<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">HTS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0259-9422</issn>
<issn pub-type="epub">2072-8050</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">HTS-73-4604</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/hts.v73i1.4604</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Original Research</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Die belang van Prof. F.J.van Zyl vir Hervormde Teologie</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">http://orcid.org/0000-0001-5432-2898</contrib-id>
<name>
<surname>Beyers</surname>
<given-names>Jaco</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
<xref ref-type="aff" rid="AF0002">2</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Science of Religion and Missiology, Faculty of Theology, University of Pretoria, South Africa</aff>
<aff id="AF0002"><label>2</label>Department of Biblical and Religious Studies, Faculty of Theology, University of Pretoria, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Jaco Beyers, <email xlink:href="jaco.beyers@up.ac.za">jaco.beyers@up.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>22</day><month>09</month><year>2017</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2017</year></pub-date>
<volume>73</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>4604</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>26</day><month>04</month><year>2017</year></date>
<date date-type="accepted"><day>15</day><month>07</month><year>2017</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2017. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2017</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract xml:lang="en">
<p>In this article the contribution of professor Frans J. van Zyl (1913&#x2013;2008) will be scrutinised as to determine the influence his thoughts had on the theology of the Netherdutch Reformed Church. As Van Zyl was seen as a follower of the theology of Karl Barth, his greatest influence centered around the ideas of Barth. Here, particular reference will be made to his view of the Bible and the Dialectical theology. The article also addresses the problem of the existence of so-called churchly theology and investigates the role Reformed theology played in the Netherdutch Reformed Church. The contribution Van Zyl made to Reformed theology is measured in terms of his contribution to (1) an understanding of God, (2) to a view on scripture and (3) his emphasis on the importance of mission work. Further, (4) his way of unselfishly serving in the church becomes a theological testimony to his character and example to the church. Lastly, (5) his condonation of white-only membership of the Netherdutch Reformed Church is not seen as a blemish to his name, but rather interpreted here as a continuation of the Reformed heritage in the sense that the nature of man is flawed by sin.</p>
</abstract>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Inleiding</title>
<p>Die kerk is groter as enige mens. Soms kan kennis en insigte van individue die kerk be&#x00EF;nvloed, hetsy tot die verryking van die kerk of tot die nadeel van die kerk. Dalk is dit juis God wat deur sy Gees gewone mense met gawes toebedeel om die kerk te lei en te stuur. So &#x2019;n profeet en leraar was professor Frans J. van Zyl vir die Hervormde Kerk.</p>
<p>Hierdie artikel wil allermins deelneem aan &#x2019;n vrome mensverheerliking of posthume vingerwysing, maar tog ondersoek hierdie artikel die bydrae wat die persoon Frans van Zyl tot die ontwikkeling van teologie binne die Hervormde kerk gemaak het. Alvorens so ondersoek gedoen word, is &#x2019;n begripsverduideliking nodig.</p>
<p>Hierdie artikel pretendeer dat daar wel so iets soos kerklike teologie bestaan en dat daar inderdaad iets genaamd Hervormde teologie is. Dit sou eers nodig wees om te verduidelik wat onder hierdie begrippe verstaan word.</p>
<p>Teologie kan met &#x2019;n verskeidenheid adjektiewe nader omskryf word. Teologie kan liberaal, bevrydend, dialekties, eties, westers, Reformatories, Bybels en vele meer wees. Dalk kan &#x2019;n paar van die etikette tegelyktydig op vorme van teologie beteken word. Etikette het die funksie om identiteit toe te ken. Identiteit bevorder eksklusiwiteit en stel strakke grense, soms tussen antisidente. Tog wil teologie teologie bly: spreke oor God soos wat God Homself openbaar (vgl Pannenberg <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">1973</xref>:266, 299).<xref ref-type="fn" rid="FN0001"><sup>1</sup></xref> Juis hierin skuil die kruks: Solank as wat mense gedagtes oor God postuleer, sal verskeidenhede van teologie&#x00EB; bestaan. As God toegelaat word om oor Homself te praat, en die hoorder in eie woorde net napraat wat God s&#x00EA;, dan word teologie (<italic>Theos + Logos</italic>), <italic>logos-Theou</italic> [woorde van God]. Die logos is dan nie meer werkwoord gerig op &#x2019;n objek nie, maar die genetief dui aan dat dit woorde van God (oor Homself) is. Van hierdie tweegesprek tussen God en mens het Van Zyl die Hervormde Kerk kom bewus maak.</p>
<p>Van Zyl (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">1999</xref>) se evaluering van die aard van die Hervormde Kerk se teologie, lees soos volg:
<disp-quote>
<p>Daarom moet teologie altyd nader bepaal word as kerklik, of Christelik, of Bybels-Reformatories. Ook ons teologie is &#x2019;n ernstige poging om dit in die Bybels-Reformatoriese tradisie te beoefen, want &#x2019;n Christelike kerk kan nie &#x2019;n amptelike, offisi&#x00EB;le teologie h&#x00EA;, sonder dat vryheid van ondersoek ernstig aan bande gel&#x00EA; word nie. (bl. 406)</p>
</disp-quote></p>
<p>Om hier reg te laat geskied aan die historiese figuur van professor Frans van Zyl, word eerstens &#x2019;n bondige biografiese oorsig van sy lewe gebied. Die inhoud hiervan stem grotendeels ooreen met die kronologie wat P.J. van der Merwe in &#x2019;n bydrae tot &#x2019;n huldigingsbundel in 1989 oor Van Zyl opgestel het. Vir biografiese gegewens wat nie deur Van der Merwe gemeld word nie, word die relevante bron gemeld. Sien ook die bydrae van Van der Merwe (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:245&#x2013;251) vir &#x2019;n omvattende lys van al die publikasies van Van Zyl.</p>
</sec>
<sec id="s0002">
<title>Biografiese gegewens</title>
<p>Francois Jacobus van Zyl is gebore op 06 Mei 1913 op &#x2019;n plaas in die Marico distrik in die noord-weste van Suid-Afrika. Hy matrikuleer aan die Ho&#x00EB;rskool Zeerust (Oberholzer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">2010</xref>:70). Gedurende die 1930&#x2019;s studeer hy teologie aan die Universiteit van Pretoria. Hy voltooi sy teologiese studies in 1938 as enigste finalejaarstudent van die Hervormde Kerk in daardie jaar. Hy word georden op 28 Mei 1939 in die kerkgebou van Cottesloe as medeleraar in die gemeente Johannesburg. Hier dien hy tot 1941 waarna hy &#x2019;n beroep aanvaar na gemeente Standerton. Van 1948 tot 1949 arbei hy in gemeente Lydenburg en aanvaar dan &#x2019;n beroep na gemeente Springs. In Springs gemeente arbei hy tot in 1957 waarna hy &#x2019;n beroep na gemeente Wonderboompoort in Pretoria aanvaar. Gedurende 1949&#x2013;1957 werk hy aan sy doktorale studies. Hy promoveer &#x2018;met lof&#x2019; in 1959 in Godsdiensfilosofie met &#x2019;n tesis getiteld &#x2018;Analogia entis: &#x2019;n Godsdiensfilosofiese ondersoek&#x2019; met professor H.P. Wolmarans as studieleier (Oberholzer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">2010</xref>:70). In 1960 word hy benoem as hoogleraar in die Departement Godsdiens- en Sendingwetenskap (Afd A) waarvan hy ook hoof word met die aftrede van professor H.P. Wolmarans in 1959. Na agttien jaar diens tree Van Zyl in 1978 af as hoogleraar maar dien steeds in gemeentes as predikant en selfs op kerklike strukture en rade tot en met 1982. Hy aanvaar &#x2019;n beroep na die gemeente Potchefstroom-Noord en arbei daar totdat hy die ouderdom (sewentig jaar) vir verpligte emeritaat in 1983 bereik waarna hy na Pretoria verhuis (Van der Merwe <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:234). Hy sterf in 2008 en word te Pretoria begrawe.</p>
<p>Dit is opmerklik dat Van der Merwe (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>) weinig aandag gee aan die teologiese konteks asook internasionale formatiewe invloede op die teologie van Van Zyl. Hierdie artikel wil juis hierdie onbeskrewe geskiedenis uitwys en die teologiese konteks omskryf wat invloed op Van Zyl en gevolglik op die Hervormde teologie gehad het.</p>
</sec>
<sec id="s0003">
<title>Voorbereidende gesprek</title>
<p>Hierdie artikel ondersoek die invloed wat Van Zyl op die teologie wat in die Hervormde Kerk beoefen word, gehad het. Dit veronderstel dat daar iets soos kerklike, asook Hervormde teologie, bestaan. So paar kantopmerkings is nodig alvorens na die invloed van Van Zyl gekyk word.</p>
<sec id="s20004">
<title>Kerklike teologie</title>
<p>Teologiese tradisie word bepaal deur dogmatiese, kerkregtelike en belydenismatige uitsprake (Dreyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2003</xref>:1046). Die kerklike praktyke sou egter as manifestering van die teologie kon dien, alhoewel die praktyke dalk eerder die spiritualiteit reflekteer. &#x2019;n Onderskeid tussen inhoud en vorm is dus nodig. Soortgelyke inhoud kan in &#x2019;n verskeidenheid vorme aangebied word. Binne die Hervormde tradisie het die kerklike etos nog in &#x2019;n groot mate die eenvormige verpakking van die teologiese inhoud bepaal. Eers nou in die onlangse verlede het vrymoedigheid ontstaan om die teologiese inhoud in verskillende vorme voor te hou (vergelyk in di&#x00E9; verband die loop-nagmaal).</p>
<p>Binne &#x2019;n Reformatoriese tradisie sou as riglyne vir &#x2019;n kerklike teologie dien die suiwer Woordverkondiging en sakramentsbediening asook die handhawing van kerklike dissipline, soos wat Nel die Nederlandse Geloofsbelydenis in hierdie verband opsom (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2015</xref>:3). Dit veronderstel egter nog net die parameters waarbinne die teologiese tradisie ingeklee word. Die teologiese inhoud word fundeer op die teologiese arbied wat wetenskaplik verantwoord word. Vergelyk in hierdie verband Beyers (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2016</xref>:8) wat aandui hoe teologie slegs wetenskap kan bly as dit &#x2019;n streng verbintenis met geloofsgemeenskappe behou. Kerklike teologie verwys na die eindpunt van teologie beoefening. Teologie as wetenskaplike refleksie mond uit in die vorming van geloof en geloofspraktyke in die kerk. Die wetenskaplike beoefening van teologie aan &#x0149; universiteit is ten dienste van die geloofsgemeenskappe (kerke). Woltersdorff (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0038">1996</xref>:96) stel as voorwaarde vir verantwoordelike teologie beoefening dat teologie nie los van geloofsgemeenskappe beoefen kan word nie.</p>
<p>Teologie adviseer die kerk en die kerk konsulteer die teologie wat deur wetenskaplikes beoefen word. Op die manier is daar voortdurende interaksie tussen kerk en teologie as wetenskaplike aktiwiteit. Die Hervormde Kerk het nog altyd waarde daaraan geheg dat teologie vanuit die wetenskap, wat aan &#x2019;n universiteit in &#x2019;n fakulteit Teologie beoefen word, die kerklike teologie en bediening bepaal. Van Zyl as hoogleraar aan die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria, is &#x2019;n tekenende voorbeeld van die klem binne die Hervormde Kerk op wetenskaplik verantwoordbare teologiese opleiding en beoefening aan &#x2019;n universiteit.</p>
</sec>
<sec id="s20005">
<title>Hervormde teologie</title>
<p>Hervormde teologie dui die trajek van teologiese refleksie aan wat deur die Reformatoriese denke gel&#x00EA; is. Die Hervormde Kerk se teologie kan as Bybels-Reformatories getipeer word (Van Eck <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">2011</xref>:2). Die Reformatoriese beginsels van <italic>sola Scriptura, sola fide</italic> en <italic>sola gratia</italic> vorm die basis van die Hervormde teologie. Van Zyl (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">1999</xref>:411) oordeel juis dat die <italic>solus Christus</italic> die basis van die Reformasie asook die basis van die versoeningsleer van Barth is. Die vertrekpunt, die bron waaruit teologie geput word, kan niks anders as die Bybel wees nie. Oor Bybelse teologie, stel Van Zyl (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0037">1999</xref>):
<disp-quote>
<p>Die Bybelse adjektief is belangrik omdat dit die enigste outentieke getuienis is van die menswording van God in Jesus Christus &#x2026; Die Reformatoriese adjektief is belangrik omdat dit getuig van die wyse waarop die Reformatore die Bybel verstaan het, naamlik as die skynbaar teenstrydige, onbegryplike werklikheid en waarheid dat die oppermagtige God &#x2019;n mens kan word sonder om God se soewereiniteit prys te gee, dat God tot ons mense kan praat deur die mensewoorde van hulle wat van God getuig in die woorde van die Bybel, deur die krag en verligting deur die Heilige Gees. (bl. 406)</p>
</disp-quote></p>
<p>Die prominensie van die Bybel is omdat &#x2018;dit die Boek is waardeur God Hom aan die mens openbaar&#x2019;, soos wat Geyser (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1989</xref>:255) verwys na Van Zyl se eie woorde oor die saak. In hierdie opsig het Van Zyl ook die Hervormde Kerk met insig bedien oor hoe die Bybel hanteer moet word. Mense skryf die Bybel in hulle eie taal en idioom en tog is die Bybel meer as &#x2019;n menslike boek. Die Bybel is tegelyk die Woord van God (Van Zyl <xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">1944c</xref>). Die Skrifbeskouing wat Van Zyl voorgehou het, sou vir baie lank die Hervormde Kerk leiding gee oor hoe om met die Bybel om te gaan. Vergelyk in hierdie verband die bespreking deur Geyser (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1989</xref>) van Van Zyl se bydrae spesifiek tot die Skrifbeskouing van die Hervormde Kerk.</p>
<p>Gebaseer op die beskouing dat die Bybel die Woord van God is, vind die Hervormde Kerk aansluiting by die Reformatoriese tradisie. Reformatoriese teologie het as hart die regverdigingsleer (Van Wyk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">2011</xref>:2). Hierdie regverdigingsleer word gebaseer op die Lutherse onderskeid tussen Wet en Evangelie (Van Wyk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">2011</xref>:3). Op grond van die feit dat die mens in Christus deur God regverdig verklaar word, doen die mens nou goeie dade. Dit is nie deur die doen van goeie dade dat die mens regverdig word nie (Van Wyk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2011</xref>:4). Weens die feit dat die mens deur die genade van God regverdig verklaar is, is die mens nou vry om goed te doen. Uit dankbaarheid vir die versoening met God deur die verdienstelike dood van Christus, leef die mens gehoorsaam aan die wil van God.</p>
<p>Binne die Reformatoriese tradisie het die Hervormde teologie ook &#x2019;n bepaalde verstaan van die waarheid. Koekemoer (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1995</xref>:877) is van mening dat Hervormde teologie die begrip waarheid as ontmoeting verstaan. Teologie is geen esoteriese bedryf nie, maar is denkarbeid ten dienste van die kerklike verkondiging (Koekemoer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1995</xref>:878). Van Zyl het &#x2019;n groot gewag gemaak van die ontmoetingsgebeure met God wanneer die mens met die Woord van God besig is (Geyser <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1989</xref>:259). Van Zyl se verstaan van waarheid as ontmoetingsgebeure kan teruggevoer word na sy verstaan van Brunner. Vergelyk in di&#x00E9; verband Geyser (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1989</xref>:260) se evaluering van &#x0149; artikel wat Van Zyl (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">1944a</xref>, <xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">b</xref>, <xref ref-type="bibr" rid="CIT0028">c</xref>, <xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">d</xref>, <xref ref-type="bibr" rid="CIT0030">e</xref>) oor die Bybel gemaak het.</p>
<p>Die geskil in kerklike kringe is die vraag &#x2018;wat l&#x00EA; aan die wortel van Hervormde teologie?&#x2019; Vir Buitendag (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1992</xref>:1) is die groeibodem vir Hervormde teologie die Etiese teologie wat gedurende die negentiende eeu in Nederland bo-toon gevoer het. Met Etiese teologie word verwys na &#x2019;n beweging in Nederland tydens ongeveer die periode 1850&#x2013;1920 wat as die Etiese (of etici) bekendgestaan het. Die woord is afkomstig uit die Grieks en verwys na &#x2019;n poging van lede van hierdie beweging om so na as moontlik aan die wese van die waarheid te kom (Loader <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1996</xref>:578). Hierdie teologiese rigting het voorgehou dat die wese van die waarheid skuil in die ontmoeting met God en is nie te vinde in leerstellings nie. Loader (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1989</xref>:432) stel dit onomwonde dat die Etiese teologie groot invloed op die Hervormde teologie, met die totstandkoming van &#x2019;n eie teologiese opleiding in Pretoria, uitgeoefen het. Al was daar later jare teenkanting, is die teologie van die Hervormde Kerk deur die etiese teolo&#x00EB; (soos onder andere H.P. Wolmarans, voorganger en promotor van F.J. van Zyl) bepaal.</p>
<p>Die teenparty word egter verteenwoordig deur stemme soos vroe&#x00EB;r by Pont (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">1992</xref>) en later meer getemper by Dreyer (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2015</xref>:303) wat aandui dat dit nie so eenvoudig is om die Etiese teologie as deurslaggewend vir die Hervormde teologie te beskou nie. As alternatief vir die Etiese teologie sou die standpunt van die Ortodoksie of Konfessionaliste wees wat voorhou dat God te vinde is in die sisteem van waarhede; in die leer. Daaruit word die verstaan van God dan georden (vgl Loader <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1996</xref>:579). Kortom wil die etiese standpunt iets oor God s&#x00EA; in die ontmoeting met God en nie iets oor God terugskouend s&#x00EA; na die ontmoeting met God nie (Loader <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1996</xref>:580). Alhoewel daar teenstemme binne die Hervormde Kerk was (vergelyk Loader wat Pont in die verband identifiseer (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1996</xref>:580)), en sekerlik nog is, is dit duidelik dat die Etiese teologie via die Dialektiese teologie groot invloed op die Hervormde teologie uitgeoefen het. Die dialektiek maak ruimte om ten spyte van die voorlopige spreke oor God steeds in geloof vas te hou aan die belydenis. Die Konfessionalisme beklemtoon die ewig-vasstaande belydenis as onbetwisbare spreke oor God.</p>
<p>Dit hou implikasie in vir die hantering van die Skrif in die geloofsoeke na antwoorde vir lewenskwessies. Navolgers van die Dialektiese teologie het die Hervormde Kerk geleer om versigtig uitsprake vanuit die Skrif te maak. Die Skrif word nie hanteer as &#x2019;n Boek met ewig-geldende waarhede nie, maar as mense se spreke en denke vanuit &#x2019;n ontmoeting met God en hoe dit hulle lewe affekteer. Hierdie menslike denke en spreke moet telkens oorweeg word in elke nuwe lewensomstandigheid.</p>
<p>Hervormde teologie het ook missionale tendense. Sommige sou hierdie as &#x2019;n laat ontwikkeling in die Hervormde Kerk aandui en tog is die verstaan van sending as essensie van kerk wees lank reeds deel van die teologiese mondering van die Hervormde Kerk. Van Wyk (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">1989</xref>) dui aan watter rol Van Zyl as sendingteoloog binne die Hervormde Kerk gespeel het om die belang van sending in die Hervormde Kerk te vestig. Alhoewel Van Zyl dalk nooit die term missionaal gebruik het nie, was sy nadenke oor sending waardevol om die kerk voor te berei en te begelei om sending as essensie van kerk wees te verstaan (vgl Van Wyk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:268). Van Zyl was deel van die stemme wat daartoe bygedra het dat die Algemene Kerkvergadering van die Hervormde Kerk in 1945 die besluit geneem het om nie langer die sendingverantwoordelikheid te ontduik nie (Notule Algemene Kerkvergadering Beskrywingspunt 17 <xref ref-type="bibr" rid="CIT0031">1945</xref>:59, 62). By die vergadering word ds F.J. van Zyl tot die Kommissie vir Evangelisasie verkies. Die belang van sending het tot vandag toe invloed op die Hervormde Kerk se verstaan uitgeoefen. Die belang van sending is sigbaar in die hernude verbintenis tot missionale kerk wees (Notule van die Algemene Kerkvergadering Beskrywingspunt 21 2016:140).</p>
<p>Vir Van Zyl is sending slegs gefundeer in die Skrif, en wel die hele Skrif (Van Wyk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:268). Volgens van Zyl weerklink binne die Ou sowel as die Nuwe Testament die getuienis en opdrag om die bekendmaking van die heerskappy van Christus oor al die nasies, aan te kondig (Van Wyk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:267).</p>
<p>Die teologiese konteks waarbinne Van Zyl geleef en gewerk het, het sy sendingteologie en gevolglik die teologie van die Hervormde Kerk be&#x00EF;nvloed. Van Zyl het binne die konteks van sy tyd klem geplaas op die kultuur-eie sending. Elke kultuur moet in hulle eie taal die evangelie hoor en kerk wees in eie omgewing (vergelyk Van der Merwe <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:242). Om hierdie roeping uit te leef het die Hervormde Kerk doelbewus gekies vir die gestalte van die volkskerk (Van Wyk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:276). Vir Van Zyl was die klem egter nooit op die volk as &#x2018;eienaar&#x2019; van die kerk nie, maar eerder die volk as objek van die prediking en pastorale sorg van die kerk. Sommige binne die Hervormde Kerk het die teologiese trajek wat deur die apartheidsdenke gevestig is, gevolg om die Hervormde Kerk eksklusief &#x2019;n blanke kerk te maak. Vir Van Zyl was die hoofsaak egter dat die evangelie aan al die nasies bekendgemaak word (Van Wyk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:267).</p>
<p>Tog is teen die grein van sy gedagtes, Van Zyl se bydrae tot die opstel van die Herderlike Skrywe van <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">1973</xref> wat die bestaansreg van Artikel III, wat lidmaatskap van die Hervormde Kerk tot blankes bepaal het, sigbaar (Van der Merwe <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:239). Ten spyte van sy oortuiging dat die evangelie aan alle volke gebring moet word, het Van Zyl die eksklusiwiteit van die Hervormde Kerk verdedig. Was sy verdediging van Artikel III gebaseer op &#x2019;n verstaan van &#x2019;n skeppingsorde waar volke hierargies bestaan, of was dit die blinde napraat van &#x2019;n Afrikaner ideologie? Hierdie vraag is moeilik te beantwoord aangesien Van Zyl telkemale die verkondiging van die evangelie aan alle nasies sou bepleit en nie net die beperking van die evangelie tot die Afrikanervolk nie (Van Wyk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:276). Vergelyk in hierdie verband Van Zyl se bespreking in die Almanak van 1942 van die kerk se verantwoordelikheid teenoor die volk: &#x2018;Die taak van ons kerk is &#x2019;n sendingtaak&#x2019;.</p>
<p>Hervormde teologie kan dus soos volg tipeer word: Bybels-Reformatories, wetenskaplik, eties-dialekties en missionaal. Op al drie hierdie terreine is Van Zyl se invloed op die Hervormde Kerk sigbaar.</p>
</sec>
</sec>
<sec id="s0006">
<title>Teologie beoefening</title>
<sec id="s20007">
<title>Volstrekte Barthiaan</title>
<p>Van der Merwe en Van Wyk (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">1992</xref>:383) maak die stelling dat Van Zyl waarskynlik die eerste Hervormde teoloog was wat intensief kennis geneem het van die teologie van Karl Barth. Van Zyl (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0035">1992</xref>:367) self dui egter aan dat die Hervormde teoloog wat die Hervormde Kerk aan die Dialektiese teologie van Karl Barth blootgestel het, sy voorganger, professor H.P. Wolmarans was. Die indruk word geskep dat Wolmarans die eerste tre&#x00EB; nader aan die Dialektiese teologie gegee het met Van Zyl wat hom opvolg en die Hervormde Kerk begelei tot die konsolidasie en begrip van die implikasies van die Dialektiese teologie. Die blootstelling binne die Hervormde Kerk aan Dialektiese teologie het egter op &#x2019;n veel wyer front plaasgevind. Dosente aan die Fakulteit Teologie (Afd A) by die Universiteit van Pretoria, soos professor B.J. Engelbrecht, het reeds gebruik gemaak van die dogmatiek handboeke van Van Niftrik en Heitjema wat volgelinge van die teologie van Barth was. Wolmarans, en later Van Zyl en B.J. Engelbrecht, het predikante in die Hervormde Kerk opgelei binne hulle verstaan van die tradisie van die Dialektiese teologie.</p>
<p>Daar is vroe&#x00EB;r in die biografiese afdeling van hierdie artikel reeds verwys na die merkwaardige dat daar tydens die periode van isolasie in Suid-Afrika soveel kontak met teologiese ontwikkeling in Europa was dat Van Zyl (en selfs Wolmarans) nie net kennis geneem het van die Dialektiese teologie nie, maar selfs op hoogte was van die inhoud daarvan. Dit was grootliks te danke aan die beskikbaarheid van die <italic>Nederlands theologisch tijdschrift</italic> in Suid-Afrika waarin die nuutste publikasies in teologie in Europa aangekondig is. Dit het geleentheid aan teolo&#x00EB; gebied om kennis van die nuutste boeke in teologie te neem. Individue soos B.J. Engelbrecht, P.S. Dreyer en S.P. Engelbrecht het studies in Nederland onderneem wat weer &#x2019;n kanaal geskep het om inligting oor die nuutste teologiese tendense in Europa na Suid-Afrika te bring.</p>
<p>Wat die bewus wees van Dialektiese teologie so merkwaardig maak, is juis die feit dat Van Zyl sy doktorale studies afhandel binne &#x2019;n konteks van isolasie van Suid-Afrika. Sedert die 1940&#x2013;1960&#x2019;s betree Suid-Afrika toenemend &#x2019;n era van pariah status op grond van die apartheidsbeleid van die regering. Ekonomies, polities asook akademies het Suid-Afrika verval in &#x2019;n era van isolasie. Min kontak met oorsese akademici was moontlik. Dit bly dus merkwaardig dat Van Zyl en ander teolo&#x00EB; van Suid-Afrika gedurende hierdie periode op hoogte kon kom en bly van teologiese ontwikkelinge in Europa. Dit is juis die tydperk waarin die Dialektiese teologie beslag in Europa onder Karl Barth vind.</p>
<p>Ten spyte van sy kennis van Barth, was Van Zyl ook be&#x00EF;nvloed deur die denke van Emil Brunner en Hendrik Kraemer (Van der Merwe &#x0026; Van Wyk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">1992</xref>:384). Kraemer moet ook as Barthiaanse teoloog gereken word. Wolmarans was geneig om meer van die teologie van Brunner te maak en het op so &#x2019;n wyse Van Zyl ook aan Brunner blootgestel. Van Zyl het meer klem op die teologie van Barth geplaas. Van Zyl het Godsdiensfilosofies gesproke nader aan Brunner as aan Barth gestaan (Van der Merwe et al. <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">1992</xref>:384).</p>
<p>Van Zyl is in sy teologiese denke &#x2019;n geswore Barthiaan. Tog is Van Zyl krities oor Barth (1999:419) wanneer hy oordeel dat die invloed van die Dialektiese teologie in die Hervormde Kerk maar gering is. Van der Merwe (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:235) dui aan hoe Van Zyl in opdrag van die kerk die skrifbeskouing van Barth bestudeer en die kerk daaroor onderrig het. Dit doen Van Zyl ondermeer in die volgende publikasies: <italic>Die Hervormer</italic> (verskeie uitgawes 1944&#x2013;1945), in die <italic>Hervormde Teologiese Studies</italic> (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">1944</xref>:1/3) en &#x0149; publikasie getiteld <italic>Die Boek van alle boeke: Ons Bybel</italic> in 1948. Barthiaanse teologie begin met die uitwys van die menslike onvermo&#x00EB; om oor God te praat. Op die vraag wie God is, antwoord Barth dat Hy die Onbeskryflike is wat slegs kenbaar is deur sy openbaring in die Woord deur Jesus (Bromiley <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1979</xref>:14). Wat hier van belang is, is die prominensie van die Woord en die trinititeit. Die skrifbeskouing is dus belangrik. Die mens ken God slegs in Christus soos geopenbaar in die Skrif. Op die openbaring reageer die mens met geloof. God is egter nie &#x2019;n objek nie (Bultmann <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1984</xref>:53). God is deel van die metafisiese werklikheid wat die mens probeer verstaan. Die mens se verstaan van God loop uit op geloof. Geloof is volgens Barth, &#x2019;n subjektiewe menslike reaksie, &#x2019;n reaksie uit gehoorsaamheid (in Pannenberg <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">1973</xref>:274).</p>
<p>Wat het die mens dan met God te maak? Om oor God te praat moet &#x2019;n mens oor die mens praat, en om oor die mens te praat, moet &#x2019;n mens oor God praat. Die mens bly skepsel van God (Bromiley <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1979</xref>:124). Om die mens te verstaan, moet &#x2019;n mens eers die mens Jesus verstaan. In Jesus ontdek die mens die eie identiteit voor God. Barth se vertrekpunt is die kennis van God in Jesus Christus. Die belang van Christus hang af van die sondeleer. Dit is egter &#x2019;n antropologiese vertrekpunt. In die mens se soeke en ontmoeting met God, ontdek die mens die self as ongehoorsaam aan die heilige God, die mens in verset teen God, die &#x2018;mens-van-sonde&#x2019; (Van Zyl <xref ref-type="bibr" rid="CIT0036">1993</xref>:5).</p>
<p>Die Dialektiese teologie het eie aan die Hervormde Kerk geword juis omdat dit as die voortsetting van die Reformatoriese tradisie beleef is. Van Zyl was instrumenteel in die konsolidasie van hierdie teologie in die Hervormde Kerk. Tog het die Barthiaanse teologie leemtes wat vandag ook in die Hervormde teologie te bespeur is.</p>
<p>Barth se Christo-sentrisme laat die teologie met &#x2019;n leemte. Deur net te fokus op die implikasie van die Christus-gebeure vir die sondaar mens, mis die teologie uit op ander teologiese klemtone, byvoorbeeld die teologiese belang van ekologie en sosiale opheffing. Eers in die onlangse verlede het die Hervormde Kerk kennis geneem van die ekologiese verantwoordelikheid en klem op sosiale opheffing in die Suid-Afrikaanse konteks. Die eerste teoloog in die Hervormde Kerk om die kerk bewus te maak van die eko-teologie is professor J.H. Buitendag (vgl Buitendag <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">1985</xref>).</p>
<p>Hierdie artikel het nie ten doel om die Dialektiese teologie te evalueer in die effektiwiteit of kwaliteit wat dit het nie. Hier is die doel om aan te dui hoe Van Zyl die Dialektiese teologie binne die Hervormde teologie laat posvat het.</p>
</sec>
<sec id="s20008">
<title>Godsdienswetenskap en teologie</title>
<p>Van Zyl as promovendus in Godsdiensfilosofie, lewer &#x2019;n bydrae tot die teologie beoefening binne die Hervormde Kerk deur die teologiese ensiklopedie te orden. Godsdienswetenskap en Godsdiensfilosofie is twee aparte dissiplines vir Van Zyl (Van der Merwe <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:236). Godsdiensfilosofie wat as vertrekpunt die natuurlike teologie het, het nie bestaansreg binne teologie nie. So ook het fundamentele Godsdienswetenskap, wat Van Zyl &#x2018;fenomenologie van die godsdiens&#x2019; (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">1973</xref>:150) noem, wel bestaansreg, maar kwalifiseer nie as teologie nie. Dit konsentreer te veel op die kulturele verskynsel van godsdiens en hoort tuis binne die geesteswetenskappe. Selfs filosofiese godsdiensfilosofie het bestaansreg maar kwalifiseer nog nie om teologie te wees nie (Van Zyl <xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">1973</xref>:150). Van Zyl voel homself tuis in die godsdiensfilosofie soos Emil Brunner dit verstaan (Van Zyl <xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">1973</xref>:153). Godsdiensfilosofie behoort die ruimte te wees waarbinne teologie besin oor die verskynsel godsdiens (<italic>theologia religionis</italic>) en tegelykertyd filosofie as gespreksgenoot het (Van der Merwe <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:237).</p>
<p>Dreyer (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2015</xref>:51) omskryf Van Zyl se verstaan van Godsdienswetenskap wanneer hy stel dat die eerste doelstelling van Godsdienswetenskap is die daarstel van &#x0149; <italic>theologia religionis</italic> wat &#x2019;n verstaan van wat godsdiens is, vergemaklik; &#x2018;nie &#x2026; in die fenomenologiese sin nie, maar in teologiese sin, dit wil s&#x00EA; in die lig van die openbaring&#x2019;. Die <italic>theologia religionis</italic> is dan die hoogtepunt van die Godsdienswetenskap ten dienste van teologie (Van der Merwe <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:237).</p>
<p>Van Zyl is egter ook Barthiaans in sy nadenke oor die aard van godsdiens. Godsdiens is &#x2019;n kulturele en menslike verskynsel. In di&#x00E9; opsig stem Van Zyl saam met Barth se stelling dat teologie nie op godsdiens gefundeer kan word nie, aangesien godsdiens in die mens gesetel is (Van Zyl <xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">1973</xref>:151). Van Zyl bevestig dat Brunner egter godsdiensfilosofie vir die teologie gered het deur godsdiensfilosofie in die teologie te fundeer (Van Zyl <xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">1973</xref>:151). Van Zyl eggo wat Calvyn reeds in die eerste hoofstukke van sy dogmatiek aangedui het: godsdiens is menslike pogings om uit te reik na die goddelike. Tipies Barthiaans, behou Van Zyl ook &#x2019;n onderskeid tussen geloof en godsdiens (Van Zyl <xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">1973</xref>:151, 154). Geloof is die gehoorsame menslike reaksie op die openbaring van God in Christus. Die wyse waarop hierdie geloofsverhouding tussen God en mens gestalte en uitdrukking vind, is godsdiens.</p>
<p>Die implikasie hiervan vir die kerk is dat die kerk opnuut moet ontdek dat die wese van die kerk nie daarin skuil om net &#x2019;n godsdienstige gemeenskap te wees nie, maar dat die kerk se wese in der waarheid daarin skuil dat die kerk &#x2019;n geloofsgemeenskap is (Van der Merwe <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:241). Onder nuwe en veranderende omstandighede moet die kerk nuwe vorme van bestaan bedink hoe die kerk geloofsgemeenskap, getrou en gehoorsaam aan die evangelie, kan wees.</p>
</sec>
</sec>
<sec id="s0009">
<title>Teologiese belang vir die Hervormde Kerk</title>
<p>Die invloed wat Van Zyl op die teologiese denke in die Hervormde Kerk uitgeoefen het, is onbetwisbaar. Van Wyk (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>) verwoord dit soos volg:
<disp-quote>
<p>Deur sy artikels in kerklike publikasies en voordragte tydens vergaderings, het prof Van Zyl ook op die wyere teologiese denke en ontwikkeling in die Nederduitsch Hervormde Kerk sterk invloed uitgeoefen. Sy voordragte, in die klas en voor vergaderings, het daarvan getuig dat die waarhede van die evangelie vir hom deurleefde werklikheid is wat aangryp en ontroer. (bl. 277)</p>
</disp-quote></p>
<p>Die bydrae wat Van Zyl tot die teologie beoefening binne die Hervormde Kerk gemaak het, kan op verskeie terreine aangedui word.</p>
<sec id="s20010">
<title>Godsbegrip</title>
<p>Vanuit die Dialektiese teologie het Van Zyl beklemtoon dat spreke oor God is nederige en geweegde woorde. Die onbeskryflike God laat die mens net toe om oor Hom te praat in terme van dit wat Hy oor Homself aan die mens openbaar. Vergelyk in di&#x00E9; verband Van Zyl (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0030">1944e</xref>:134): &#x2018;Dis alleen genade dat ons deur die geloof God in die Skrif kan ken&#x2019;. God openbaar Hom deur sy Woord in Jesus Christus. God se verhouding met die mens kom tot stand deur God se werking in Jesus aan die kruis. Ontmoeting met God roep die mens op tot geloof. Uitdrukking van geloof vind plaas in menslik, kultuur-gedrewe vorme en staan bekend as godsdiens.</p>
<p>Die mens het opdrag om oor God se genade in Christus te getuig. Hierdie verkondiging vind slegs plaas deur die verkondiging van die Woord. Vir Van Zyl is sending niks anders as verkondiging nie (Van Zyl <xref ref-type="bibr" rid="CIT0033">1972</xref>:178). Binne die Hervormde Kerk staan Woordverkondiging sentraal in die kerklike bedieningsstrukture. Kennis van God kom slegs deur Woordverkondiging (Van Zyl <xref ref-type="bibr" rid="CIT0033">1972</xref>:178).</p>
</sec>
<sec id="s20011">
<title>Skrifbeskouing</title>
<p>Van Zyl het die Hervormde Kerk kom leer van &#x2019;n nugtere Skrifbeskouing. Die Bybel is mense woorde oor God (Geyser <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1989</xref>:255); menslike getuienis oor die Openbaring (Geyser <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1989</xref>:257). Die waarheid van die Skrif word nie begrond op die onfeilbaarheid van die Skrif nie. Ons ontdek die waarheid nie in &#x2019;n onfeilbare Skrif nie, maar in ontmoeting met Jesus (Geyser <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1989</xref>:260). Die stelling dat die Bybel God se Woord in mensetaal is, is die basiese Skrifbeskouing van die Hervormde Kerk. Hierdie Hervormde teologiese formulering van Skrifbeskouing kan terug gevoer word na Barth via Van Zyl (Dreyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2015</xref>:48). Barth stel dit in <italic>KD1/II</italic>: &#x2018;<italic>In the Bible we meet with human words in human speech, and in these words, and therefore by means of them, we hear the lordship of the triune God</italic> &#x2026;&#x2019; (Barth <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1970</xref>:463).</p>
<p>Die Etiese teologie se bydrae tot die Barthiaanse Skrifbeskouing is duidelik. Die etiese opvatting is dat die openbaring van God juis nie in begrippe vasgevang is nie, maar te vinde is in Christus (Loader <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1996</xref>:583).</p>
<p>Die nugtere Skrifbeskouing waartoe Van Zyl bygedra het, word soos volg geformuleer:
<disp-quote>
<p>In &#x2019;n tyd toe &#x2019;n pre-kritiese fundamentalistiese Skrifgebruik algemeen gangbaar was in die Afrikaanse kerke en teologie (veertigerjare), stel Van Zyl &#x2019;n Skrifbeskouing wat die moderne Bybelwetenskap in &#x2019;n groot mate geantisipeer en verdiskonteer het. (Van der Merwe <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:242)</p>
</disp-quote></p>
</sec>
<sec id="s20012">
<title>Sendingbewussyn</title>
<p>Deur sy publikasies het Van Zyl &#x2019;n reuse bydrae gelewer om &#x2019;n nuwe gesindheid binne die Hervormde Kerk teenoor sending te kweek (Van der Merwe <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:242). Van Zyl se teologiese arbeid op die gebied van sendingwetenskap word deur Van Wyk (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:278) beoordeel dat Van Zyl moes hom sendingteologies afgrens teen die rewolusion&#x00EA;re ontwikkeling in die ekumeniese sendingteologie na die Tweede W&#x00EA;reldoorlog. Die resultaat van die strydvoering was dat hy nie veel impak met sy sendingteologie kon maak nie. Tog, op kerklike terrein kon Van Zyl die Hervormde Kerk voortdurend herinner aan die realiteit van kerk wees met &#x2019;n sendingopdrag. Vir Van Zyl was dit duidelik dat die Hervormde Kerk se sending aktiwiteite &#x2018;&#x2026; l&#x00EA; dus meer in die bydrae wat hy lewer om die bestaande kerk op te bou en te laat groei na Christus toe &#x2026;&#x2019; (Van Zyl <xref ref-type="bibr" rid="CIT0033">1972</xref>:181). Die doel van sending is om die w&#x00EA;reldheerskappy van Christus te proklameer (Van Zyl <xref ref-type="bibr" rid="CIT0033">1972</xref>:7).</p>
<p>Sy voortgesette pogings om sending op die agenda van die Hervormde Kerk te hou, het daartoe gelei dat voortdurende debat oor sending in die Hervormde Kerk gevoer is.</p>
</sec>
<sec id="s20013">
<title>Etiek van werk</title>
<p>Van Zyl het nie net in sy talle voordragte en artikels &#x2019;n bydrae tot die Hervormde Kerk se teologie gemaak nie. Sy lewe en arbeid binne die kerk was &#x2019;n toonbeeld van harde werk. Van sy studente dae af is dit duidelik dat sy lewe gekenmerk is deur &#x2019;n eerbare werksetiek. Ten spyte van struikelblokke om studiemateriaal te bekom en moeite om op hoogte van teologiese ontwikkelinge te bly, het hy steeds volgehou met harde akademiese werk. Die lang rits van publikasies (vergelyk die volledige lys van publikasies van Van Zyl in Van der Merwe <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:245&#x2013;251) is &#x2019;n aanduiding van sy vrugbare akademiese loopbaan. Die onbaatsugtige wyse waarop hy in diens van die kerk gedien het, as predikant, hoogleraar en lid van verskeie kommissies en rade, dien tot voorbeeld vir ampsdraers in die Hervormde Kerk. Van der Merwe beklemtoon juis die feit dat Van Zyl as &#x2018;kerkman&#x2019; (Van der Merwe <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">1989</xref>:233) gereken moet word. Sy akademiese arbeid het hom nooit van die kerklike praktyk vervreem nie. Selfs na sy aftrede as hoogleraar het hy kans gesien om in &#x2019;n gemeente ten dienste van die kerk te werk. Sy lewe as toegewyde kerkman het die werksetiek van predikante van die kerk be&#x00EF;nvloed.</p>
</sec>
<sec id="s20014">
<title>Menslike feilbaarheid</title>
<p>Die kerk is groter as enige mens. Van Zyl, ten spyte van al sy positiewe karaktereienskappe en onbetwisbare bydrae tot Hervormde teologie, was &#x2019;n mens uitgelewer aan die indrukke en invloede van sy tyd. Sy deelname aan die opstel van die Herderlike Skrywe 1973, staan onuitwisbaar in terme van sy ondersteuning van &#x2019;n saak soos blanke lidmaatskap van die Hervormde Kerk soos verwoord in Artikel III van die Kerkorde. Ten spyte van herhaalde uitsprake dat die hele evangelie deur die hele kerk aan alle nasies gebring moet word, staan Van Zyl steeds uit as Afrikaner nasionalis wat die grense van die volk van God soms laat oorvleuel met die grense van die Afrikaner volk:
<disp-quote>
<p>Wanneer die eerste en hoogste verlange van elke lid van die volk is dat die hele volk van God mag wees, dan eers word die ware, Christelike, geheiligde nasionalisme gebore. (Van Zyl <xref ref-type="bibr" rid="CIT0025">1942</xref>)</p>
</disp-quote></p>
<p>Selfs sy nalatenskap aan die teologiese erfenis van die Hervormde Kerk bevestig die dialektiese aard van sy teologiese denke. Dit kan in die kerk nooit oor mense gaan nie. Mense is feilbaar, selfs in hulle beste pogings om God en die koninkryk te dien.</p>
</sec>
</sec>
<sec id="s0015">
<title>Konklusie</title>
<p>Frans van Zyl se bydrae tot die teologie in die Hervormde Kerk is van onskatbare waarde. Sy refleksie op die dialektiese teologie het die Hervormde Kerk in &#x2019;n bepaalde teologiese rigting gestuur en sy Skrifbeskouing het as instrument gedien hoe om die roetekaart te lees. Deur die gesprek oor sending op die agenda van die Hervormde Kerk te hou, is die kerk voortdurend herinner aan die evangeliese opdrag om die evangelie aan almal te bring.</p>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkenning</title>
<sec id="s20016" sec-type="COI-statement">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeur verklaar dat hy geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon be&#x00EF;nvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Barth</surname>, <given-names>K</given-names></string-name></person-group>., <year>1970</year>, <source><italic>Church dogmatics Vol 1/II</italic></source>, <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>G.W</given-names>. <surname>Bromiley</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>T.F</given-names>. <surname>Torrance</surname></string-name>, <string-name name-style="given-only">T.F.</string-name> (reds.)</person-group>, <publisher-name>T&#x0026;T Clark</publisher-name>, <publisher-loc>Edinburgh</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Beyers</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>2016</year>, &#x2018;<article-title>Theology and higher education: The place of a Faculty of Theology at a South African university</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/ Theological Studies</italic></source> <volume>72</volume>(<issue>4</issue>), <fpage>a3450</fpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v72i4.3450">https://doi.org/10.4102/hts.v72i4.3450</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bromiley</surname>, <given-names>G.W</given-names></string-name></person-group>., <year>1979</year>, <source><italic>An introduction to the theology of Karl Barth</italic></source>, <publisher-name>William B. Eerdmans Publishing Company</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Buitendag</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>1985</year>, &#x2018;<article-title>Skepping en Ekologie. &#x2019;n Sistematiese ondersoek na die teologiese verstaan van die werklikheid</article-title>&#x2019;, <comment>Ongepubliseerde DD proefskrif</comment>, <publisher-name>Universitiet van Pretoria</publisher-name>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Buitendag</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>1992</year>, <source><italic>Die etos van die Nederduitsch Hervormde Kerk, ongepubliseerde memorandum in Handelinge van die TKK</italic></source>, <publisher-name>Argief van die Nederduitsch Hervormde Kerk</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bultmann</surname>, <given-names>R</given-names></string-name></person-group>., <year>1984</year>, <source><italic>Theology as science (1941)</italic></source> in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>R</given-names>. <surname>Bultmann</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>New Testament and Mythology: And other basic writings</italic></source>, pp. <fpage>44</fpage>&#x2013;<lpage>76</lpage>, Selected, <person-group person-group-type="translator">edited and transl <string-name><given-names>S.M</given-names>. <surname>Ogden</surname></string-name></person-group>, <publisher-name>SCM Press</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Dreyer</surname>, <given-names>T.F.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2003</year>, &#x2018;<article-title>Statistieke vertel &#x2019;n storie: &#x2019;n Visie vir die Hervormde Kerk op pad na 2010</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>59</volume>(<issue>4</issue>), <fpage>1045</fpage>&#x2013;<lpage>1062</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v59i4.685">https://doi.org/10.4102/hts.v59i4.685</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Dreyer</surname>, <given-names>W.A</given-names>., <suffix>jnr</suffix></string-name></person-group>, <year>2015</year>, &#x2018;<article-title>Die interpretasie van die Dialektiese teologie deur Hervormde teolo&#x00EB;</article-title>&#x2019;, <comment>ongepubliseerde MDiv skripsie</comment>, <publisher-name>Universiteit vn Pretoria</publisher-name>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Geyser</surname>, <given-names>P.A</given-names></string-name></person-group>., <year>1989</year>, &#x2018;<article-title>Prof dr FJ van Zyl se Skrifbeskouing</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Theological Studies</italic></source> <volume>45</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>253</fpage>&#x2013;<lpage>262</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v45i2.2254">https://doi.org/10.4102/hts.v45i2.2254</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Herderlike Skrywe</collab></person-group>, <year>1973</year>, <source><italic>Argief van die Nederduitsch Hervormde Kerk</italic></source>, <publisher-name>Kital</publisher-name>:<publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Koekemoer</surname>, <given-names>J.H</given-names></string-name></person-group>., <year>1995</year>, &#x2018;<article-title>Die etos van die Nederduitsch Hervormde Kerk</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>51</volume>(<issue>3</issue>), <fpage>876</fpage>&#x2013;<lpage>880</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v51i3.1447">https://doi.org/10.4102/hts.v51i3.1447</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Loader</surname>, <given-names>J.A</given-names></string-name></person-group>., <year>1989</year>, &#x2018;<article-title>Ontstaan en eerste periode van die Hervormde teologiese Opleiding aan die Universiteit van Pretoria</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>45</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>412</fpage>&#x2013;<lpage>437</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v45i2.2284">https://doi.org/10.4102/hts.v45i2.2284</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Loader</surname>, <given-names>J.A</given-names></string-name></person-group>., <year>1996</year>, &#x2018;<article-title>&#x2019;n Hervormde tradisie as heelmiddel</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>52</volume>(<issue>4</issue>), <fpage>566</fpage>&#x2013;<lpage>589</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v52i4.1543">https://doi.org/10.4102/hts.v52i4.1543</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika</collab></person-group>, <year>1945</year>, <source><italic>Notule, Algemene Kerkvergadering</italic></source>, <publisher-name>Argief van die Nederduitsch Hervormde Kerk</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Nel</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>2015</year>, &#x2018;<article-title>Die etos van die Hervormde Kerk in die derde Millenium</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>71</volume>(<issue>3</issue>), <comment>Art #3064</comment>, <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>7</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v71i3.3064">https://doi.org/10.4102/hts.v71i3.3064</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><collab>Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika</collab></person-group>, <year>2016</year>, <source><italic>Notule, Algemene Kerkvergadering</italic></source>, <publisher-name>Argief van die Nederduitsch Hervormde Kerk</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Oberholzer</surname>, <given-names>J.P</given-names></string-name></person-group>., <year>2010</year>, &#x2018;<article-title>Politieke spanning en ekumeniese druk 1954&#x2013;1960&#x2019;, in &#x2018;Honderd Jaar Kerk en Teologiese Opleiding: &#x2018;n Kroniek van die Hervormde Kerk</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>66</volume>(<issue>3</issue> <supplement>Suppl 9</supplement>), <comment>Art. #920</comment>, <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>10</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v66i3.920">https://doi.org/10.4102/hts.v66i3.920</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0018"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Pannenberg</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>1973</year>, <source><italic>Wissenschaftstheorie und Theologie</italic></source>, <publisher-name>Suhrkamp Verlag</publisher-name>, <publisher-loc>Frankfurt am Main</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0019"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Pont</surname>, <given-names>A.D</given-names></string-name></person-group>., <year>1992</year>, &#x2018;<article-title>Kerkgeskiedenis in ons teologiese opleiding: 1917&#x2013;1956</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>48</volume>(<issue>1 en 2</issue>), <fpage>253</fpage>&#x2013;<lpage>272</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0020"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van der Merwe</surname>, <given-names>P.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1989</year>, &#x2018;<article-title>Prof dr FJ van Zyl as mens, kerkman en godsdiensfilosoof</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>45</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>231</fpage>&#x2013;<lpage>252</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v45i2.2253">https://doi.org/10.4102/hts.v45i2.2253</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0021"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van der Merwe</surname>, <given-names>P.J</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Van Wyk</surname>, <given-names>D.J.C</given-names></string-name></person-group>., <year>1992</year>, &#x2018;<article-title>Francois Jacobus Van Zyl, hooglereaar 1960&#x2013;1978</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>48</volume>(<issue>1&#x0026;2</issue>), <fpage>381</fpage>&#x2013;<lpage>405</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0022"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Eck</surname>, <given-names>E</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>Redaksioneel tot die T.F.J. Dreyer Huldigingsbundel</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>67</volume>(<issue>3</issue>), <comment>Art. #1124</comment>, <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>6</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v67i3.1124">https://doi.org/10.4102/hts.v67i3.1124</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0023"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Wyk</surname>, <given-names>D.J.C</given-names></string-name></person-group>., <year>1989</year>, &#x2018;<article-title>Prof dr FJ van Zyl as sendingteoloog</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologeise Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>45</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>263</fpage>&#x2013;<lpage>279</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0024"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Wyk</surname>, <given-names>I.W.C</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>Wat is reformatoriese teologie?: Nadenke na aanleiding van &#x2019;n kerklike beswaarskrif</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>67</volume>(<issue>3</issue>), <comment>Art. #1156</comment>, <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>11</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v67i3.1156">https://doi.org/10.4102/hts.v67i3.1156</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0025"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Zyl</surname>, <given-names>F.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1942</year>, &#x2018;<article-title>Ons kerk en ons volk</article-title>&#x2019;, <source><italic>Almanak</italic></source> <volume>36</volume>, <fpage>58</fpage>&#x2013;<lpage>62</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0026"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Zyl</surname>, <given-names>F.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1944a</year>, &#x2018;<article-title>Die Boek van alle boeke: Ons Bybel: Inleiding</article-title>&#x2019;, <source><italic>Die Hervormer</italic></source> <volume>35</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>6</fpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0027"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Zyl</surname>, <given-names>F.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1944b</year>, &#x2018;<article-title>Die Boek van alle boeke: Ons Bybel: Die inhoud van die Bybel</article-title>&#x2019;, <source><italic>Die Hervormer</italic></source> <volume>35</volume>(<issue>3</issue>), <fpage>13</fpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0028"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Zyl</surname>, <given-names>F.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1944c</year>, &#x2018;<article-title>Die Boek van alle boeke: Ons Bybel: Mensewoord en Gods Woord</article-title>&#x2019;, <source><italic>Die Hervormer</italic></source> <volume>35</volume>(<issue>4</issue>), <fpage>7</fpage>&#x2013;<lpage>8</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0029"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Zyl</surname>, <given-names>F.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1944d</year>, &#x2018;<article-title>Die Boek van alle boeke: Ons Bybel: Die Eenheid van die Bybel</article-title>&#x2019;, <source><italic>Die Hervormer</italic></source> <volume>35</volume>(<issue>5</issue>), <fpage>4</fpage>&#x2013;<lpage>5</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0030"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Zyl</surname>, <given-names>F.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1944e</year>, &#x2018;<article-title>Skrifbeskouing van Karl Barth</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Theological Studies</italic></source> <volume>1</volume>(<issue>3</issue>), <fpage>124</fpage>&#x2013;<lpage>135</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v1i3.3320">https://doi.org/10.4102/hts.v1i3.3320</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0031"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Zyl</surname>, <given-names>F.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1945</year>, &#x2018;<article-title>Die Boek van alle boeke: Ons Bybel: Die Bybel en die verkondiging</article-title>&#x2019;, <source><italic>Die Hervormer</italic></source> <volume>35</volume>(<issue>11</issue>), <fpage>6</fpage>&#x2013;<lpage>7</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0032"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Zyl</surname>, <given-names>F.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1948</year>, <source><italic>Die Boek van alle boeke: Ons Bybel</italic></source>, <publisher-name>HAUM/De Bussy</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0033"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Zyl</surname>, <given-names>F.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1972</year>, &#x2018;<article-title>Die sendingtaak van die kerk: &#x2019;n Prinsipi&#x00EB;le behandeling</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>28</volume>(<issue>5</issue>), <fpage>173</fpage>&#x2013;<lpage>182</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0034"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Zyl</surname>, <given-names>F.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1973</year>, &#x2018;<article-title>Godsdienswetenskap en godsdiensfilosofie</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>I</given-names>. <surname>Eybers</surname></string-name> (red.)</person-group>, <source><italic>Inleiding in die teologie</italic></source>, pp. <fpage>143</fpage>&#x2013;<lpage>156</lpage>, <publisher-name>NG Kerk Boekhandel</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0035"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Zyl</surname>, <given-names>F.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1992</year>, &#x2018;<article-title>Die lewe en werk van HP Wolmarans, teologiese dosent 1935&#x2013;1959</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theogical Studies</italic></source> <volume>48</volume>(<issue>1&#x0026;2</issue>), <fpage>363</fpage>&#x2013;<lpage>379</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0036"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Zyl</surname>, <given-names>F.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1993</year>, <source><italic>Die mens as sondaar: Karl Barth se beskouing</italic></source>, <publisher-name>Kital</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0037"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Zyl</surname>, <given-names>F.J</given-names></string-name></person-group>., <year>1999</year>, &#x2018;<article-title>Aktualiteit en neerslag van Karl Barth se versoeningsleer in ons teologie</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>D.J.C</given-names>. <surname>van Wyk</surname></string-name> (red.)</person-group>, <source><italic>20ste eeu Hervormde teologie</italic></source>, pp. <fpage>406</fpage>&#x2013;<lpage>419</lpage>, <publisher-name>Sentik</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0038"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Woltersdorff</surname>, <given-names>N</given-names></string-name></person-group>., <year>1996</year>, &#x2018;<article-title>Die M&#x00FC;hsal der Theologie in der modernen Universit&#x00E4;t</article-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>C</given-names>. <surname>Krieg</surname></string-name>, <string-name><given-names>T</given-names>. <surname>Kucharz</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>M</given-names>. <surname>Volf</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>Die Theologie auf dem Weg in das dritte Jahrtausend: Festschrift f&#x00FC;r J&#x00FC;rgen Moltmann zum 70. Geburtstag</italic></source>, pp. <fpage>35</fpage>&#x2013;<lpage>46</lpage>, <publisher-name>G&#x00FC;tersloher Verlagshaus</publisher-name>, <publisher-loc>G&#x00FC;tersloh</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>Research Project Registration:</bold></p></fn>
<fn><p><bold>Project Leader:</bold> J. Beyers</p></fn>
<fn><p><bold>Project Number:</bold> 02440237</p></fn>
<fn><p><bold>Description:</bold> This research is part of the project, &#x2018;Religion and Culture&#x2019;, directed by Prof. Dr Jaco Beyers, Department Science of Religion and Missiology, Faculty of Theology, University of Pretoria.</p></fn>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Beyers, J., 2017, &#x2018;Die belang van Prof. F.J. van Zyl vir Hervormde Teologie&#x2019;, <italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic> 73(1), a4604. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v73i1.4604">https://doi.org/10.4102/hts.v73i1.4604</ext-link></p></fn>
<fn id="FN0001"><label>1</label><p>Hierdie verwysing na Pannenberg het nie ten doel om Hervormde teologie te verduidelik nie, maar dien as omskrywing van die aard van teologie.</p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>