The article describes the dialogue between Thomas Groome’s approach to faith formation and Gestalt theory in order to develop a practice approach to faith formation. The transversal model of cross-disciplinary dialogue, developed by Wentzel van Huyssteen, is utilised to develop a practice approach to faith formation. The process of faith formation, according to Thomas Groome’s Shared Christian Praxis approach, encompassing five movements, is described first. This is followed by a literature study on Gestalt theory. The philosophical roots of Gestalt theory as well as specific Gestalt concepts are explored in order to explain the process of human growth and change. Gestalt theory’s paradoxical theory of change, as well as the contact cycle are utilised in order to explain the process of integration and assimilation of faith. The transversal dialogue is continued by relating the insights gained from Groome’s approach and Gestalt theory. The context of missional ecclesiology, in which the researcher finds himself, is also accounted for during the dialogue. The process identifies six guidelines for the practice of faith formation. The findings of the dialogue are processed into a practice approach to faith formation. The practice approach is presented in such a way that it can be utilised in a variety of settings.
Daar is tans wydverspreide kommer oor die praktyk van geloofsvorming (Borgman
In die Suid-Afrikaanse konteks het verskeie navorsers ook bydraes tot die veld gelewer (Du Toit
Na aanleiding van die werk van Van Huyssteen (
Osmer (
Die transversale perspektief impliseer dat Groome se benadering en die Gestaltteorie nie geïntegreer word tot een nuwe teorie wat in alle omstandighede geldig moet wees nie. Die ontwikkeling van ’n praktykbenadering tot geloofsvorming het gefokus op alle persone wat met die proses van geloofsvorming gemoeid is. Meer spesifiek was die fokus op die missionale konteks van die Nederduitse Gereformeerde kerk (NGK) waarvan ek ’n leraar is.
Thomas Groome is ’n wyd erkende praktiese teoloog wat ’n gevestigde kenner in die veld van geloofsvorming is (Beaudoin
Die komponente van Groome se benadering word vervolgens uiteengesit, waarna die vyf bewegings daarvan weergegee word.
Met ‘huidige aksie’ verwys Groome (
Met kritiese refleksie verwys Groome (
Groome (
Groome gebruik die metafoor ‘storie’ as ’n groter en omvattender term as ‘narratief’:
Groome gebruik ‘visie’ om te verwys na sowel die geleefde reaksie waartoe die Christelike storie die mens uitnooi as die belofte wat God in die storie maak. Die storie is egter nog nie voltooi nie en die mens bevind sigself telkemale in nuwe historiese omstandighede, wat telkens na reaksie vra (Groome
Groome (
Die vyf momente van die gedeelde Christelike praksis van Groome se benadering word vervolgens uiteengesit.
Die eerste beweging nooi deelnemers om hulle huidige aksie, sover dit die gekose onderwerp betref, te verwoord. Die fokus is nie teoretiese kennis nie, maar kennis wat in die deelnemers se praksis en persoonlike ervaring gegrond is (Groome
Tydens die tweede beweging word deelnemers bewus van hulle eie visies en stories soos wat dit in die huidige oomblik beleef word. Die tweede beweging wil onderskei wat die ooglopende van die huidige aksie is, maar ook bewustheid bevorder oor die bron of oorsprong wat daartoe aanleiding gegee het (Groome
Die derde beweging behels ’n ontmoeting met die Christelike gemeenskap se storie. Dit sluit die visie in waartoe die storie die deelnemers uitnooi. Groome gebruik storie as ’n metafoor vir die geloofstradisie en visie as die geleefde reaksie en belofte waartoe hierdie geloofstradisie deelnemers uitnooi (Groome
Deur middel van dialoog en dialektiek kan deelnemers die uitnodiging van die Christelike Storie en Visie in hul eie stories en visies toe-eien (Groome
Die vyfde beweging veronderstel dat die tekens van die bewind van God, wat in die teenswoordige (hier en nou) reeds herken kan word, raakgesien word. In hierdie beweging word besluit hoe die reeds en die nog nie deelnemers uitnooi om ’n keuse uit te oefen vir ’n reaksie op die bewind van God (Groome
Die drie doelwitte van geloofsvorming vir die gedeelde Christelike praksis van Groome se benadering word vervolgens uiteengesit.
Groome (
Naas die oorkoepelende doelwit van die ‘bewind van God’ behels die eerste onmiddellike eksistensiële doelwit van geloofsvorming die bevordering van ’n geleefde Christelike geloof in die lewens van mense. Indien mense as agent-subjekte van geloof beskou word, beteken dit dat geloof deur middel van kritiese
Die heelheid van menslike vryheid is die tweede eksistensiële doel van geloofsvorming en behels die dryfkrag en gevolg van ’n geleefde Christelike geloof (Groome
Groome (
Groome (
In hierdie afdeling hanteer ek die volgende navorsingsvraag: Watter lig kan die Gestaltteorie op die proses van geloofsvorming werp?
Crocker (
Volgens Clarkson (
Yontef (
Die veldteorie is een van die basiese teoretiese vertrekpunte van Gestaltterapie (Lobb & Lichtenberg
Beisser
Perls (Joyce & Sills
Geloofsvorming het die potensiaal om op sodanige wyse plaas te vind dat dit ’n baas-klaas-spanning in die persoon se lewe bewerkstellig. Die geloofsinhoud kan die rol van ’n baas in die persoon se lewe begin speel, wat tot ongesonde lewenspatrone in die wêreld kan lei. Die persoon se klaas kan die geloofsinhoud wat as baas funksioneer, ondermyn. Sodoende ontstaan ’n gefragmenteerde lewe, waarvan die geloofsaspek slegs in sekere fragmente van die persoon se lewe funksioneer.
Indien eksterne standaarde outomaties deur mense aanvaar en ingeneem word, vind introjektering plaas (Yontef
Introjects are internalizations of others’ beliefs, often significant societal rules that allow us to fit into our communities. Clear examples can be seen in forceful instructions given to children, which are absorbed often without understanding. (bl. 171–172)
Teenoor introjeksie behels assimilasie dat geloofsinhoud as deel van die persoon geïntegreer word. Indien geloofsinhoud geïntegreer en geassimileer word, is die implikasies dat ’n persoon die betrokke geloofsinhoud wel in verskillende uitdagings en lewensfases van toepassing sal kan maak en geloofsinhoud sal kan toeëien.
Die paradoksale teorie van verandering is gebaseer op ’n vertroue in die vermoë van die mens om op sodanige wyse te selfreguleer dat die toepaslikste aanpassing vir die konteks waarbinne geleef word, gemaak kan word (Yontef
Daar is ’n verskeidenheid weergawes van en opinies oor die Gestalt-kontaksiklus. Joyce en Sills (
Joyce en Sills (
Kontakmodifikasies voorsien ’n moontlike verklaring waarom integrasie van geloof nie by mense plaasvind nie, aangesien so ’n onderbreking in die kontaksiklus integrasie blokkeer.
Tydens die derde fase van die navorsing het die kulminasie van die transversale dialoog plaasgevind. Vir die doeleindes van hierdie studie het ek gekies om die missionale ekklesiologie wat die NGK by die Algemene Sinode van 2013 as amptelike ekklesiologie aanvaar het (NGK 2013:8), te gebruik as vertrekpunt vir die konteks waarbinne die transversale dialoog plaasvind.
Die gesprekke wat tans oor die missionale aard en roeping van die kerk in die NGK aan die gang is, word gevoer vanuit die boustene van die Reformasie (Niemandt & Meiring
’n Missionale ekklesiologie word geskoei op die wyse hoe God as Drie-Enige God verstaan word. In die Bybel word God as één beskou, maar die mens leer God in drie persone ken: Vader, Seun en Heilige Gees (Niemandt & Meiring
Die Drie-Enige God stuur die kerk die wêreld in (Matt 28:18–20) as deel van God se sending (Niemandt & Meiring
Christus se vleeswording speel ’n groot rol in ’n missionale ekklesiologie en roep die kerk op om ’n inkarnasie-leefstyl na te streef (Joh 17:18–20; Niemandt & Meiring
Missionale geloofsvorming hef die dualisme tussen ’n geestelike lewe en ’n gewone lewe op. Niemandt en Meiring (
Die volgende rigtingwysers vir geloofsvorming is vanuit die missionale ekklesiologie geïdentifiseer.
’n Missionale ekklesiologie roep gelowiges op om deel te neem aan dít waarmee God besig is. Geloofsvorming het ten doel om gemeenskappe te begelei sodat hulle intensioneel deelneem aan die koninkryk van God.
Geloofsvorming behoort die rol van jongmense as gidse op die geloofsreis baie duidelik te ondersteun (Niemandt & Meiring
Daar is nie meer ruimte vir ’n dualistiese lewensbeskouing waarvolgens daar ’n geestelike lewe en ’n sekulêre of gewone lewe bestaan nie. Geloofsvorming het dit ten doel om gelowiges te help om op alle lewensterreine aan die koms van die koninkryk deel te neem.
Indien geglo word dat God in alle lewenskontekste teenwoordig is en dat geloofsvorming dit dan ten doel het om mense te help om dit te herken, vra dit van gelowiges om intensioneel in hulle omstandighede teenwoordig te wees. Deur op te daag in die lewe, teenwoordig te wees en oop te wees om te luister, word die koms van God se koninkryk raakgesien. Geloofsvormingsprosesse behoort gelowiges te nooi om werklik teenwoordig te wees in die wêreld aangesien dit deel vorm van Christus se inkarnasie in die wêreld.
Zscheile (
Geloofsvorming behoort só plaas te vind dat mense gehelp en geleer word om onderskeidend te kan leef en leer. Niemandt en Meiring (
Die inkarnasie van Jesus Christus en sy selfprysgawe vra dat persone wat by prosesse van geloofsvorming betrokke is, bereid sal wees om te dien. Geloofsvorming word nie vanuit ’n posisie van mag gedoen nie.
’n Missionale ekklesiologie verg dat geloofsvorming só geskied dat dit die krag van die evangelie in die Bybel vir mense ontsluit (vgl. Keifert
Indien geloofsvorming verstaan word as ’n proses wat mense leer hoe om te onderskei op watter wyse God binne die huidige kontekste (hier en nou) in die wêreld aan die werk is, dien dit te verstane dat dit ’n voortgaande proses is.
Die volgende rigtingwysers vir geloofsvorming is vanuit Groome se benadering geïdentifiseer.
Groome (
Mense wat by geloofsvorming betrokke is, is agent-subjekte. Dit is ’n bemagtigende benadering wat die grond tussen leerders en opvoeders gelyk maak (Groome
Groome (
Groome se benadering (vgl. Beaudoin
Die Christelike storie en visie is as’t ware die spilpunt van Groome se proses. Die hoofdoel van die aanbieding van die Christelike storie en visie is om mense te bemagtig om ’n ontmoeting (
Groome (
Transformasie beteken dat identiteit, wil en handel vernuwe word. Groome se benadering vereis dat geloofsvorming só behoort te gebeur dat mense oop is vir alternatiewe wyses van leef.
Geloofsvorming behoort mense te betrek om met verantwoordelikheid te reageer (Groome
’n Kreatiewe uitdrukking van mense se eie storie en visie is noodsaaklik (Groome
Groome (
Die volgende rigtingwysers vir geloofsvorming is vanuit die Gestaltteorie geïdentifiseer.
Die dialogiese verhouding in die Gestaltteorie voorsien ’n duidelike rigtingwyser vir geloofsvorming: Dit behoort só te geskied dat mense tot eerlike dialoog genooi word. Die Gestaltteorie dui aan dat mense die behoefte het aan ’n ruimte waarbinne hulle bemagtig word om keuses uit te oefen vir nuwe moontlikhede – teenoor ’n lewenshouding wat bloot probeer navolg wat van die self verwag word.
Persone is nie bloot in die veld (lewenswêreld) nie, maar is self aspekte (deel) van die veld (Joyce & Sills
In die Gestaltteorie is mense se eie ervaring en belewenis essensieel. Prosesse van geloofsvorming behoort erkenning te gee aan die ervarings en belewenisse van mense en behoort dit te ontgin.
Geloofsvormingsprosesse behoort mense te help om gefokus te bly in die hier en nou, selfs al word daar oor die verlede en die toekoms gepraat.
Die Gestaltteorie wys dat een mens nie ’n ander mens vorm nie. Geloofsvorming wat vanuit ’n posisie van mag oor ander benader word, het ’n groter waarskynlikheid om tot introjeksie te lei, asook tot ’n baas-klaas-spanning by die persoon (vgl. Yontef
Organismiese selfregulering illustreer mense se vermoë en natuurlike prosesse om te kies en betekenis te verskaf (Yontef & Jacobs
Verantwoordelikheid het die implikasie dat mense keuses kan uitoefen en die verantwoordelikheid vir die gevolge van die keuse kan aanvaar (Yontef
Die doelwit van Gestaltterapie is om mense tot bewustheid te begelei (Joyce & Sills
Indien inhoud tydens prosesse van geloofsvorming só aangebied word dat die inhoud deur middel van assimilasie deel word van mense se self, bly dit nie ’n vreemde (
Daar behoort voorsiening gemaak te word vir verskillende tipes kontaksiklusse. Met sommige prosesse sal ’n korter siklus meer effektief wees om voltooidheid te verkry, terwyl ander prosesse weens die kompleksiteit daarvan oor ’n langer tydperk moet plaasvind.
Kontakgrensmodifikasies kan gesonde of gepaste reaksies binne bepaalde omstandighede wees (Joyce & Sills
Aangesien die doelwit in die Gestaltteorie bewustheid is, beteken dit dat verskillende kreatiewe aktiwiteite ingespan kan word om mense te help om te identifiseer waarvan hulle bewus word. Tydens prosesse van geloofsvorming behoort kreatiewe oefeninge deel van die prosesse te wees om mense in hulle bewuswordingsproses te help.
Die selfregulerende organisme illustreer dat die mens voortdurend besig is om na balans (ekwilibrium) te streef. Soos wat nuwe uitdagings en lewensfases aanbreek, ontstaan die behoefte om te herinterpreteer en weereens, op ’n nuwe manier, geloofsinhoud op sodanige wyse toe te eien dat dit sin maak binne veranderde omstandighede.
Vervolgens word ses riglyne vir geloofsvorming geïdentifiseer. Die riglyne behels die samevoeging van trajekte wat vanuit die Gestaltteorie en Groome se benadering in dieselfde rigting dui wanneer geloofsvorming binne die konteks van ’n missionale ekklesiologie ter sprake is.
’n Missionale ekklesiologie asook Groome se benadering beklemtoon die bewind van God as doelwit vir geloofsvorming. In die Gestaltteorie is die doelwit bewustheid, maar op sodanige wyse dat ’n fragmentering tussen die gewone lewe en ’n spirituele lewe duidelik nie volhoubaar is nie. Die Gestaltteorie verleen verdere insig in die feit dat integrasie van houdings, emosies en gedagtes ’n direkte invloed op die optrede van die persoon het.
Groome se benadering plaas die Christelike storie en visie in die sentrum. Kontak as ’n Gestalt-konsep wys die belangrikheid uit dat indien enige storie oor of visie van geloof ter sprake kom, werklike kontak met die storie of visie noodsaaklik is vir integrasie. Die Gestaltteorie vestig die aandag op verskillende eksperimente wat gedoen kan word om mense te begelei om te ervaar wat met hulle gebeur wanneer hulle met hul sintuie die storie of visie beleef. ’n Missionale ekklesiologie het ook die belang van die Christelike storie uitgewys.
Kontakgrensmodifikasies identifiseer die wyse waarop mense se kontak met die Christelike storie of visie belemmer kan word. Groome maak nie hiervoor voorsiening nie. In hierdie opsig lewer die Gestaltteorie ’n baie waardevolle bydrae om in die praktyk van geloofsvorming te verreken.
Missionale geloofsvorming, Groome se benadering en die Gestaltteorie gaan voortdurend op ’n onderskeidende wyse te werk om sin te gee aan gebeure, lewensomstandighede, ervarings, gedagtes en emosies. ’n Spesifieke bydrae wat vanuit die Gestaltteorie na vore tree, is die fokus op die hier en nou tydens die onderskeidingsproses. Terwyl Groome die noodsaaklikheid van drie verskillende soorte kennis aandui (
Vir Philippson (
Vanuit die missionale ekklesiologie is die volgende rigtingwysers geïdentifiseer:
Erken lidmate, veral jongmense, as gidse.
Lewe met ’n geïntegreerde spiritualiteit.
Ervaring is belangrik.
Missionale geloofsvorming is nooit afgehandel nie.
Vanuit Groome se benadering is die volgende rigtingwysers geïdentifiseer wat met waarderende openheid in verband gebring kan word:
Erken ervaring.
Luister aktief met openheid.
Geloofsvorming behoort ’n lewenslange proses te wees.
Vanuit die Gestaltteorie dui die volgende rigtingwysers op ’n waarderende openheid:
Neem mense se kontak met hulle lewenswêreld ernstig op.
Ervaring en belewenis is belangrik.
Geloobfsvorming behoort lewenslank te gebeur.
Wanneer hierdie onderskeie rigtingwysers almal langs mekaar geplaas word, word ’n trajek wat ’n houding van waarderende openheid suggereer, duidelik sigbaar.
Die Gestaltteorie toon aan dat ’n uitnodiging tot kreatiwiteit bemagtigend is vir bewustheid. In Groome se benadering is kreatiewe uitdrukking as sleutelrol uitgewys. Vanuit die missionale ekklesiologie is daar nie ’n duidelike rigtingwyser geïdentifiseer wat kreatiwiteit aanmoedig nie, behalwe dat die ervaring en belewenisse van mense belangrik is.
Vir die praktykbenadering word die riglyne as oop-einde riglyne hanteer wat in die praktyk binne ’n verskeidenheid van kontekste toegepas kan word.
Die einddoel van geloofsvorming is die bewind van God. Die bewind van God behoort as ’n aaneenlopende proses beskou te word wat ook in die verlede en hede herkenbaar is. Geloofsvorming wat vir die bewind van God plaasvind, hef die dualisme tussen ’n geestelike lewe en ’n gewone lewe op. ’n Missionale ekklesiologie funksioneer vanuit die geloofsoogpunt dat God in die wêreld besig is. God se bewind bring volgens Groome vryheid vir alle mense, asook die wêreld. Dit beteken dat die proses van geloofsvorming só benader word dat dit mense help om raak te sien waar en hoe God in hulle lewens en omgewing besig is, op sodanige wyse dat dit hulle bemagtig om deel te neem aan die bewind van God.
In Groome se benadering van lewe na geloof na lewe lê die heraanbieding van die Christelike storie en visie in die sentrum van die proses. Die navorser gebruik die term storie as inklusief sodat die betekenis van visie ook daarin vervat word. Buiten die breër Christelike storie lê die klem in die Gereformeerde tradisie op die Woord self. In terme van Groome se benadering behoort dit al drie vorme van kennis (
Onderskeiding en bewustheid vind in die hier en nou plaas. Die implikasies is dat deelnemers die geleentheid gegun moet word om in die hier en nou te kan onderskei watter reaksies, emosies, houdings, gedagtes en ook liggaamlike sensasies die proses van die ontmoeting met die Christelike storie by hulle ontlok. Die doelwit, vir die bewind van God, is ’n konstante herinnering dat God in die hier en nou ook teenwoordig en besig is.
Selfopofferende verhoudings fokus op die gemeenskap wat saam, in ’n veilige ruimte, die geloofsvormingsproses laat plaasvind binne die missionale ekklesiologie wat in die Drie-Eenheid gewortel is. Dit is deur middel van ’n dialogiese verhouding wat ’n derde spasie saam deur die betrokke partye geskep word.
Groome (
Groome se fokus op die mens wat na die beeld van God geskape is, speel veral ’n groot rol in sy teologiese antropologie. Terselfdertyd assosieer Groome die teologiese konsep van beeld van God met vryheid (Groome
Pas die reël van epoché (
Gee ’n beskrywing van die fenomeen volgens die onmiddellike en konkrete indrukke daarvan.
Vermy dit om te bepaal watter beskrywings van ervarings belangriker is as ander.
Saam met die openheid gaan die proses van geloofsvorming met nie-veroordeling en ’n verwelkomende gesindheid gepaard.
Kreatiwiteit is die modus waarvolgens die proses van geloofsvorming plaasvind. Daar is twee sake wat pertinent na vore tree:
die geleentheid om deur middel van kreatiewe uitdrukking mense te bemagtig om hulle eie storie en visie na vore te bring
die geleentheid om saam kreatief te kan wees in die skepping van ’n alternatiewe werklikheid waarin die lewe anders geleef kan word.
Groome (
The ‘creative’ dimension is honored by attending to people’s historical visions and to the Vision of God’s reign by enlivening their imaginations and empowering their wills to be cocreators of it now. (bl. 48)
Hierdie Gestaltteoretiese perspektiewe op kreatiwiteit is hierbo uitgelig. Joyce en Sills (
In hierdie studie is ’n transversale dialoog tussen Groome se benadering en die Gestaltteorie ontgin om ’n praktykbenadering tot geloofsvorming binne die konteks van ’n missionale ekklesiologie te genereer. Die rigtingwysers vir geloofsvorming wat vanuit die Gestaltteorie en Groome se benadering asook vanuit ’n missionale ekklesiologie geïdentifiseer is, is in die transversale dialoog by mekaar uitgebring om riglyne te identifiseer vir die praktykbenadering tot geloofsvorming.
Die dialoog tussen Groome se benadering en die Gestaltteorie het ’n unieke bydrae oor die praktyk van geloofsvorming gelewer. Indien die ses riglyne wat in die praktykbenadering tot geloofsvorming opgeneem is, toegepas word, behoort dit ook binne die Suid-Afrikaanse konteks van groot waarde te wees:
Geloofsvorming wat plaasvind vir die bewind van God sal mense kan help om te begryp dat geloofsvorming nie bloot van elke individu plaasvind nie. Geloofsvorming vind plaas ter wille van die wêreld en alle mense, wat deel is van God se bewind.
Ontmoetings met die Christelike storie, as riglyn, behoort Christelike gemeenskappe te help om te fokus op byeenkomste en prosesse waarvolgens elke persoon die geleentheid gegun word om persoonlik te beleef watter impak die Christelike storie op hom of haar het.
Die ander vier riglyne is steeds gefokus op ontmoetings met die Christelike storie en gee ’n duidelike beeld van die wyse waarop mense in mekaar se teenwoordigheid behoort op te tree om ontmoetings met die Christelike storie saam te kan beleef. Dit is ’n bemagtigende praktykbenadering wat ten diepste daarop gemik is om geloofsgemeenskappe te begelei om hulle leefwêreld te transformeer.
The authors declare that they have no financial or personal relationships which may have inappropriately influenced them in writing this article.
S.L. is ’n leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk Brackenfell, Proteahoogte. Hy het sy PhD voltooi in 2015. Hierdie artikel is ’n assimilasie van die outeur se ongepubliseerde doktorale proefskrif onder leiding van R.A.D. en H.B.G., met die titel ‘’n Praktykbenadering tot geloofsvorming vanuit die benadering van Thomas Groome en Gestaltteorie: ’n Prakties-teologiese dialoog’ (Fakulteit Teologie, Noordwes Universiteit, Potchefstroom).
Sommige navorsers (vgl. Binneman
Beisser (