<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">HTS</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0259-9422</issn>
<issn pub-type="epub">2072-8050</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">HTS-73-3211</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/hts.v73i1.3211</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Original Research</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Johannes Dreyer (1500&#x2013;1544) &#x2013; Die Hervormer van Herford</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">http://orcid.org/0000-0001-5373-5949</contrib-id>
<name>
<surname>Dreyer</surname>
<given-names>Wim</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Church History and Church Polity, Faculty of Theology, University of Pretoria, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<fn><p><bold>Research Project Registration:</bold></p></fn>
<fn><p><bold>Project Leader:</bold> Wim Dreyer</p></fn>
<fn><p><bold>Project Number:</bold> 77370920</p></fn>
<fn><p><bold>Description:</bold> This research is part of the project, &#x2018;History of the Netherdutch Reformed Church/Geskiedenis van die Nederduitsch Hervormde Kerk&#x2019;, directed by Dr Wim Dreyer, Department of Church History and Church Polity, Faculty of Theology, University of Pretoria.</p></fn>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Wim Dreyer, <email xlink:href="wim.dreyer@up.ac.za">wim.dreyer@up.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>28</day><month>02</month><year>2017</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2017</year></pub-date>
<volume>73</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>3211</elocation-id>
<history>
<date date-type="received"><day>28</day><month>09</month><year>2015</year></date>
<date date-type="accepted"><day>29</day><month>12</month><year>2015</year></date>
</history>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2017. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2017</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
<abstract xml:lang="en">
<p>During 2017, churches with roots in the 16th century Reformation look back at five centuries of reformed Christianity. Much attention is given to important leaders of the Reformation such as Luther and Calvin. However, there are many forgotten &#x2018;heroes&#x2019; who will receive no accolades, nor will they be mentioned in any publication. In this contribution the author tells the story of dr Johannes Dreyer, the forgotten reformer of Herford in Westphalia (Germany). After giving some biographical and contextual information, Dreyer&#x2019;s church order, which was published in 1534 in Wittenberg, is discussed in terms of language, structure and theological content. The conclusion is reached that the implementation of new church orders were an integral part of the reformation process as well as applying reformed doctrine to the practical situation of churches.</p>
</abstract>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Kerkhervorming in Herford (Wesfale)</title>
<p>Martin Luther het in 1517 sy stellings teen die Roomse aflaatpraktyk opgestel en aan die kerklike owerhede gestuur. Dit was die eerste van &#x2019;n reeks geskrifte wat tot ingrypende sosiale, politieke en kerklike verandering gelei het. Luther se optrede het die geskiedenis van Europa en die Christendom onherroeplik verander. Na Luther het ander invloedryke persone en kerklike leiers na vore getree wat welbekend is en wie se verhale dikwels deur historici vertel word. In hierdie artikel word die storie van &#x2019;n onbekende hervormer vertel, dr Johannes Dreyer van Herford.</p>
<p>Luther se optrede het nie net die gang van die geskiedenis verander nie, maar ook die lewe van gewone mense. In 1524, skaars sewe jaar nadat Luther sy stryd teen die aflaatpraktyk begin het, skaar &#x2019;n jong Augustynse monnik van Herford in Wesfale hom aan die kant van die Lutherse beweging. Johannes Dreyer (1500&#x2013;1544) het in 1520 in Wittenberg met Luther en Melanchthon kennis gemaak en in 1524 begin om die evangelie volgens Lutherse beginsels in die openbaar te verkondig.</p>
<p>Onder die ouer Duitse kerkhistorici het Johannes Dreyer<xref ref-type="fn" rid="FN0001"><sup>1</sup></xref> bekend gestaan as die &#x2018;Hervormer van Herford&#x2019;<xref ref-type="fn" rid="FN0002"><sup>2</sup></xref> en dit was algemeen bekend dat hy &#x2019;n belangrike bydrae tot die vestiging van die Kerkhervorming in Wesfale en in besonder in die Graafskap Ravensburg gelewer het. Herford is ongeveer 150 km oos van die Nederlandse grens, 250 km suid van Emden en val tans in die distrik van Bielefeld.</p>
<p>Wesfale beslaan die grensgebied tussen Duitsland en Nederland. Die grense van Wesfale het deur die geskiedenis verskuif en verskillende dorpe en stede is daarby in- of uitgesluit. Dortmund, Bielefeld, Osnabr&#x00FC;ck, Lemgo, Minden, Herford en M&#x00FC;nster is ou historiese dorpe in Wesfale, waarvan die geskiedenis tot in die Middeleeue teruggaan. Herford is in 789 n.C. deur Karel die Grote amptelik tot dorp verklaar, met die doel om die handelsroete te bewaak wat daar oor die Werrerivier gaan.</p>
<p>In hierdie bydrae bespreek ek die kerkorde wat dr Johannes Dreyer in 1532 vir Herford opgestel het. Die implementering van Dreyer se kerkorde het grootliks daartoe bygedra dat die Kerkhervorming in Herford en omliggende dorpe deurgevoer is. Volgens Angermann (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1995</xref>:100) was Minden (1530), Herford (1532) en Lemgo (1533) van die eerste Wesfaalse dorpe waar daar Lutherse kerkordes ingevoer is. Dit dui daarop dat die opstel en implementering van kerkordes &#x2019;n integrale deel in die proses van transformasie en kerkhervorming was.</p>
<p>Die <italic>Dreyerischen Kirchen Ordnung</italic> is &#x2019;n baie vroe&#x00EB; voorbeeld van hoe reformatoriese kerke hulle n&#x00E1; die breuk met Rome in die praktyk georganiseer het. Dreyer se kerkorde is in 1534 in Wittenberg gepubliseer deur die uitgewer Johannes Kluck onder die titel <italic>Ordinantie kerken ampte der erliken Stadt Hervorde</italic> (Dreyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">1534</xref>). Die kerkorde het vir meer as driehonderd jaar by historici verbygegaan (H&#x00F6;lscher <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1888</xref>:20), totdat H&#x00F6;lscher dit aan die einde van die 19e eeu tussen ander dokumente ontdek en weer uitgegee het. Selfs daarna is relatief min daaroor gepubliseer. Tans is Anna Krabbe (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">2014</xref>) aan die Christian Albrechts Universit&#x00E4;t zu Kiel besig met &#x2019;n doktorale proefskrif oor hierdie geskiedenis.</p>
<p>Vir die geskiedenis van die Kerkhervorming in Wesfale is die geskrifte van Hermann Hamelmann (1526&#x2013;1595) belangrik (sien Rauschenbusch <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1830</xref>). Hamelmann is in Osnabr&#x00FC;ck gebore en het vanaf 1552 as priester in Kamen gedien. In 1553 het hy aangekondig dat hy hom by die Lutherse beweging gaan aansluit. Hy moes noodgedwonge Kamen verlaat en reis toe na Wittenberg waar hy Melanchthon ontmoet en met hom &#x2019;n gesprek oor die Nagmaal gevoer het. In 1553 is hy na Bielefeld beroep en in 1556 na Lemgo. In 1560 is hy as streeksuperintendent van die Lutherse kerke aangestel en in 1573 het hy die Oldenburg Kerkorde opgestel. Hamelmann se kerkgeskiedenis (in Latyn) en kennis van die vroe&#x00EB; Lutherse predikante het in die opeenvolgende eeue as prim&#x00EA;re bron vir die studie van die Kerkhervorming gedien. Hy verwys daarin onder andere na die geskiedenis van dr Johannes Dreyer (Hamelmann <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1711</xref>:201).</p>
<p>Nog &#x2019;n belangrike aspek van die geskiedenis van die Kerkhervorming in Wesfale is die oorgang van Lutherse na Calvinistiese denke wat in die 17e eeu plaasgevind het. Die oorsaak van hierdie &#x2018;tweede&#x2019; hervormingsbeweging in Wesfale was die invloede vanuit Nederlandse Calvinistiese kringe asook die Palts waar die Heidelbergse Kategismus in 1563 die lig gesien het. In 1605 het Hertog Simon VI tot die Calvinisme oorgegaan en op die <italic>cuius regio eius religio-</italic>beginsel Calvinistiese predikante in die streek aangewys. Baie Lutherse predikante het hulle posisie verloor, onder andere &#x2019;n familielid van Johannes Dreyer (moontlik sy kleinseun Johann) wat in Donop predikant was en in 1608 sy standplaas moes ontruim. As gevolg van die hertog se optrede was die bevolking van die gebied gedeeltelik Luthers en gedeeltelik Calvinisties.</p>
<p>Dreyer se kerkorde is ook vanuit &#x2019;n taalkundige perspektief belangrik (H&#x00F6;lscher <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1877</xref>:393). Dreyer het sy kerkorde in Nederduits geskryf, in teenstelling met byvoorbeeld Luther wat in Latyn of Hoogduits geskryf het, of Calvyn wat in Latyn en Frans geskryf het. Dreyer se kerkorde en preke wat behoue gebly het, is alles in Nederduits en hy het ook weekliks in Herford in Nederduits gepreek. &#x2019;n Deel van die Kerkhervorming was juis die gebruik van moedertaal en plaaslike dialekte in die plek van Latyn soos gebruiklik was in die Roomse liturgie en geskrifte van die tyd.</p>
<p>Dreyer se kerkorde gee &#x2019;n goeie beeld van die ontwikkeling van Nederduits soos dit in daardie tyd gebruik is. In terme van die Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis is dit belangrik om daarop te let dat talle Nederduitsers vanaf 1652 na die Kaap van Goeie Hoop verhuis het, onder andere uit Wesfale en gebiede teen die Noordsee rondom Groningen en Emden (Oos-Friesland). In hierdie bydrae poog ek om ook iets van die taalkundige aspek te verwoord met aanhalings en vertalings.</p>
<p><bold>Ekskurs:</bold> Die vroe&#x00EB; immigrante aan die Kaap word dikwels in Suid-Afrikaanse historiografie op &#x2019;n simplistiese wyse as van &#x2018;Duitse&#x2019; of &#x2018;Nederlandse&#x2019; of &#x2018;Franse&#x2019; herkoms beskryf, terwyl die taal-, kulturele en geografiese herkoms in werklikheid daarmee op &#x2019;n anachronistiese wyse aangedui word. Europa het in die 17e eeu totaal anders gelyk as vandag. Die meeste immigrante sou eerder as &#x2018;Nederduits&#x2019; beskryf kan word, wat nie sonder meer as sinoniem vir &#x2018;Nederlands&#x2019; gebruik kan word nie.</p>
<p>Nederduits is die versamelnaam vir &#x2019;n aantal dialekte wat in die noorde van Duitsland en Nederland gepraat word. Hierdie Wes-Germaanse dialekte het nie die klankverskuiwing na Hoogduits ondergaan nie. Nederduitse dialekte is onder andere in gebiede soos Groningen, Oos-Friesland, Sleeswyk-Holstein en Wesfale gepraat.</p>
<p>Met die emigrasie van Nederduitsers na die Kaap na 1652 is die term &#x2018;Nederduits&#x2019; as taal- en kulturele aanduiding algemeen gebruik (vgl. De Vrese, aangehaal in &#x2019;n voetnoot deur Den Besten <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">2012</xref>:102). Dit het tot n&#x00E1; die Groot Trek voortgeduur, vandaar die bekende benaming in Suid-Afrika van &#x2018;Nederduitsch Hervormde Kerk&#x2019; asook &#x2018;Nederduitse Gereformeerde Kerk&#x2019;. Dit kan gesien word in die <italic>Algemeen Reglement</italic> van die Nederduitsch Hervormde Kerk wat opgestel is tydens die eerste Algemene Kerkvergadering wat in 1824 in Kaapstad sitting geneem het. Die titel van die 1824-kerkorde was <italic>Algemeen Reglement voor het bestuur der Nederduitsche Hervormde Kerk, in Zuid-Afrika, ontworpen in de Algemene Kerkvergadering, gehouden binnen de Kaapstad, op den 2 November, en volgende dagen van het jaar 1824</italic> (volledige teks is te vind in Pont <xref ref-type="bibr" rid="CIT0015">1991</xref>:216). Met die Algemene Kerkvergadering het daar vir die eerste keer juridies en kerkregtelik &#x2019;n selfstandige gereformeerde kerk in Suid-Afrika tot stand gekom, waaruit die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika ontwikkel het.</p>
<p>In die vroe&#x00EB; Kaapse geskiedenis is &#x2019;n Europese immigrant oor die algemeen &#x2019;n Duijtsman, Engelsman of Fransman genoem (Den Besten <xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">2012</xref>:102). &#x2018;Duijtsman&#x2019; het verwys na persone van Wes-Germaanse afkoms en is gebruik vir Duitsers sowel as Nederlanders. &#x2018;Duijtsman&#x2019; het op twee maniere vervorm: Onder die Hottentotte het dit vervorm na &#x2018;Duusman&#x2019; en in Engels na &#x2018;Dutchman&#x2019;. Laasgenoemde het daartoe aanleiding gegee dat die Nederduitsers aan die Kaap as &#x2018;Dutchmen&#x2019; of &#x2018;Nederlanders&#x2019; bekend geword het.</p>
<p>&#x2018;n Groot aantal mans het as matrose, soldate en amptenare in diens van die Nederlandse VOC gestaan. Ongeveer 4000 ongetroude &#x2018;Duitse&#x2019; mans<xref ref-type="fn" rid="FN0003"><sup>3</sup></xref> het hulle tydens die VOC- bewind (1652&#x2013;1795) aan die Kaap gevestig,<xref ref-type="fn" rid="FN0004"><sup>4</sup></xref> maar hulle koms word in teenstelling met die ongeveer 200 Franse Hugenote (ca. 1688) nie as so belangrik beskou nie. Die maklike wyse waarop by die &#x2018;Duitse&#x2019; immigrante verbygegaan word, blyk uit die volgende aanhaling: &#x2018;Te wyte aan die min Duitse vroue aan die Kaap kon &#x2019;n Duitse gemeenskap nie aan die Kaap gevestig raak nie en het hierdie enkellopende Duitse mans met nie-Duitse vroue getrou. Die VOC, wat vasbeslote was om Nederlands as die taal van die Kaap te vestig, het ook geweier om aan die Duitse Lutherse Kerk enige bestaansreg te gee. Die assimilasie van Duitsers in die Nederlandse taal en kultuur het maklik verloop&#x2019; (Van Oort <xref ref-type="bibr" rid="CIT0020">2008</xref>:20). Hierdie &#x2018;maklike verloop&#x2019; waarna Van Oort verwys, het eerder daarmee te make dat die meeste &#x2018;Duitse mans&#x2019; in werklikheid van Nederduitse afkoms was en as noordwestelike Europe&#x00EB;rs kultureel en taalkundig nie s&#x00F3; kategories van Nederlanders onderskei kan word nie.</p>
<p>Nog &#x2019;n vraag wat in groter diepte bespreek moet word, is hoe die spiritualiteit van die vroe&#x00EB; Kaapse koloniste getipeer kan word. Die tradisionele standpunt is dat dit prim&#x00EA;r deur die Calvinisme van die Franse Hugenote en gereformeerde ortodoksie (veral na die Sinode van Dordrecht 1618&#x2013;1619) vanuit Nederland bepaal is. Di&#x00E9; saak is egter nie so eenduidig nie en berus eerder op &#x2019;n ideologiese en dogmatiese interpretasie van die geskiedenis. Die belang van die Sinode van Dordrecht is na my mening in die Afrikaanse kerkgeskiedenis oorbeklemtoon. In die vroe&#x00EB; Kaapse periode was die Heidelbergse Kategismus waarskynlik meer bekend as die Dordtse Leerre&#x00EB;ls, juis omdat die Heidelbergse Kategismus in die Nederduitse gemeenskap as kategese handboek gebruik is en op &#x2019;n besondere wyse die Lutherse en Calvinistiese denke in een dokument verwoord het (sien in di&#x00E9; verband Dreyer 2014, asook Dreyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">2015</xref>). Sieketroosters aan die Kaap het hoofsaaklik van die Heidelbergse Kategismus gebruik gemaak in die kategese en onderwys wat hulle aangebied het.</p>
<p>Prof. Van Lieburg van die Vrije Universiteit van Amsterdam se navorsing het die invloed van die Duitse en Engelse teologie (insluitend Luther en Duitse Pi&#x00EB;tisme) op die Nederlandse Nadere Reformasie aangetoon. Hy toon verder aan dat &#x2019;n groot getal van hierdie publikasies na die Kaap gestuur en deur die gewone mense gelees is. Een voorbeeld hiervan is die kis boeke wat ds Theodorus van der Groe (1705&#x2013;1784), predikant van Kralingen naby Rotterdam, aan die jong weduwee Susanna Bosman (dogter van &#x2019;n Kaapse sieketrooster) gestuur het, soos blyk uit die VOC se inventaris. Van der Groe was een van die laaste leiersfigure in die Nederlandse Nadere Reformatie. Sommige van die boeke wat hy aan Susanna Bosman gestuur het, was in Nederduits geskryf en vertoon invloede vanuit die Duitse Pi&#x00EB;tisme (Van Lieburg <xref ref-type="bibr" rid="CIT0019">2015</xref>).</p>
</sec>
<sec id="s0002">
<title>Kort lewenskets van Johannes Dreyer</title>
<p>Johannes Dreyer (afwisselend ook Johan, Dreiyer, Dreijer of selfs Dreyerus) is in 1500 in Lemgo gebore.<xref ref-type="fn" rid="FN0005"><sup>5</sup></xref> Sy vader, Bernhard Dreyer, was raadsheer van Lemgo wat eervol vermeld word: <italic>Facit honorificam mentionem Horlenius in epigrammatis cujusdam Bernhardi Dreyers</italic> (Hamelmann <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1711</xref>:207). Merkwaardig is dat verskeie bronne aantoon dat Bernhard Dreyer 120 jaar oud geword het.<xref ref-type="fn" rid="FN0006"><sup>6</sup></xref> Johannes Dreyer se oom, dr Hermann Dreyer, het sy doktorsgraad in teologie aan Wittenberg voltooi en het van 1494 tot 1524 as hoof van die Augustynse Orde in Herford gedien. Dit het daartoe bygedra dat Johannes Dreyer ook tot die Augustynse Orde toegetree het, aanvanklik in Osnabr&#x00FC;ck en later in Herford.</p>
<p>In Osnabr&#x00FC;ck het Dreyer onder Gerhard Hecker (1470&#x2013;1538) gewerk. Hecker was by die Ryksdag te Worms (1518) as hoof (<italic>Ordensgeneral</italic>) van die Augustynse Orde betrokke en het opdrag ontvang om Luther gevange te neem en aan Rome uit te lewer &#x2013; iets wat nie gebeur het nie. Hy was ook by die Ryksdag teenwoordig om Luther se beroemde woorde aan te hoor: <italic>Wenn ich nicht durch Zeugnisse der Schrift und klare Vernunftgr&#x00FC;nde &#x00FC;berzeugt werde; denn weder dem Papst noch den Konzilien allein glaube ich, da es feststeht, da&#x00DF; sie &#x00F6;fter geirrt und sich selbst widersprochen haben, so bin ich durch die Stellen der heiligen Schrift, die ich angef&#x00FC;hrt habe, &#x00FC;berwunden in meinem Gewissen und gefangen in dem Worte Gottes. Daher kann und will ich nichts widerrufen, weil wider das Gewissen etwas zu tun weder sicher noch heilsam ist. Gott helfe mir, Amen!</italic><xref ref-type="fn" rid="FN0007"><sup>7</sup></xref></p>
<p>Hoe Hecker se geskiedenis verder verloop het, is onseker, maar hy het gereeld met Luther gekorrespondeer. Hierdie korrespondensie is vernietig en bestaan nie meer nie. Dreyer het in 1530 aan die Universiteit van Wittenberg <italic>immatrikuliert</italic>, wat beteken dat sy naam daar vir die eerste keer in die lys van studente verskyn het. Hy het ook sy doktoraat aan die Wittenberg Universiteit voltooi, hoewel die datum van voltooiing onbekend is. Dit het nie beteken dat hy voltyds in Wittenberg gewoon en studeer het nie. Studente het dikwels hulle studies in die kloosters onder leiding van &#x2019;n plaaslike &#x2018;<italic>doctorvater</italic>&#x2018; gedoen. Baie kloosters, asook instellings van die <italic>Broeders des Gemeenen Levens</italic>, het nou bande met universiteite gehandhaaf en bygedra tot die akademiese vorming van priesters wat die vermo&#x00EB; daartoe gehad het (vgl. Goncharenko <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2012</xref>:26&#x2013;29). In die kloosters is hulle blootgestel aan die Middeleeuse Skolastiek, Nominalisme maar ook nuwe ontwikkelings in eksegese en tale, onder invloed van Erasmus en die Humanisme. In die Augustynse kloosterordes was die teologie van Augustinus ook goed bekend.</p>
<p>Nadat Dreyer by die Augustynse klooster in Herford (waarvan sy oom, dr Hermann Dreyer, die hoof was) aangesluit het, het hy steeds deur briefwisseling met Hecker kontak behou. Uit die briefwisseling is dit duidelik dat hulle teologie grondig deur Luther be&#x00EF;nvloed is (H&#x00F6;lscher <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1877</xref>:394). Teen 1524, die jaar waarin Hermann Dreyer dood is, was die meerderheid van die Augustynse Orde in Herford (Dreyer ingesluit) reeds Luthers-gesind en di&#x00E9; getal is voortdurend deur nuwe aankomeling versterk. Nadat Dreyer in 1524 openlik die Lutherse leer aanvaar het, het hy met kragtige evangeliese prediking begin. Daarvan lees ons:
<disp-quote>
<p>Die B&#x00FC;rgerschaft fing in Folge der gewaltigen evangelischen Predigten, die Dr. Johannes Dreyer &#8230; eines gewesenen Augustinerm&#x00F6;nchs des Klosters zu Herford &#8230; sich den reformatorischen Grunds&#x00E4;tzen im Jahre 1525 zuzuwende &#8230; [Dreves <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1881</xref>:314]</p>
</disp-quote></p>
<p>Die finale keerpunt het in 1530 gekom toe eers die <italic>Neust&#x00E4;dter Kirche</italic> en daarna die <italic>Altst&#x00E4;dter Kirche</italic> of <italic>M&#x00FC;nster</italic> na die Kerkhervorming oorgegaan het. Dreyer het in 1529 Wittenberg besoek (waarskynlik vir studie) en met sy terugkeer na Herford gevind dat die stadsraad reeds die stad en kerk aan die Lutherse leer verbind het. Hy het sy monnikkleed in 1530 afgel&#x00EA; en in 1532 is Dreyer as eerste evangeliese predikant in <italic>M&#x00FC;nster</italic> aangestel.</p>
<p>Dreyer het in 1540 &#x2019;n beroep as superintendent na die Martinikerk in Minden aanvaar. Dit het nie net vir hom en sy gesin &#x2019;n groter inkomste beteken nie, maar dit het ook die vertroue getoon wat in hom gestel is. Die beroep het veral onder invloed van Urbanus Rhegius en Gerhard Oemiken plaasgevind, wat toe reeds op aanbeveling van Rhegius in Minden as predikant werksaam was. Dreyer was nie gelukkig in Minden nie, veral as gevolg van konflik wat daar ontstaan het. Hy is in 1544 in Minden oorlede.</p>
<p>Benewens sy geboorte in Lemgo is daar enkele gegewens oor Johannes Dreyer se familiegeskiedenis bekend. Hy is met Anna Koch getroud, hoewel die datum onseker is. Van Johannes en Anna Dreyer se dogter (ook Anna) is dit bekend dat sy met Martin Meybom, vise-rektor van die Lemgo Gymnasium, getroud is (Bratvogel <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2011</xref>:89; sien ook Rauschenbusch <xref ref-type="bibr" rid="CIT0016">1830</xref>:108). Hy het di&#x00E9; posisie tot in 1552 beklee, waarna Martin en Anna Meybom na Alverdissen (net buite Lemgo) verhuis het, waar hy tot met sy dood as predikant gedien het. Dr Johannes Dreyer se skoonseun was dus ook vir &#x2019;n kort tydjie predikant. Meybom se bediening in Alverissen was beperk omdat hy en sy vrou in 1557, net 15 weke na die geboorte van hulle seun (Heinrich Meybom) beide aan die pes omgekom het. Heinrich is deur die Lutherse predikant, dr Martin Chemnitz (1522&#x2013;1586) aangeneem, het filosofie en letterkunde aan die Universiteit van Helmstedt studeer en is later ook as professor in digkuns aangestel. Di&#x00E9; kleinseun van dr Johannes Dreyer het &#x2019;n groot rol in die ontwikkeling van die Duitse taal gespeel.</p>
<p>Johann Dreyer wat in 1567 gebore is en as Lutherse predikant in Donop gedien het, is na alle waarskynlikheid nog &#x2019;n kleinseun van dr Johannes Dreyer (Dreves <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1881</xref>:322). Donop is 30 km vanaf Herford en naby Lemgo. Hamelmann (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1711</xref>:243) noem hom &#x2019;n <italic>praestans vir</italic> [vooraanstaande man]. Johann Dreyer het op &#x2019;n stadium sy spraak verloor en in 1608 moes hy die pastorie ontruim <italic>wor&#x00FC;ber er sich sehr beklaget</italic> (Dreves <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1881</xref>:322). Dit hou ook verband met die optrede van hertog Simon VI waarna reeds verwys is.</p>
</sec>
<sec id="s0003">
<title>Kerkhervorming in Herford: &#x2019;n Komplekse proses</title>
<p>Die afskeid van die Roomse kerk en gebruike was nie vir almal ewe maklik nie. Die verhaal van Herford is tipies van die wyse waarop die Kerkhervorming in die eerste jare na 1517 plaasgevind het. Dit het nie oornag gebeur nie, maar deur &#x2019;n proses van persoonlike worsteling, stryd, konflik, weerstand en uiteindelike aanvaarding wat gewoonlik etlike jare geduur het. Dit is eintlik vanselfsprekend; geen mens verander oornag en sonder moeite van geloof nie. In Johannes Dreyer se lewe was dit baie duidelik, as mens in gedagte hou dat hy reeds in 1520 in Wittenberg gestudeer, teen 1524 hom openlik met Luther ge&#x00EF;dentifiseer, maar nog in 1529 in sy monnikkleed na Wittenberg gereis en eers in 1530 die kleed afgel&#x00EA; het. Dit was &#x2019;n proses wat meer as 10 jaar geduur het.</p>
<p>Die komplekse verloop van die Kerkhervorming word goed ge&#x00EF;llustreer deur die uiteenlopende standpunte van die plaaslike stadsraad, die Augustynse klooster (waarvan Dreyer deel was) en die <italic>&#x2018;</italic>Fraterhaus&#x2019; (Broederhuis). Die Augustynse klooster en die Fraterhaus was twee onafhanklike instellings in Herford, hoewel hulle dig bymekaar gestaan het. Die Augustyners in Herford was meer ingestel op die funksionering van die kerk, terwyl die Fraterhaus op persoonlike vroomheid en gemeenskapsdiens gefokus het (vgl. Dreves <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1881</xref>).</p>
<p>Die Augustynse klooster het betreklik vroeg die evangeliese geloof en vroomheid van Luther begin navolg. Soos algemeen bekend, was Luther ook verbonde aan &#x2019;n Augustynse klooster in Erfurt. Na raming was daar in hierdie periode sowat 800 Augustynse kloosters in Europa, wat in hulle teologiese denke veral op Augustinus gerig was. As &#x2019;n mens Augustinus se stryd teen Pelagius se opvatting oor die goeie werke in gedagte hou, is dit te verwagte dat die Kerkhervorming uit die Augustynse kloosters sou kom.</p>
<p>In Herford was daar onderskeibare partye en denkrigtings. Dreyer en ander lede van die Augustynse klooster was reeds deel van die Lutherse beweging, terwyl die <italic>Fraterhaus</italic> nog aan die tradisionele Roomse geloof vasgehou het. Ook die stadsraad van Herford was meer Luthersgesind. As gevolg hiervan het daar konflik tussen die stadsraad en die <italic>Fraterhaus</italic> bestaan en wou die stadsraad dit sluit. Daar het korrespondensie tussen die <italic>Fraterhaus</italic> en Luther behoue gebly, waarin die <italic>Fraterhaus</italic> sy hulp inroep om die sluiting van die instelling te voorkom (vgl. H&#x00F6;lscher <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1888</xref>:18&#x2013;19; Stupperich <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">1966</xref>:219&#x2013;238).</p>
<p>Luther, Melanchthon en Bugenhagen het by meer as een geleentheid met die rektore van die <italic>Fraterhaus</italic> (Gerhard Wiskamp en Jakob Montanus) gekorrespondeer. Dit blyk uit die briefwisseling dat Luther die rektore persoonlik geken het (Stupperich <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">1966</xref>:224). Een van die briewe van Bugenhagen aan Herford (17 Oktober 1529) waarin hy onder andere na die Marburg Dispuut verwys, is deur Johannes Dreyer, wat toe in Wittenberg was, na Herford teruggeneem. Heelwat briewe uit die tyd, waarna in ander briewe verwys word, is verlore (Stupperich <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">1966</xref>:224&#x2013;225).</p>
<p>Die stadsraad het die <italic>Fraterhaus</italic> as &#x2019;n Roomse klooster beskou en wou dit verander in &#x2019;n skool. Luther, wat van mening was dat die broeders nie Roomse monnike was of die Fraterhaus &#x2019;n klooster is nie, het dit teengestaan. Hy het die <italic>Fraterhaus</italic> selfs as &#x2019;n voorbeeld vir andere beskou (vgl. Krabbe <xref ref-type="bibr" rid="CIT0014">2014</xref>):
<disp-quote>
<p>Es ist an mich gelanget, wie man die Schwestern und die im Bruderhause n&#x00F6;tigen will, ihren Stand und Kleider zu verlassen, und sich nach des Pfarrherrs und Predigers Meinung begeben sollen. [&#x2026;] Weil denn die Br&#x00FC;der und Schwestern (die bei euch das Evangelium erstlich angefangen) ein ehrbarlich Leben f&#x00FC;hren und ein ehrliche, z&#x00FC;chtige Gemeine haben, darneben das reine Wort treulich lehren und halten, ist meine freundliche Bitte E(eure) W(eisheit) wollten nicht gestatten, da&#x00DF; ihnen Unruhe und Erbitterunge um dieser Sache willen widerfahre, da&#x00DF; sie noch geistliche Kleider tragen und alte l&#x00F6;bliche Gewohnheit, so nicht wider das Evangelion sind, halten. Denn solche Kloster und Br&#x00FC;derh&#x00E4;user mir aus der Ma&#x00DF;en gefallen. Und wollte Gott, alle Kl&#x00F6;ster w&#x00E4;ren also, so w&#x00E4;r allen Pfarrherrn, St&#x00E4;dten und Landen wohl geholfen und geraten. (bl. 122)</p>
</disp-quote></p>
<p>Aan die ander kant het Bugenhagen (wat die voorwoord tot Dreyer se kerkorde geskryf het), &#x2019;n ander mening gehad, wat hy in 1532 in &#x2019;n brief aan Johannes Dreyer te kenne gegee het (vergelyk teks in Stupperich <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">1966</xref>:230&#x2013;231). Dreyer het daarna as predikant van Herford &#x2019;n leidende rol in die sluiting van die Fraterhaus gespeel. Dit het in 1540, die jaar dat Dreyer van Herford na Minden vertrek het, op &#x2019;n <italic>disputatio</italic> uitgeloop waartydens Heinrich Vogelmann aangevoer het dat dit om die suiwer Evangelie gaan. Die argument was dat die broeders nie die evangeliese benadering ten volle aanvaar of verkondig nie (Stupperich <xref ref-type="bibr" rid="CIT0018">1966</xref>:234).</p>
<p>Die verskille en konflik tussen die Kerkhervormers in Herford en die Fraterhaus is begryplik as &#x2019;n mens in gedagte hou dat die Fraterhaus gevestig is deur die <italic>Broeders des Gemeenen Levens</italic>, wat in die 14e eeu deur die Nederlander Geert Grote in die omgewing van Deventer begin is (H&#x00F6;lscher <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1888</xref>:8). Dit het daarna deur die vestiging van Broederhuise en Susterhuise versprei. Di&#x00E9; beweging het &#x2019;n belangrike stimulus gebied vir die ontwikkeling van die <italic>Moderne Devotie</italic> of <italic>Devotio Moderna</italic>, &#x2019;n Middeleeuse herlewingsbewing. Beroemde teolo&#x00EB; wat deur die Broeders des Gemeenen Levens be&#x00EF;nvloed was, is Thomas &#x00E0; Kempis en Erasmus van Rotterdam, wat in Deventer skoolgegaan het. Die <italic>Broeders des Gemeenen Levens</italic> het groot invloed uitgeoefen in die Nederduitse gebiede van Wesfale asook die noorde van Duitsland en Nederland en waarskynlik die grond voorberei vir die Kerkhervorming &#x2013; waarom Luther ook nie <italic>per se</italic> teen hulle gekant was nie.</p>
<p>Die <italic>Fraterhaus</italic> in Herford is gebou op grond wat ridder Diedrich von Uten geskenk het en het in 1431 deur &#x2019;n pouslike bul amptelike status verkry (H&#x00F6;lscher <xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1888</xref>:9). Die broeders en susters het hulle toegespits op persoonlike spiritualiteit, toewyding aan God, onderwys aan kinders en die versorging van armes. Hulle was gekant teen die wanpraktyke wat in die Rooms-Katolieke Kerk (veral onder die priesters) voorgekom het. Hulle het hulle beywer vir &#x2019;n vernuwing in geloofslewe en die goeie werke. Die huise waarin hulle gemeenskaplik gewoon het, was nie kloosters nie en hulle het ook geen kloosterbeloftes afgel&#x00EA; nie.</p>
<p>In Herford was ook &#x2019;n <italic>Schwesternhaus.</italic> Die susters in Herford is gelei deur Anna von Limburg, &#x2019;n invloedryke persoon van adellike afkoms wat tot die einde &#x2019;n verbete stryd teen die Kerkhervorming gevoer het (Angermann <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1995</xref>:93). In Herford was daar gevolglik vier partye aktief, te wete die stadsraad, die Augustynse klooster, die Broederhuis en Susterhuis. Dit het die veranderingsprosesse en Kerkhervorming uitermate gekompliseer. Uiteenlopende en onverwagte standpunte is gestel.</p>
<p>Aan die ander kant was daar ook meer verdraagsaamheid en geduld as wat &#x2019;n mens in sulke omstandighede sou verwag. Almal het nie altyd met alles saamgestem nie, ook nie met Luther nie. Teen hierdie agtergrond was die opstel van &#x2019;n kerkorde wat eensgesindheid en die voortgang van die Kerkhervorming kon bevorder, noodsaaklik. Dit is duidelik dat die opstel van kerkordes &#x2019;n belangrike meganisme of instrument was om die Kerkhervorming op vaste bane te lei.</p>
</sec>
<sec id="s0004">
<title>Publikasies</title>
<p>Dreyer se eerste publikasie was <italic>Eine korte underwysynge yn dem hylgen Worde Goddes</italic> (Dreyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">1528</xref>). Dit beslaan 38 bladsye en is deur Johannes Kluck in Wittenberg uitgegee. Dit bevat 14 hoofstukke en op &#x2019;n tipies evangeliese wyse is dit ryk aan aanhalings uit die Skrif wat opvallend genoeg nie orals ooreenstem met Luther se vertaling nie (H&#x00F6;lscher <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1877</xref>:294).</p>
<p>Die boekie is geskryf toe Dreyer op besoek in Braunschweig was. Die Stadsraad van Braunschweig het hom mondeling uitgenooi om daar te preek. In sy prediking wat in die boekie gepubliseer is, trek hy te velde teen die vals profete. Dit gee &#x2019;n goeie indruk van die destydse Bybels-dogmatiese eksegese en prediking op grond van bepaalde reformatoriese beginsels.</p>
<p>Op die binneblad verskyn die uitgebreide titel, outeur en datum. Daarin is die <italic>sola Scriptura</italic>-beginsel baie duidelik, naamlik die Woord van God wat die bron en norm vir die verkondiging is: <italic>Eine korte underwysunge von deme heylsamen worde Goddes sampt syner krafft unde eyne Hantwysunge (nie seker oor spelling) ynn de hylgen schrifft darbeneven eyn summe eynes wahrhafftigen rechten Christliken levendes an eynen Erbarn Radt unde gantze gemeyne der l&#x00F6;ffliken Stadt Brunswyk geschreven. Dor Johan Dreyer. &#x2013; Jheremia 6: H&#x00F6;ret myne stemmen, so werde ick iuwe Godt syn, unde gy werden myn volck syn</italic>.</p>
<p>In 1532 het Dreyer sy <italic>vortreffliche Kirchenordnung in niederdeutscher Sprache</italic> (H&#x00F6;lscher <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">1877</xref>:294) opgestel. Dit is dadelik deur die stadsraad ingevoer. In opdrag van hertog Johann von Cleve, wat &#x2019;n groot aanhanger van Erasmus van Rotterdam was, is die invoering van die kerkorde in 1535 gestaak omdat die hertog &#x2019;n Erasmiaanse hervorming wou invoer. Urbanus Rhegius, die Lutherse teoloog wat hom in die Noorde van Duitsland daarvoor beywer het om eenheid onder die Lutherse stede en kerke te bewerkstellig, het heftig beswaar gemaak teen die Erasmiaanse hervorming. Dieselfde jaar is die proses hervat om die <italic>Dreyerischen Kirchen Ordnung</italic> verder te implementeer.</p>
<p>Dreyer se <italic>Ordinantie kerken ampte der erliken Stadt Hervorde</italic> het op 7 April 1532 as kerklike ordinansies van krag geword. Die voorwoord in die publikasie is deur die bekende en invloedryke Johannes Bugenhagen geskryf, wat in 1546 die begrafnisdiens van Martin Luther gelei het (Roper <xref ref-type="bibr" rid="CIT0017">2015</xref>:69). Die voorrede van Bugenhagen is gedateer &#x2018;Wittenberch [<italic>sic</italic>] 1533&#x2019; (Dreyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">1534</xref>:47), maar dit is eers in 1534 gedruk deur Johannes Kluck, uitgewer in Wittenberg.</p>
<p>In die voorrede loof Bugenhagen Dreyer se werk in die opstel van die ordinansies. Hy rig die voorwoord aan die stadsraad en burgemeester (Dreyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">1534</xref>:44) en verseker hulle dat hy die ordinansies van begin tot einde deurgelees het en onder die indruk gekom het dat die predikant van hulle stad &#x2019;n &#x2018;geleerde en vroom man is&#x2019;. Hy noem Dreyer <italic>broder Doctorem Joannem Dreyer</italic> en bid dat God deur sy genade sal gee dat die <italic>Ordinantie einen guden vortgang gewinne, sid to den ehren und iwer Stadt to der salicheit unde beteringe, Amen.</italic> Hy sluit sy voorwoord af met &#x2019;n vermaning dat almal hulle teen valse profete, vals godsdiens, bose owerhede en moorddadige mense moet verset. Die kerk het <italic>gude Propheten en Tuchtmeistere</italic> nodig (p. 47).</p>
<p>Volgens Bugenhagen is die doel van die kerkorde om subjektiewe willekeur van ampsdraers van die kerk te voorkom en die eenheid (<italic>Ersammenheit</italic> &#x2013; p. 45) in die kerk en stad te bevorder. Die Kerkhervorming was in die eerste dekades &#x2019;n uiteenlopende beweging. Die eenheid van die kerk in leer, lewe en diens was nie vanselfsprekend nie. Daarom het Rhegius, Melanchthon en andere hulle deurlopend beywer vir die eenheid van die kerk, onder andere deur ordelikheid en dissipline. In hierdie voorrede gee ook Bugenhagen pertinent aandag aan die saak.</p>
<p>Dreyer het waarskynlik nie alleen aan die kerkorde gewerk nie, hoewel hy as enigste outeur vermeld word (Angermann <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1995</xref>:100). Op die eerste bladsy (p. 44 in H&#x00F6;lscher se 1888-uitgawe) staan onder die titel <italic>Dorch D. Johan Dreiyer, Sampt Predicanten</italic> wat waarskynlik vertaal kan word as &#x2018;deur dr Johannes Dreyer, saam met predikante&#x2018;. Let daarop dat op dieselfde bladsy, in Bugenhagen se voorwoord, die wisselspelling <italic>Dreyer</italic> gebruik word. Dreyer het die kerkorde in 1532 vanaf die preekstoel in die M&#x00FC;nster afgelees, waarna die gemeente <italic>Te Deum laudamus</italic> gesing het en dit as amptelike kerkorde gegeld het.</p>
</sec>
<sec id="s0005">
<title>Inhoud van die kerkorde</title>
<p>Dreyer se kerkorde beslaan in H&#x00F6;lscher (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0013">1888</xref>) se uitgawe 64 gedrukte bladsye. Dit is dus &#x2019;n redelik omvangryke kerkorde, verdeel in verskillende hoofdele. Dreyer het aan sy kerkorde &#x2019;n drievoudige deling gegee. Na die inleiding volg die eerste deel wat handel oor amp, erediens, sakramente en &#x2019;n onderafdeling oor die dissipline, tug en regskape Christelike lewe. Die tweede deel handel oor die onderwysers, koster en orrelis, en die derde deel oor die diakonie, barmhartigheidsdiens en huwelik.</p>
<p>Wat taal betref, soos reeds gemeld, skryf Dreyer in Nederduits. Dit is duidelik anders as Nederlands en Duits. Vir Afrikaanssprekendes is dit egter opmerklik hoeveel woorde as Afrikaans herkenbaar is. Ook die eredienste is slegs in Nederduits gelei en die gemeente is betrek deur sang, wat wel nog Latynse liedere ingesluit het. Van die mense word verwag om met hulle alledaagse klere (<italic>gewontliker kledungen</italic>) die erediens by te woon, omdat Christus en die dissipels nie in prag (<italic>solcke pracht</italic>) gelewe het nie. Dreyer se kerkorde vertoon &#x2019;n sterk demokratiese tendens (Angermann <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1995</xref>:101). Die erediens, prediking en kerkorde praat met gewone mense in hulle moedertaal, mense wat met gewone klere die erediens bywoon en in hulle alledaagse lewe as Christene leef.</p>
<p>Die hoofstukke is nie genommer nie, maar is wel van opskrifte voorsien. Die opskrifte lees soos volg:
<disp-quote>
<p>Ordinantie kerken ampte erliken Stadt Hervorde<xref ref-type="fn" rid="FN0008"><sup>8</sup></xref></p>
<p>Dorch D. Johan Dreiyer, Sampt Predicanten und vorordten.</p>
<p>1534</p>
<p>Vorrhede Unde Inhalt der Ganzen Ordeninghe</p>
</disp-quote></p>
</sec>
<sec id="s0006"><title>Dath Erste deel van deme Prediger Ampthe, unde Sacramente</title>
<list list-type="bullet">
<list-item><p><italic>Van den deiners des wordes off Predicanten</italic> [Predikantsamp]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van der Bicht</italic> [Bieg]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van den Sacramenten unde Christlichen Ceremonien</italic> [Erediens]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van der dope</italic> [Doop]</p></list-item>
<list-item><p><italic>D&#x00FC;desch Dopen</italic> [Doop van dooies]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van dem Sacramente des Altars off Misse</italic> [Nagmaal]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Dath bevel von Christi van dem Sacramente wert also beschreven dorch 1 Corinth. 11 und Evangelisten &#8230;</italic> [Instelling deur Christus]</p></list-item>
<list-item><p><italic>D&#x00FC;desche Misse</italic> [Nagmaal aan gestorwenes]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Ceremonien</italic> [Ordelikheid in erediens]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Der Misse Ceremonien</italic> [Wyse van nagmaalbediening]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van der metten offt morgensange</italic> [Voorsang voor erediens]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van der Vesper</italic> [Aanddiens met gebede en sang]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van der Erwelinge und affsettinge und vorsorginge der Predicanten</italic> [Onderafdeling oor dwaling, ban, kerklike dissipline en traktement]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Vorsorginge der Predicanten</italic> [Pastorale sorg tot regskape lewe]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van dem rechte banne</italic> [Ban]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van uthwendigem Christliken wandel</italic> [Christelike lewenswandel]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van de virdagen</italic> [Onderhouding van die Sondag].</p></list-item>
</list>
</sec>
<sec id="s0007">
<title><italic>De ander</italic> [tweede] <italic>deel der Ordinentien van der schole unde Costerie</italic></title>
<list list-type="bullet">
<list-item><p><italic>Scholemeister und sine gesellen</italic> [Skoolmeesters en assistente]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van de esfinge der meisters</italic> [Vergoeding van skoolmeesters]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Arbeidt der meisters in der schole</italic> [Werksopdrag]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Der erste hupe</italic> [Inhoud van eerste jaar &#x2013; Grammatika]</p></list-item>
<list-item><p><italic>De ander hupe</italic> [Inhoud van die tweede jaar &#x2013; Briewe van Cicero]</p></list-item>
<list-item><p><italic>De dr&#x00FC;dde hupe</italic> [Inhoud van derde jaar &#x2013; Latyn grammatika]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van den schriffscholeren</italic> [Skryfkuns &#x2013; Geletterdheid]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Stede der schole und vorsorginge der meisters</italic> [Fasiliteite en vesorging van skoolmeesters]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van der jundfrowen schole</italic> [Onderrig aan meisies]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van der Kosterie und Organisten</italic> [Kosters en orreliste].</p></list-item>
</list>
</sec>
<sec id="s0008">
<title>De dr&#x00FC;dde deel der Ordinentien van der Vorsorginge der armen, Und van dem diaconampte und van der Ehe</title>
<list list-type="bullet">
<list-item><p><italic>Beddelers</italic> [Bedelary]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van den Diaken offt Kistenheren</italic> [Beheer van fondse]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van dem Kore der Diaken</italic> [Verkiesing van diakens]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Bevel der diacon</italic> [Opdrag van die diakens]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van der armen kiste</italic> [Armekis &#x2013; Gelde]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Schatgifte</italic> [Skenkings]</p></list-item>
<list-item><p><italic>Van dem Ehestande</italic> [Oor die huwelik].</p></list-item>
</list>
</sec>
<sec id="s0009">
<title>Enkele teologiese inhoude</title>
<p>Dit is nie moontlik om in die bestek van hierdie bydrae die teologiese fasette van Dreyer se kerkorde volledig te bespreek nie. Daar word volstaan met enkele kort opmerkings.</p>
<p>In die inleiding tot die kerkorde stel Dreyer (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">1534</xref>:50) dit soos volg: <italic>Dat dat hillyge worth Godes l&#x00FC;tter und regne in unsen Barren geprediket were.</italic> Die doel van die kerkorde is volgens Dreyer dat die Woord van God &#x2018;suiwer en reg in ons dorp verkondig word&#x2019; (Barre &#x2013; vgl. Engels &#x2018;burrough&#x2019;). Die Woordverkondiging word in die konteks van Matteus 28 geplaas (Dreyer <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">1534</xref>):
<disp-quote>
<p>Na dem male dat Evangelion ys ene Krafft Godes der da an l&#x00F6;vet [<italic>glo</italic>], und solkes hefft unse Here Jhesus verordenth und synen Jungeren [<italic>dissipels</italic>] gebedenn [<italic>gebied</italic>] wente an den ende der werlt tho dryvende Matthei 28. [bl. 52]</p>
</disp-quote></p>
<p>Daarna volg &#x2019;n volledige aanhaling van die teksgedeelte in Matteus 28. Dreyer wys daarop dat die kerk nie mag afwyk van hierdie opdrag van die Here Jesus nie.</p>
<p>Dit is ook opvallend (indien ek die Nederduits korrek vertaal), dat Dreyer pertinent na Luther se vertaling van die Bybel verwys vir gebruik in die prediking: <italic>&#x2026; an inhalt des lutherenn wordes Godes na wente willen und mothen, mith unsen willen offte weten nicht staden inn d&#x00FC;sser unser stadt thu Hervorde, Secten, Bartien</italic> [partyskappe], <italic>affdelinge, off valsche Predinge, wedder dath Evangelion und Sacramenten off Overicheith, denn van solcken dingen und anderen moeth geleret werden na inhalt des Wort Godes &#8230;</italic> Indien hy na Luther se vertaling verwys, is dit waarskynlik die eerste uitgawe wat in 1522 gepubliseer is. Die volledige standaardvertaling van Luther het eers in 1534 verskyn, die jaar waarin die kerkorde gepubliseer is, maar twee jaar na dit in Herford afgekondig is. Die verwysing na Luther se vertaling moet verstaan word teen die agtergrond dat die Latynse Vulgaat nie meer gebruik is nie, net in moedertaal gepreek is, en om partyskappe en verdeeldheid te voorkom. Daar was dus &#x2019;n &#x2018;amptelike Bybel&#x2019; wat die eenheid sou bevorder, maar ook beskou is as die &#x2018;suiwer evangelie&#x2019;.</p>
<p>Teologies gesproke verander hierdie uitgangspunt die totale funksionering van die kerk en erediens. Waar in die Rooms-Katolieke Kerk en erediens die sakramente sentraal staan en die erediens in Latyn deur die priester gelei word, bepaal Dreyer se kerkorde dat die verkondiging van die Woord sentraal staan, dat die erediens in die mense se moedertaal geskied en dat die lidmate deelneem aan die erediens deur hulle sang. Ek meen dat Angermann (sien hierbo) korrek is met haar siening dat die Kerkhervorming die &#x2018;demokratisering&#x2019; van die Christelike geloof en kerk bevorder het.</p>
<p>Wat die <italic>bieg</italic> betref, die volgende: In die Lutherse tradisie is daar uiteenlopende opvattings oor die bieg as &#x2019;n derde sakrament. Dit word nie soos in die Rooms-Katolieke Kerk universeel as sakrament aanvaar nie. Luther self het dit waarskynlik nie as &#x2019;n sakrament beskou nie, hoewel hy besondere groot waarde aan die bieg geheg het. In Dreyer se kerkorde is die volgorde en inhoud van die bieg, gevolg deur sakramente, van belang. Dit is duidelik dat hy nie die bieg as &#x2019;n sakrament verstaan het nie, omdat hy eers die bieg afsonderlik behandel en dan in &#x2019;n volgende gedeelte die sakramente, doop en nagmaal. Dit word ook eksplisiet gestel wanneer hy (p. 61) praat van <italic>Dat andere Sacrament</italic>. In Nederduits het <italic>andere</italic> die betekenis van tweede. Nadat hy oor die bieg en die doop gehandel het, handel hy oor die tweede sakrament, die heilige tafelsakrament.</p>
<p>Tegelykertyd beskou hy die bieg as uiters belangrik en in werklikheid &#x2019;n voorwaarde vir deelname aan die sakramente. Dit kan vergelyk word met die gedagte van voorbereiding vir nagmaal, soos in die Calvinistiese tradisie bekend is. Hy skryf:
<disp-quote>
<p>Dat nemant thom Sacramenten gelaten werden he hebben ersten tho vorn einem von dem Predikern, dem dat bevalen is, berychtynghe gegeven sines gelovens, up dat nicht dorch ore vors&#x00FC;menisse jemand unwerdich und thu siner verd&#x00F6;menisse dar tho ga &#8230; [p. 56]</p>
</disp-quote></p>
<p>Dit kan vertaal word as &#x2018;dat niemand tot die sakramente toegelaat word as hy nie tevore by een van die predikante, wat daartoe opdrag ontvang het, van sy geloof getuig het nie, sodat iemand nie as gevolg van versuim onwaardig en tot sy oordeel daaraan deelneem nie&#x2019;. Opvallend van hierdie bieg is dat dit nie in die eerste plek oor sondes gaan nie, maar om die ware evangeliese geloof.</p>
<p>Dat die <italic>regte lewenswandel</italic> ter sprake gekom het, is duidelik uit die gedeelte wat oor die dissipline en tug handel. Met die oog op die deelname aan die sakramente was die bieg &#x2019;n geleentheid waar die predikant kon vasstel of die voormalige Roomse gelowiges die evangelie en die sakrament reg verstaan en reg glo. Dit is hoekom in sekere gebiede (soos in die Palts met die Heidelbergse Kategismus) die bieg deur kategese vervang is. Wat Dreyer betref, is die bieg &#x2019;n noodsaaklike geloofsgesprek ter voorbereiding vir deelname aan die sakrament.</p>
<p>In twee gedeeltes verwerp Dreyer die Roomse praktyk om aan die <italic>gestorwenes die doop en nagmaal</italic> te bedien op grond van die feit dat daar geen sodanige opdrag in die Woord te vind is nie. Daarop word nie verder ingegaan nie.</p>
<p>Wat die <italic>doop</italic> betref, verbind Dreyer dit aan die wedergeboorte en die werk van die Heilige Gees (p. 59). Die doop is ingestel <italic>Dewile uns den Godt der Here salich gemaket hefft dorch dat bat der weddergebort und vornyginge des hilgen geystes.</italic> Die doop is ter wille van ons ingestel deur God die Here sodat ons salig gemaak word deur die bad van die wedergeboorte en vernuwing deur die Heilige Gees. Dit is ook opmerklik dat die kerkorde die kinderdoop verpligtend maak, maar tegelykertyd die Roomse gebruik verbied om tydens die doop die <italic>Eksorsismus</italic> uit te spreek. In die Roomse dooppraktyk was dit algemeen om die mag van die duiwel op die kind deur &#x2019;n eksorsisme-ritueel te &#x2018;verbreek&#x2019;. Dreyer beskou dit as strydig met die Woord en lastering teen die Heilige Gees, want wanneer die kind gedoop word en die Heilige Gees ontvang, is die kind nie meer in die mag van die duiwel nie. Eksorsisme dui op ongeloof, want die dopeling behoort volledig aan God en nie aan die duiwel nie.</p>
<p>Wat die nagmaal betref, is dit die tweede sakrament wat Christus ingestel het tot ons &#x2018;troos en versterking&#x2019;:
<disp-quote>
<p>Dat ander Sacramente von Christo unsem Heren ingesettet uns thu troste und sterkinge, is dat Sacramente des lives [<italic>liggaam</italic>] und blodes [<italic>bloed</italic>] unsere Here Jhesu Christi unter dem brode und wine uth krafft des wordes entholden [<italic>ontvang word</italic>]. (p. 61)</p>
</disp-quote></p>
<p>Die sakrament word deur die Woord bekragtig en staan nie los van die Woordverkondiging nie. Dreyer wys verder daarop dat die Mis (<italic>Misse</italic>) eintlik die nagmaal (<italic>aventmahl</italic>) is waarin Christus volgens sy bevel gedenk word, soos dit deur die apostels aan die kerk oorgelewer is. Hy verwys na die misstande wat mettertyd ontstaan het en eindig in &#x2019;n volgende gedeelte met aanhalings uit die Skrif waar die instelling van die nagmaal aan die orde gestel word. Dit is duidelik dat Dreyer poog om &#x2019;n deeglike Bybelse fundering vir die viering van die nagmaal te gee, juis teen die agtergrond van die Nagmaalstryd wat kenmerkend was van talle twisgesprekke van die tyd.</p>
</sec>
<sec id="s0010">
<title>Slotopmerkings</title>
<p>Met hierdie enkele opmerkings oor die struktuur en teologiese inhoud van die <italic>Dreyerischen Kirchen Ordnung</italic> word dit duidelik hoe ingrypend die Kerkhervorming was. Die transformasie wat plaasgevind het, het niks onaangeraak gelaat nie. Die kerklike taal, kleredrag, seremonies, nagmaal, doop en lewenswyse van die gelowiges in Herford is omvattend en grondig hervorm. Die verskuiwing van &#x2019;n sakramentele ekklesiologie en liturgie na &#x2019;n kerk wat (volgens Luther se insigte) as <italic>creatura Verbi</italic> bestaan en geen ander doel het as om die Woord van God reg en suiwer te verkondig nie, het &#x2019;n fundamentele wesenskenmerk van reformatoriese kerke geword.</p>
<p>Die opstel van &#x2019;n kerkorde as deel van Kerkhervorming staan voor die uitdaging om dit wat op grond van die Woord as suiwer leer (<italic>doctrina</italic>) geformuleer word, in praktiese en werkbare maniere van kerkwees te &#x2018;vertaal&#x2019;. Dit wat bely en geglo en verkondig word, moet ook in die sigbare kerk tot uitdrukking kom. Dreyer het met sy kerkorde van 1532 and 1534 uitnemend daarin geslaag om die kerklike praktyk in terme van die beginsels van die Kerkhervorming te struktureer.</p>
<p>In ons omgang met die geskiedenis kan &#x2019;n mens maklik vassteek by die groot en bekende verhale en name, by mense soos Luther, Calvyn en andere. Tog is die voortgang en vestiging van die Kerkhervorming ondenkbaar sonder die insette van onbekende en vergete mense soos drJohannes Dreyer, die hervormer van Herford.</p>
</sec>
</body>
<back>
<ack>
<title>Erkenning</title>
<sec id="s20011">
<title>Mededingende belange</title>
<p>Die outeur verklaar hiermee dat hy geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig of voordelig kon be&#x00EF;nvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.</p>
</sec>
</ack>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Angermann</surname>, <given-names>G</given-names></string-name></person-group>., <year>1995</year>, <source><italic>Volksleben im nordosten westfalens zu beginn der Neuzeit</italic></source>, <publisher-name>Waxmann Verlag</publisher-name>, <publisher-loc>M&#x00FC;nster</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bauks</surname>, <given-names>F.W</given-names></string-name></person-group>., <year>1980</year>, <source><italic>Die evangelischen Pfarrer in Westfalen von der Reformationzeit bis 1945</italic></source>, <publisher-name>Luther-Verlag</publisher-name>, <publisher-loc>Bielefeld</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bratvogel</surname>, <given-names>F.W</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, <source><italic>Bernhard copius und das Lemgoer Gymnasium</italic></source>, <publisher-name>V &#x0026; R Unipress Gmbh</publisher-name>, <publisher-loc>G&#x00F6;ttingen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Den Besten</surname>, <given-names>H</given-names></string-name></person-group>., <year>2012</year>, <chapter-title>Roots of Afrikaans. Selected writings of Hans den Besten, redaksioneel versorg deur Ton van der Wouden</chapter-title>, in <source><italic>Creole Language Library 44</italic></source>, <publisher-name>John Benjamin Publishing Co</publisher-name>., <publisher-loc>Amsterdam</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Dreves</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>1881</year>, <source><italic>Geschichte der Kirchen, Pfarren, geistlichen Stiftungen und Geistlichen des Lippischen Landes</italic></source>, <publisher-name>F. L. Wagener</publisher-name>, <publisher-loc>Lemgo</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Dreyer</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>1528</year>, <source><italic>Eine korte underwysynge yn dem hylgen worde Goddes</italic></source>, <publisher-name>Johannes Kl&#x00FC;ck</publisher-name>, <publisher-loc>Wittenberg</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Dreyer</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>1534</year>, &#x2018;<chapter-title>Ordinantie kerken ampte der erliken Stadt Hervorde&#x2019;, redaksioneel versorg en uitgegee deur L. H&#x00F6;lscher (1888)</chapter-title> in <source><italic>Reformationsgeschichte der Stadt Herford. Im Anfang die Herforder Kirchenordnung von 1532</italic></source>, pp. <fpage>44</fpage>&#x2013;<lpage>108</lpage>, <publisher-name>Bertelsmann</publisher-name>, <publisher-loc>G&#x00FC;tersloh</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Dreyer</surname>, <given-names>W.A</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, &#x2018;<article-title>The Heidelberg Catechism: A 16th century quest for unity</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>70</volume>(<issue>1</issue>), <comment>Art. &#x0023;2092</comment>, <fpage>5</fpage> pages. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/hts.v70i1.2092">http://dx.doi.org/10.4102/hts.v70i1.2092</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Dreyer</surname>, <given-names>W.A</given-names></string-name></person-group>., <year>2015</year>, &#x2018;<article-title>South Africa: The early quest for liberty and democracy</article-title>&#x2019;, <source><italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic></source> <volume>71</volume>(<issue>3</issue>), <comment>Art. &#x0023;2873</comment>, <fpage>7</fpage> pages. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/hts.v71i3.2873">http://dx.doi.org/10.4102/hts.v71i3.2873</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Goncharenko</surname>, <given-names>S.V</given-names></string-name></person-group>., <year>2012</year>, <source><italic>Wounds that heal. The importance of Church discipline within Balthasar Hubmaier&#x2019;s theology</italic></source>, <publisher-name>Pickwick Publications</publisher-name>, <publisher-loc>Eugene, OR</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hamelmann</surname>, <given-names>H</given-names></string-name></person-group>., <year>1711</year>, <source><italic>Opera Genealogico-historica de Westphalia et Saxonia etc</italic></source>., red. <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>E. C.</given-names> <surname>Wasserbach</surname></string-name></person-group> <comment>en uitgegee deur H. W. Meyer, Lengoviaebesigtig 30 September 2015 by <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://play.google.com/store/books/details?id=GMlcAAAAcAAJ&#x0026;rdid=book-GMlcAAAAcAAJ&#x0026;rdot=1">https://play.google.com/store/books/details?id=GMlcAAAAcAAJ&#x0026;rdid=book-GMlcAAAAcAAJ&#x0026;rdot=1</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="other"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>H&#x00F6;lscher</surname>, <given-names>L</given-names></string-name></person-group>., <year>1877</year>, &#x201E;<article-title>Dreier, Johann</article-title>&#x201C;, in: <source><italic>Allgemeine Deutsche Biographie</italic></source> (<year>1877</year>), <comment>besigtig 29 September 2015 by <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://www.deutsche-biographie.de/pnd137238711.html">http://www.deutsche-biographie.de/pnd137238711.html</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0013"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>H&#x00F6;lscher</surname>, <given-names>L</given-names></string-name></person-group>., <year>1888</year>, <source><italic>Reformationsgeschichte der Stadt Herford. Im Anfang die Herforder Kirchenordnung von 1532</italic></source>, <publisher-name>Bertelsmann</publisher-name>, <publisher-loc>G&#x00FC;tersloh</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0014"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Krabbe</surname>, <given-names>A</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, &#x2018;<chapter-title>Religi&#x00F6;se Gemeinschaften und lutherische Stadt: Konflikt und Koexistenz in Soest und Herford 1521&#x2013;1609</chapter-title>&#x2019;, in <source><italic>Mitteilungen der Residenzen-Kommission der Akademie der Wissenschaften zu G&#x00F6;ttingen</italic></source>, <comment>Jahrgang 3 (2014), red. Gerhard Fouquet</comment>, pp. <fpage>121</fpage>&#x2013;<lpage>128</lpage>, <publisher-name>Uninversit&#x00E4;tsdruckerei Christian Albrechts Universit&#x00E4;t zu Kiel</publisher-name>, <publisher-loc>Kiel</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0015"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Pont</surname>, <given-names>A.D</given-names></string-name></person-group>., <year>1991</year>, <source><italic>Die historiese agtergronde van ons kerklike reg, deel 2</italic></source>, <publisher-name>Kital</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0016"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Rauschenbusch</surname>, <given-names>A.E</given-names></string-name></person-group>., <year>1830</year>, <source><italic>Bilder von Westphalischer Theologen</italic></source>, <publisher-name>Verlag von M. Scherz</publisher-name>, <publisher-loc>Schwelm</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0017"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Roper</surname>, <given-names>L</given-names></string-name></person-group>., <year>2015</year>, &#x2018;<chapter-title>Martin Luther</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>P.</given-names> <surname>Marshall</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>The Oxford illustrated history of the reformation</italic></source>, pp. <fpage>42</fpage>&#x2013;<lpage>75</lpage>, <publisher-name>Oxford University Press</publisher-name>, <publisher-loc>Oxford</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0018"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Stupperich</surname>, <given-names>R</given-names></string-name></person-group>., <year>1966</year>, &#x2018;<chapter-title>Luther und das Fraterhaus in Herford</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>K.</given-names> <surname>Aland</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>Geist und Geschichte der Reformation. Festgabe Hanns R&#x00FC;ckert</italic></source>, <publisher-name>Walter de Gruyter &#x0026; Co</publisher-name>, <publisher-loc>Berlyn</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0019"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Lieburg</surname>, <given-names>F</given-names></string-name></person-group>., <year>2015</year>, &#x2018;<chapter-title>Luther in Dutch Pietism</chapter-title>&#x2019;, <comment>ongepubliseerde lesing tydens &#x2019;n konferensie oor</comment> <source><italic>Luther and Calvinism. Image and reception of Martin Luther in the history and theology of Calvinism</italic></source>, <publisher-name>RefoRC</publisher-name>, <publisher-loc>Emden</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0020"><mixed-citation publication-type="thesis"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Oort</surname>, <given-names>C.P</given-names></string-name></person-group>., <year>2008</year>, <source><italic>Die ontwikkelingsgeskiedenis van Afrikaans: &#x2019;n inklusiewe perspektief en implementering in &#x2019;n lesreeks</italic></source>, <comment>Ongepubliseerde PhD-proefskrif</comment>, <publisher-name>Noordwes Universiteit</publisher-name>, <publisher-loc>Potchefstroom</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Dreyer, W., 2017, &#x2018;Johannes Dreyer (1500&#x2013;1544) &#x2013; Die Hervormer van Herford&#x2019;, <italic>HTS Teologiese Studies/Theological Studies</italic> 73(1), a3211. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/hts.v73i1.3211">https://doi.org/10.4102/hts.v73i1.3211</ext-link></p></fn>
<fn id="FN0001"><label>1</label><p>H&#x00F6;lscher, L., 1877, &#x201E;Dreier, Johann&#x201C;, in: <italic>Allgemeine Deutsche Biographie</italic> (1877), te vind by <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://www.deutsche-biographie.de/pnd137238711.html">http://www.deutsche-biographie.de/pnd137238711.html</ext-link>, besigtig op 29 September 2015.</p></fn>
<fn id="FN0002"><label>2</label><p>Stupperich, R., 1966, &#x2018;Luther und das Fraterhaus in Herford&#x2019;, in K. Aland (ed.), <italic>Geist und Geschichte der Reformation. Festgabe Hanns R&#x00FC;ckert</italic>, Walter de Gruyter &#x0026; Co., Berlyn.</p></fn>
<fn id="FN0003"><label>3</label><p>Sien <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://www.safrika.org/degenen.html">http://www.safrika.org/degenen.html</ext-link> vir volledige inligting oor Duitse immigrante.</p></fn>
<fn id="FN0004"><label>4</label><p>Een van die Nederduitsers wat hom aan die Kaap gevestig het, was Johannes Augustus Dreyer (1689&#x2013;1759), die seun van ds. Johannes Dreyer wat tot 1708 met sy dood in Grube as Lutherse predikant gedien het. Dreyer het in 1713 met die skip Nesserak in Kaapstad geland en is op 31 Januarie 1716 getroud met Sarah van Wijk, die dogter van &#x2019;n wynboer van Stellenbosch. Hulle kinders was Johannes Frederik Dreyer, Johannes Augustus Dreyer, Sara Dreyer, Thomas Frederik Dreyer, Andries Dreyer en Anna Cornelia Dreyer. Sy skoonvader Arij van Wijk was een van Adam Tas se ondersteuners in die stryd teen goewerneur W. A. van der Stel se magsmisbruik. Van Wijk het die plaas Schinderkuijl in 1705 bekom en mettertyd 8000 wynstokke aangeplant. Die plaas staan vandag bekend as Leeuwenkuil en Willie Dreyer is die eienaar (sien <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://www.leeuwenkuilfv.co.za/about-us/">http://www.leeuwenkuilfv.co.za/about-us/</ext-link>). Ds. Johannes Dreyer van Grube is &#x2019;n nasaat uit die Dreyer-familie van Wesfale waarvan dr Johannes Dreyer van Herford ook deel was. Volgens die argivaris van die Wesfaalse Argief is die doopregisters uit die 16e eeu nie meer beskikbaar nie, wat genealogiese navorsing bemoeilik. Talle van ds. Johannes Dreyer van Grube se nasate in Suid-Afrika het as predikante in verskillende kerke gedien.</p></fn>
<fn id="FN0005"><label>5</label><p>Sommige bronne stel sy geboorteplek as Bega. Die meeste bronne, insluitend Bauks, F.W., <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1980</xref>, <italic>Die evangelischen Pfarrer in Westfalen von der Reformationzeit bis 1945</italic>, pp. 104&#x2013;105, Luther-Verlag, Bielefeld, meen dit is Lemgo. In werklikheid is die twee dorpe net 15 km uit mekaar; dus maak dit nie werklik verskil nie.</p></fn>
<fn id="FN0006"><label>6</label><p>Vergelyk in hierdie verband Dreves (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1881</xref>:314) se verwysing na Johannes Dreyer. In die gedeelte verwys Dreves verbasend genoeg na Johannes Dreyer as die seun van &#x2018;<italic>eines 120 Jahr alt gewordenen Lemgoer Rathsherrn</italic>&#x2019;.</p></fn>
<fn id="FN0007"><label>7</label><p>Deutsche Reichstagsakten, J&#x00FC;ngere Reihe, Bd. II, No. 80, pp. 581&#x2013;582.</p></fn>
<fn id="FN0008"><label>8</label><p>Waar die oorspronklike teks van Dreyer se kerkorde woordeliks aangehaal word, het ek die oorspronklike Gotiese skrif getranskribeer en, waar nodig, die Nederduits in Afrikaans vertaal.</p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>