This article contributes to the ongoing assessment of the characteristic and curious inattention to Medieval philosophy at South African (especially the historical Afrikaans) universities during the course of the 20th century.
Hierdie artikel sluit aan by ’n vorige
Herman Jean (oorspronklik Jan Melania) de Vleeschauwer (9 Julie 1899 – 15 Augustus 1986) is in Dendermonde in België gebore en het in 1923 in filosofie gepromoveer aan die Universiteit van Gent (UGent). Hy was vanaf 1925 tot 1945 hoogleraar in logika, metafisika en ideëgeskiedenis by dieselfde universiteit. De Vleeschauwer was ook vanaf 1951 dosent in filosofie en later (vanaf 1956) professor in sowel filosofie as biblioteekkunde
Dit is teen die agtergrond van Archie L. Dick se betreklik onlangse ontledings (sien Dick
Teen sy aftrede in 1964 was De Vleeschauwer die enkelskrywer van meer as 60 boeke en hoofstukke in boeke, en meer as 300 portuurgeëvalueerde artikels in geakkrediteerde tydskrifte, geskryf en gepubliseer in Nederlands, Frans, Duits, by uitsondering in Engels, en (op grond van die bekwame taalversorging daarvan deur Theo van Wijk, wat die grootste deel van sy lesings en ander tersaaklike tekste by UNISA uit Nederlands in Afrikaans vertaal het
MSS Acc 32 bestaan uit ’n verstommende 340 houers met ’n totale raklengte van 34 meter (sien Van der Walt & Coetzee
De Vleeschauwer se geargiveerde artikels oor Middeleeuse filosofie in geakkrediteerde vaktydskrifte sluit onder meer in hoogs oorspronklike bydraes oor intellektuele sinergie (De Vleeschauwer
Die dissipline ideëgeskiedenis (of, na De Vleeschauwer se voorkeurbenaming, ‘die geskiedenis van die filosofie’) stel ’n hoë eerste kriterium, naamlik die aanbod van sistematiese ontledings wat aan die hand van gedissiplineerde verwysings na die tersaaklike primêre en sekondêre tekste geverifieer kan word. Saaklik sou opgemerk kon word dat letterlik elke werk van De Vleeschauwer aan dié eerste kriterium voldoen: élke teks, gepubliseerd en ongepubliseerd, dra die merkteken van eersterangse ideëhistoriese ontleding, met voetnote en endnote waarin grondige verwysings na die primêre tekste in Latyn en die ou Europese volkstale verskaf en selfstandig gekommentarieer word, en dit dus moontlik maak om elke stelling wetenskaplik te verifieer. In hierdie opsig was De Vleeschauwer ’n 20ste-eeuse skolastikus: hy het geen stelling aan willekeurige interpretasies oorgelaat en geen ruimte gelaat vir tegnies filosofiese misverstande nie. Van ’n retoriese lesing of verhalende aanbod uit die ideëgeskiedenis was daar by De Vleeschauwer geen sprake nie: van ’n saaklike en verifieerbare aanbod altyd wél. Stilisties het hy voorkeur verleen aan dig geskrewe paragrawe wat soms uit een buitengewoon lang sin bestaan, maar sintakties nietemin vlot en leesbaar saamgestel is. Die eg skolastiese werkswyse om tekste uit die tersaaklike tematiese voorgeskiedenis in jukstaposisie te ontleed, terwyl die gesag van die teks steeds inwendig gehandhaaf word (en nie met beroep op uitwendige [veral kerklik gesanksioneerde] gesag nie), is nougeset deur De Vleeschauwer nagevolg.
Dat De Vleeschauwer die gewigtige taak opgeneem het om die volledige leerplan in filosofie by UNISA te hersien, staan as ’n blywende aantekening by sy nalatenskap as opvoeder en dosent. Besonder opvallend is die intensiewe insluiting van Middeleeuse filosofie in sy nuut ontwerpte kursusmateriaal en studiehandleidings
Afgesien van sy gespesialiseerde bydraes tot Middeleeuse filosofie, sou De Vleeschauwer na die inhoud van MSS Acc 32 ook beskryf kon word as ’n spesialis in vroeë moderne en moderne filosofie (veral ten opsigte van die epistemologiese beweging vanaf Descartes na Kant
Opvallend afwesig in MSS Acc 32 is enige substansiële bydrae oor Augustinus (354–430), wat wel as die ‘eerste Middeleeuse filosoof’ verstaan kan word (vgl. Beukes
De Vleeschauwer se genuanseerde verdediging van Thomisme kan om drie redes as die matriks of as ’n basis vir die uitleg van sy interpretasie van Middeleeuse filosofie verstaan word. Eerstens is (die vier hoofstukke in) sy
Tweedens verduidelik De Vleeschauwer (
Derdens is SCTW die één werk waarna De Vleeschauwer voortdurend in sy lesings by UNISA terugverwys het: vir die dosent De Vleeschauwer moes die onderrig van Middeleeuse filosofie spontaan by Aquinas begin, terugwerk na die vroeë Middeleeue en vanaf Aquinas weer vooruit beweeg na die latere Middeleeue, die Renaissance en vroeë moderniteit. Hoewel hy dus nie as ’n Thomis beskou wou word nie, het De Vleeschauwer Aquinas wel as die sentrale oriëntasiefiguur vanuit die Middeleeuse ideëgeskiedenis voorgehou. Sy tydgenoot Versfeld het by voorkeur op Augustinus, maar minstens net soveel op Aquinas gefokus as De Vleeschauwer: die twee dosente se interpretasie van Middeleeuse filosofie verskil egter daarin dat Versfeld, wat (hoewel Protestants opgevoed, maar sedert 1943) ’n toegewyde Katoliek was, inderdaad as ’n Thomis of selfs as ’n neo-Thomis beskryf sou kon word op grond van sy prioritisering van juis die Katoliek Thomistiese interpretasie van dié Dominikaan.
De Vleeschauwer (
Tog was hierdie (ironies produktiewe) mediëvalisme nie kosteloos nie: die onmiddellike probleem is dat Thomisme oor die afgelope sewe eeue die karikatuur probeer aanveg het deur voortdurend interne, maar verswakkende aanpassings
Hierdie terugkeer na Aquinas
Op die spoor van dié breë, maar nietemin geartikuleerde, invalshoek verken De Vleeschauwer die volgende 12 temas:
die eerste en sporadiese tekens van konflik tussen die twee jong skoolordes
die inhiberende invloed van die Reformasie (veral Luther, Melanchthon en Calvyn) op die resepsie en ontwikkeling van Thomisme, gevolg deur pogings tydens die Kontra-reformasie tot die teendeel (veral ten opsigte van die rol van die Jesuïete daarin; De Vleeschauwer
die algehele filosofiese en trouens ideologiese ondergrawing van Thomisme in die 17de en 18de eeue
die fundamentele epistemologiese verskil tussen die
die ontwikkeling van antieke filosofie in die Middeleeue, met besondere verwysing na die nawerking van Plato (via Augustinus, wat De Vleeschauwer feitlik algeheel buite rekening laat) en Aristoteles (via die Arabiese Neoplatoniste) – (De Vleeschauwer
Die invloed van Petrus Abelardus (1079–1142) se filosofies teologiese dialektiek (met inbegrip van die hewige kritiek van die Cisterciënser Bernardus van Clairvaux [1090–1153] daarteen) en die Aristoteliese natuurlike filosofie van Roger Bacon (ca.1214–1292) vanuit die vroegskolastiek op Aquinas in die hoogskolastiek (De Vleeschauwer
Die ontwikkeling van die
die hoogskolastiek se rigiede skeiding van skolastiek en mistiek, asook die konstante ‘gevaar’ van panteïsme vanuit die Neoplatoniese mistiek van die vroeë Middeleeue;
die kenmerking van Thomisme as ’n middewegsoekende of getemperde vorm van realisme;
die Thomistiese onderskeid tussen syn en wesensyn (
die Thomistiese prioritisering van substansie as synskategorie (De Vleeschauwer
laastens, die uitsonderlike plek van kousaliteitsteorie(ë) in Thomisme en hoe Newton se traagheidswet die Thomistiese aanspraak op ‘eenvoudige waar oordele’ ’n onherstelbare nekslag toegedien het.
Hierdie 12 temas figureer sonder uitsondering in De Vleeschauwer se lesingmateriaal vanaf 1951 tot 1964 aan UNISA en dit kan as sodanig geverifieer word: wie sy handleidings vir die leergange ‘Sistematiese Wysbegeerte’ en ‘Geskiedenis van die Wysbegeerte’ vanuit hierdie tydperk raadpleeg, sal opmerk dat die inhoud van beide regstreeks met dié tematiese raamwerk korrespondeer. De Vleeschauwer verdedig Thomisme (en vir hom, by implikasie, die eietydse relevansie van Middeleeuse filosofie in die algemeen) omdat dit vanuit dié tematiese raamwerk en binne die konteks van laat 19de en 20ste-eeuse nihilisme (dus, ná ‘die dood van God’) die één vraag – moontlik die wesenlikste van alle filosofiese vrae – sistematies wou (en, op De Vleeschauwer se aandrang, steeds wíl) beantwoord:
Dit sou van goeie filosofiese etiket spreek om De Vleeschauwer sélf op hierdie vraag in die hoofteks te laat reageer: ‘Deze vraag die de geest los van de andere vraag naar den oorsprong van de wereld stelt, word door Thomas en zijn geestesverwanten voor het heelal als geheel opgelost met de verwijzing naar God als den voldoenden grond van het contingent zijn in het algemeen. Deze bewijsweg is verweg de belangrijkste, niet alleen uit hoofde van de groote bewijskracht of bewijswaarde die men er als zelfstandige bewijsvoering toekent, maar meer nog, omdat het de
De Vleeschauwer se kritiese en genuanseerde verdediging van Thomisme kan as die matriks van sy interpretasie van die Middeleeuse ideëgeskiedenis, ook tydens sy termyn as dosent en professor in filosofie by UNISA vanaf 1951 tot 1964, beskou word. Dit is duidelik dat hy, afgesien van sy belese kommentaar daarop en bekwame onderrig daarvan, ook gespesialiseerde bydraes tot Middeleeuse filosofie gelewer het, soos wat die geval was met sy vele ontledende en kommentariërende bydraes tot die korpus van primêre tekste in vroeë moderne en moderne filosofie (veral oor Kant en Geulincx). As ’n bedrewe spesialisnavorser van die Middeleeuse ideë- en kultuurgeskiedenis, het De Vleeschauwer in die 20ste-eeuse Suid-Afrikaanse konteks geen gelyke gehad nie.
Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.
J.B. is die enigste outeur betrokke by die skryf van dié artikel.
Die artikel is befonds deur die Departement Filosofie & Klassieke, Fakulteit Geesteswetenskappe, Universiteit van die Vrystaat.
Datadeling is nie van toepassing op die artikel nie, aangesien geen nuwe data in die studie geskep of ontleed is nie.
Die sienings en menings wat in die artikel uitgedruk word, is dié van die outeur en weerspieël nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde agentskap van die outeur nie.
Hierdie artikel voldoen aan alle etiese standaarde vir navorsing sonder direkte kontak met mens of dier.
Sien Beukes (
UNISA is gestig in 1873 as University of the Cape of Good Hope en het vanaf 1918 as die dubbelmediuminstelling University of South Africa / Universiteit van Suid-Afrika bekend gestaan. Vir ’n bespreking van die opvallende onderwaardering van Middeleeuse filosofie in leergange by veral die histories Afrikaanse universiteite (HAU’s) in Suid-Afrika in die loop van die 20ste eeu, sien Beukes (
Vir ’n omvangryker navorsingmotivering en vir ’n aanduiding waarom die twee artikels juis in Afrikaans aangebied word, sien Beukes (
De Vleeschauwer het biblioteekkunde feitlik eiehandig as ’n selfstandige vak met verskeie dissiplines en deeldissiplines aan UNISA gevestig en ontwikkel. Na sy aftrede in 1964 is hy ’n kontrakaanstelling vir ’n bykomende twee jaar in biblioteekkunde aangebied en het hy het UNISA eers aan die einde van 1966 finaal verlaat. Die eerste doktorsgraad in biblioteekkunde (DBibl) vanuit dié universiteit is in 1973
Sien Dick (
Sien
Sien Dick (
De Vleeschauwer ontvang in April 1969 amnestie van dieselfde Belgiese militêre hof wat hom in Januarie 1946 aan hoogverraad skuldig bevind en die hoogste straf vir ’n halsmisdaad opgelê het (sien Dick
Theo (Theodoor) van Wijk (1916-2009) het later (1972-1988) rektor en visekanselier van UNISA geword en het ook as kanselier van dié universiteit vanaf 1989 tot 1990 gedien. Ten opsigte van die insluiting en ontwikkeling van die deeldissipline ideëgeskiedenis (of ‘die geskiedenis van die filosofie’, soos dit op De Vleeschauwer se aandrang by UNISA genoem is) in die voorgraadse en nagraadse leerplanne in filosofie, was Van Wijk vanuit die Departement Geskiedenis vir De Vleeschauwer ’n onmisbare kollega en institusionele bondgenoot. Sien
Groep A: Gepubliseerde boeke en boekhoofstukke.
Groep B: Gepubliseerde artikels in geakkrediteerde vaktydskrifte.
Groep C: Handgeskrewe notas met inhoudsopgawes.
Groep D: Ongepubliseerde manuskripte en korrespondensie.
Groep E: Lesings in filosofie.
Groep F: Lesings in biblioteekkunde.
Groep G: Gepubliseerde manuskripte en korrespondensie.
Groep H: Ongepubliseerde voordragte.
Groep I: Adminstratiewe dokumentasie.
Groep J: Ander korrespondensie.
Groep K: Artikels in buitelandse koerante en nie-akademiese tydskrifte.
Groep L: Oorblywende dokumentasie.
Groep M: Alle ander dokumentasie terugbesorg deur die UJ biblioteek (in 2013).
Vgl. Van der Walt and Coetzee (
Sien De Vleeschauwer (
Vir ’n omskrywing van die neologisme
De Vleeschauwer het meer as 2000 getikte bladsye vir die nuwe studiehandleidings in Afrikaans (vertaal deur Van Wijk) en Engels geskryf (sien Van der Walt & Coetzee
Vir die inhoud van hierdie hersiene kursusmateriaal in Afrikaans en Engels, veral ten opsigte van die deeglike insluiting van die Middeleeuse ideëgeskiedenis daarby, sien De Vleeschauwer (
Vir sy belangrikste latere (slegs ná 1951, ook in voetnoot 16
Vir Geulincx, sien De Vleeschauwer (
Vir antieke filosofie, veral ten opsigte van Aristoteles, sien De Vleeschauwer (
In sy invloedryke inleidingswerk, in twee volumes, sluit Grabmann (
Sien Beukes (
Sien De Vleeschauwer (
‘Het gaat er om een viertal stukken die voor mij iets meer beteekenen dan louter objectieve studiën die hun ontstaan danken aan een levensvreemden vorschingsarbeid. Het gaat er in zoover om autobiografische fragmenten als ik ze in de verwijdering van den tijd weer erken als behoorende tot mijn eigen wijsgerige leerschool’ (De Vleeschauwer
‘De ontwikkeling der laatste jaren bewijst op de meest onbetwistbare wijze dat de thomistische denkrichting zich als streng eenheidsfenomeen in het uitwendig leven der katholieke Kerk heeft overleefd […] en duidelijk in hoe de ontreddering zich van de beweging zelf heeft meester gemaakt […]’ (De Vleeschauwer
Versfeld is daarom in die voorafgaande lesing (Beukes
‘[
SCTW beskik ongelukkig nie oor ’n indeks óf ’n skrywersindeks nie en die leser moet dus geduldig deur die hoofteks werk om De Vleeschauwer se interpretasie van ’n beduidende aantal Middeleeuse denkers en temas te sistematiseer. Daarby verwys De Vleeschauwer, op hoë uitsondering na, ongedateerd en slegs met die ‘agternaam’ na die Middeleeuse denkers. Vergelyk gevolglik (alfabeties ná Thomas Aquinas) die besprekings van (dus in De Vleeschauwer
‘Toen het neothomisme met vertwijfelende doelbewustheid zijn loopbaan had aangevangen, werd het door de modernen als archaïsme bespot en uit naam van de moderne beschaving afgewezen’ (De Vleeschauwer
Mediëvalisme dui op die ‘verselfstandiging van toevallige elemente in die Middeleeuse ideë- en institusiegeskiedenis, op grond waarvan ’n idiosinkratiese (dikwels volslae foutiewe) beeld van die Middeleeue gepostuleer word. Pejoratiewe, patroniserende en inderdaad vals karikature van die Middeleeue (volgens ’n tipiese Renaissance mediëvalisme byvoorbeeld ‘‘in die middel’’, ‘‘donker’’ en ‘‘wreed’’, of ’n tipiese 19de-eeuse mediëvalisme, byvoorbeeld ‘‘eerliker’’, ‘‘meer ridderlik’’ en ‘‘meer maagdelik’’) gaan telkens terug op die een of ander onverantwoorde mediëvalistiese lengtesnit’ (Beukes
De Vleeschauwer (
‘Bij het Thomisme gaat het om een solied gebouwd en sterk gesloten leerstelsel, dat zich bedient van een aan den huidigen mensch vreemd geworden lexicon. Door deze handicap is het voor oningewijden haast niet toegankelijk geworden […]’ (De Vleeschauwer
De Vleeschauwer (
‘Een langzaam decompositieproces […]’ (De Vleeschauwer
‘Het Thomisme is hoogstens nog een verzamelbegrip dat veelmeer de deelneming van de katholieke denkers aan al de levensrichtingen van den tijd dan wel het historisch leerstelsel van Thomas aanduidt […]’ (De Vleeschauwer
Dié herwaardering van Aquinas
‘Is het waar dat Thomas een van de eersten was om de Aristotelische metaphysica in het christelijk denken in te bouwen, toch is het anderzijds onbetwistbaar dat hij met dergelijk programma een der laatst aangekomenen is geweest’ (De Vleeschauwer
Sien De Vleeschauwer (
Om De Vleeschauwer se kritiese aanvoeling ten opsigte van die noodsaaklikheid van ’n grondige verrekening van Aquinas se opvoedkundige konteks en die tersaaklike Arabiese intellektuele voorgeskiedenis in perspektief te stel, sou daarop gewys kon word dat min – indien enige – vroeë 20ste-eeuse Aquinas-navorsers hulle daarmee só uitdruklik teen neo-Thomisme sou opgestel het. Dit geld ook vir waarskynlik die mees bedrewe Aquinas-spesialis in die vroeë 20ste-eeuse skolastieknavorsing, Étienne Gilson (sien Gilson [1957] se
Vir die gebruik van die begrip
‘Slechts korten tijd heeft sich dat thomistisch Aristotelisme in zijn volle gaafheid kunnen handhaven. In de XIVe eeuw reeds, doch vooral in die XVe eeuw overheerst het nominalisme dat de Aristotelici, spijt den Aristotelischen grondslag waarop het berusste, als een verderflijken uitwas beschouwden, doch dat midden een complex van onzinnige, dialectische sophistiek in zich de kiemen van het modern denken bevatte’ (De Vleeschauwer
‘De XVIIe eeuw is het tijdvak waarin het Thomisme, bloedarmoedig geworden in eigen huis, van buiten af als ideologisch fundament van den gedachtenomloop verbleekt. Augustinus neemt de plaats van Aristoteles, en Descartes, die van Thomas in. In de XVIIIe eeuw bezit het Thomisme geen openbaar leven meer’ (De Vleeschauwer
‘Waarheid
‘De cultuurgeschiedenis kan niet onverschillig zijn voor de vraag waarom onmiddellijk vóór Thomas Aristoteles door de christelijke theologen wordt opgeroepen om de plaats van Plato het profaan aandeel in de christeijke levensbeschouwing van het Westen te leveren. Ik kan hierop kortweg antwoorden: om aan het gevaar van het pantheïsme te ontkomen. Menigmaal neemt men in de hooge Middeleeuwen evengoed als in de late Middeleeuwen die vervaging waar van de grenzen die God en het heelal van elkander scheiden’ (De Vleeschauwer
Hier kan slegs saaklik uitgewys word dat De Vleeschauwer sélf om hierdie rede altyd nader aan realisme as aan nominalisme beweeg het, juis vanuit ’n bedrewe Kantiaanse bemiddelingsperspektief: ‘Het Thomisme kleeft […] de gematigd realistische theorie aan’ (De Vleeschauwer
‘Het Thomisme aanvaardt een wezenlijk onderscheid tusschen de beide termen zoo-zijn en bestaan. Het zoo-zijn of de wezenheid van iets is werkelijk onderscheiden van zijn bestaan […] Als een commentaar op het gekende Bijbelwoord
‘De uitzonderlike plaats die de causaliteitsleer in de structuur van het thomistisch stelsel bekleedt verklaar meer dan voldoende waarom dit stelsel zijn batterijen concentreert op dit leerstuk en waarom het beste deel van zijn denkkracht gewijd wordt aan de verheldering van dit probleem. […] De ontdekking van het traagheidsbeginsel heeft aan de thomistische causaliteitsleer den genadeslag toegebracht’ (De Vleeschauwer
‘De grondfout waaraan het Thomisme zich schuldig maakt ligt in de innige vervlechting van ontologie en waardenleer of van ontologie en moraal. Deze fout ligt aan den wortel van het grootste aantal der bedenkingen die ter gelegenheid van de critische peiling van deze ethica bij ons oprijzen. Zoowel als zijn verdiensten zijn ook de logische tekorten van het Thomisme convergent’ (De Vleeschauwer