Marcus Borg, one of the most prominent New Testament scholars in the past four decades, is considered by many in the Netherdutch Reformed Church of Africa as a liberal scholar. His understanding of the origin of the Bible, the way he interprets the Bible, and what he sees as the status and function of the Bible, should therefore be dismissed. A comparison of Borg’s point of view on these topics with that of the points of view of the Netherdutch Reformed Church of Africa, however, indicates that Borg’s understanding of these matters differs not even marginally from that of the Netherdutch Reformed Church of Africa. In a certain sense, Borg could therefore be described as a theologian who fits the mould of what is understood in the Netherdutch Reformed Church of Africa as a responsible approach to and interpretation of the Bible.
Marcus Borg, wat op 21 Januarie 2015 oorlede is, kan met reg beskou word as een van die mees prominente Nuwe-Testamentici die afgelope vier dekades. Borg se verskyning op die teologiese toneel het min of meer saamgeval met die totstandkoming van die
Borg se verstaan van Jesus as historiese persoon het, soos die aktiwiteite van die
Maar is dit waar? Het soveel deelnemers aan hierdie gesprekke nie toe die baba met die badwater uitgegooi nie? Die antwoord hierop is, na my oordeel, ja – veral as daar in meer detail na Borg se Skrifverstaan en Skrifhantering gekyk word. Kennis hiervan bring ’n verrassing na vore wat vir baie ondenkbaar sal wees – Borg was ’n goeie Hervormer! Borg se siening van die gesag van die Bybel en die wyse waarop hy die tekste van die Bybel hanteer in sy interpretasie daarvan, kom feitlik presies ooreen met die Hervormde Kerk se amptelike standpunt oor die gesag van die Bybel, en hoe die Bybel gelees en gehoor behoort te word. Hierdie wyse van die interpretasie van die Bybel is verder nie net duidelik sigbaar in die eksegese van die Bybelwetenskaplikes van die Kerk nie, maar ook dit wat studente van die Kerk oor Skrifbeskouing en Skrifhantering aan die Fakulteit Teologie in die Bybelwetenskappe geleer word.
Vervolgens word eerste aandag gegee aan Borg se verstaan van die gesag van die Bybel en die wyse waarop hy die Bybel interpreteer. Daarna word ’n vergelyking getref tussen Borg se Skriflesing en Skrifhantering en die van die Hervormde Kerk. Voor daar met ’n aantal slotopmerkings volstaan word, word aandag gegee aan wat Borg met die histories-metaforiese verstaan van die Bybel bedoel en hoe hierdie verstaan van die metaforisiteit van die Bybel deur sommige Bybelwetenskaplikes van die Hervormde Kerk in hulle lees van die Bybel toegepas word.
Borg se Skrifbeskouing en Skrifhantering kan aan die hand van drie temas beskryf word, te wete die oorsprong van die Bybel, hoe die Bybel geïnterpreteer behoort te word, en dit wat die funksie of gesag van die Bybel is.
Wat eersgenoemde betref, is Borg van die oortuiging dat die Bybel die produk is van twee historiese geloofsgemeenskappe: antieke Israel en die vroeë Christelike beweging. Die Bybel het dus nie ’n ‘goddelike oorsprong’ nie, maar ’n menslike; die Bybel is ’n menslike reaksie en besinning oor God se handelinge met gelowiges in die wêreld (Borg The Bible is the product of two historical communities … it is a human product, not a divine product. This claim in no way denies the reality of God. Rather, it sees the Bible as the responses of these two communities to God. As their response to God, the Bible tells us how they saw things. Above all, it tells us how they saw their life with God. It contains their stories about God’s involvement in their lives, their laws and their ethical teachings, their prayers and praises, their wisdom about how to live, and their hopes and dreams. It is not God’s witness to God (not a divine product), but their witness to God. (Borg
So verstaan, oordeel Borg, bevat die Bybel nie God se ‘absoluut geopenbaarde waarheid’ nie, maar gelowige nadenke oor God wat dikwels kultureel bepaald is: die verstaan van God vind plaas vanuit ’n bepaalde plek en tyd, en word uitgedruk deur middel van taal en kulturele konsepte wat deel was van die wêreld van die skrywers van die onderskeie Bybelboeke (Borg
Ten spyte van bogenoemde verstaan van die oorsprong van die Bybel, hoe die Bybel geïnterpreteer behoort te word, en dit wat die funksie of gesag van die Bybel is, beskou Borg (
Wat Skrifhantering (die wyse van interpretasie) betref, oordeel Borg dat twee sake belangrik is wanneer dit kom by die interpretasie van die Bybel. Omdat die Bybel die historiese produk van twee antieke gemeenskappe is, was die boeke in die Bybel nie in die eerste plek vir ons (die moderne leser) geskryf nie, maar vir die gemeenskappe wat die tekste geskep het. Om hierdie rede moet die boeke in die Bybel histories benader word, dit wil sê, die boeke moet in die eerste plek in terme van hulle oorspronklike historiese kontekste geïnterpreteer word. ’n Historiese benadering tot die Bybel, volgens Borg, gaan in die eerste plek dus om te bepaal wat die teks in sy eerste historiese konteks beteken het, en wat die teks aan sy oorspronklike geadresseerdes wou kommunikeer (Borg
Tweedens is dit vir Borg belangrik dat die Bybel
Ten slotte, wat is volgens Borg die funksie van die Bybel? Die funksie van die Bybel, oordeel Borg, is soos die funksie van ’n sakrament. Soos ’n sakrament ’n sigbare teken van God se genade is – ’n brug na God – so is dit met die Bybel. Die Bybel is soos ’n brug tussen God en die gelowige – dit waardeur die Gees aanhou om met ons te praat. Met die lees van die Bybel maak die Gees Christus en God in ons lewens teenwoordig, en word ons getransformeer om in te val by God se plan met sy wêreld en met ons (Borg
Bogenoemde standpunte oor die oorsprong van die Bybel, hoe die Bybel geïnterpreteer behoort te word, en wat die funksie van die Bybel is, beskou Borg (
Ter wille van eenvormigheid en die logiese struktuur van hierdie bydrae, word hieronder, soos in die geval van Borg (kyk § 2), aandag gegee aan die Hervormde Kerk se standpunte ten opsigte van Skrifbeskouing en Skrifhantering aan die hand van dieselfde temas as hierbo: die oorsprong van die Bybel, hoe die Bybel geïnterpreteer behoort te word, en dit wat die funksie of gesag van die Bybel is. Die brondokumente wat hierin dien is die Herderlike Skrywe van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, gestuur aan alle gemeentes van die Kerk in Maart 1997, en die Memorandum oor Skrifbeskouing wat tydens die 67ste Algemene Kerkvergadering gedien het en deur die vergadering sonder verandering aanvaar is (kyk resp. Kommissie van die Algemene Kerkvergadering
Wat die Hervormde Kerk se verstaan van die oorsprong van die Bybel betref, erken die Kerk dat daar ’n teologiese spektrum van nuanses en oortuigings bestaan rondom die Bybel as Woord van God. Vir die Kerk is dit goed en gesond dat dit so is (Kommissie van die Algemene Kerkvergadering Ons wil aanvaar dat die Bybel, as ’n verskeidenheid van boeke, die wyse is waarop God kies om te kommunikeer met mense onder bepaalde omstandighede, met hulle besondere wêreldbeeld, hulle eie verstaan van geskiedenis en die werklikheid. Die Bybel is dus God se Woord en kom in mensewoorde na ons toe. As mensewoorde spreek dit ook van bepaalde enkelinge en groepe mense se omstandighede en hulle manier van dink en praat. (Kommissie van die Algemene Kerkvergadering
Die Bybel is dus ’n boek wat in die wêreld ontstaan het, deur die toedoen van swakke, falende en fouterende mense. Verder is dit ook so dat met die oorskryf van die Bybel, wat eeue geduur het, foute ingesluip het. Dit beteken egter nie dat die Kerk die Bybel nie as geïnspireer sien nie, en druk sy standpunt in hierdie verband soos volg uit:
Ons verstaan hierdie hele proses as deur God geïnspireer. Dat die Bybel deur ’n groeiproses ontstaan het, neem niks weg van die gesag van die Woord nie. Inteendeel, dit bevestig op ’n vreemde manier hoe God in menselewens ingegryp het, hoe God met mense besig was en mense gevorm het om oor God te getuig. (Kommissie van die Algemene Kerkvergadering
Uit bogenoemde is dit duidelik dat die Hervormde Kerk nog nooit ’n fundamentalistiese siening van die ontstaan van die Bybel – asof elke woord in die Bybel die direkte woorde van God is – onderskryf het nie. Die Kerk stel daarom duidelik dat hierdie siening voortdurend as verlammend en gevaarlik vir die geloof ontmasker en bestry behoort te word (Kommissie van die Algemene Kerkvergadering
Wat die interpretasie van die Bybel betref, stel die Kerk dit as uitgangspunt dat ’n letterlike lees van die Bybel nog nooit die siening van die Hervormde Kerk was nie. Omdat die Bybel geskryf is deur mense wat deur hulle tydsgewrig en kultuur beïnvloed en gevorm is, kan die leser wat die Bybel wil verstaan daarom nie anders as om hom- of haarself van alle tersaaklike agtergrondgegewens rondom ’n bepaalde Bybelgedeelte te vergewis nie. In die lees van die Bybel moet daar dus altyd op ’n wetenskaplik verantwoordbare wyse so diep as moontlik gegrawe word na alle historiese, taalkundige, kulturele en ander agtergronde wat die betekenis van ’n bepaalde uitspraak of teks in die Bybel mag beïnvloed (Kommissie van die Algemene Kerkvergadering Hoewel die Bybel oor die grense van plek en tyd ’n boodskap vir alle mense het en die waarheid van die Bybel ook nooit uitgedien raak nie, kan dit nie altyd reglynig op ons eie situasie toegepas word nie. Daar is ’n verskil in kontekste tussen toe en nou en ’n kloof van eeue se geskiedenis wat in ag geneem moet word. Dit vra van ons vertolking en uitleg om die boodskap van toe ook vir ons tyd te verstaan en toe te pas en om die groot gaping in tyd tussen ons en die Bybelskrywers sinvol te oorbrug. (Kommissie van die Algemene Kerkvergadering
Om genoemde groot gaping in tyd tussen ons en die Bybelskrywers sinvol te oorbrug, oordeel die Kerk dat die Bybel in ons tyd met die beste metodes waaroor die taalwetenskap beskik, geanaliseer moet word (Kommissie van die Algemene Kerkvergadering
Dit is verder die Kerk se standpunt dat die leser van die Bybel, om die gesagvolle spreke van God in ons eie tyd te verneem, in die Bybelse tekste moet onderskei tussen die kontingente (kultuur) en die normatief-konstante (evangelie) wat op sigself midde in die histories kontingente manifesteer. Om die histories-kontingente (bv. kultuurpatrone soos die dra van ’n sluier) vir alle tye normatief te maak, kom daarop neer om kultuur tot evangelie te verklaar (Kommissie van die Algemene Kerkvergadering
Wat, ten slotte, die funksie en gesag van die Bybel betref, beskou die Kerk die Bybel as die bron en die norm vir die kerklike verkondiging en die belangrikste teks vir teologiebeoefening (Kommissie van die Algemene Kerkvergadering
Wanneer die standpunte van Borg en die Hervormde Kerk oor Skrifbeskouing en Skrifhantering met mekaar vergelyk word, is daar ooglopende ooreenkomste. Die volgende kan gelys word.
Wat die oorsprong van die Bybel betref, staan beide afwysend teenoor ’n fundamentalistiese siening van die ontstaan van die Bybel, en is beide van die oortuiging dat:
die Bybel se oorsprong menslik is in dat God van mense, deur die Gees geïnspireer, gebruik gemaak het om oor God te getuig en praat; die Bybel nie God se ‘absoluut geopenbaarde waarheid’ of die direkte woorde van God bevat nie, maar gelowiges se getuienis en nadenke oor God is. Die Bybel is dus God se woord in mensetaal, wat ook soms mense se sienings oor en interpretasies van God insluit; die mense wat die boeke van die Bybel geskryf het se verstaan van God en hulle wêreld het plaasgevind vanuit ’n bepaalde plek en tyd, en word uitgedruk deur middel van taal en kulturele konsepte wat deel was van daardie wêreld; die Bybel deur ’n groeiproses ontstaan het; en die Bybel geïnspireer is in die sin dat die Gees van God so in mense gewerk het dat hulle oor God getuig het soos wat hulle het.
Wanneer dit by die interpretasie van die Bybel kom, is die ooreenkomste in oortuiging die volgende:
beide wys ’n letterlike lees van die Bybelse teks sterk af; en beide is van oordeel dat ’n historiese lees van die teks onontbeerlik is vir verantwoordelike eksegese.
Ten slotte, wat die gesag en funksie van die Bybel betref, oordeel beide dat:
die Bybel die fondasie van die Christelike godsdiens is, dit wat die Christelike geloof se identiteit bepaal, en bepalend is vir die Christelike etiek; die funksie van die Bybel met die funksie van ’n sakrament vergelyk kan word. Met die lees van die Bybel maak die Gees Christus en God in ons lewens teenwoordig; dit dien as ’n brug tussen ons en God, en in die Woord, deur die Gees, hoor ons die lewende woorde van God; en in die lees van die Bybel onderskei moet word tussen kontingente kultuurwaardes en die normatief-konstante (evangelie). Die Bybel is dus nie ’n tydlose boek wat etiese optrede vir alle tye insluit nie.
Uit bogenoemde kan nie anders afgelei word dat Borg in wese eintlik ’n goeie Hervormer was nie! Feitlik geen verskil kan aangetoon word tussen sy en die Hervormde Kerk se standpunte ten opsigte van Skrifbeskouing en Skrifhantering nie. Die Hervormde Kerk se Skrifbeskouing en Skrifhantering pas mooi in by wat hy as die ‘opkomende paradigma’ beskou, alhoewel hierdie hermeneutiese paradigma, vir die Hervormde Kerk, nie opkomend is nie, maar lankal reeds bestaan.
Waar daar wel ’n verskil tussen die Hervormde Kerk en Borg se Skrifbeskouing en Skrifhantering blyk te wees, is Borg se klem op die metaforisiteit van die Bybelse teks. Soos hierbo aangetoon, oordeel Borg dat die metaforisiteit van die Bybelse teks op drie wyses manifesteer: die Bybel bevat duidelike metaforiese beelde (bv. God is ’n vader, en Jesus is ’n wingerdstok), vertellings wat historiese gebeure metafories aanbied, en ‘suiwer’ metaforiese vertellings wat nie as feitlik gelees moet word nie. Hierdie vertellings, alhoewel ‘suiwer’ metafories, kommunikeer altyd ’n bepaalde waarheid, en in die lees van hierdie vertellings moet na hierdie waarheid gesoek word eerder as om hierdie vertellings as feitlik en histories te lees. Wanneer laasgenoemde gebeur, stroop die leser hierdie vertellings van hul bedoelde boodskap en die aanspraak wat die Woord van God op ons maak.
Die feit dat die Hervormde Kerk in bogenoemde twee amptelike dokumente nie na die metaforisiteit van tekste in die Bybel verwys nie, beteken egter nie dat sommige Bybelwetenskaplikes in die Hervormde Kerk wel op hierdie wyse die Bybel interpreteer nie. Verskeie publikasies oor die metaforisiteit van die Bybelse teks het al uit die pen van Hervormde Bybelwetenskaplikes verskyn. Hieronder word twee voorbeelde van hierdie wyse van Skrifinterpretasie aangebied; die eerste van Handelinge 7:48a, ’n teks wat dit wat histories gebeur het metafories aanbied (kyk Van Aarde
Wat Handelinge 7:48a
Hierdie historiese gebeure, volgens Van Aarde, word deur Stéfanus in sy toespraak in Handelinge 7 metafories aangebied. Die tempel wat met hande gebou is verwys na die tempel in Jerusalem, en God, aldus Stéfanus, woon juis nie in sulke tempels nie. Hy woon (is teenwoordig) juis buite dit; ook by almal wat volgens die tempelpriesters en Sadduseërs nie in God se teenwoordigheid mag kom nie. Dit is moontlik, impliseer Stéfanus, op grond van wat Jesus gedoen en verkondig het. Geskiedenis word metafoor; ’n metafoor wat een iets sê maar iets anders bedoel (kyk Van Aarde
Matteus 14:22–33 is ’n vertelling waarin beskryf word hoe Jesus op die water loop en ’n storm laat bedaar. Hierdie vertelling sou verstaan kon word as ’n nie-histories metaforiese vertelling.
’n Letterlike lees van hierdie vertelling sal beklemtoon dat wat in die vertelling beskryf word, werklik gebeur het. Jesus, en Petrus, het op water geloop. Met hierdie as fokus, wat sou die vertelling beteken? Dat ons hier met ’n wonderwerk te make het? Of dat, indien ons geloof groot genoeg is, ons ook op water behoort te kan loop?
’n Metaforiese verstaan van die vertelling, daarenteen, fokus op die moontlike
Ons vind in Genesis 1 dieselfde beskrywing van die skepping. In Genesis 1:2 word gestel dat die aarde voor die skepping onbewoonbaar was, dat dit donker op die diep waters was, en dat God se Gees oor die waters gesweef het. In Hebreeus is die woorde wat vir woes en diep gebruik word
Vir Israel was God dus die ware en enigste God omdat Hy die chaosmagte, die waters, oorwin het. Net God kan dit doen, daarom is Hy God. En wat gebeur in Matteus 14:22–33? Jesus oorwin die waters soos God dit gedoen het! En dit kan net een ding vir die dissipels beteken: Jesus is God!
Hierdie moontlike betekenis van die vertelling in Matteus 14:22–33 sal nie raakgesien word wanneer die vertelling bloot letterlik gelees word nie. ’n Metaforiese lees van die vertelling bring egter die betekenis na vore dat die dissipels Jesus hier as God erken omdat Hy mag het oor die storm en die see. Juis daarom kniel hulle voor Hom en bely dat Hy die Seun van God is.
In die lig van bogenoemde metaforiese interpretasies in die Hervormde Kerk, is dit duidelik dat daar weinig, indien enige, verskille bestaan wat betref die Skrifbeskouing en Skrifhantering van Marcus Borg en die Hervormde Kerk. Miskien moet hierdie ooreenkoms en vergelyking meer presies gestel word. Marcus Borg se Skrifbeskouing en Skrifhantering verskil weinig van die van die Hervormde Kerk, aangesien dit wat Borg as die ‘opkomende paradigma’ sien, lankal reeds vaardig is in hoe Hervormde teoloë die Bybel lees en verstaan. Bogenoemde bespreking van die Skrifbeskouing en Skrifhantering van Marcus Borg en die Hervormde Kerk stel dit verder duidelik dat Borg nie, soos baie geoordeel het en miskien nog steeds oordeel, modernisties-krities in sy interpretasie van die Bybel is nie.
Die Hervormde Kerk se Skrifbeskouing en Skrifhantering is nie net tipies van die Hervormde Kerk se dialekties-teologiese nadenke nie, maar ook ’n kosbare skat waaraan vasgehou word. Omdat die Kerk altyd dialekties-teologies met die Bybel omgaan, is die Kerk se huidige Skrifbeskouing en Skrifhantering ook niks anders as ’n standkomma nie, en nooit ’n afgehandelde standpunt nie. Die Kerk erken immers dat daar ’n teologiese spektrum van nuanses en oortuigings rondom die Bybel as Woord van God bestaan – ’n erkenning wat goed en gesond vir die Kerk is. Die Kerk het nooit klaar gedink nie. En wanneer die Kerk dink, en weer dink, doen die Kerk dit met die oortuiging dat die Bybel die bron en die norm vir die kerklike verkondiging en die belangrikste teks vir teologiebeoefening is.
Die outeur verklaar dat sy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat haar nadelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.
Vir ’n beskrywing van die vyf fases waarin die soeke na die historiese Jesus tradisioneel ingedeel word, asook die spesifieke fokus van die
Hierdie verstaan van Jesus het Borg later in meer detail uitgewerk in sy
Dit, ten spyte van die feit dat Borg tot die einde van sy lewe intens betrokke was by en aanbid het in die Episkopale Kerk, die denominasie waarin sy vrou as priester georden is.
In hierdie aanbod oor Borg se verstaan van die opstanding is dit nie duidelik of die skrywer met Borg saamstem of van hom verskil wat Borg se verstaan van die opstanding betref nie (kyk Van Wyk
Borg (
Vir voorbeelde van hoe Borg tekste in die Bybel wat hy as metafories beskou, interpreteer, kyk Borg (
Saam beskou, is Borg se hermeneutiese uitgangspunt dus dat die Bybel histories-metafories gelees moet word. Vir sy verduideliking van hierdie hermeneutiese benadering, kyk Borg (
As amptelike Herderlike Skrywe aan alle gemeentes van die Hervormde Kerk, en aanvaarde memorandum wat by ’n Algemene Kerkvergadering van die Kerk gedien het, word die inhoud van hierdie twee dokumente gesien as die amptelike standkomma van die Hervormde Kerk wat Skrifhantering en Skrifbeskouing betref. Die term ‘standkomma’ moet hier verduidelik word. Skrifbeskouing en Skrifhantering is ’n saak waaroor daar nooit klaar gepraat kan word nie. Tipies van die Hervormde Kerk, is ons uitsprake oor sake altyd voorlopig, en besin ons altyd weer en weer oor hoe ons dink en praat. Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering stel dit dan ook so in die Herderlike Skrywe van Maart
‘Maar die Allerhoogste woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie’ (Hand 7:48a).
Van Aarde (
Vir ʼn meer volledige interpretasie van Matteus 14:22–33 as ’n nie-historiese metafoor, kyk Van Eck (