This article discusses the meaning of ecclesiology and church polity as such, in relation to each other, but also in connection to church order which lies in the elongation of both. From a reformed perspective, it is indicated that the ecclesiology of the
Daar is geen twyfel en geen debat oor die vraag of die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika ’n kerk is wat die sestiende-eeuse Reformasie as oorsprong het, en derhalwe steeds erns maak met een van die mees wesenlike erfstukke uit dié tradisie, naamlik
Meegaande bydrae wil aandui hoe die Hervormde Kerk oor jare omgegaan het met ekklesiologie en kerkreg, gesien binne die Bybels-teologiese vertrekpunt en eie tradisie wat uit die Reformasie spruit. Eenvoudig gestel is ’n kerk uit Reformatoriese tradisie niks anders nie as kerk van die Woord. Die vraag ontstaan dus hoedanig die ekklesiologie van die Hervormde Kerk daar uitgesien, of moes uitgesien het, en hoe dit kerkregtelik in kerkordes (kerkwette) neerslag gevind het.
Ekklesiologie was nie aanvanklik deel van die sistematiese teologie nie en wat die Reformasie betref was dit eers Philippus Melanchton wat in sy latere uitgawe van sy
A missional church is a church that defines itself, and organizes its life around its real purpose as an agent of God’s mission to the world. In other words, the church’s true and authentic organizing principle is mission … The mission of God flows directly through every believer and every community of faith that adheres to Jesus. (Hirsch & Catchim
Dié benadering het veral ter sprake gekom na ’n groep missioloë se publikasie in Noord Amerika in 1988 ‘
Dit is egter opvallend dat die missionale debat ook ’n Skriftuurlike debat is soos in die volgende uitspraak gestel word:
To the question of authority the first answer is, as we have seen, ‘in the name of Jesus’. It is by this name that Paul introduces himself in his letters: he is a messenger sent by Jesus, called and sent by one greater than himself. There is no authority beyond that to which he can appeal. (Newbigin
Miskien hang dit saam met die betekenis-onderskeid wat geheg word aan
Ekklesiologie het ’n Skriftuurlike basis en ’n debat oor die ekklesiologie kan nie anders as om die Skrif as Woord van God te raadpleeg met die oog op die goeie gang van die kerk in die hedendaagse praktyk nie. Dit is derhalwe belangrik om ook in die huidige kerklik-ekklesiologiese debat waar missionaal sterk beklemtoon word as ’n alles of niks uitgangspunt soos gestel is, die Christologiese fundering ernstig te neem. In dié verband bly die uitgangspunte van Calvyn, Barth, Moltmann en Küng bruikbaar ook vir hedendaagse kerk-wees aangesien hulle eintlik met ’n Christologiese-ekklesiologie werk wat ’n besondere stimulans aan missionaal verleen.
Diversiteit in veral die Nuwe Testament oor die kerk beteken dat verskillende fasette en beelde van kerk-wees gevind word. Die feit word deur Kärkkäinen (
Daarom val dit nie vreemd op nie dat die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika ook oor die ekklesiologie nagedink het en oor jare ’n bepaalde ekklesiologie nageleef het in die lig van sy eie standpunt om Kerk van die Woord te wees.
Breed gesien sou gestel kan word dat die Kerkreg die teologiese vakgebied is wat besig bly met die bestudering van die kerklike reg as sodanig soos geformuleer in die eie kerklike orde en uit die aard van die saak ook kerkordes van die verlede in die eie, asook ander kerklike tradisies. Die vertrekpunte in die vakgebied is belangrik en indien van die standpunt uitgegaan word dat die kerk bloot ’n sosiaal-menslike vereniging is, sal ander insigte na vore kom as die kerkregtelike uitgangspunt wat die kerk sien as van God, waarvan Jesus Christus die Hoof is en die Gees as waarborg funksioneer van die erfdeel van gelowiges (Ef 1:14, 22–23; vgl. Heidelbergse Kategismus, vraag en antwoord 54, Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika [NHKA]
Kerkreg besin dus voortdurend oor sy bronne, sy norme waarvolgens en metode aan die hand waarvan gedink en gehandel moet word. Die feit dat die Skrif as Woord van God en norm vir die kerklike reg as die primêre bron van die kerkreg beskou word, loop daarop uit dat die arbeid van die kerkreg soos geformuleer in die kerkorde, nooit ’n afgehandelde saak is nie. Dit veral gesien in die lig van die feit dat die Kerk ’n belydende kerk is en die vraag na Skriftuurlike gronde altyd aan die orde is en dus onafgehandel bly.
In die lig daarvan kan die kerklike reg tipeer word as dié deel van die teologiese wetenskap wat besig bly met die
Anders gestel: vanweë die Skriftuurlike bepaaldheid van die kerkreg kom die vraag na vore of kerkreg
‘Von der Antwort wird die Stellung der Kirche zum Recht, insbesondere ihre Auffassung des Kirchenrechts sowie ihr rechtliches Handeln entscheidend bestimmt’. Dit is gepas om ’n kerkorde nie sonder meer as ius divinum te tipeer nie want die moment wanneer op grond van die Skrif ’n bepaalde formulering soos in ’n kerkorde gemaak is, is dit ius humanum wat as sodanig hanteer moet word en die tekens van menslike onvermoë reflekteer (Van ‘t Spijker
Goddelijk recht is recht van Christus. Christus oefent dit recht uit door zijn Geest in de gemeente. Goddelijk recht is dus geestelijk gemeenterecht, waarbij de opbouw van de gemeente het doel is (Van ‘t Spijker
Barth (
Uit nadere geledere is gestel dat kerkreg ‘die reëls [
Beklemtoning van die Skrif as primêre bron vir die kerkorde impliseer nie ’n pasklaar kerkorde nie, maar beteken ook nie dat ’n kerkorde as resultaat van Skriftuurlike ondersoek, nie as ’n Skriftuurlike kerkorde tipeer kan word nie. Daarom het Van Ruler (
Die Skrif as primêre bron vir die kerkreg en kerkorde waaroor daar in die Reformatoriese tradisie nie twyfel oor bestaan nie, lewer ’n kritieke bydrae vir die formulering van ’n kerkorde. Die resultate waartoe die ekklesiologie gekom het kan kerkordelik as ’n kerkbegrip tipeer word en werk bepalend mee aan ’n kerkorde soos geformuleer op ’n gegewe moment.
Die volgende mening is bruikbaar in diens van die waardering van wat kerkreg en kerkorde veronderstel is om te wees:
De kerkorde is niet in de eerste plaats een juridische document, maar geeft regelingen voor het leven en werken van de kerk om het mogelijk te maken aan haar roeping te beantwoorden. De kerkorde is daarom (ook) sterk theologisch bepaald. (Van den Heuvel
In die verband is die Dingemans (
Een kerkorde is immers iets anders dan het reglement van een vereniging. Een kerkorde is expressie van wat de kerk is: een door Christus bijeenvergaarde en bijeengehouden werkelijkheid. … De orde representeert de orde van Christus in de conditie van de aardse bedeling: niet in de gestalte van de heerlijkheid, maar in de gestalte van het kruis. (bl. 224)
Ten diepste het die kerkreg dus ’n geestelike doel: ‘
Koffeman (
Die tweede geblokkeerde weg is om kerkreg uitsluitlik as die geykte teologie van ’n bepaalde gemeenskap uit die verlede te sien wat as ’n kerk-juridiese konfessionalisme bestempel kan word. Dit kom daarop neer dat bepaalde kerkordelike maatreëls uit die verlede sonder meer aanvaar word sonder die nodige krities-teologiese besinning. Dat in ’n bepaalde kerkregtelike tradisie verkeer word en daarin geleef word is bruikbaar maar kan nie gebruik word om die krities-teologiese eiegoed te blokkeer nie.
As voorbeeld van laasgenoemde kan nie kritiekloos en ongekwalifiseerd net na Calvyn (of Dordt 1618–19) verwys word as ’n belangrike rolspeler in die Reformatories-kerkregtelike tradisie nie, sodoende word die situasie in sy verlede sonder mee rnormatief gemaak vir die hede. Die kritiese uitspraak van Koffeman is bruikbaar wanneer hy daarop wys dat kerkreg veranker is in ekklesiologie, maar dat ook in gedagte gehou moet word dat nie alle kerkordelike formuleringe met dieselfde gewig vanuit die ekklesiologie afgelei word nie. Haitjema (
In die lig van die noue relasie tussen ekklesiologie en (kerkreg) kerkorde sou ’n afwesigheid van volgehoue krities-kerkregtelike denke daarop neerkom dat kerkordelike maatreëls soos dit eenmaal tot stand gekom het finaal is, wat krities beskou ’n bepaalde
Oberholzer (
Die ekklesiologiese vormgewing van die Hervormde Kerk oor die laaste vyftig, ja selfs honderd jaar kan sekerlik nie losgemaak word van die situasie waarin die Kerk hom bevind het nie. Oberholzer (
Van Wyk (
Dit sou ook beweer kon word dat wanneer oorkoepelend na die ekklesiologie van die Hervormde Kerk gekyk word, veral twee uitgangspunte na vore kom. Die een is dat die Hervormde Kerk homself as ’n volkskerk gesien het en daarmee saam in sy Kerkorde (kerkwet)
Rasseverskille en die spanning wat daarmee gepaard gaan, het bly vassteek en speel ’n rol in die verdere kerkordelike gang. In die Kerkwet, soos vasgestel deur die Algemene Kerkvergadering van 1937, word die verhouding tussen rasse soos volg verwoord: ‘Die Kerk gaan uit van die beginsel van onderskeid tussen blankes en nie-blankes en erken geen gelykstelling tussen blank en nie-blank nie’ (Artikel 5). Lidmaatskap word beperk tot blanke persone wat in die Kerk gedoop is, belydenis afgelê het of van ander kerke afkomstig is (Artikel 2) (NHKA
Die Kerk het in die jare vyftig ’n nuwe Kerkwet in gebruik geneem wat geskoei was op die nuwe Kerkorde van die Nederlandse Hervormde Kerk wat op 01 Mei 1951 in gebruik geneem is (Bronkhorst
Die Kerk bewus van die gevare wat vermenging van blank en nie-blank vir altwee groepe inhou, wil geen gelykstelling in sy midde toelaat nie, maar beoog die stigting van eie volkskerke onder verskillende volksgroepe, in die oortuiging dat aldus die bevel van die Here – ‘Maak dissipels van al die nasies’ Matteus 28:19, die beste tot sy reg sal kom en dat die eenheid in Christus deur so ’n werkverdeling nie geskaad sal word nie. Tot die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika behoort daarom slegs blanke persone. (NHKA
Artikel III verskyn steeds in die Kerkwet van 1993 (NHKA
Die druk op die Kerk met betrekking tot sy ekklesiologie het met verloop van tyd toegeneem en die ingrypende politieke verandering van 1994 het die handhawing van ’n rasmatige bepaling in die Kerkorde onhoudbaar gemaak. Behalwe vir die politieke veranderinge was dit problematies om na Matteus 28:19 te verwys as Bybels-ekklesiologiese motivering om kerk te wees waar lidmaatskap óók op grond van ras bepaal word. Sonder om op volledigheid aanspraak te maak word die Kerk se ongemak met veral Artikel III verraai deur intense debatte tydens Algemene Kerkvergaderings, maar ook deur die aantal studiestukke deur individue en kommissies wat die resultaat is van jarelange debat in die verband soos deur Van Wyk (
Die kerk wil weer eens beklemtoon dat dit vir hom in die onderhawige saak nie slegs om ’n tussentydse reëling gaan nie, maar om ’n blywende en
Die oortuiging van die Kerk blyk verder onder andere uit die besluit van die Algemene Kerkvergadering van 1961 dat uit ‘geslagtelange ervaring met die kleursituasie in Afrika’ vermenging, ‘veral op die terrein van die kerk, onberekenbare skade doen aan die verkondiging van die evangelie van Gods koninkryk’ (Van Wyk
Wanneer na die inhoudsopgawe van die bundel
Van Eck (
In die lig van die Kerk as volkskerk en daarmee saam die handhawing van Artikel III het die Kerk probeer erns maak met sy sendingopdrag. Die eerste sending kommissie is reeds in 1928 gekies met dr H.C.M. Fourie as voorsitter en ds. S. Vermooten as sekretaris (Van Wyk
Die Kerk het egter oortuig gebly dat ’n beleid van gelyke en afsonderlike geleenthede vir elke volk en volksgroep steeds die beste is vir die situasie in Suid-Afrika. Die Kerk het in ’n getuienis van die Kommissie (1977) beklemtoon dat daar geen ruimte is vir optrede wat ’n medemens leed berokken nie, die gelykheid van alle mense voor God aanvaar en meerderwaardigheid van die een teenoor die ander verwerp. Die Kerk het verder die ontugwet en die verbod op gemengde huwelike gesien as noodsaaklike maatreëls vir die beskerming van die identiteite van die onderskeie volkere en volksgroepe en het daarom ook gesamentlike aanbidding nie as ’n verstandige wyse beskou om die evangelie aan alle mense te verkondig nie (Van Wyk
Die verdediging van die volkskerk, soos opnuut verwoord in die Herderlike skrywe van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (1990), dui op die spanning wat die handhawing van dié standpunt geskep en daarop uitgeloop het dat die Kerk die siening voortdurend moes verdedig en uitlê (NHKA
Tog het die Kerk homself as volkskerk ernstig gepropageer soos blyk, naas die kerkordelike formulering tot 2016, ook verwoord is in ten minste twee publikasies wat onderskeidelik in 1973 en 1989 verskyn het (Botha
Dalk is die reaksie (vgl. Pont
In verband met die teologiese eienaardigheid van die teologie van die Kerk wys Oberholzer (
In ’n meer resente weergawe van die dilemma waarin die Kerk oor jare beland het, word gestel dat ‘die sinonieme tussen “Afrikaner”, “volk” en “blank” wat hier gebruik word, vra dat die gedagte van ’n “volkskerk” eweseer as ’n “raskerk” verstaan sal word’ (Wolff
Dit is derhalwe nie vergesog om te beweer dat die ekklesiologie wat in die Hervormde Kerk ter sprake gekom het, sterk bepaal is deur die Kerk as volkskerk, saam met Artikel III wat ook in die Kerk se apostolaat ingedra is ten minste tot 1997 (vgl. Kerkwet 1993: Bepaling 47; NHKA 1993:34).
Die siening oor die volkskerk soos verwoord in die Nederlandse Hervormde Kerk was tydens die Doleansie (1886) in die brandpunt wat deur iemand soos Kuyper (1837–1920) onder kritiek geplaas is teenoor Hoedemaker (1839–1910) wat die Nederlandse Hervormde Kerk as volkskerk verdedig het. Die Nederlandse situasie met ’n homogene bevolking was heel anders as in Suid-Afrika met sy volkere verskeidenheid en die kritiese vraag kan gestel word of, bewus of onbewus, die volkskerk siening nie handig te pas gekom het nie in diens van afsonderlikheid, teen die agtergrond van die politieke stelsel van apartheid, of afsonderlike ontwikkeling.
Van de Beek (
Het grote visioen is dan ook ‘een gedoopte nasie’. … Integendeel, het gaat om het leven uit de doop. ‘Leer Nederland zijn doop verstaan en land en volk zijn gered’. In dezezinligt de kerngedachte van de volkskerk-idee. … Het gaat erom, dat mensen opgenomen worden in de lijn van het verbond, dat God met ons gesloten heeft. (bl. 78)
Die debat van die eie Kerk het dit ook so gesien, naamlik dat die kerk van die Here en derhalwe ook die volkskerk, op twee grondpilare rus naamlik, verkiesing en genadeverbond. Die verbond vorm die grondslag van die kerk en die rede waarom gelowiges tot die kerk toetree omdat God hulle voor die skepping van die wêreld uitgekies het (Ef 1:4). ‘Die grondslag van die kerk is vir die volkskerk die genadeverbond waardeur God uit vrye genade op grond van die kruisoffer van Christus Hom aan die mens verbind en die mens aan Hom’ (Van Zyl
Die Nederlandse Hervormde Kerk (Nederlandse Hervormde Kerk [NHK]
Debat oor volkskerk en Artikel III, soos verwoord in die kerklike verlede, is ’n debat waarin steeds verskillende stemme gehoor word. Tydens die pas afgelope Algemene Kerkvergadering (NHKA
Al die hoogdrawende uiteensettings oor wat die volkskerk is, word vals wanneer daar mense in die kerk is vir wie dit gewoon ’n rassebepaling is. En net so is Ordereël 4 vals wanneer daar mense in die kerk is wat dit verstaan as rassebepaling. (bl. 6)
Debat oor die aangeleentheid is in die verlede, maar ook in die hede nie altyd goed ontvang nie (vgl. Van Wyk
Krities beskou is dit voor die hand liggend om wanneer ’n begrip soos volkskerk soveel spanning en misverstand veroorsaak, die woord te skrap. Die voortbestaan van die Hervormde Kerk hang nie af van die handhawing van volkskerk in die Kerkorde, al dan nie. Die goeie intensies wat die Kerk jare lank daarmee wou verwoord, soos om die evangelie aan alle mense te bring en binne die ruimte waarbinne die Kerk kerk moet wees die evangelie te verkondig, kan ongesteurd voortgaan want dit hang nie daarmee saam of die Kerk homself as ’n volkskerk tipeer nie. Die voortbestaan van die Kerk is nie afhanklik van ’n volkskerklike siening nie, want die Kerk sien homself as kerk van die Woord. Dit is ’n besonder wesenlike uitgangspunt wat nie onderhandelbaar is nie en oor al die stryd en verlamming van die verlede die laaste woord nahou. Kerk van die Woord kan nie anders nie as om telkemale reg van vooraf te besin oor die draagkrag daarvan. Dit is eenvoudig. Wees maar net kerk van die Woord, sonder ’n nadere byvoeglike bepaling.
Uiteindelik het die Kerk dan die punt bereik waar Artikel III én volkskerk uit die kerkordelike bestel van die Hervormde Kerk geskrap is. Artikel III is verwyder toe die destydse Kerkwet (1993) deur die Kerkorde vervang is (Kerkorde 1997), en volkskerk met die aanvaarding van die hersiene Kerkorde tydens die een en sewentigste Algemene Kerkvergadering (vgl. NHKA
Daarom is die Kerk eintlik daar waar Oberholzer (
Die verbondsmatige inslag wat wesenlike teologiese sin aan kerk én volkskerk gegee het, is positief en dien om behoue te bly en spreek mee tot ekklesiologiese singewing. Barth (
Dass er dieser Gott in der tat ist, das ist Gnade, das hat der Mensch nicht verdient, das kann ihm nur geschenkt sein’ … Es war im Anfang die Wahl des Vaters, diesen Bund mit dem Menschen darin wahr zu machen, dass er seinen Sohn für ihn dahingab, um selbst Mensch zu werden zum Vollzug seiner gnade. … Er war die Wahl des Bundes Gottes mit dem Menschen. (bl. 108–109)
Dit hang nou saam met die klem wat in die Efesiërbrief kosmologies gesien word wanneer alles ondergeskik gestel is aan Jesus Christus en Hý derhalwe as Hoof bo alles, ook Hoof van die kerk wat Sy liggaam is, gegee is (Ef 1:22–23). Die oorsprong van die kerk lê buite die kerk, objektief van aard in die raad van God soos verwoord in Christus. Die feit dat die PKN die woord (volkskerk) onbruikbaar gevind het dien rigtinggewend ook vir die Hervormde Kerk en daarom was dit ekklesiologies bruikbaar om die begrip te skrap.
Ekklesiologie en kerkreg, wat daarvan? Beide het in gemeen met mekaar dat albei slegs vir die kerk bruikbaar is in die mate waarin Skriftuurliker elevansie blyk. Kerkreg het die verdere funksie dat die kerkorde wat op grond van die stand van die Kerkreg in ’n bepaalde kerk die lig sien, die omvange vertoon van die kerk se teologies-kerkregtelike voorraad. Nader besien, in die lig van die feit dat ’n kerkorde in regsreëls vertaalde ekklesiologie is, kom dit daarop neer dat beide, ekklesiologie en kerkreg (kerkorde), tekenend is van die manier hoe ’n kerk met die Woord omgegaan het. Die beklemtoning van Jesus Christus as Hoof van die kerk soos dit veral in die Efesiërbrief verwoord word, dui aan dat daar wesenlik nie sprake is van ’n ander of ’n nuwe ekklesiologie nie. Hoogstens sou dit daarop neerkom dat die nuut ontdekking van dié kritieke Bybelse uitspraak die kerk tot nuwe insigte bring en noop om van uitgediende teologiese voorraad ontslae te raak.
Die een en sewentigste Algemene Kerkvergadering (NHKA
Dit is bruikbaar om in gedagte te hou dat missionaal voorafgegaan word deur wat genoem kan word ’n Christologiese-ekklesiologie, wat ’n besonder wesenlike motivering gee aan ’n missionale ingesteldheid.
Ekklesiologie en kerkreg staan in noue verband met mekaar, aangesien in die omlyning van beide afsonderlik en in verband met mekaar, ’n Skriftuurlike debat ter sprake kom as uiting van die voor die hand liggende besig wees van ’n kerk van die Woord:
Ecclesiologie en kerkrecht staan in de praktijk in een spanningsveld, waarbij de ‘harde’ juridische structuur van het kerkrecht het voortdurend lijkt te winnen van de open ecclesiologievan de dogmatiek. (Dingemans
Die outeur verklaar dat sy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat haar nadelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.
Die Nederduitsch Hervormde Kerk het tot 1997 die benaming Kerkwet gebruik vir wat tradisioneel as kerkorde tipeer word, ’n benaming in gebruik sedert die Sinode van Middelburg, 1581 (Jansen