NHKA
2008: Die NHKA en die WARC. Memorandum van die Raad vir Ekumene aan die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering
2009: Strategiese oorwegings ten opsigte van die Apostolaat in die NHKA
2009:
2010: Enkele ekklesiologiese kontoere met die oog op die herskrywing van die Kerkorde.
2010: Ondersoek na die oorsake van lidmaatvermindering in die NHKA
2010: Memorandum aan die AKV oor die NHKA en ekumeniese skakeling
2011: Die NHKA en Apartheid
2012: Contra Status Confessionis: ’n Weerlegging van die
2012: Die Welstand van predikante en gemeentes in die NHKA
2013: Die NHKA as volkskerk – oorsig en herbesinning
2014: Bilaterale ooreenkoms tussen die NHKA en die NGK
2014: Kerkwees met integriteit
2016: Kerkwees in Christus se voetspore
2019: Herindeling van ringe
2019: Besinning oor die uitverkiesingleer
2021: Strategiese oorwegings ten opsigte van sinodale begrotings
Dreyer is met ingang 01 Januarie 1995 deur die Kommissie van die AKV as redakteur van
Sedert 2019 dien hy as redakteur van
Vanaf 2021 dien hy as redakteur van die
Wim Dreyer dien op die volgende sinodale rade en komitees:
Kuratorium (ondervoorsitter)
Raad vir SENTIK
Raad vir Apostolaat (Sekretaris)
Raad vir Ekumene (Sekretaris)
Kernkomitee vir Teologie en Etiese Vraagstukke (Voorsitter)
Wim Dreyer het die volgende toekennings ontvang:
Toekenning van die National Research Foundation (NRF).
SP Engelbrecht-medalje (Goud) vir Suid-Afrikaanse kerkgeskiedskrywing.
’n Goue sertifikaat van die Internasionale Olimpiese Komitee vir ’n besondere bydrae tot die ontwikkeling van Olimpiese sport in Suid-Afrika.
Die
Sportadministrateur van die Jaar van TuksSport.
Verskeie goue toekennings van TuksSport as afrigter van die nasionale senior (Protea) en junior skermspan by ses verskillende wêreldkampioenskapbyeenkomste, asook die Wêreld- Universiade.
Hy is in 2021 ingelyf in TuksSport se ‘Hall of Fame’.