<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">HTS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0259-9422</issn>
<issn pub-type="epub">2072-8050</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">HTS-72-3392</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/hts.v72i4.3392</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Original Research</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>&#x2019;n (Outo)biografiese Twitter-teologie</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">http://orcid.org/0000-0001-9304-080X</contrib-id>
<name>
<surname>van den Berg</surname>
<given-names>Jan-Albert</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Practical Theology, Faculty of Theology, University of the Free State, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Jan-Albert van den Berg, <email xlink:href="vdbergja@ufs.ac.za">vdbergja@ufs.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>30</day><month>11</month><year>2016</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2016</year></pub-date>
<volume>72</volume>
<issue>4</issue>
<elocation-id>3392</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>29</day><month>02</month><year>2016</year></date>
<date date-type="accepted"><day>03</day><month>11</month><year>2016</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2016. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2016</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract>
<p><bold>An (auto)biographical Twitter-theology.</bold> Due to the increasing challenges created by an evolving digital world, traditional expressions of the Christian faith could become irrelevant for a fast-paced world. Through an autobiographical orientation, a search for meaningful personal expressions of the Christian faith on Twitter is traced and mapped down. Facilitated through a practical-theological inquiry and employing a qualitative empirical research methodology, personal aphorisms of the Christian faith on Twitter are traced down and presented as possible examples of a relevant digital autobiographical theology. Through the contribution of these empirical realities, new hermeneutical outcomes and a strategic involvement are facilitated. The creation, development and meaning of new theological formulations and articulations are explored and described through these expressions. In the tracing of and in the mapping down of these new expressions of faith, demarcations of a possible lived spirituality in the digital sphere are sounded out and verbalised. Through the documentation of these new and relevant articulations of the language of faith, a contribution is made to a meaningful digital autobiographical theology.</p>
</abstract>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Op soek na nuwe (relevante?) teologiese ruimtes en taal</title>
<sec id="s20002">
<title>&#x2019;n (Outo)biografiese ori&#x00EB;ntering tot die navorsing</title>
<p>&#x2019;n Narratiewe ori&#x00EB;ntasie tot die lewe waarin die waarde van persoonlike ervaringe en verhale erken word, het my toenemend skepties gelaat teenoor sogenaamde objektiewe en algemeen geldende waarhede. In die plek daarvan het ek &#x2019;n sensitiwiteit ontwikkel vir die betekenis van individuele, subjektiewe en gekontekstualiseerde beskrywings. Di&#x00E9; narratiewe ori&#x00EB;ntasie het ook goed gepas binne die erkenning van biografiese en outobiografiese beskrywings in kwalitatiewe navorsing. Hierin word aangesluit by &#x2019;n verstaan van outo-etnografie wat die navorser se subjektiewe deelname aan die navorsingsgroep met gepaardgaande biografiese momente erken (Packer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0024">2011</xref>:238&#x2013;239). Met d&#x00ED;t as agtergrond kan die volgende fragment uit my outobiografiese verhaal as agtergrond tot die navorsing verwoord word:</p>
<disp-quote>
<p><italic>Na 8 jaar in die voltydse gemeentebediening asook 10 jaar in &#x2019;n professionele akademiese loopbaan het ek opnuut oor die relevansie, dinamika en invloed van tradisionele teologiese uitdrukkings begin nadink. Persoonlik, en sensitief vir die valstrik van growwe veralgemenings, het dit vir my gevoel asof tradisionele kerklike praktyke en geykte teologiese formulerings dikwels en al hoe meer onder druk begin kom asook algaande al hoe meer invloed en betekenis verloor. Dit was asof my (en ander teolo&#x00EB; en predikante) se woorde al hoe stommer word in &#x2019;n w&#x00EA;reld wat ook al hoe dower word vir di&#x00E9; woorde. Dit het my ook opgeval dat &#x2019;n beduidende deel van die w&#x00EA;reld nie eers ag slaan op die woorde nie en ek het myself krities begin afvra of enige iemand hoegenaamd sou agterkom as di&#x00E9; stemme en woorde heeltemal stil raak. O&#x00EB;nskynlik, s&#x00F3; het dit gelyk, het nie veel mense (ingesluit teolo&#x00EB; en predikante) hierop ag geslaan nie. Ek het somtyds die gevoel gekry dat die formulerings in byvoorbeeld sommige eredienste net al hoe langer en meer omslagtig word met al hoe minder mense wat verstaan. Dit het my laat dink aan en lees oor hoe die toekoms van die teologie en die kerk sou kon lyk. In di&#x00E9; tyd is ek bekend gestel aan die konsep &#x2018;geheue van die toekoms&#x2019;, wat &#x2019;n sentrale begrip in toekomsstudie as wetenskaplike veld is. Met di&#x00E9; konsep word veronderstel dat alledaagse praktyke in die lig van die betekenis daarvan vir die toekoms herbedink word. Die resonansie van die begrip met my eie nadenke oor relevansie en betekenis het my opnuut laat dink aan my eie navorsing en oor moontlike kontekste waarin die betekenis van relevansie en aktualiteit verder geaksentueer sou kon word. Dit was juis in di&#x00E9; tyd dat sosiale media, soos onder meer vergestalt in voorbeelde soos</italic> Facebook <italic>en</italic> Twitter, <italic>hand oor hand gegroei het. Ek het mettertyd begin wonder oor die betekenis van sosiale media as moontlike konteks vir die verdere aktualisering van die teologie. Vrae waaroor ek pertinent begin dink het, was die volgende: Watter betekenis hou die karakter en dinamika wat met sosiale media geassosieer word vir die teologie in? Kan tradisionele teologiese taal deur middel van sosiale media nog helderder en meer relevant klink?</italic></p>
</disp-quote>
<p>Die veranderinge wat die w&#x00EA;reld tans beleef, is soos die verskuiwing van tektoniese plate wat aardbewings en tsoenami&#x2019;s veroorsaak (Clayton <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2010</xref>:9) en wat in aard en omvang nog nie voorheen deur vorige geslagte beleef is nie (Gore <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2013</xref>:n.p.). Die gevolg hiervan vir die teologie en die kerk word tereg deur Clayton (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2010</xref>:9) aangedui as hy argumenteer dat die kerklike praktyk nog altyd ten diepste deur die bepaalde tydsgewrig asook die heersende kultuur van die dag be&#x00EF;nvloed is.</p>
<p>In di&#x00E9; veranderende w&#x00EA;reld is my eie spanning, soos ook vroe&#x00EB;r in my outobiografiese vertelling aangedui, dikwels dat die teologiese taal wat ek ken en gebruik vir die w&#x00EA;reld rondom my in baie gevalle onduidelik en onverstaanbaar geword het. Hieroor skryf Ganzevoort (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2014</xref>) soos volg:</p>
<disp-quote>
<p>De hermeneutische kloof ligt niet alleen tussen de theoloog als lezer en de oude tekst, maar veel eerder tussen de theoloog als spreker en het moderne publiek &#x2026; Wat te doen als de woorden die we gebruiken voor veel mensen geen verbinding meer hebben met hun levenswerkelijkheid? &#x2026; Ze ervaren in de dagelijkse praktijk hoe ingewikkeld het is om de theologische vertaalslag te maken. (ble. 20&#x2013;21)</p>
</disp-quote>
<p>Vanuit my eie belewenis dat die teologiese tongval in baie gevalle stom geraak het en dat baie mense (nie &#x00E1;lle mense nie!) vir die artikulering van di&#x00E9; waarhede doof geword het, kan gevra word na moontlike alternatiewe en alreeds bestaande praktyke vir die vertaling van geloof en teologie na &#x2019;n meer hoorbare &#x00E9;n verstaanbare taal. Ten einde nadenke en gesprek hieroor te fasiliteer, gaan ek eerstens verkennend en oorsigtelik teologiese bestaansruimtes aandui, maar met besondere verwysing na die gebruik van die inligtingstegnologie en sosiale media as fenomeen. Tweedens, en met die fokus op Twitter as voorkeur sosiale media-platform vir my ondersoek, gaan ek empiriese voetpaaie soek waarlangs die (outo)biografiese spoor van enkele prominente, individuele gebruikers van Twitter geneem kan word. Die doel van di&#x00E9; naspoor is die soeke na &#x2019;n persoonlike en betekenisvolle teenwoordigheid op Twitter waaruit voortvloei die bestaan van moontlike teologiese uitdrukkings of aforismes wat tot nuwe vistas in die formulering en funksionering van die teologie kan lei. Derdens en laastens sal ek dan in die gebruik van &#x2019;n aantal persoonlike Twitter-boodskappe ter voorbeeld aantoon hoe &#x2019;n teologiese aforisme op Twitter betekenisvol tot &#x2019;n vars en betekenisvolle vertaling van die teologie kan bydra. Ter inleiding en ter afsluiting, sowel as in &#x2019;n voortgaande refleksie op elk van die drie gestelde perspektiewe, sal ek eie outobiografiese perspektiewe asook deelnemers se biografiese fragmente in ingekeepte en kursiewe formaat aanbied en daardeur ook verder uitdrukking gee aan die klassieke sirkul&#x00EA;re prakties-teologiese beweging tussen praktyk en teorie. Dit is juis as gevolg van di&#x00E9; sterk biografiese &#x00E9;n outobiografiese fragmente in die navorsing dat ek kies om van die samestelling &#x2018;(outo)biografiese&#x2019; in die titel en teks van die artikel gebruik te maak. Deur di&#x00E9; samestelling word die onlosmaaklike verhouding tussen onder meer &#x2019;n eie lewensverhaal en die verhale van ander beklemtoon.</p>
</sec>
</sec>
<sec id="s0003">
<title>Teologiese ruimtes vir bestaan: &#x2019;n Vars taal vir nuwe ruimtes?</title>
<p>David Tracy (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0029">1981</xref>) se klassieke aanduiding van die sogenaamde drie gehore (audiences) of publieke (publics) vir die teologie, naamlik die kerk, akademie en gemeenskap, is reeds in die teologiese nadenke bekend. Alhoewel die aanduiding van verskillende gehore vir die skep en beoefening van die teologie &#x2019;n belangrike bydrae lewer, het ek &#x2019;n vermoede dat dit sterk met &#x2019;n ensiklopediese verstaan van die teologie verband hou. Binne &#x2019;n dinamiese ensiklopediese verstaan van die teologie kan &#x2019;n drieledige onderskeiding gemaak word tussen die bestudering van tekste soos byvoorbeeld in die Bybelwetenskappe, die formulering van idees of konsepte soos byvoorbeeld in die sistematiese teologie en laastens &#x2019;n direkte betrokkenheid by die empiriese praktyk soos byvoorbeeld in praktiese teologie (Ganzevoort <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">2009</xref>:n.p.).</p>
<p>Di&#x00E9; bestaande hermeneutiese lens word na my mening deur die verstaan van die menslike bestaan as &#x2019;n ge&#x00EF;ntegreerde &#x2018;living human web of life&#x2019; (Osmer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0023">2008</xref>:16) verruim. Die steeds ontwikkelende en groeiende internet waardeur individue, gemeenskappe en w&#x00EA;relde op van die mees intieme wyse tot die mees globale wyse aan mekaar verbind word, kan daarom dien as &#x2019;n metafoor vir &#x2019;n ge&#x00EF;ntegreerde &#x2018;living human web of life&#x2019;. Di&#x00E9; sistemiese en ge&#x00EF;ntegreerde wyse van bestaan word deur Tim Bernes-Lee in sy ontwikkeling van die w&#x00EA;reldwye web gekonseptualiseer en was in 2014 reeds 25 jaar oud (Hinton &#x0026; Hjorth <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2013</xref>:10).</p>
<p>Aanvanklik het sogenaamde Web 1.0 tegnologie die gebruiker van die internet gelei na statiese webblaaie wat inligting lini&#x00EA;r en in een rigting gevoer het. Dit het egter aan die begin van die 21ste eeu verder ontwikkel tot sogenaamde Web 2.0 tegnologie wat die basis was vir die interaktiewe en dinamiese gebruik van die internet soos algemeen deur die ontstaan van sosiale media beliggaam is (Flew <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">2008</xref>:17). Uitdrukkings van sosiale media soos onder meer Facebook, Twitter en Whatsapp het &#x2019;n nuwe landskap gevestig waarin nuwe betekenisvistas ontsluit is. &#x2019;n Nuwe bestaan- &#x00E9;n betekenisdemografie word voortdurend deur &#x2019;n groeiende getal inwoners van die sosialemedia-landskap ge&#x00EF;nformeer. As voorbeelde hiervan sou Facebook, indien dit as &#x2019;n denkbeeldige land beskou word, tans die meeste inwoners van alle lande op aarde h&#x00EA;. Stenovec (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0027">2015</xref>:n.p.) bevestig die gegewe deur aan te dui dat di&#x00E9; bekende sosialemedia-netwerk, met ongeveer 1. 39 miljard intekenare, tans groter is as die mees bevolkte land, China.</p>
<p>In &#x2019;n poging om perspektiewe op my aanvanklike navorsingsvrae te dokumenteer waardeur van di&#x00E9; uitdagings moontlik aangespreek kan word, sowel as ter uitdrukking van die relevante betekenis van die teologie in die sosialemedia-w&#x00EA;reld, het ek &#x2019;n navorsingskeuse uitgeoefen om op die Twitter-platform te fokus. Twitter is &#x2019;n mikroblog-platform, wat deur die gebruik van slegs 140 karakters as die sogenaamde sms van die internet bekend geraak het (Wagner <xref ref-type="bibr" rid="CIT0033">2012</xref>:120; Murthy <xref ref-type="bibr" rid="CIT0021">2013</xref>:n.p.). Deur die gebruik van di&#x00E9; platform is daar onder meer alreeds w&#x00EA;reldwyd &#x2018;n betekenisvolle sosio-politieke dinamika en verandering ontsluit soos onder meer uit die sogenaamde &#x2018;Arab-spring&#x2019; en die &#x2018;Occupy Wall Street-movement&#x2019; blyk (Fuchs <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2014</xref>:196). Sekere konvensies wat veral met die platform geassosieer word, soos onder meer die hutsteken &#x2013; beter bekend as die &#x2018;hashtag&#x2019; &#x2013; word tekenend van die popul&#x00EA;re kulturele invloed van die taal wat uit die ruimtelike beperking spruit (Van den Berg <xref ref-type="bibr" rid="CIT0031">2014</xref>:n.p.). &#x2019;n Onlangse voorbeeld van die bepalende invloed en gebruik van di&#x00E9; &#x2018;hashtag&#x2019;-konvensie, waardeur onder meer bepaalde temas geaksentueer en saam gegroepeer word, is die sogenaamde &#x2018;&#x0023;feesmustfall&#x2019;-veldtog deur studente in Suid-Afrika (Nicholson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0022">2015</xref>:n.p.).</p>
<p>In &#x2019;n teologiese verrekening van die betekenis van di&#x00E9; ruimte is dit gevolglik belangrik om sensitief te wees vir die dinamiese karakter van sosiale media waar in-tydse inligting voortdurend vloeiend en aktueel is. Pearson (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0025">2015</xref>) skryf soos volg daaroor:</p>
<disp-quote>
<p>In terms of a public theology what might be the implications of Facebook, Twitter, and whatever emerges next is nevertheless an unexamined script. The standard pattern of the discipline is to comment on a range of occasional issues and seek to be bilingual in discourse and audience. The common strategy is to find points of entry in to public space but to do so with a degree of care needing to be exercised in a climate of suspicion. (bl. 188)</p>
</disp-quote>
<p>Ten spyte van verskeie voordele wat deur di&#x00E9; digitale bestaansnelwe&#x00EB; geopen word, is dit juis ook di&#x00E9; dinamiese en groeiende sfeer van digitale bestaan wat multidimensionele uitdagings aan die teologie bied. Daarom skryf Clayton (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2010</xref>:9) dat die bemeestering van die gebruik van nuwe kommunikasietegnologie nie alleen goed genoeg is nie, maar dat dit ook van kritieke belang is om tot &#x2019;n diepgaande verstaan te kom van wat dit beteken om in &#x2019;n tegnologies-gedomineerde tydsgewrig vanuit &#x2018;n Christelike ori&#x00EB;ntasie te leef.</p>
<p>In die nadenke oor die betekenis van hierdie uitdaging en die artikulering van &#x2019;n (outo)biografiese Twitter-teologie, bied ek &#x2019;n uittreksel uit &#x2019;n popul&#x00EA;re rubriek in die Suid-Afrikaanse dagblad, Beeld, waarin Neels Jackson (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">2013</xref>) (een van die mede-navorsers en redakteur van die Ned Geref Kerk se koerant <italic>Kerkbode</italic>), vra: &#x2018;Sou Jesus ook getwiet het?&#x2019;:</p>
<disp-quote>
<p>As Jesus vandag nog as mens op aarde geleef het &#x2026; sou Hy getwiet het? Di&#x00E9; vraag het onlangs by my opgekom toe ek nog &#x2019;n twiet van &#x2019;n teoloog lees. In die twitter-w&#x00EA;reld, het ek agtergekom, is daar &#x2019;n voortdurende teologiese gesprek aan die gang. Iets in my wou dadelik s&#x00EA; nee. &#x2019;n Mens kan tog nie groot teologiese waarhede verpak in die 140 karakters wat jou op Twitter toegelaat word nie? Maar toe onthou ek dat Jesus self nie lang en swaarwigtige preke gehou het nie. Het Hy nie juis stories vertel nie? Was Hy nie juis &#x2019;n meester van die aforisme, die kort, kragtige spreuk, nie?</p>
<p>Dalk was dit een van die dinge wat deur die eeue heen met die kerk skeefgeloop het. Ons het van die evangelie lang en swaar argumente gemaak, terwyl Jesus kort en ligte waarhede laat hoor het.</p>
<p>Dink maar aan: &#x2018;Moenie vir julle skatte op aarde bymekaar maak waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.&#x2019;</p>
<p>Dit kan inpas in &#x2019;n twiet: Moenie skatte op aarde versamel waar dit verniel of gesteel word nie. Versamel skatte in die hemel. Waar jou skat is, sal jou hart wees. Dis sulke kort en kragtige waarhede wat teolo&#x00EB; deesdae in twiets deel. Dit gebeur gewoonlik in Engels, want die gesprekke strek oor grense heen. Verder is dit &#x2019;n gelyke gesprek waaraan studente en professore saamgesels. Twitter het nie plek vir titels nie.</p>
<p>Soms twiet iemand uit &#x2019;n konferensie wat die spreker ges&#x00EA; het. S&#x00F3; kon ek vandeesweek via Nelus Niemandt hoor dat die hoofsekretaris van die All African Conference of Churches in Kampala, Uganda, ges&#x00EA; het die skuif in Afrika-teologie is van Eksodus na Nehemia, van bevryding na opbou. Ander kere laat mense hul eie mening hoor, soos pous Franciskus wat getwiet het dat die w&#x00EA;reld s&#x00EA; ons moet streef na sukses, mag en geld. God vra dat ons streef na nederigheid, diens en liefde. (Jackson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">2013</xref>)</p>
</disp-quote>
<p>Alhoewel ek self sensitief is vir &#x2019;n ooroptimistiese verstaan van die invloed en rol van sosiale media, blyk di&#x00E9; ruimte &#x2019;n belangrike ori&#x00EB;ntasie vir die vertaling van nuwere teologiese en geloofsaksente te bied. Die doel van die navorsing is dus om tekens van &#x2018;n relevante (outo)biografiese teologie na te spoor wat relevant en tot voordeel is van die fasilitering en beliggaming van &#x2019;n konteks-sensitiewe diskoers en gehoor. Pearson (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0025">2015</xref>) skryf hieroor soos volg:</p>
<disp-quote>
<p>In terms of a public theology what might be the implications of Facebook, Twitter, and whatever emerges next is nevertheless an unexamined script. The standard pattern of the discipline is to comment on a range of occasional issues and seek to be bilingual in discourse and audience. (bl. 188)</p>
</disp-quote>
<p>Ten einde van die nuwe artikulasies na te spoor en te karteer, veral di&#x00E9; met &#x2019;n sterk (outo)biografiese karakter, kan die volgende kwalitatiewe empiriese navorsing aangebied word. In die volgende subafdeling word die inhoud hiervan verken.</p>
</sec>
<sec id="s0004">
<title>(Outo)biografie&#x00EB; op Twitter</title>
<p><italic>Ek het die spreekwoordelike toon in die digitale oseaan wat betref my eie betrokkenheid by sosiale media. Ek het wel &#x2019;n Twitter-profiel met as agtergrond die foto van &#x2019;n onge&#x00EF;dentifiseerde swemmer en met die volgende beskrywing:</italic> &#x2018;Practical theologian / Tracing lived spirituality in the digital world / University of the Free State (&#x0040;UFSweb) / Mentions and retweets are not endorsements)&#x2019; (&#x0040;javdberg <xref ref-type="bibr" rid="CIT0035">2015</xref>:n.p.). <italic>My aktiwiteit wat betref die stuur van twiets is egter laag en ek het &#x2019;n relatiewe klein volgelingtal van net meer as 200. Ten spyte van my eie beperkte teenwoordigheid is ek baie ge&#x00EF;nteresseerd in die teenwoordigheid en aktiwiteit van ander gebruikers op Twitter. Ek het daarom besluit om &#x2019;n ondersoek te loods na in besonder teolo&#x00EB; sowel as ander gebruikers wat sterk geassosieer word met die Christelike godsdiens. Die prominente teenwoordigheid van die gebruikers word gekwantifiseer deur &#x2019;n volgelingskap van meer as 500 (wat 300 meer is as die gemiddelde op Twitter)</italic> (Smith <xref ref-type="bibr" rid="CIT0026">2015</xref>:n.p.)<italic>. Met die oog op die beperkte omvang van die artikel gaan ek slegs op drie deelnemers fokus. Twee van die deelnemers is van Suid-Afrika afkomstig, terwyl die derde deelnemer van Australi&#x00EB; afkomstig is. Twee van die drie deelnemers het formele teologiese opleiding, terwyl die derde deelnemer voltyds en aktief by verslagdoening oor godsdienstige en kerklike aangeleenthede betrokke is. As deel van die bekendstelling van elk van die deelnemers gaan ek vervolgens hulle eie profielbeskrywings op Twitter asook hulle dinamika op di&#x00E9; platform beskryf, waardeur lewe en teologie implisiet aan mekaar verbind word. Die deelnemers word vervolgens in alfabetiese volgorde bekend gestel.</italic></p>
<sec id="s20005">
<title>Father Bob (&#x0040;fatherbob): &#x2018;&#x2019;n Profetiese stem uit Australi&#x00EB;&#x2019;</title>
<p>Op sy Twitter-profiel beskryf Father Bob hom as &#x2018;The people&#x2019;s priest, The Larrikin priest, patron of the unloved and unlovely &#x2026;&#x2019; (&#x0040;fatherbob <xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">2014</xref>). Die geestelike se aktiewe en legendariese rol in die publieke domein lei onder meer tot die stigting van die &#x2018;In-Bob-we-trust&#x2019;-beweging in Australi&#x00EB; (Fr Bob Maquire Foundation <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2014</xref>). Sedert Father Bob in 2007 deel van Twitter-gemeenskap geword het, het hy reeds by die 34 000 twiets gestuur en het hy &#x2019;n volgelingskap van by die 103 000 gebruikers opgebou. Volgens die invloedryke analitiese metingsinstrument van die Twitter-platform, Twtrland (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0030">2014</xref>),<xref ref-type="fn" rid="FN0001"><sup>1</sup></xref> word Father Bob beskou as &#x2019;n &#x2018;super active&#x2019;-gebruiker met ongeveer 138 twiets per dag en &#x2019;n uitsonderlike 612 &#x2018;retweets&#x2019; vir elke 100 twiets gestuur. Met die veronderstelling dat &#x2019;n hertwiet (retweet) deur volgelinge en ander gebruikers die belangrikheid van die boodskap aandui, meld ek ook die betrokke boodskap wat die meeste deur ander gebruikers gestuur is. Vir Father Bob was die mees popul&#x00EA;re hertwiet (838 keer) op 22 Maart 2014 met die volgende woorde: &#x2018;Why, in God&#x2019;s/Good&#x2019;s name, does the biggest, richest, emptiest place in the region beg, bribe, bully the poorest to &#x201C;take&#x201D; our refugees?&#x2019; (&#x0040;fatherbob <xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">2014</xref>; Twtrland <xref ref-type="bibr" rid="CIT0030">2014</xref>).</p>
</sec>
<sec id="s20006">
<title>Neels Jackson (&#x0040;neelsjackson): &#x2018;Verslag oor die aktualiteit van geloof&#x2019;</title>
<p>As redakteur van <italic>Kerkbode</italic>, &#x2019;n bekende koerant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika, is Neels Jackson daagliks by kerklike en godsdienstige nuus betrokke. Hy is sedert 2009 &#x2019;n gebruiker van Twitter en stel homself op Twitter bekend as &#x2018;Christian, husband, father, reporter, birder, photographer&#x2019;. Hy het ten tyde van die navorsing 1053 volgelinge gehad en het reeds 377 twiets gestuur.</p>
<p>Twtrland dui Jackson se Twitter-aktiwiteit as laag-gemiddeld aan met ongeveer 0,2 twiets per dag, maar met &#x2019;n goeie 69 hertwiets per 100 wat gestuur is. Sy boodskap op Twitter wat die meeste hertwiet is, is op 6 Oktober 2013 gestuur: &#x2018;Welvaartsteologie s&#x00EA; gee sodat jy kan kry. Die evangelie s&#x00EA; jy het gekry om te kan gee&#x2019; (&#x0040;neelsjackson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">2014</xref>; Twtrland <xref ref-type="bibr" rid="CIT0030">2014</xref>).</p>
</sec>
<sec id="s20007">
<title>Stephan Joubert (&#x0040;stephanjoubert): &#x2018;Om te twiet oor teologie wat &#x2019;n verskil maak&#x2019;</title>
<p>Stephan Joubert is sedert April 2009 deel van Twitter. Met ongeveer 4600 twiets en 4600 volgelinge is hy een van die leidende teolo&#x00EB; in Suid-Afrika wat ook &#x2019;n publieke stem op die sosiale media en in besonder Twitter het. Hy stel homself soos volg op Twitter bekend: &#x2018;Jesus follower. Catalyst. Author. Part of the amazing echurch/ekerk &#x0026; Joubert tribes&#x2019;. Joubert is &#x2019;n professor in Nuwe Testament en ook stigter van die Ekerk in Suid-Afrika wat onder meer op &#x2019;n internet-bediening fokus. Met ongeveer 2.3 twiets per dag het Joubert &#x2019;n indrukwekkende 295 hertwiets per 100 wat gestuur word (Twtrland <xref ref-type="bibr" rid="CIT0030">2014</xref>). Sy mees popul&#x00EA;re hertwiet (61) was die volgende boodskap wat op 8 Julie 2013 gestuur is: &#x2018;90&#x0025; of all prayers are requests. The sad result: God is judged on his response time &#x0026; people&#x2019;s faith on the number of answers they get&#x2019; (&#x0040;stephanjoubert <xref ref-type="bibr" rid="CIT0034">2014</xref>; Twtrland <xref ref-type="bibr" rid="CIT0030">2014</xref>).</p>
</sec>
</sec>
<sec id="s0008">
<title>&#x2019;n (Outo)biografiese Twitter-teologie</title>
<p>As deel van die fokus van die artikel en die onderhandeling van di&#x00E9; perspektiewe se betekenis vir die formulering van &#x2019;n (outo)biografiese Twitter-teologie is die volgende beskrywing van Ford (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">2011</xref>) handig om &#x2019;n teks vir refleksie te verskaf:</p>
<disp-quote>
<p>Christian theology is thinking about questions raised by and about Christian faith and practice. That thinking is almost unavoidable in some form by anyone who tries to live a Christian life or who for some other reason is interested in Christianity. Theology by this broad definition is open to all and is part of ordinary life whenever any of a vast range of questions is raised. It is also many other things, but this manifesto is mainly concerned with the quality of theologies that, directly, or indirectly, feed the minds and hearts of millions of people and are of interest to many more. That is why the key word for the goal of theology is wisdom, which unites understanding with practice and is concerned to engage with the whole of life. (bl. 1)</p>
</disp-quote>
<p>In die naspoor van die skakel tussen (outo)biografie en teologie (M&#x00FC;ller <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">2011</xref>:2) en in die soeke na die vrae sowel as die antwoorde van teolo&#x00EB; &#x00E9;n gewone mense, ongeag hoe onseker en stotterend (Clayton <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2010</xref>:12), het ek met my drie Twitter-gespreksgenote as medenavorsers oor hulle eie outobiografiese verstaan van hulle teenwoordigheid op Twitter in gesprek getree. Met die aksentuering van die konsep medenavorsers word uitdrukking gegee aan die beliggaming van &#x2019;n sekere epistemologiese ori&#x00EB;ntasie onderliggend aan die navorsing. In die gebruik van die narratiewe epistemologie word erkenning gegee aan die persoonlike en subjektiewe bydraes van medenavorsers. Ter uitdrukking hiervan word onder meer die noemname van die persone as verwysing in die dokumentering van perspektiewe gebruik. Hierin word die unieke aard asook die integriteit van di&#x00E9; bydraes wat uit persoonlike ervarings spruit, beklemtoon (Morgan <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">2000</xref>:119; M&#x00FC;ller, Van Deventer &#x0026; Human <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2001</xref>:76).</p>
<p>In die dokumentering van hulle woorde, insigte en wysheid, voortspruitend uit e-pos-korrespondensie wat ek oor &#x2018;n tydperk met hulle gevoer het, stem ek saam met Ford dat teologiese wysheid wat uit die begrip van komplekse praktyke gebore is die lewe in sy rykheid weergee en gestalte gee aan &#x2019;n relevante Christelike geloof en praktyk. In die volgende drie outobiografiese weergawes bied elkeen van die drie gespreksgenote &#x2019;n refleksie op hulle teenwoordigheid en gebruik van die Twitter-platform.</p>
<sec id="s20009">
<title>Father Bob: &#x2018;&#x2026; om dieselfde metode as Jesus en die dissipels te gebruik&#x2019;</title>
<p>Father Bob het sy teenwoordigheid op en gebruik van Twitter beskryf en motiveer deur eerstens te vertel dat hy aanvanklik &#x2019;n persoonlike blog op die internet bedryf het, maar dit het later te veel tyd en energie geverg om in stand te hou. Hierteenoor het Twitter &#x2019;n meer dinamiese en vinniger alternatief gebied. Hierdie alternatief, gekombineer met die feit dat hy daardeur &#x2019;n gemeente sonder grense kan dien, het Twitter sy ideale platform en eerste keuse vir betrokkenheid in die w&#x00EA;reld van die sosiale media gemaak. Father Bob het sy teenwoordigheid, werkswyse en gebruik van Twitter op die volgende wyse gemotiveer (Maquire <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">2014</xref>):</p>
<disp-quote>
<p>Twitter uses the same method as Jesus and the prophets namely parables. Having to be short, sharp and to the point, a sort of speaking in tongues, requires a theology built on personal experience of the Other, not others&#x2019; experience. (n.p.)</p>
</disp-quote>
</sec>
<sec id="s20010">
<title>Neels Jackson: &#x2018;&#x2026; Twitter is all about following&#x2019;</title>
<p>Neels Jackson het aangedui dat alhoewel hy nie self baie twiet nie, hy Twitter aktief gebruik ten einde ander individue en organisasies te volg en oor nuusgebeure verslag te doen. Deur van onder meer die Pous tot die W&#x00EA;reldraad van Kerke te volg, kan die nuutste aktuele nuus verkry word en op ander mediaplatforms bekendgestel word. Twitter kan natuurlik ook gebruik word as &#x2019;n persoonlike bron van inligting om byvoorbeeld sportuitslae te bekom. Neels het ook aangedui dat sy geloof deur blootstelling aan die dinamiese praktyke verruim word en dat hy deur sy gebruik van sosiale media daaroor kan reflekteer (Jackson <xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">2014</xref>:n.p.).</p>
</sec>
<sec id="s20011">
<title>Stephan Joubert: &#x2018;&#x2026; all about social connectivity and belonging here&#x2019;</title>
<p>Stephan Joubert het aangedui dat Twitter sy prim&#x00EA;re metode van sosiale interaksie in die kuberruim verteenwoordig met die belangrikste motivering die vereenvoudigde gebruik van die platform en die 140-karakter limiet. Met die volgende persoonlike beskrywing het Stephan (Joubert <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">2014</xref>) sy gebruik van Twitter in die formulering van &#x2019;n relevante en betekenisvolle teologie aangedui:</p>
<disp-quote>
<p>On Twitter people are forced to tweet their information, opinions, truths and ideas briefly, yet with great clarity and relevance. Twitter forces those using this form of social communication to reflect about their content beforehand. Endless ramblings of egotists, attention seekers, melancholic personalities, etc., stand no chance here of attracting or keeping attention here on the long run. It&#x2019;s all about social connectivity and belonging here. Marshall McLuhan taught us the medium is the message. Twitter forces us to rethink our faith on the cyber squares amongst non-religious people and non-professional followers of Jesus. It could even force that age-old institution called the church out of the &#x2018;safe&#x2019; space of irrelevant meetings to encounters with present-day issues and questions. Hopefully, a new generation of young marketplace theologians will also rise up to become our mentors, coaches and teachers in this fascinating new digitally connected world. Monologues in cyberspace; long sermons; naming and shaming of others in the name of God, etc., just won&#x2019;t survive here. Neither will long discussions about theological dogmas and local church matters fly here. It&#x2019;s all about relevant connectivity now, not only about more religious information. (n.p.)</p>
</disp-quote>
</sec>
<sec id="s20012">
<title>&#x2019;n Gekonnekteerde lewensteologie</title>
<p>In sy artikel &#x2018;(Outo)biografie as teologie&#x2019; verskaf Julian M&#x00FC;ller nie alleen &#x2018;n beskrywing van die belangrikheid van konteks, konnektiwiteit en tradisie as belangrike merkers in die dokumentering van &#x2019;n (outo)biografiese teologie nie, maar hy beklemtoon dit ook (M&#x00FC;ller <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">2011</xref>:n.p.). Soos gesien in die outobiografiese kommenteer en aksente van die drie gespreksgenote is die hermeneutiese korrelasie tussen konteks en teks van kardinale belang. By monde van die drie gespreksgenote &#x2013; asook baie ander gebruikers van Twitter &#x2013; bied 140 karakters genoeg kapasiteit om relevante teologiese betekenis vir die totale lewe in &#x2019;n gekonnekteerde bestaan te formuleer. &#x2019;n Goeie praktiese beliggaming hiervan, wat ook dien as voorbeeld van die interaksie tussen outobiografiese verhale van gekonnekteerde individue en gemeenskappe, is waarskynlik die volgende verhaal van Father Bob se publieke teologiese betrokkenheid:</p>
<disp-quote>
<p>Op Dinsdagoggend 10 Junie 2014 sweef &#x2019;n reuse lugballon in die vorm van die bekende Jesus-beeld in Rio de Janeiro oor Melbourne, Australi&#x00EB;. Di&#x00E9; betrokke lugballon &#x2013; op die vooraand van die 2014 W&#x00EA;reldbeker sokker in Brasili&#x00EB; &#x2013; is die inisiatief van &#x2019;n lotingsmaatskappy en dra die woorde &#x2018;<italic>&#x0023;keepthefaith&#x2019;</italic>. Verskeie kerke teken onmiddellik beswaar aan teen die lugballon. Te midde van di&#x00E9; kontroversie twiet die alombekende Australiese Father Bob, bekend as die &#x2018;mense se priester&#x2019;, die volgende: &#x2018;The offended churches could send up a competing inflated balloon with &#x201C;CHRIST SAVES&#x201D; emblazoned on it&#x2019;. Met &#x2019;n volgelingtal van ongeveer 103 000 volgelinge op Twitter bereik sy boodskap baie meer mense as wat predikante of pastore op &#x2019;n Sondag in &#x2019;n erediens het. Later dieselfde dag hertwiet hy ook as deel van die bespreking wat op di&#x00E9; gebeure gevolg het die volgende twiet van ene Sandy: &#x2018;My six year old saw it on the news and said &#x201C;That doesn&#x2019;t look like Jesus Mummy, He lives at my school.&#x201D;&#x2019; (ABC News Radio <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2014</xref>)</p>
</disp-quote>
</sec>
</sec>
<sec id="s0013">
<title>Uitdrukkings van God-spraak op Twitter</title>
<p>Ten einde in nuwe ruimtes teologies te reis en te praat, wil dit lyk asof die volgende ko&#x00F6;rdinate, na lengte- en breedtegrade, nodig is. Wat lengtegrade betref, sal weer, dink ek, nagedink moet word oor die tipe formulering van die teologie. Die artikulasie van &#x2019;n publieke teologie waarin erkenning gegee word aan onder meer dialogiese, praktiese, integrerende, gespesialiseerde en kultuur-geori&#x00EB;nteerde teologiese beklemtoninge van onder meer empiriese werklikhede blyk belangrik te wees ten einde inspirerende teologie te skep en te bedryf (Ganzevoort <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2014</xref>:20&#x2013;30). &#x2019;n Publieke, praktiese empiriese beskrywing se fokus is ook nie net alleen op kerklike praktyke nie, maar het in besonder &#x2019;n oog vir die daaglikse lewe. Hieroor skryf Ganzevoort en Roeland (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">2014</xref>:93) dat met &#x2018;n beklemtoning op geleefde religie die fokus nie alleen op ge&#x00EF;nstitusionaliseerde godsdiens is nie, maar wel op al die moontlike daaglikse kulturele en sosiale aktiwiteite en praktyke van gewone mense.</p>
<p>Heidi Campbell (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2013</xref>) het alreeds in haar boek, <italic>Digital religion: Understanding religious practice in new media worlds</italic>, na die belangrike momente van betekenisgewing in &#x2019;n digitale era verwys. Hiervolgens ontstaan &#x2018;n sogenaamde &#x2018;third space&#x2019; wanneer &#x2018;n ontmoeting tussen geleefde religie en digitale kultuur plaasvind. &#x2018;n Ori&#x00EB;ntering binne hierdie hibriede en vloeibare ruimte vra na &#x2018;n nuwe taal, logika en betekenisgewing. Op grond van die bewussyn asook in die erkenning van die realiteit en karakter van &#x2018;n groter bestaansw&#x00EA;reld (Campbell <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2013</xref>:n.p.) is ek van mening dat dit &#x2019;n saak van prioriteit is om oor die skepping, bestaan en funksionering van &#x2019;n digitale (outo)biografiese teologie na te dink. In die ontwikkeling en beskrywing van &#x2019;n (outo)biografiese teologie is ek voorts daarvan oortuig dat &#x2019;n sogenaamde &#x2018;life on the screen&#x2019; nie kan plaasvind sonder erkenning aan die belangrike aksente van (outo)biografiese betekenisgewing nie.</p>
<p>&#x2019;n Goeie aanduiding hiervan, ook ter uitdrukking van hoe relevante teologie met (outo)biografiese perspektiewe verbind kan word, is die volgende voorbeelde van internasionale en nasionale gelowiges se twiets wat Neels Jackson (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">2013</xref>) in sy rubriek, &#x2018;Sou Jesus getwiet het?&#x2019;, gee:</p>
<disp-quote>
<p>Tom Smith: &#x2018;Ek gee jou wat ek het: staan op en loop&#x2019;, het Petrus ges&#x00EA;. Later het kerklui ges&#x00EA; ons het goud en silwer, maar niks om te gee nie.</p>
<p>Stephan Joubert: Veiligheid is nie &#x2019;n adres waar jy te lank moet bly nie.</p>
<p>Henning Venter: Wil jy die Bybel verdedig? Dalk is die beste manier om die storie te leef en te vertel en dan verdedig hy homself.</p>
<p>Len Sweet: Soms as ek oor die Drie-eenheid praat, moet ek versigtig wees dat dit nie soos die Drie Musketiers klink nie: &#x2018;Een vir almal en almal vir een.&#x2019;</p>
<p>Reggie Nel: &#x2019;n Kernvraag vir missionale kerke is hoe om verby liefdadigheid te kom en &#x2019;n inklusiewe, veilige bemagtigende gemeenskap te word.</p>
<p>Jaco Strydom: Ek gaan liewer na God toe met my gebrokenheid as met my beloftes.</p>
<p>De la Harpe le Roux: My leuse vir vandag: Gees van God, help my om niemand te oordeel voordat ek &#x2019;n halfmyl in sy skoene gestap het nie.</p>
<p>Rick Waren: Klein mensies verkleineer mense. Wonderlike mense laat mense wonderlik voel.</p>
<p>Dries Lombaard: Hoekom het ons lief? Want Hy het dit begin. Hy het ons eerste liefgehad (1 Joh. 4:19).</p>
<p>Skillie Botha: As jy ooit voel jy is nie goed genoeg nie, onthou dat Jesus stukkende mense gebruik om hoop vir stukkende mense te bring. (n.p.)</p>
</disp-quote>
<p>In die deurlees van di&#x00E9; aforistiese wyshede, vasgevang in niks meer as 140 karakters nie, kan &#x2019;n mens nie anders as om saam met Jackson (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">2013</xref>) te stem as hy skryf nie:</p>
<disp-quote>
<p>So op hul eie lyk dit egter vir my na klein happies wysheid wat &#x2019;n mens help nadink oor die lewe.</p>
<p>Vir my lyk dit of Jesus al tuis is in die Twitter-w&#x00EA;reld. (n.p.)</p>
</disp-quote>
</sec>
<sec id="s0014">
<title>Twitter-teologie in &#x2019;n (outo)biografiese tongval &#x2026;</title>
<p>Ten slotte lei die enkele perspektiewe tot verdere nadenke en ori&#x00EB;ntasie in die verdere formulering en artikulering van eeue-oue teologie. Clayton (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2010</xref>:20) verwoord hierdie sentiment as hy skryf dat om teologie na <italic>Google</italic> te bedryf, nie beteken om die Christelike geloof te verlo&#x00EB;n, die kerk te verlaat of &#x2018;n post-Christelike w&#x00EA;reldbeskouing te bevorder nie. Dit beteken veel eerder om betrokke te wees in oop en verkennende gesprekke waarin gespreksgenote nie alleenlik op rigiede wyse probeer om vorige teologiese standpunte te handhaaf nie, maar veel eerder in die vestiging van &#x2018;n nuwe &#x00E9;n relevante Christelike identiteit ge&#x00EF;nteresseerd is.</p>
<p>Ek wil daarom pleit dat teolo&#x00EB; die gevaar sal systap om eensydig op &#x2018;n enkelvoudige lees van tradisie gerig te wees sonder om ook op die hermeneutiese kommunikasie met popul&#x00EA;re kultuur te let. Dit mag daartoe lei dat, in Vanhoozer (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0032">2007</xref>:33) se woorde, implisiete tekens na die transendente asook die sublieme teenwoordigheid van genade en engele misgekyk word. In di&#x00E9; moontlike ori&#x00EB;ntasie is daar nie &#x2019;n vervreemding van die tradisie nie, maar eerder &#x2019;n soeke na die moontlikheid tot nuwe en relevante uitdrukkings van ou waarhede.</p>
<disp-quote>
<p><italic>Tans wonder ek of die kerk en teolo&#x00EB; nie te veel daarop staatmaak om teologie in analoog-styl te bedryf nie? Analoog-formaat word toenemend deur &#x2019;n digitale formaat vervang. Die perspektiewe van medenavorsers het bevestig dat die soeke na &#x2019;n relevante uitdrukking van die Christelike geloof inderdaad in die 140 karakters van Twitter beliggaam kan word. Die beknopte beskrywings is inderdaad s&#x00F3; dinamies dat dit in &#x2019;n nuwe era van digitale konnektiwiteit &#x2019;n relevante en kontekstuele bydrae kan lewer. Die voortgaande soeke na die vasvang van teologiese waarhede in die aforistiese 140-karakter-twiet daag my in eie praktyk uit om saam met</italic> Len Sweet (2012:n.p) <italic>te s&#x00EA; dat as ek na iets soek om oor te twiet, ek ontdek dat ek met verhoogde aandag en konsentrasie na die lewe en w&#x00EA;reld kyk. Deur onder meer die gebruik van Twitter word nuwe openinge tot die w&#x00EA;reld geskep met die moontlikheid van verrassende ontdekkings in en deur (outo)biografiese teologie.</italic></p>
</disp-quote>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkenning</title>
<sec id="s20015">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeur verklaar dat hy geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon be&#x00EF;nvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><collab>ABC News Radio</collab></person-group>, <year>2014</year>, &#x2018;<article-title>Outrage over Jesus hot-air balloon floating over Melbourne</article-title>&#x2019;, <comment>viewed 11 June 2014, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://abcnewsradioonline.com/world-news/outrage-over-jesus-hot-air-balloon-floating-over-melbourne.html">http://abcnewsradioonline.com/world-news/outrage-over-jesus-hot-air-balloon-floating-over-melbourne.html</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Campbell</surname>, <given-names>H.A</given-names></string-name></person-group>., <year>2013</year>, <source>Digital religion: Understanding religious practice in new media worlds</source>, <publisher-name>Routledge</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Clayton</surname>, <given-names>P</given-names></string-name></person-group>., <year>2010</year>, &#x2018;<article-title>Theology and the church after Google</article-title>&#x2019;, <source><italic>The Princeton Theological Review</italic></source> <volume>15</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>7</fpage>&#x2013;<lpage>20</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Flew</surname>, <given-names>T</given-names></string-name></person-group>., <year>2008</year>, <source><italic>New media, an introduction</italic></source>, <edition>3rd edn</edition>., <publisher-name>Oxford University Press</publisher-name>, <publisher-loc>Melbourne</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Ford</surname>, <given-names>D.F</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, <source><italic>The future of Christian theology: Blackwell Manifestos</italic></source>, <publisher-name>Wiley-Blackwell</publisher-name>, <publisher-loc>Oxford</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><collab>Fr Bob Maquire Foundation</collab></person-group>, <year>2014</year>, <comment>viewed 16 June 2014, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://www.fatherbobsfoundation.com.au/">http://www.fatherbobsfoundation.com.au/</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Fuchs</surname>, <given-names>C</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, <source><italic>Social media: A critical introduction</italic></source>, <publisher-name>Sage Publications</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Gore</surname>, <given-names>A.L</given-names></string-name></person-group>., <year>2013</year>, <source><italic>The future</italic></source>, <publisher-name>W.H. Allen</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc>. <comment>[Kindle Edition]</comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Ganzevoort</surname>, <given-names>R.R</given-names></string-name></person-group>., <year>2009</year>, &#x2018;<chapter-title>Forks in the road when tracing the sacred: Practical theology as hermeneutics of lived religion</chapter-title>&#x2019;, <publisher-name>Presidential address to the ninth Conference of the International Academy of Practical Theology</publisher-name>, <publisher-loc>Chicago</publisher-loc> <comment>2009, viewed 24 April 2010, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://www.ruardganzevoort.nl/pdf/2009_Presidential.pdf">http://www.ruardganzevoort.nl/pdf/2009_Presidential.pdf</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Ganzevoort</surname>, <given-names>R.R</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, &#x2018;<article-title>Hoe leiden we anno 2014 goede theologen op?</article-title>&#x2019;, <source><italic>Handelingen</italic></source> <volume>41</volume>(<issue>3</issue>), <fpage>20</fpage>&#x2013;<lpage>30</lpage>, <comment>viewed 7 September 2015, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://www.ruardganzevoort.nl/pdf/2014_Opleiden_Theologen.pdf">http://www.ruardganzevoort.nl/pdf/2014_Opleiden_Theologen.pdf</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Ganzevoort</surname>, <given-names>R.R</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Roeland</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>. &#x2018;<article-title>Lived religion: The praxis of practical theology</article-title>&#x2019;, <source><italic>International Journal of Practical Theology</italic></source> <volume>18</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>91</fpage>&#x2013;<lpage>101</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hinton</surname>, <given-names>S</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Hjorth</surname>, <given-names>L</given-names></string-name></person-group>., <year>2013</year>, <source><italic>Understanding social media</italic></source>, <publisher-name>Sage</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Jackson</surname>, <given-names>N</given-names></string-name></person-group>., <year>2013</year>, &#x2018;<article-title>Sou Jesus getwiet het?</article-title>&#x2019;, <source><italic>Beeld</italic></source>, <comment>6 Junie</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Jackson</surname>, <given-names>N</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, <comment>E-pos, 16 Julie 2014</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Joubert</surname>, <given-names>S.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, <comment>E-pos, 29 Julie 2014</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><collab>Klear</collab></person-group>, <year>2016</year>, &#x2018;<article-title>We measure the social web: Klear is a social intelligence platform that helps you do smarter marketing</article-title>&#x2019;, <comment>viewed 1 May 2016, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://klear.com">http://klear.com</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Maquire</surname>, <given-names>F</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, <comment>E-pos, 18 Julie 2014</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0018"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Morgan</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>2000</year>, <source><italic>What is narrative therapy?: An easy-to-read introduction</italic></source>, <publisher-name>Dulwich Centre Publications</publisher-name>, <publisher-loc>Adelaide</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0019"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>M&#x00FC;ller</surname>, <given-names>J.C</given-names></string-name>., <string-name><surname>Van Deventer</surname>, <given-names>W</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Human</surname>, <given-names>L</given-names></string-name></person-group>., <year>2001</year>, &#x2018;<article-title>Fiction writing as metaphor for research: A narrative approach</article-title>&#x2019;, <source><italic>Practical Theology in South Africa</italic></source> <volume>16</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>76</fpage>&#x2013;<lpage>96</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0020"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>M&#x00FC;ller</surname>, <given-names>J.C</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, &#x2018;<article-title>(Outo) biografie as teologie</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/ Theological Studies</italic></source> <volume>67</volume>(<issue>3</issue>), <comment>Art. &#x0023;1113</comment>, <fpage>5</fpage> pages. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/hts.v67i3.1113">http://dx.doi.org/10.4102/hts.v67i3.1113</ext-link></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0021"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Murthy</surname>, <given-names>D</given-names></string-name></person-group>., <year>2013</year>, <source><italic>Twitter: Social communication in the Twitter age</italic></source>, <publisher-name>Polity Press</publisher-name>, <publisher-loc>Cambridge</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0022"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Nicholson</surname>, <given-names>G</given-names></string-name></person-group>., <year>2015</year>, &#x2018;<chapter-title>&#x0023;FeesMustFall: Wits splits &#x2013; the beginning, not the end, of a chapter</chapter-title>&#x2019;, <publisher-name>Daily Maverick</publisher-name>, <comment>viewed 2 February 2016, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://www.dailymaverick.co.za/article/2015-10-27-feesmustfall-wits-splits-the-beginning-not-the-end-of-a-chapter/&#x0023;.VsLXzYTWXUo">http://www.dailymaverick.co.za/article/2015-10-27-feesmustfall-wits-splits-the-beginning-not-the-end-of-a-chapter/&#x0023;.VsLXzYTWXUo</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0023"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Osmer</surname>, <given-names>R.R</given-names></string-name></person-group>., <year>2008</year>, <source><italic>Practical theology: An introduction</italic></source>, <publisher-name>Wm, B. Eerdmans Publishing Co</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0024"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Packer</surname>, <given-names>M</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, <source><italic>The science of qualitative research</italic></source>, <publisher-name>Cambridge University Press</publisher-name>, <publisher-loc>Cambridge</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0025"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Pearson</surname>, <given-names>C</given-names></string-name></person-group>., <year>2015</year>, &#x2018;<article-title>Twittering the gospel</article-title>&#x2019;, <source><italic>International Journal of Public Theology</italic></source> <volume>9</volume>, <fpage>176</fpage>&#x2013;<lpage>192</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0026"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Smith</surname>, <given-names>C</given-names></string-name></person-group>., <year>2015</year>, &#x2018;<article-title>By the number: 116 amazing Twitter statistics</article-title>&#x2019;, <comment>viewed 16 August 2015, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://expandedramblings.com/index.php/march-2013-by-the-numbers-a-few-amazing-twitter-stats/&#x0023;.UvRW0vmSzHQ">http://expandedramblings.com/index.php/march-2013-by-the-numbers-a-few-amazing-twitter-stats/&#x0023;.UvRW0vmSzHQ</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0027"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Stenovec</surname>, <given-names>T</given-names></string-name></person-group>., <year>2015</year>, &#x2018;<article-title>Facebook is now bigger than the largest country on earth</article-title>&#x2019;, <comment>Huffpost Tech, Huffingtonpost, viewed 2 February 2016, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://www.huffingtonpost.com/2015/01/28/facebook-biggest-country_n_6565428.html">http://www.huffingtonpost.com/2015/01/28/facebook-biggest-country_n_6565428.html</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0028"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Sweet</surname>, <given-names>L</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, &#x2018;<article-title>Twitter theology: 5 ways Twitter has changed my life and helped me be a better disciple of Jesus</article-title>&#x2019;, <comment>viewed 28 April 2014, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://www.leonardsweet.com/article_details.php?id=55">http://www.leonardsweet.com/article_details.php?id=55</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0029"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Tracy</surname>, <given-names>D</given-names></string-name></person-group>., <year>1981</year>, <source><italic>The analogical imagination: Christian theology and the culture of pluralism</italic></source>, <publisher-name>Crossroad</publisher-name>, <publisher-loc>New York</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0030"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><collab>Twtrland</collab></person-group>, <year>2014</year>, &#x2018;<article-title>Leave your mark, Twtrland helps you build your online presence</article-title>&#x2019;, <comment>viewed 12 July 2014, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://www.twtrland.com">http://www.twtrland.com</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0031"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van den Berg</surname>, <given-names>J.A</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, &#x2018;<article-title>The story of the hashtag(&#x0023;): A practical theological tracing of the hashtag(&#x0023;) symbol on Twitter</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>70</volume>(<issue>1</issue>), <comment>Art. &#x0023;2706</comment>, <fpage>6</fpage> pages. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/hts.v70i1.2706">http://dx.doi.org/10.4102/hts.v70i1.2706</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0032"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Vanhoozer</surname>, <given-names>K.J</given-names></string-name></person-group>., <year>2007</year>, &#x2018;<chapter-title>What is everyday theology?: How and why Christians should read culture</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>K.J.</given-names> <surname>Vanhoozer</surname></string-name>, <string-name><given-names>C.A.</given-names> <surname>Anderson</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>M.J.</given-names> <surname>Sleasman</surname></string-name> (eds.)</person-group>, <source><italic>Everyday theology: How to read cultural texts and interpret cultural trends</italic></source>, pp. <fpage>15</fpage>&#x2013;<lpage>60</lpage>, <publisher-name>Baker Academic</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0033"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Wagner</surname>, <given-names>R</given-names></string-name></person-group>., <year>2012</year>, <source><italic>Godwired, religion, ritual and virtual reality</italic></source>, Routledge, Hoboken.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0034"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><collab>&#x0040;fatherbob</collab></person-group>, <year>2014</year>, &#x2018;<article-title>FatherBob: The Larrikin priest &#x2026; patron of the unloved and unlovely</article-title>&#x2019;, <comment>viewed 11 June 2014, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://twitter.com/search?q=Father&#x0025;20Bob&#x0025;20&#x0025;2B&#x0025;20inflated&#x0025;20balloon&#x0026;src=typd">https://twitter.com/search?q=Father&#x0025;20Bob&#x0025;20&#x0025;2B&#x0025;20inflated&#x0025;20balloon&#x0026;src=typd</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0035"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><collab>&#x0040;javdberg</collab></person-group>, <year>2015</year>, &#x2018;<article-title>Practical theologian/tracing lived spirituality in the digital world/University of the Free State (&#x0040;ufsweb)/Mentions and retweets are not endorsements</article-title>&#x2019;, <comment>viewed 21 July 2014, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://twitter.com/javdberg">https://twitter.com/javdberg</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0036"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><collab>&#x0040;neelsjackson</collab></person-group>, <year>2014</year>, &#x2018;<article-title>Christian, husband, father, reporter, birder, photographer</article-title>&#x2019;, <comment>viewed 31 May 2014, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://twitter.com/NeelsJackson">https://twitter.com/NeelsJackson</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0037"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><collab>&#x0040;stephanjoubert</collab></person-group>, <year>2014</year>, &#x2018;<article-title>Jesus follower. Catalyst. Author. Part of the amazing echurch/ekerk &#x0026; Joubert tribes</article-title>&#x2019;, <comment>viewed 31 May 2014, from <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://twitter.com/stephanjoubert">https://twitter.com/stephanjoubert</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Van den Berg, J-A., 2016, &#x2018;&#x2019;n (Outo)biografiese Twitter-teologie&#x2019;, <italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic> 72(4), a3392. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/hts.v72i4.3392">http://dx.doi.org/10.4102/hts.v72i4.3392</ext-link></p></fn>
<fn><p><bold>Note:</bold> Hierdie artikel is &#x2018;n verwerking in Afrikaans van die volgende gepubliseerde bydrae: Van den Berg, J.A., 2016, &#x2018;Tweeting God: An autobiographical Twitter-theology&#x2019;, in U. Elsd&#x00F6;rfer &#x0026; T.D. Ito (eds.), <italic>Compassion for one another in the global village: Social and cultural approaches to care and counselling</italic>, pp. 116&#x2013;128, LIT-Verlag, Z&#x00FC;rich.</p></fn>
<fn id="FN0001"><label>1</label><p>Ten tyde van die navorsing in 2014 is gebruik gemaak van die aanlyn analitiese meetinstrument <italic>Twtrland.</italic> Intussen is di&#x00E9; meetinstrument se naam verander na <italic>Klear</italic> (Klear <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">2016</xref>:n.p.). Dit is ook belangrik om daarvan kennis te neem dat die data en statistiek wat in die artikel gerapporteer word intussen weens die snelgroeiende aard van sosiale media sou kon verander het.</p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>