The publication of several series of theological commentaries since the year 2000 marked the entrance of the discipline
Die hernude belangstelling in en die gepaardgaande opkoms van Teologiese interpretasie van die Bybel sedert die begin van die huidige eeu bied ’n vrugbare werkgebied waarbinne Ou-Testamentiese wetenskap die ontwikkeling van alternatiewe hermeneutiese benaderings tot die teks van die Bybel kan ondersoek. Die publikasie van verskeie reekse teologiese kommentare sedert die jaar 2000 merk die toetrede van hierdie alternatiewe interpretasiebenadering tot die Bybelteks binne die hermeneutiese kader
’n Gebrek aan goed ontwikkelde metodologiese oorwegings kortwiek egter Teologiese interpretasie van die Bybel. Met hierdie artikel word gepoog om ’n bydrae tot die ontwikkeling daarvan te lewer. Vir Meadowcroft (
Post-Aufkläring hermeneutiek neig om beperk te raak in ’n eksklusiewe fokus op een van die twee kompeterende sfere van menslike agentskap wat streng gedefinieer is in terme van immanente parameters, hetsy in terme van die teks as produk van (’n) menslike agent(e) of in terme van die leser as ’n objektiewe agent, vry van ander agente se invloed (Bowald
Verskeie hermeneute sien die oplossing tot sulke eenduidige of eksklusiewe fokusse wat ’n verskralende hermeneutiese effek het, verskillend. Vir Lombaard (
Ricoeur, in sy nadenke oor die bydrae van hermeneutiese filosofie tot bybelse eksegese, sien teologie as ’n hermeneutiese oefening. Nader in dissipline aan eksegese as aan filosofie, is teologie ’n nie-spekulatiewe interpretasie van die begrondende diskoers in die Ou- en Nuwe Testamente sonder die voordeel van ’n rasionele fondament waarop die onderneming gebaseer word (Wallace
Bogenoemde is verskeie hermeneutiese pogings om die moeilike balans tussen hermeneutiese realisme en hermeneutiese idealisme te vind om so die ‘teks-leser’-teenstelling te navigeer. Nogtans is menslike agentskap steeds die fokus-kenmerk van albei. Verskeie teologiese interpreteerders verskuif egter die fokus na Goddelike agentskap en dit is hulle siening wat, na my mening, die grootste bydrae kan maak tot nadenke rondom die metodologiese onderbou van Teologiese interpretasie van die Bybel.
Die eerste bydrae wat hier ter sprake kom, is díe van Vanhoozer. God se trinitariese kommunikatiewe handelinge is vir Vanhoozer
Teenoor die ‘Nuwe kritiek’ (uiteengesit deur Wimsatt & Beardsley
Die tweede bydrae wat hier ter sprake kom, is díe van Bowald. Na my mening kan Vanhoozer se fokus op die outeur uitgebrei word met Bowald se gedagte dat die karakter van God as kommunikatiewe agent die fundamentele hermeneutiese horison uitmaak vir Teologiese interpretasie. Vir Bowald (
Vanhoozer beweeg in hierdie rigting met sy gebruik van die ontluikingsteorie met die konsepte
As Teologiese interpretasie Goddelike agentskap en die kanon in terme van die teorie van ontluiking bedink, en God se karakter as die fundamentele hermeneutiese horison neem waarbinne die Bybel as woord van God gelees word, wat maak ’n hermeneutiek vir Teologiese interpretasie met non- en post-fondamentalistiese hermeneutiese benaderings se vraag na die aard van kennis? Dit bring ons by die verkenning van epistemologiese oorwegings van ’n hermeneutiek vir Teologiese interpretasie.
Treier (
Barth begin by die voorveronderstelling van openbaring en is tot die realiteit of aktualiteit (
Slegs ’n
Hermeneutiese rasionaliteit is die strewe na literêre kennis. In sy beskrywing van die objek van literêre kennis, reserveer Vanhoozer (
Om die kommunikatiewe handeling van die teks te beskryf, moet egter nie met ’n beskrywing van óf die oorspronklike situasie waarin die teks ontstaan het (die histories kritiese geneigdheid) óf van die daaropvolgende belang van die teks (die geneigdheid van lesersrespons metodologieë) verwar word nie (Vanhoozer
Hermeneutiese rasionaliteit (die strewe na literêre kennis) word die beste in terme van abduktiewe afleidings (eerder as deduktiewe of induktiewe redenasies) beskryf: Die hermeneut se oogmerk is literêre kennis – ’n verduideliking van hoe en hoekom die teks is soos wat dit is en waaroor die teks handel. Hy of sy kom tot hierdie gevolgtrekking deur intensies aan die outeur van die teks toe te skryf wat die teks kan verantwoord in sy dele en in sy geheel. Kritiese interpretasie formuleer hipoteses oor wat die outeur gedoen het deur aandag aan sy of haar woorde te gee.
Die aanspraak dat diskoers oor iets handel, word in die nosie van kommunikatiewe handeling geïmpliseer. Verstaan in hierdie konteks het dus te doen met die kognitiewe kontak van die hermeneut met dít wat die outeur in die teks gedoen het asook met dít waaroor die teks handel (Vanhoozer
Dat genre ’n wêreldbeskouing of perspektief op realiteit is, ondermyn nie die moontlikheid van egte verwysing nie – slegs die mite van ’n totale verteenwoordiging van realiteit. Geen genre kan die volle realiteit beskryf nie, maar is ’n beperkte deskriptiewe raamwerk. Genre is soos ’n kaart wat verskeie aspekte van realiteit belig en bied in sommige gevalle ons enigste toegang daartoe – weliswaar realiteit ‘onder beskrywing’, maar nogtans realiteit (Vanhoozer
Genre is vir Vanhoozer (
Skryf sowel as lees behels dus ‘kommunikatiewe bevoegdheid’: die praktiese vaardigheid of kundigheid om grammatikale en generiese reëls te verstaan. Soos Wittgenstein (
’n Verskeidenheid van literêre genres betrek die realiteit op ’n verskeidenheid van maniere. Hier word onderskei tussen ’n letterlike interpretasie wat met ’n teorie van betekenis as verwysing werk (fundamentalisme sowel as historiese kritiek)
Teologiese interpretasie ondersoek, onder andere, hoe gelowiges en die kerk as geloofsgemeenskap ’n respons kan maak op die Bybelteks. Die unieke aard van die Bybel maak unieke aansprake op die leser (Bowald
Adam et al. (
Die moraliteit van literêre kennis vereis nederigheid sowel as ywer. Hermeneutiese balans behels dat kennis met nederigheid gebalanseer word (Vanhoozer die negatiewe verantwoordelikheid om nie jou epistemiese greep te oorskry en op kennis aanspraak te maak van wat onkenbaar is nie; dus nederige bewustheid van beperkinge; die positiewe verantwoordelikheid om jou in te span om te wete te kom wat wel kenbaar is – om sonder luiheid te delf vir die gegewens van die teks.
Die moraliteit van literêre kennis vereis verder nog ook ’n balans tussen skeptisisme sowel as oortuiging. Lesers wat trots is op hulle interpretasies – konserwatiewe fundamentaliste sowel as liberale postmoderniste – loop die risiko om die teks te bemeester en hulle kommentaar op die teks te verhoog tot ’n status bó die van die teks (Vanhoozer
Nederigheid is wat die leser op die teks laat wag eerder as om dit te bemeester. Die betekenis en belang van ’n teks is nooit die besit van die leser nie; dit is eerder ’n gedeeltelik-vervulde (eskatologiese) belofte – die nodige teengif vir trotse of hoogmoedige interpretasies. Alhoewel absolute kennis nie ons besit is nie (die ‘nog nie’ van eskatologie), is voldoende kennis wel tot ons beskikking (die ‘alreeds’ van eskatologie of gerealiseerde epistemologie). Daarom kan Teologiese interpretasie tekste met die nodige moed van (Christelike) oortuiging interpreteer (Vanhoozer
Die deugde van nederigheid maak drie bydraes in terme van die meta-hermeneutiese oorwegings onderliggend aan Teologiese interpretasie:
Metafisies: die besef dat lesers nie skeppers van betekenis is nie maar ontvangers daarvan, maak die leser meer realisties oor die doelwitte en mikpunte van hermeneutiek. Epistemologies: kritiese rasionaliteit erken die leser se feilbaarheid – trouens ook dié van die skrywer – maar ons vertroue in die moontlikheid om die Bybel te verstaan, is nie in menslike taal(vermoëns) gegrond nie, maar in God Wie se woord effektief is (Jes 55:10–11). Eties: ’n sin van verantwoordelikheid wat die leser se verpligtinge teenoor die
Die getuienis, in woord en daad, van individuele gelowiges en die kerk as geloofsgemeenskap is waarskynlik die belangrikste vorm van Teologiese interpretasie (Vanhoozer
Die publikasie van verskeie reekse teologiese kommentare sedert die jaar 2000 merk die toetrede van Teologiese interpretasie binne die hermeneutiese kader. ’n Gebrek aan goedontwikkelde metodologiese oorwegings, kortwiek egter Teologiese interpretasie van die Bybel. Daar is gepoog om met hierdie artikel ’n bydrae hiertoe te lewer. Drie meta-hermeneutiese aspekte wat die breë metodologiese onderbou van Teologiese interpretasie uitmaak, naamlik metafisika, epistemologie en etiek is ondersoek.
Die metafisiese oorwegings is ondersoek in terme van die karakter van God as aktiewe teenwoordige kommunikatiewe agent wat die fundamentele hermeneutiese horison uitmaak waarbinne Teologiese interpretasie van die Bybel gepraktiseer word. Kontemporêre bybelse hermeneutiek word tradisioneel bedryf in terme van die ‘teks-leser’-teenstelling met menslike agentskap as fokus-kenmerk van albei: fokus op die teks sentreer menslike agentskap op die skep en samestelling van tekste, terwyl fokus op die leser menslike agentskap op die verskeidenheid van leesaktiwiteite sentreer (Bowald
Die epistemologiese oorwegings is in terme van ’n
In kritiese realisme is daar ’n verband tussen die verstaan van realiteit en die verstaan van tekste ten opsigte van die deskriptiewe verwysingsraamwerk (of paradigma, of spesifieke hermeneutiese skema) waarmee ons die realiteit of die teks benader. Dit is nie dat paradigmas of deskriptiewe verwysingsraamwerke die realiteit konstrueer nie, maar dat sekere aspekte van die realiteit slegs na vore tree of aan die lig kom, onder sekere deskriptiewe verwysingsraamwerke (Vanhoozer
Die etiese oorwegings onderliggend aan Teologiese interpretasie is ondersoek. Die moraliteit van literêre kennis vereis balans – balans in terme van nederigheid en ywer, twee hermeneutiese verantwoordelikhede wat mekaar balanseer, asook in terme van skeptisisme en oortuiging. Nederigheid is wat die leser op die teks laat wag eerder as om dit te wil bemeester. Die drie bydraes van nederigheid as hermeneutiese deugde, naamlik metafisiese, epistemologiese en etiese oorwegings is, in terme van die meta-hermeneutiese oorwegings onderliggend aan Teologiese interpretasie, uitgespel.
Die outeur verklaar dat sy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat haar nadelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.
Die doel van die artikel is om Teologiese interpretasie van die Bybel as dissipline aan te bied – ’n afsonderlike dissipline met sy eie fokus en skopus. Die dissipline het relatief onlangs ontstaan hoofsaaklik binne die konteks van ’n Christelik-Amerikaanse perspektief met ’n meer teologies konserwatiewe geneigdheid (hetsy postmodern of nie). Dit is gevolglik die perspektief wat, ten minste vir nou, Teologiese interpretasie van die Bybel verteenwoordig. Die bedoeling hier is nie om ’n globale perspektief aan te bied van wat aan die gang is binne Ou-Testamentiese wetenskap as navorsingsveld nie, maar wat hier aangebied word, is beperk tot die ontwikkeling van die spesifieke dissipline
Vir voorbeelde van Teologiese interpretasie binne die werkgebied van die Ou-Testamentiese wetenskap, kyk onder andere Vanhoozer (
Die skopus van hierdie artikel is nie die ontwikkeling van ’n Ou-Testamentiese teologie nie, maar ’n bydrae tot die ontwikkeling van die metodologiese onderbou van Teologiese interpretasie van die Bybel as ’n afsonderlike dissipline wat die teologiese interpretasie van spesifieke Bybeltekste as oogmerk het. Die metodologiese oorwegings wat hier aangebied word, word met hierdie spesifieke taak in gedagte aangebied. Teologiese interpretasie van die Bybel is ’n eiesoortige dissipline wat in skopus en fokus verskil van Ou-Testamentiese teologie. Om hierdie rede word verskeie leidende Ou-Testamentiese teologieë as sodanig nie oorweeg en weergegee in die verwysing na onlangse navorsing nie.
Ander belangrike voorwaardes vir goeie Teologiese interpretasie is, volgens Meadowcroft (
Adam et al. (
Vanhoozer (
Ek moet toegee dat ek myself veel eerder as ’n Bybelwetenskaplike as ’n filosoof sien. Die gevolg is dat ek die konsepte
Selfs nie die Middeleeuse-filosofiese konsep van wese of die Heideggeriaanse daarwees van
God se naam is terselfdertyd dit wat die bybelse diskoers in al die variëteite daarvan bymekaar hou asook die verdwynpunt wat die geheim van God se ‘in Godself wees’ bewaar (Moyaert
Bowald (
Vir Vanhoozer (
Derhalwe ’n hermeneutiek van suspisie ten opsigte van alle interpretasie – ook my eie – veral as dit ’n selfversekerde hermeneutiek is (Vanhoozer
Kolossense 1:15 – ὅς ἐστιν εἰκὼν τοῦ θεοῦ τοῦ ἀοράτου [Hy is die ‘ikoon’ van die onsigbare God].
Die naam van God het ’n subverserende funksie wat alle taal tot by die limiet dra en so die risiko van afgodery beperk (Moyaert
Dit is nietemin ook terselfdertyd ’n vennootskap tussen die Goddelike outeur en menslike outeur(s), redaktor(s) of kanoniseerders (Bowald
Vanhoozer (
Die Engels soos Vanhoozer (
Soos in die geval van ontmitologisering (Vanhoozer
Daarom hoef alle dele van die Skrif nie as feitlik waar beskou te word in die sin van modernisme se historiese en empiriese kriteria nie, maar is daar ruimte vir die konseptualisering van literêre waarheid.
Hierdie