This re-evaluation of the applicability of the Latin term
Die diskursiewe oogmerk van hierdie artikel is om die toepaslikheid van ’n gevestigde, maar problematiese begrip in die Afrikaanse vakregister van die Middeleeue te heroorweeg. Met die heroorweging word gepoog om ’n bydrae tot die eietydse ontwikkeling en verfyning van die register in Afrikaans te lewer. Die tradisionele, maar uitgediende toepassing van die Latynse teenwoordige deelwoord
Akademici vanuit die Middeleeuse Latynse Weste was oorwegend monnike wat vanuit kloosterskole en katedraalskole in die vroeë
Die toepassing van die begrip
By sodanige heroorweging van die toepaslikheid van die begrip
… geslagtelik en grotendeels in lyn met die lyngesag in gevestigde kloosterstrukture georganiseer het. Geen lid van ’n begynse orde is verplig om bindende geloftes te moes aflê ten opsigte van ’n lewe in selibaat of om gestroop te word van bestaande of toekomstige individuele eiendom nie – wat juis die bron van inkomste van die meerderheid van kerklik-gesanksioneerde kloosterordes was. Begyne het bewegingsvryheid geniet, maar moes lojaal teenoor die plaaslike orde bly. Hulle was wel vry om die plaaslike orde permanent te verlaat, sonder enige strafsanksie, maar kon normaalweg nie na die spesifieke orde of begynehof terugkeer wanneer dit eenmaal verlaat is nie. Ook die begyne het nie ‘gebedel’ nie, maar was wel vir materiële instandhouding afhanklik van die betrokke gemeenskap se ondersteuning. In ruil het die begyne in die gemeenskap versorgingswerk gedoen, wat ingesluit het die versorging van siekes, gebreklikes, bejaardes en weeskinders. Trouens, teen die middel van die 13de eeu was die meerderheid verpleegsters in Duitsland en Frankryk begyne. (Beukes
Vanweë die mediëvalistiese en verkleinerende semantiese lading van die vertaalde toepassing van die begrip
Die vroeë 13de eeu was ’n tydperk van intellektuele stroomversnellings, danksy die opkoms van die universiteitswese in die 12de eeu en die tydgenootlike beskikbaarstelling van Aristoteles se volledige korpus (nou met insluiting van sy natuurfilosofie) in Latyn vanuit die Arabiese vertalings van die Griekse tekste, gevolg deur die formele skeiding van teologie en filosofie, asook die opkoms van tegniese Aristotelisme in die skolastiek. Die ervaring van ‘krisis’ was in hierdie tyd in Wes-Europa wydverspreid en het meegewerk tot die opkoms van vier nuwe, kloosterongebonde ordes, wat beskou is as institusioneel onafhanklike toevlugte in ’n snel veranderende wêreld. Dit sou denkers van die mees hoogstaande snit vanuit hierdie ordes verg om die ervaring van hierdie ‘krisis’ te verwoord, sowel as te ontlont.
Die strukturering van onderrig en navorsing is in die vroeë 12de eeu getransformeer deur die verskuiwing vanaf Wes-Europese klooster- en katedraalskole, wat in die agtste en negende eeue opgebloei het, na die eerste institusionele vorm van universiteitswese, die
Die Franciskaanse orde (
Daarby het hierdie vier ordes, anders as die plek- of hoogstens streeksgebonde kloosterordes, ’n nomadiese en transnasionale profiel gehandhaaf. Die leidinggewende magisters vanuit hierdie ordes het inderdaad beskik oor ’n soort Europese status (in die beperkte Middeleeuse sin), bemoontlik deur hulle intensiewe studiereise tussen die onderskeie
Hierdie ordes het dus daarin uitgemunt om dosente en studente binne ’n meer uitgebreide Europese netwerk te vestig en – weer anders as die streeksgebonde kloosterordes – aan die indruk van provinsialiteit te ontkom. Dosente en studente vanuit die vier ordes het vryelik tussen
Franciskus, die stigter van die eerste van hierdie ordes, het gefokus op ’n spiritualiteit van natuurbetrokke minimalisme en het nie ’n hoë premie op sy orde se intellektuele ontwikkeling geplaas nie. Die Franciskaanse inspeling op die universiteitswese (wat na meer as ’n eeu se talmende ontwikkeling toenemend stabiel begin funksioneer het), was daarom aanvanklik beperk. Die orde het op Franciskus se spoor gevolglik ook besluit om die teologiese opleiding van hulle leerlinge te beperk tot plaaslike skole (
Anders as die Franciskane, het die Dominikane van meet af aan hoë priorititeit op die interne ontwikkeling van die orde deur akademiese opleiding geplaas. Die rede daarvoor was die orde se aksent op ‘openbare prediking’, wat niks anders was nie as gratis, maar gesofistikeerde openbare lesings in 13de-eeuse teologie. Elke Dominikaanse
Hierdie spontane en intieme verhouding tussen ’n kloosterongebonde orde en die universiteite – wat veronderstel was om algeheel orde-onverbonde of sekulêre institusies te wees – het tot aansienlike spanning en selfs konflik aanleiding gegee, veral by die Universiteite van Oxford en Parys. Die Dominikane het toenemend vir hulle voorregte by dié universiteite beding, wou selfstandige besluite oor leerplanne neem, studente werf en beurse toeken, en sonder inmenging van universiteitsweë, dosente aanstel. Waar sekulêre dosente dikwels dubbel gepromoveerd was (eers in lettere en daarna in teologie), is monnike vanuit die vier ordes nie toegelaat om eers lettere te studeer en daarna na teologie te beweeg nie. Sekulêre dosente was daarom tereg onder die indruk dat hulle grondige opleiding by die twee fakulteite onderwaardeer is ten gunste van die aanstelling van monnike wat voorgraads by ’n plaaslike
Die belangrikste intellektuele ontwikkeling binne Dominikaanse konteks was die toetrede van Albertus Magnus (ca.1200–1280) tot die orde tussen 1223 en 1229. Albertus was in talle opsigte die gelyke van sy mees beroemde leerling, Thomas van Aquinas (1225–1274).
Vanaf die 1320’s was die Dominikane egter in ’n binnegeveg om oorlewing gewikkel – terwyl die Franciskaanse orde gedy het.
Die Augustynse orde het sedert die stigting daarvan in 1244 vanselfsprekend krities gestaan teenoor die sentralisering van Aristoteliese natuurfilosofie binne die 13de-eeuse hoogskolastiek en sou enige poging verwelkom om ewewig in die resepsie van Aristoteles en Augustinus te bewerkstellig. Hendrik van Gent (d.1293) het wel nie tot die orde behoort nie, maar hy sou akademies eers na die Paryse veroordelings van 1277 werklik op dreef kom, nadat sy kritiek teen die Aristoteliane in aanloop tot die veroordelings juis wyd in Augustynse kringe verwelkom is. As ’n ongebonde sekulêre monnik was Gent in staat om sy leerstoel as magister by teologie in Parys tot kort voor sy dood te behou en het hy inderdaad ’n merkwaardige invloed op Augustynse monnike in die tweede helfte van die 13de eeu uitgeoefen. Gilius van Rome (1243–1316) was egter die eerste monnik vanuit die
Die Karmeliete het oorwegend nader aan die Dominikane as aan die Franciskane gestaan, in die sin dat hulle hermeneutiese sleutel Aristoteles, via Aquinas, en Neoplatonisme, via Pseudo-Dionisius was – eerder as Plato, via Augustinus, soos oorwegend by die Franciskane. Die Dominikane en Franciskane het betreklik streng by die raamwerk van hulle eie
Dit is selfs net teen die beperktheid van bostaande oorsig van hulle akademiese uitsette, ondenkbaar dat na hierdie verfynde akademiese groeperinge steeds as
Wanneer die ideëhistoriese oorsprong van die begrip
Johannes XXII het per bul
Reeds in 1279 het pous Nikolaus III (Giovanni Gaetano Orsini, 1225–1280, pous vanaf 1277 tot 1280), teen die bedoeling van Bonaventura se oogmerk om die orde finansieel onafhanklik te hou sonder om die korporatiewe ideaal van armoede te ondergrawe, die orde van alle vorme van besit onthef en die orde se volledige boedel aan die pouslike kuratorskap toevertrou. Aan die einde van 1322 het Johannes XXII Nikolaus III se besluit per bul
’n Pouslike bul vir Ockham en Cesena se arrestasie is uitgereik en saam met Cesena moes Ockham – saam met tientalle ander Franciskane – vanuit Avignon vir hulle lewens vlug. Die voortvlugtende Franciskane het asiel verkry in Duitsland onder keiser Lodewyk van Beiere, wat Johannes XXII as ’n aartsvyand beskou het omdat Johannes Lodewyk se verkiesing as keiser betwis en probeer ondermyn het deur die troon in 1317 per pouslike dekreet ‘vakant’ te verklaar. Lodewyk, wat self geëkskommunikeer is in 1324, het hom sonder sukses tot ’n algemene Roomse konsilie gewend om Johannes XXII self as ketter verklaar te kry. Sonder sukses en enige uitkoms elders, het Lodewyk Rome in 1328 binnegevaar, homself as Roomse keiser aangestel en ’n keiserlike antipous aangewys. Ockham is uiteindelik in 1349 in die omstreke van München aan die Pes oorlede. (Beukes
In hierdie konflik tussen Johannes XXII en die Franciskane was daar geen wenners nie. Aan die een kant het die Franciskane hulle diepe verbondenheid aan Franciskus se korporatiewe ideaal van armoede met dié konfrontasie bevestig: hulle was in die eerste plek steeds monnike en nie skolastiese akademici nie. Aan die ander kant het die orde die indruk van opstand en verset teen kerklike gesag geskep. Die prys van hierdie verset was hoog: in stede daarvan om die ekonomiese posisie van die orde te onderbeklemtoon ten gunste van die dinamiese akademiese uitsette daarvan, sou die begrip
Die polemiese inset in die 1330’s van die gerekende dubbel magister in lettere en teologie by Oxford, Richard Fitzralph (ca.1300–1360), in besonder oor die Franciskane en Dominikane (in sy
Die Franciskane se herhaalde uitdagings van die pousdom het hulle met Fitzralph se omvangryke teenkanting ingehaal. Na
Die ander drie ordes, wat nié in alle opsigte die ekstreme ideaal van armoede of die openlike verset teen kerklike gesag van die Franciskane gedeel het nie, is spontaan by hierdie stigmatisering betrek. Dit was dus eers ná die konfrontasie tussen Johannes XXII en die Franciskane dat die verwysing na die Franciskane en die drie ander ordes as
In bostaande oorsig is aangevoer dat die gevestigde toepassing van die begrip
Die skrywer is ook verbonde aan die Sentrum vir die Geskiedenis van Filosofie en Wetenskap (CHPS) aan Radboud Universiteit Nijmegen, Nederland.
Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed in die skryf van hierdie artikel nie.
J.B. was die enigste outeur betrokke by die skryf van die artikel.
Hierdie artikel volg alle etiese standaarde vir navorsing sonder direkte kontak met mens of dier.
Hierdie artikel is befonds deur die Departement Filosofie, Fakulteit Geesteswetenskappe, Universiteit van die Vrystaat.
Datadeling is nie van toepassing op hierdie artikel nie, aangesien geen nuwe data in hierdie studie geskep of ontleed is nie.
Die sienings en menings wat in hierdie artikel uitgedruk word, is dié van die outeur en weerspieël nie noodwendig die amptelike beleid of posisie van enige geaffilieerde agentskap van die outeur nie.
Die ‘Middeleeuse Latynse Weste’ is nie ’n toutologie nie: die ‘Middeleeuse Weste’ moet van die ‘Middeleeuse Ooste’ onderskei word (hoewel eietyds uitdruklik nie
Die tydperk 410 tot 1464, soos breedvoerig elders beredeneer (Beukes
Vir ’n omvangryker bespreking van aanvegting op mediëvalisme vanuit die kritiese ingrepe van mediëvalistiek, sien Beukes (
Prominente begyne vanuit die 13de eeu sluit in Hadewijch van Antwerpen (fl.1240; cf. Beukes
Hierdie opmerking kan as ’n kritiese selfkorreksie gelees word: In ’n onlangse inleidingswerk tot Middeleeuse filosofie in Afrikaans (Beukes
Vir ’n oorsig oor die stadige opkoms van die
Dit was in die 14de eeu in Italië nie ongewoon dat individuele boedels per testamentêre lating volledig aan een of meer van die vier ordes bemaak is nie. Dit het vaste eiendom en ander onroerende bates ingesluit wat deur die ordes na goeddunke aangewend kon word, terwyl roerende bates verkoop is en die opbrengs regstreeks diakonaal aan armlastiges en ander sorgbehoewendes gegee is – die ordes het uitdruklik geen munte geneem of in bewaring gehou nie (cf. Sneider
Kloosters en kloosteronderrig het in aanloop tot die 12de eeu ’n wesenlike rol gespeel in die ontwikkeling van die (oorwegend Benediktynse) monnikewese in die Latynse Weste. Die mees invloedryke van hierdie ontwikkelende kloosterordes was, naas die Benediktynse orde (afgekort O.S.B.) self, die Cluniasensiërs, gestig in 910 deur Willem I (875–918), hertog van Aquitaine; die Cistersensiërs (
Die Franciskane het in 1212 in ’n tweede- en derdefase-ontwikkeling vir nonne voorsiening begin maak (
Dit sluit ondere andere in Alexander van Hales (ca.1185–1245), die eerste Franciskaanse magister in teologie by die Universiteit van Parys, sy leerling Johannes van Rochelle (ca.1190–1245), die eerste Franciskaan wat ’n baccalaureus in teologie aan die Universiteit van Parys verwerf het, Richard Rufus van Cornwall (fl.1231–1256), die vyfde Franciskaanse dosent in teologie by Oxford, Roger Bacon (1214/20–1292), wat in die vroeë 1250’s by die Franciskaanse orde in Oxford aangesluit het nadat hy reeds bekendheid in Parys as dosent in Aristoteliese natuur-filosofie verwerf het, Bonaventura (1217–1274), wat aanvanlik vanaf 1236 lettere in Parys studeer het, in 1242 tot magister in filosofie gepromoveer het en in 1243 by die Franciskaanse orde in Parys aangesluit het, en die latere Johannes Duns Skotus (ca.1266–1308) en Willem van Ockham (ca.1285–1349). Ander prominente Franciskane uit die laat 13de eeu en eerste helfte van die 14de eeu sluit in Arnaldus van Villanova (1238–1311), Richard van Middleton (ca.1249–1302), Vitalis du Four (ca.1260–1327), Petrus Aureolus (1280–1322), Richard Brinkley (fl.1350–1373), Robert van Halifax (ca.1300–ca.1350) en Landulfus Caracciolus (d.1351). Hendrik van Harclay (ca.1270–1317) het teen 1296 gepromoveer tot magister in lettere by Oxford en het vanaf 1312 tot 1317 as kanselier van die universiteit gedien. Hy was aanvanklik’n sekulêre of ongebonde magister, maar is wel, onder invloed van Skotus se interpretasie van die Franciskaanse posisie oor ’n aantal intellektuele kwessies, in 1297 as priester georden (cf. Beukes
Sien Mulchahey (
Waar Alexander van Hales die Franciskane se eerste skolastiese pleitbesorger was, is Roland van Cremona (ca.1178–1259) as die Dominikane se eerste
Albertus se ander uitstaande student Ulrich von Strassburg (ca.1220–1277; cf. Beukes
Sien Aertsen (
Sien Iribarren (
Met sy terugkeer na die vermelde studiereis na Straatsburg in 1324, aanvaar Eckhart die pos as hoof van die beroemde
Sien Sturlese (
Die besondere bydrae van die
Gilius se akademiese opgang is egter gestuit deur die Paryse veroordelings van 1277, toe hy, juis op grond van sy hegte verbintenis met Aquinas, op die lys van sensurabele skolastici geplaas is en van sy magistergraad in teologie gestroop is. Hy het tydens die ondersoek geweier om enige van die Thomistiese standpunte terug te trek wat hy tot in daardie stadium in verwerkte en oorspronklike formaat laat dien het. Op grond van sy gevolglike gespanne verhouding met die kerk, is Gilius versoek om as onderwyser te dien vir die teenpouslike prins van Frankryk Phillip IV (
Jakobus tree tot die orde toe in 1270 en begin sy basisstudie by die orde se
Rimini het self daarna vir meer as ’n dekade as dosent van die orde se
By Gilius, Jakobus van Viterbo en Rimini se skolastiese bydraes tot die ontwikkeling van die Augustynse orde, kan ook gevoeg word Jan van Ruusbroec (1293–1381), die sonderlinge Vlaams-Nederlandse mistikus uit die middel- en latere deel van die 14de eeu en sy kloostergemeenskap by Groenendaal wat onder Augustynse Ordereëls gefunksioneer het (sien Beukes
Reeds vanaf sy voorgraadse studiejare het Fontibus ’n verrassende belangstelling getoon in die werke van die twee Averroïste, Sigerius van Brabant (ca.1240-ca.1282) en Boethius van Dacia (fl.1270–1280) wat in 1277 veroordeel is, asook in Aquinas se lesing van Aristoteles wat, soos aangedui, gedeeltelik in 1277 veroordeel is. Van vroeg af het Fontibus dus op gladde ys beweeg. Dit het egter nie verhoed nie dat hy reeds in 1285, na sy promovering, as
Terrena se oorspronklike werke in teologie bestryk ’n konkordansie van die vier Bybelse evangelies (
In die 13de eeu en selfs nog in die eerste twee dekades van die 14de eeu is oorwegend bloot na monnike vanuit hierdie ordes verwys as ‘broeders’ (
Sien Folger-Fonfara (
Met inbegrip van talle tegniese kerkregtelike oorwegings in die pous se standpunt, kan die beeld van ’n ‘kombuisemmer’ gebruik word om Johannes XXII se kerkregtelike uitgangspunt toeganklik te stel (cf. Robinson
Die wesenlike van die Franciskane se ideaal van korporatiewe armoede kan gevind word in twee passasies in Franciskus se
In 1230, kort na Franciskus se dood, het pous Gregorius IX (Ugolino di Conti, ca.1170–1241, pous vanaf 1227 tot 1241) Franciskus se bedoeling in
Die hoogs oorspronklike Franciskaan Petrus Olivius (ca.1248–1298), wat met ’n stipendium vanaf 1267 tot 1272 onder Bonaventura in Parys studeer het, het insgelyks betoog dat die gebruik van lewensmiddele noodsaaklik is sonder om aanspraak op enige saaklike reg, veral eiendomsreg, te hoef maak – maar selfs
In 1324 publiseer Johannes XXII die bul
Ockham se argument was eenvoudig dat beide Nikolaus III en Johannes XXII die pouslike bulle