This article gives a short reflection on the background and origin of the social-scientific model change agent in relation to change agency, a relationship that causes an alternate state of consciousness for the change agent. Arguing from the seven-point explanation of Malina and Pilch of how a change agent operates, this article applies the model to the letter to the Ephesians. The conclusion is that this social-scientific model is helpful for the recent church to realise how narrow the relation is between Jesus Christ and the church, in view of the future of the church as a future in Christ. A choice is made to find alternate words in the Afrikaans language suitable for the theological debate, namely
Meegaande artikel poog om die begrippe
Ter wille van die Afrikaanse teologiese debat word die Afrikaanse ekwivalente
Hierdie begrippe kom uit die vakgebied van die sosiologie en word in die korporatiewe wêreld soos in die ekonomie en politiek gebruik, veral met betrekking tot die noodsaak van verandering en vernuwing. ‘
Daar is dus ’n verhouding tussen struktuur as die gegewe sosiale patroon wat met verloop van tyd uit gewoonte ontwikkel het en die moontlikheid tot verandering wat deur persone in leiersposisies ontstaan. Vandaar die sosiaal-wetenskaplike model oor die verhouding tussen
In dié verband volg ’n alternatiewe staat van bewussyn as ’n toestand waarin belewenisse, waarnemings, denke en emosies verander. Hierdie soort toestand word volgens Malina en Pilch (
In trance or in any other alternate state of consciousness a person encounters, indeed enters, another level or aspect of reality registered physiologically in the brain in the same way ‘normal’ experiences are. (p. 223)
Pilch (
disrupted the bio-psycho-spiritual unity of human consciousness that had existed until then. … Western culture socializes individuals to develop a metaself, a critical observer who monitors and comments on experience. The metaself does not allow the total absorption in lived experience, which is the very essence of highly focused ASCs (= alternate states of consciousness). The metaself stands in the way of unreflected, unmediated experience which now becomes distanced. (p. 233)
Malina en Pilch (
Van Aarde (
The application of change agency theory to biblical exegesis provides a fresh view. Historical and literary interpretations can be enhanced by this focus on the sociological dynamics of the transmission of the Sache Jesu (cause of Jesus). (p. 2)
Pilch (
In die Nuwe Testament is die
According to the New Testament witness, then, the founder or change agency of Jesus-groups and their ideology is God, the God of Israel. God’s directly authorized change agents, such as John the Baptist, Jesus and Paul, all functioned for the same change agency, the God of Israel. (Pilch
Van Aarde (
Die Griekse woord wat vir apostel gebruik word ‘refers to someone commissioned by someone else for some commission. Commissioning by a person with authority is what constitutes a person as apostle’ (Pilch
Paulus was afgesonder om as geroepe apostel die evangelie te verkondig wat deur die profete in die heilige Skrifte tevore beloof is (Rom 1:2). Hy sien homself as ’n apostel wat deur die gesag van God die Vader en Jesus Christus optree (Gal 1:1). Die oorsprong van sy gesag en opdrag lê dus anders, aangesien dit nie van mense ontvang is nie, want hy het die Here gesien (1 Kor 9:1) en dit maak alles anders.
Paulus reageer op grond van sy belewenis van die teenwoordigheid en opdrag van die God van Israel en Jesus Christus wat Hy uit die dood opgewek is. Hy moes ook persone aktiveer wat ná hom met die nodige entoesiasme en oortuiging sy taak as meningsvormer sou voortsit, gedryf deur God as opdraggewer tot vernuwing en verandering. ‘Their audience was fellow Jesus-group members, that is, Israelites recruited from Israelite groups in majority non-Israelite cities throughout the north-eastern Mediterranean’ (Malina & Pilch
Indien die model van ’n meningsvormer op Paulus, asook op sy medewerkers van toepassing gemaak word, was dit veral die bedoeling van hulle wat sy werk voortgesit het om aan Israeliete wat tussen nie-Israeliete geleef het, die evangelie te verkondig as:
the mystery that the God of Israel was about to bring redemption or restoration of honour to Israel. … Paul was one of those who believed that God’s raising Jesus signalled Israel’s forthcoming redemption. (Malina & Pilch
Sogenaamde Jesus groepe was niemand anders as Israeliete uit Israelitiese groepe wat hulle in Grieks-Romeinse stede bevind het, naas diegene wat uit die nie-Joodse wêreld toegevoeg is. Die fokus in die deutero-Pauliniese briewe is derhalwe nie op ’n ‘Paulus-teologie’ nie, maar op ’n relasie binne ’n groep met die oog op stabiliteit, ’n ‘
Paulus bedien homself uit die aard van die saak nie van meegaande sosiale begrippe nie, maar ervaar sy roeping buitengewoon as ’n roeping deur God wat ’n alternatiewe staat van bewussyn in hom tot gevolg het (Gal 1:1, 12). Dit kom ter sprake in sy ‘hemelreis’ (2 Kor 12:1–7), maar word ook gesuggereer deur sy beskrywing van die opstanding van Jesus (1 Kor 15:5–8). In die sinoptiese evangelies word sodanige geleenthede in Jesus se optrede beskryf (Mark 1:9–11; Mark 1:12–13; Mark 6:45–52; Mark 9:2–10; vgl. ook parallelle by Matteus en Lukas). In die Handelinge van die apostels (vgl. Pilch
’n Meningsvormer kry derhalwe sy opdrag en put motivering uit die verbintenis tussen opdraggewer en meningsvormer wat lei tot ’n ander staat van bewussyn in die uitlewing van ’n roeping, dikwels teen alle verwagting en ervaring in. Dit is van kritieke belang om in gedagte te hou dat in die verhouding tussen ’n meningsvormer en sy opdraggewer, inisiatief volg uit die opdraggewer en sy opdrag. Daarom staan ’n meningsvormer in diens van ’n gróter gesag as die self. Dit geld in die korporatief-sosiale strukture waarin mense (gelowiges) daagliks hulle brood verdien, maar is ook van toepassing op die verhouding tussen die God van Israel en Paulus, Johannes die Doper, en andere.
Malina en Pilch (
There are seven tasks that a change agent must undertake. These tasks are traceable in what Paul mentions of his activities in his letters. The first and last tasks take place in that sequence; the other five take place variously and may be repeated: (1) develop need to change; (2) develop an information exchange relation; (3) diagnose problems; (4) create intent to change; (5) translate intent into action; (6) stabilize and prevent discontinuance; (7) terminate relationship. (p. 235, vgl. 235–238)
Met Malina en Pilch se uiteensetting van die rol van ’n meningsvormer as vertrekpunt, word vervolgens ’n eie toepassing gemaak op die inhoud van die Efesiërbrief. Daar ontstaan ’n verhouding tussen opdraggewer en meningsvormer wat in die lig van die meningsvormer se belewenis van die teenwoordigheid van die opdraggewer, tot ’n alternatiewe staat van bewussyn lei, dit wil sê tot ’n anders-begin-dink met die oog op anders-begin-doen. Dit het in die sosiale interaksie tussen mense eenvoudige, maar belangrike vrae tot gevolg, soos: wie sê so, waaroor gaan dit en waarom moet ek my daaraan steur en wat sou die moontlike gevolg van die vernuwing of koersaanpassing wees? Persoonlike kontak is van wesenlike belang wat in die kerk steeds, selfs in die huidige tydsgewrig, nie as oorbodig beskou moet word nie. Die nodigheid van persoonlike kontak word daargestel deur die noue verhouding wat sosiaal-wetenskaplik tot stand kom tussen opdraggewer en meningsvormer, gedra deur die noodsaak van verandering wat om vernuwing van gesindheid en handeling vra.
Heel aan die begin van die Efesiërbrief word Paulus se naam genoem, waarmee die indruk geskep word dat hy die outeur is wat ’n brief skryf aan die heiliges, die gelowiges in Christus Jesus wat in Efese woon (Ef 1:1). Hy noem homself ’n apostel waarmee hy aandui dat hy deur Christus geroep en ten volle gemagtig is deur die wil van God om met hulle in gesprek te tree (O’Brien
Die skrywer verseker die ontvangers daarom dat hy ’n apostel van Christus Jesus is deur die wil van God (Gal 1:12). Hoe hy ’n apostel geword het (Hand 9:1–18) kan as rede vir sy ander staat van bewussyn (
Such states are characterized by changes in sensing, perceiving, thinking, and feeling. … the experience modifies the relation of the individual to the self, body, sense of identity, and the environment of time, space, or other people. (Malina & Pilch
Die skrywer stel sy opdraggewer aan die lesers bekend in die uitgebreide seën of
Een van die mees direkte voorstellings van God se dade en wie Hy is, word in die
Die betrokke inleidende seënbede in die brief handel enersyds oor God se handelinge voor die skepping (Ef 1:4–6a), gevolg deur God se seëninge in die verloop daarna (Ef 1:6b–10). Inderdaad is God lofwaardig (εὐλογητός) (Ef 1:3) (vgl. Schlier
God het dit deur Christus gedoen ‘toe Hy Hom uit die dode opgewek en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemel’, (ἣν ἐνήργηκεν ἐν τῷ Χριστῷ ἐγείρας αὐτὸν ἐκ νεκρῶν, καὶ καθίσας ἐν δεξιᾷ αὐτοῦ ἐν τοῖς ἐπουρανίοις) (Ef 1:20). Dit alles het betekenis, nie net vir diegene wat gelowig reageer nie, maar vir almal. Die hoofskap van Christus is nie net oor die kerk nie, maar kosmologies en omvattend van aard, ook oor die ganse wêreld (Ef 1:22): ‘
Efesiërs 1:3–14 is ’n opsomming van God se menigvuldige wysheid:
commencing with his predestinating wisdom in choosing Jews and Gentiles in Christ from before the foundation of the world (v. 4) up to the final redemption of those who are his possession (v. 14). (O’Brien
Die fondament waarop dit alles berus is die apostels en profete met Christus Jesus self as hoeksteen. Die nuwe bedeling word op besondere vlak beskryf as ’n heilige tempel vir die Here waarin die lesers ook saam opgebou word tot ’n woonplek van God deur die Gees (Ef 2:19–22).
Die lesers was dood deur hulle oortredinge (καὶ ὄντας ἡμᾶς νεκροὺς τοῖς παραπτώμασιν) (Julle was dood deur die oortredinge …) (Ef 2:1) maar is deur God wat ryk is in barmhartigheid, lewend gemaak in Christus. Die eerste gedeelte (vv. 1–10) verwoord die lesers se verlede as ’n bestaan gekenmerk deur dood, sonde en uitgelewer wees aan bose magte, die gees wat werksaam is onder kinders van die ongehoorsaamheid. Christus se dood en opstanding was ’n omvattende keerpunt van die toestand waarin hulle verkeer het:
If Christ’s resurrection introduced the life of the age to come ahead of time, then one’s state prior to participation in that resurrection life must, comparatively speaking, be viewed as death. (Lincoln
Hulle was geestelik dood (Ef 2:1–3) maar op grond van sy liefde het Hy uit genade hulle nie net opgewek nie, maar verhoog as ’n saam laat sit in die hemel (O’Brien
Uit die staat van doodsheid is hulle gered. Meer nog: nie net lewend gemaak nie, maar opgewek, maar nóg meer, saam laat sit in die hemel (καὶ συνήγειρεν καὶ συνεκάθισεν ἐν τοῖς ἐπουρανίοις ἐν Χριστῷ Ἰησοῦ) [Hy het ons in Christus Jesus saam opgewek en saam laat sit in die hemel] (Ef 2:6). Die nuwe verhouding is ook nie net tussen Jode en nie-Jode nie, maar tussen Christus en gelowiges: ‘
Hulle is nou medeburgers van die heiliges en die huisgesin van God. (ἄρα οὖν οὐκέτι ἐστὲ ξένοι καὶ πάροικοι, ἀλλὰ ἐστὲ συμπολῖται τῶν ἁγίων καὶ οἰκεῖοι τοῦ θεοῦ) [So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar julle is medeburgers van die heiliges, en die huisgesin van God] (Ef 2:19). Dit is tekenend van die nuwe verhouding wat ontstaan het. Nie-Jode het medeburgers geword met die heiliges. Met heiliges word waarskynlik Christene bedoel wat die resultaat is van die skeiding tussen Jode en nie-Jode wat in Christus nie meer bestaan nie (Arnold
The reliance on tradition is not only an important feature of Ephesians, it also reveals something about the social setting of the community’ want die lesers is waarskynlik ’n derde geslag gemeenskap wat terugkyk op vroeër tye ‘to recall its formative moments. (MacDonald
Verandering is nodig en dui op verlossing uit die vroeëre beperkte bestaan in afsondering van ander wat anders was en wat onder druk was om deur die wet tot lewe te kom (Ef 2:15). In die lig van die gestelde aanloop in hoofstuk 1 word in Efesiërs 2:8–10 beklemtoon dat ‘
Dit is ’n geheimenis (μυστήριον) wat deur openbaring aan die skrywer (meningsvormer) bekend gemaak en aan die ontvangers meegedeel word (Ef 3:3). Die woord kom ses keer in die brief voor en dui op iets wat tevore nog nie bekend was nie maar nou deur openbaring bekend geraak het (Hagner
God has revealed a new and definitive stage in his eternal plan that involves creating a people for himself consisting of Jews and Gentiles united to Christ and joined to one another. All who have faith in Jesus Christ become a part of this new community and have direct and immediate access to the Father. (Arnold
Geregtigheid is deur geloof en nie deur werke nie en herinner aan die tipies Pauliniese uitgangspunt soos verwoord in die briewe aan die Romeine (1:17) en Galasiërs (3:11) (Hagner
Die Joodse eksklusivistiese godsdienssiening het in onbruik verval. Bloot uiterlik beskou, het die teken wat met hande verrig word, wesenlike verskil gemaak tussen Jode en nie-Jode, want hulle is heidene genoem, uitgesluit en derhalwe sonder Christus en sonder hoop. (ποτὲ ὑμεῖς τὰ ἔθνη ἐν σαρκί, οἱ λεγόμενοι ἀκροβυστία ὑπὸ τῆς λεγομένης περιτομῆς ἐν σαρκὶ χειροποιήτου) [dat julle destyds volgens julle sondige aard heidene was. Julle word onbesnedenes genoem deur diegene wat besnedenes genoem word, al is dit bloot liggaamlik deur hande verrig] (Ef 2:11).
Die besnydenis was sprekend van ’n Joodse identiteit in die Grieks-Romeinse wêreld en verwoord ook ’n bepaalde spanning tussen sosiale groepe:
The alienation once experienced by Gentiles involved being labelled as outsiders by Jews (or perhaps by Jewish believers who were opposed to Paul’s view on Gentiles and the Jewish Law). (MacDonald
Dit is verder opvallend dat die uitdaging vir nie-Jode nie was om Jode te word en derhalwe ook besny te word nie, maar om deel te word van die kerk waar die onderskeid nie meer saamval met besny al dan nie, met Jood of nie-Jood, nie omdat ‘…
Lincoln wys daarop dat die herinnering aan wat hulle in die verlede was as gevolg van die rigiede onderskeiding wat deur die besnydenis teweeggebring is wat met hande verrig is, bedoel om groter dankbaarheid tot gevolg te hê en te beklemtoon wat God vir hulle gedoen het: ‘
Die skrywer roep derhalwe sy lesers op om as geliefde kinders navolgers van God te wees (γίνεσθε οὖν μιμηταὶ τοῦ Θεοῦ, ὡς τέκνα ἀγαπητά,) [As geliefde kinders moet julle navolgers van God wees] (Ef 5:1a):
Therefore, it suggests an imitation of a good role model. Only in this context Paul enjoins the believers to become imitators of God. The genitive is an objective genitive. They are to become imitators of the God who in 4:32 dealt graciously in Christ by likewise acting graciously. (Hoehner
Verandering is nie net te verwagte nie maar, op grond van die nuwe identiteit in Christus, noodsaaklik (Arnold
Die verwysing na geliefde kinders is betekenisvol as aanduiding van die verandering van gelowiges wat kinders van God geword het en herinner aan die voorbestemming wat reeds in die eerste hoofstuk gestel is (προορίσας ἡμᾶς εἰς υἱοθεσίαν διὰ Ἰησοῦ Χριστοῦ εἰς αὐτόν) [voorbestem om deur Jesus Christus as kinders vir Hom aangeneem te word] (Ef 1:5). Die oproep tot navolging (γίνεσθε οὖν μιμηταὶ) en die oproep
Paul has taken his audience from the futility, darkness, estrangement, ignorance, hard-heartedness, and despair of Gentile life apart from Christ (4:17–19) to a life of kindness, compassion, forgiveness, and love in Christ (4:32–5:2). (Thielman
Dit is die enigste direkte oproep in die Nuwe Testament om navolgers van Christus te wees, hoewel die suggestie tot navolging reeds in die Ou Testament voorkom (Eks 13:21–22; Num 14:24; Deut 1:30–33; Jes 40:3–5). Gelowiges word in die egte Paulus briewe navolgers van Christus (1 Tes 1:6; 1 Kor 11:1), asook van apostels genoem (2 Tes 3:7, 9; 1 Kor 4:16, 11:1) (MacDonald
Dit is die uitdaging, naamlik om die nuwe lewenswyse te handhaaf ten spyte van dwaalleraars (vgl. Kol 2:8). Die Jesus-volgelinge word nuwe mense, aangetrek in geregtigheid en ware heiligheid, geskep na die beeld van God (Ef 4:24). Die mate waarin die nuwe lewenswyse in gelowiges se lewe gevestig raak, is direk eweredig aan die vermoë om weerstand te bied teen die listighede van die duiwel as ’n stryd - nie teen vlees en bloed nie – maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van hierdie duisternis, teen die bose geeste in die hemelruim (Ef 6:12).
Gebruikmaking van die metafoor van die militêre uniform veronderstel stryd selfs vir gelowiges wat tot die nuwe lewenswyse oortuig is. Efesiërs 6:10–20 suggereer hoe gelowiges kan oorleef teen bose magte. In Efesiërs word die huidige stand van die nuwe gemeenskap in Christus beskryf as die resultaat van ’n kosmiese stryd (
’n Romeinse soldaat het sy helm van ’n dienskneg ontvang:
who usually placed the helmet on the soldier’s head and handed him his sword (a short weapon used in close combat) … Salvation and the word of God are what God gives and the believer receives.
Oorlewing setel in volharding as ’n weerstand teen bose magte en onbeskaamde vertroue op God, in Jesus Christus wat oorwinnaar is in die stryd, en ruimte aan gelowiges bied om teen alle verwagting in met grasie te oorleef. Dit is nie inherent aan gelowiges nie, maar kom van buite as ’n vertroosting in Christus waaroor niemand hoef te twyfel nie, ook in die getuienis na buite: ‘
Die bedoeling sou dus wees om navolgers te skep wat soos die oorspronklike meningsvormer, selfstandig kan voortgaan. Die brief sluit af met vermelding van Tigikus, die geliefde broer en getroue dienskneg van die Here (Τυχικὸς ὁ ἀγαπητὸς ἀδελφὸς καὶ πιστὸς διάκονος ἐν Κυρίῳ) (Tigikus, die geliefde broer en getroue dienskneg van die Here) (Ef 6:21). Geliefde broeder en getroue dienskneg is omskrywings wat dui op ’n persoon wat aan iemand behoort. Die woord
Indien die mening van die oorwig navorsers korrek is dat Efesiërs tot die deutero-Pauliniese briewe gereken kan word, vorm die bestaan van die brief ’n beduidende argument vir die uiteindelike doelwit van ’n meningsvormer soos deur Malina en Pilch in die vooruitsig gestel word. ‘The end goal for any change agent is development of self-renewing behaviour on the part of his clients’
Die skrywer is begaan oor sy lesers (Ef 3:13), soos blyk uit sy gebed (Ef 3:14–21), as intrede by die Vader (Τούτου χάριν κάμπτω τὰ γόνατά μου πρὸς τὸν Πατέρα (Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader) (Ef 3:14). Die lesers word onder die indruk gebring dat die skrywer in verdrukking verkeer ter wille van hulle (Ef 3:13). Hy bid egter vir hulle om van God te ontvang na die maat van die rykdom van sy heerlikheid (Ef 3:16–19). Die Jesus-volgelinge aan wie die brief gerig is, word onder die indruk gebring van die gesindheid en bedoeling van die skrywer met die oog op vernuwing en bestendiging van ’n nuwe identiteit van die lesers wat hulle ook onder verpligting plaas om na die norme van hulle nuwe lewe te leef. Die lesers moet weet dat hulle in liefde gewortel en gegrond en in staat is om die omvang van die liefde van Christus te ken (Ef 3:17–19) (Carson & Moo
Derhalwe gaan dit oor wat die gevolg is vir die ontvangers van die vernuwende bedeling wat deur die meningsvormer voorgestel word en alles te make het met sy opdraggewer en die boodskap wat sodoende tot die ontvangers gerig word. Die vraag is dus: wat het God gedoen toe Jesus gesterf het en wat beteken hierdie gebeurtenis in die verlede vir die hede, vir die lewe van die ontvangers? (Malina & Pilch
Die appèl tot verandering vir die lesers van die brief geld tydloos en word omvou deur God in Christus, selfs reeds voor die skepping (vgl. Ef 1:4), voortgesit deur sy heerskappy oor alle magte en owerhede, om in die kerk te fokus as die uiterlike verskyning van God se werk as roepende en bemoedigende getuienis vir gelowiges van alle tye (ἵνα γνωρισθῇ νῦν ταῖς ἀρχαῖς καὶ ταῖς ἐξουσίαις ἐν τοῖς ἐπουρανίοις διὰ τῆς ἐκκλησίας ἡ πολυποίκιλος σοφία τοῦ Θεοῦ,) (Gevolglik kan die ryklik geskakeerde wysheid van God nou deur die kerk aan die owerhede en die magte in die hemel bekend gemaak word) (Ef 3:10). In dié uitspraak word die inhoud en bedoeling van die prediking beklemtoon (3:8, 9) ‘which together spell out the content of his missionary task’ (O’Brien
Die sosiale model van ’n meningsvormer wat in ’n alternatiewe staat van bewussyn sy opdrag van ’n opdraggewer uitvoer met die oog op vernuwing vind ’n bruikbare toepassing op die Efesiërbrief. Soos daar uit die toepassing van die resultate van die sosiaal-wetenskaplike insigte op die eksegese bruikbare insigte na vore gekom het, so blyk ook hier dat die sosiale agtergronde wat deel van mense se lewe vorm, nie net in die Bybelse verlede nie, maar ook eietyds ’n bydrae lewer. Eenvoudig gestel leef die meeste mense daagliks in ’n werkgewer-werknemer situasie waar laasgenoemde die opdrag het om eersgenoemde tevrede te stel en uiting te gee aan die gesagstruktuur wat sosiaal daardeur verwoord word.
Dieselfde geld vir die verhouding tussen opdraggewer en meningsvormer (
Die meningsvormer moet deur sy inspraak en motivering die ontvangers motiveer om die voorneme te ontwikkel om te verander, ‘
Die sosiale verskynsel wat as vanselfsprekend aanvaar word dat mense hegte sosiale bande smee en daardeur gebind word – soms ’n lewe lank – plaas die suggestie op die tafel dat as dit horisontaal vanselfsprekend is, dit ook implikasies het vir die vertikale band waarin mense leef. Dié dimensionele siening van die wesenlike verbande waarin mense lewe, het ook ’n Bybelse toepassing wat in die vraag van die wetsgeleerde deur Jesus beantwoord is (Matt 22:35–40). Sosiale konvensie plaas die appèl ter tafel tot bewussyn van die intense verhouding tussen Jesus en gelowiges, tussen kerk en gelowiges; derhalwe tot volvoering en uitlewing van die ruimte geskep deur ‘Opdraggewer’ en meningsvormer.
Die kosmologiese siening van Jesus se heerskappy oor die totale kosmos en derhalwe ook oor die kerk wat in die Efesiërbrief gevind word, is ’n insig van die skrywer (meningsvormer) wat moeilik uitgeput word en sprekend is van kerklike essensie. Dit bring inderdaad die insig mee dat in die einde, die begin lê (Moltmann
Die outeur verklaar hiermee dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig of voordelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.
Die outeursvraagstuk word met rus gelaat aangesien ’n keuse, of nie, vir Paulus geen wesenlike invloed op die onderhawige tema het nie, aangesien iemand aan die woord is wat ’n belangrike saak aan sy lesers stel tot hulle beswil.
Naas die outeursvraagstuk word ook nie aandag gegee nie aan die plekaanduiding wat in sommige manuskripte ontbreek en wat die vermoede laat ontstaan het dat die brief waarskynlik as ’n omsendskrywe bedoel was (Collins
Alle vertalings in meegaande artikel geneem uit die