In the Afrikaans-speaking South African theological context, there was little positive regard for Bultmann's work, especially for his demythologising program. More than seventy years have passed since Bultmann's 1941 essay on demythologising started a lively debate. For most, Bultmann and his legacy have receded into the past. With the 130th commemoration of Bultmann's birthday this year, it seems appropriate to revisit his 1941 essay on demythologising. The purpose of this paper is to listen again to the voice of Bultmann, unhindered by the interpretations of his work by others. This is possible, as the dust has long settled after the demythologisation debate. This exercise may reveal that Bultmann's work is still relevant in our new theological context.
Rudolf Bultmann was die mees invloedryke Bybelwetenskaplike van die 20ste eeu en het bakens verskuif wat blywende resultate gelewer het (Van Aarde
Die grondmotief vir ontmitologisering was om die Nuwe-Testamentiese verkondiging vir moderne mense te ontsluit. Vir Bultmann was dit ondenkbaar dat moderne mense, met ’n werklikheidsverstaan gevorm deur wetenskap en tegnologie die mitologies verwoorde verkondiging van die Nuwe Testament sal verstaan en aanvaar. Dit verg ’n prysgawe van die intellek. Die Nuwe-Testamentiese verkondiging moet verstaanbaar interpreteer word sodat dit hedendaagse mense eksistensieel sal aanspreek (Bultmann
Waarom sou die Nuwe-Testamentiese verkondiging dan vir moderne mense onverstaanbaar wees? Eerstens vorm die drieverdieping- mitiese wêreldbeeld die
Hierdie voormoderne werklikheidsverstaan verklaar gebeure as bo-natuurlike ingrype. Moderne wetenskaplik-georiënteerde mense redeneer nie meer so nie. Siekes gaan dokter toe en beskou nie siekte as God se straf of Satanswerk nie. Biologiese verklarings en behandeling van siekte maak die teodiseevraag en die mitiese denke oorbodig.
Tweedens, en van groter belang as die mitologiese denkraamwerk, is die probleem dat die heilsgebeure boonop in
So verkondig die Nuwe Testament:
die laaste dae het aangebreek
in die volheid van die tyd het God sy Seun gestuur
die Seun, pre-eksistente God, verskyn op aarde as ’n mens
met sy kruisdood word hy plaasvervangend tot sondaar gemaak
so bring hy versoening vir mense se sonde
sy opstanding is die begin van die kosmiese katastrofe waardeur die dood oorwin word, wat deur Adam gekom het
die demoniese magte het hulle krag verloor
die opgestane Heer word verhoog tot die regterhand van God
hy word Heer en Koning gemaak
hy sal terugkeer op die wolke om finaal die oordeel en verlossing te voltrek
met sy koms sal die opstanding van die dooies plaasvind en die eindoordeel
sonde, dood en alle lyding sal ophou
die gemeenskap van gelowiges het aan Christus deel deur die doop en nagmaal, en sal aan die verlossing deel kry mits hulle volhard
gelowiges ontvang nou reeds die eerste vrugte hiervan, naamlik die Heilige Gees as waarborg dat hulle kinders van God is en sal opstaan uit die dood.
Hierdie mitiese spreekwyse is die taal van die Joodse apokaliptiek en die Gnostiese verlossingsmite. Beteken geloof om hierdie mitiese spreekwyse en verwysingsraamwerk te aanvaar? Indien nie, is die wesensvraag of die Nuwe Testament ’n waarheid bevat wat los van hierdie wêreldbeeld as verwysingsraamwerk verkondig kan word. Indien wel, moet teologie die Christusverkondiging ontmitologiseer (Bultmann
Mites verklaar die kragte wat op mense inwerk en hulle lewens begrens, as bonatuurlik. ’n Mitiese kosmologie of wêreldbeskouing ontwikkel as verklarende verwysingsraamwerk waardeur mense ’n greep op die bonatuurlike kry. Dit gebeur omdat mites oor die bonatuurlike in menslike of wêreldse terme praat. Die bonatuurlike word geobjektiveer tot die ondermaanse, en daarmee tot iets beheerbaars (vgl. Bultmann
Mites verwoord die begrensheid van menslike eksistensie, maar die objektiverende voorstellingswyse versluier en belemmer dit. Mites demonstreer dat die bekende, verbygaande wêreld sy oorsprong en betekenis vind in die bonatuurlike. Menslike bestaan word beheer en bedreig deur bonatuurlike magte wat dit begrond en begrens. Mense is nie in beheer van hulle lewens en lotgevalle nie, maar is uitgelewer aan, of afhanklik van die bonatuurlike magte wat die werklikheid beheer (Bultmann
Mites wil nie ’n objektiewe prentjie van die werklikheid daarstel nie, maar aandui hoe mense hulleself verstaan binne hulle leefwêreld. Mites behoort daarom nie in kosmologiese terme verklaar te word nie, maar in antropologiese terme – of beter nog, in eksistensiale terme. Taal is ontoereikend vir spreke oor die bonatuurlike. Analogiese taal is al uitweg uit die impasse. So kom die bonatuurlike tot binne mense se bekende leefwêreld, emosies, motiewe en moontlikhede. Eksistensiale interpretasie is nodig om mites se bedoeling te ontbloot, naamlik om menslike eksistensie tot uitdrukking te bring. Die objektiverende spreekwyse van mites versluier hierdie bedoeling en moet ontmitologiseer word ten einde te verstaan hoe menslike eksistensie daarmee belig word (Bultmann
Ontmitologisering beteken nie vir Bultmann die wegsny van die mitiese, soos die benaming suggereer nie (vgl. Malan
Bied die Nuwe-Testamentiese dokumente wel aan ons ’n selfverstaan wat ons eksistensie eg bevraagteken en ’n eksistensiële beslissing verg? Bultmann (
Hierdie wêreld (
Eie aan die verganklikheid is die menslike kommer of besorgdheid (
Hierteenoor, in eksistensiale terme vertaal, verkondig die Nuwe Testament lewe in vertroue op en vanuit die Onsigbare. Dit beteken prysgawe van alle selfgemaakte sekuriteite en lewe vanuit geloof, menende vertroue dat die Onsigbare, Onbekende en Onbeheerbare mense ontmoet as liefde wat vir hulle lewe en daarmee ’n toekoms skenk (Bultmann
God se genade is sondevergewend. Sonde is in eksistensiale terme daardie gesindheid van mense om hulle lewens te probeer verseker en beveilig deur sekuriteite daar te stel, daaraan vas te klou en uiteindelik daarvoor te leef. Juis omdat hierdie gesindheid mense afsluit van die Onsigbare en die toekoms waarin God Homself aan ons gee, is dit sonde (Bultmann
Hierdie vryheid is nie asketisme nie. Gelowiges onttrek nie aan die wêreld nie. Hulle neem deel aan die dinge in hulle leefwêreld, maar asof op ’n afstand, asof nie. Gelowiges is nie meer slawe van aardse dinge nie. Hierdie wêreld is vir die gelowiges gekruisig en hulle vir die wêreld. Alles van die wêreld het vir hulle na die agtergrond verskuif as dinge wat geensins betekenis in sigself het nie. Bultmann (
Om só te leef is om
Geloof beteken in die Nuwe Testament ook
Is hierdie aanspraak ’n mitologiese res wat ontmitologiseer moet word? Kan die Christelike synsverstaan realiseer sonder Christus? Filosowe soos Graaf York van Wartemburg, Karl Jaspers en Martin Heidegger se werk suggereer dit. Bultmann oordeel dat wat die filosofie op sy eie oor menslike eksistensie waarneem, ook in die Nuwe Testament tot uitdrukking kom (Bultmann
Die vraag is nie of die aard van menslike eksistensie sonder die Nuwe Testament verstaan kan word nie, maar of outentieke eksistensie sal realiseer bloot omdat dit aan mense verduidelik word en hulle daartoe opgeroep word, soos die filosofie meen (Bultmann
Die Nuwe Testament praat met gelowiges, dus met mense wat die beslissing gemaak het om God se verlossingsdaad in hulle eksistensie te laat plaasvind (Bultmann
Vergifnis van sonde moet nie juridies verstaan word as die blote afskryf van skuld of straf, sodat menslike bestaan onveranderd kan bly nie. Vergifnis is eerder die bevryding van daardie mag wat ons tot hiertoe gevange gehou het. Vergifnis is daarom bevryding tot gehoorsaamheid. Eskatologiese (outentieke) eksistensie word moontlik omdat God opgetree en mense deur die Christusgebeure van die houvas van hierdie wêreld bevry het. Dit is die bekendmaking van God se liefde. Alleen geloof in hierdie liefde van God maak mense vry van hulleself en oop vir God se toekoms. Christelike geloof is daarom altyd geloof in Christus as die bekendmaking van God se liefde (Bultmann
Die vraag aan die orde is derhalwe of die bekendmaking van God se liefde deur die Christusgebeure ’n mitiese gebeure is.
Die vervlegtheid van die mitiese voorstellings oor die pre-eksistente, maagdelik-gebore Seun van God met die historiese Jesus van Nasaret laat Bultmann vra of die mitiese voorstellingswyse nie bedoel om die betekenis van die historiese Jesus weer te gee nie: die Verlosser en sy oorsprong is nie te verstaan vanuit die konteks van hierdie wêreld nie, maar vanuit die ewigheid (Bultmann
Is dit van deurslaggewende belang dat die kruis juis die kruis van Christus is? Vir die eerste gelowiges wel, want hulle het Jesus persoonlik geken. Met ons is dit anders. Dit is nie gebeure binne ons eie lewens nie. Ons ken dit alleen danksy die historiese berigte daaroor. Die Nuwe Testament dui nie die betekenis van Jesus se kruis vanuit sy historiese lewe aan nie, sodat historiese navorsing dit kan reproduseer nie. Die Gekruisigde word verkondig as die Opgestane. Kruis en opstanding vorm ’n eenheid (Bultmann
Regdeur die Nuwe Testament word die opstanding geteken as eksatologiese gebeure waardeur Jesus die dood vernietig het en ware en ewige lewe aan die lig gebring het. Deur die doop kry gelowiges deel aan beide Jesus se dood en sy opstanding. Dit moet konkreet in hulle lewens bewys word deur teen die sonde te stry. Die opstanding is dus geen mitiese gebeure wat die betekenis van die kruis geloofwaardig maak nie. Die opstanding moet geglo word, net soos wat die betekenis van die kruis geglo moet word. Die opstandingsgeloof is niks anders nie as die geloof in die kruis as heilsgebeure, aan die kruis as die kruis van Christus nie. ’n Mens glo nie éérs aan Christus en daarná aan sy kruisdood nie. Om in Christus te glo is om in die kruis as die kruis van Christus te glo. Dit is nie omdat dit die kruis van Christus is dat dit heilsgebeure is nie. Omdat dit heilsgebeure is, is dit die kruis van Christus. Daarsonder is dit net die tragiese dood van ’n edele mens (Bultmann
Hoe word dit moontlik om die kruis as kruis van Christus te beskou, en daarmee as heilsgebeure en eskatologiese gebeure? Omdat dit so verkondig word, naamlik saam met die opstanding. Christus, die gekruisigde en verrese Heer, ontmoet ons in die verkondiging en nêrens anders nie. Ware Paasgeloof is om hierdie verkondiging te aanvaar (Bultmann
Dit sou ’n fout wees om terugwaarts agter die verkondiging in te vra na die historiese oorspronge daarvan om dit sodoende te regverdig. Ons kan geloof nie deur historiese ondersoek regverdig nie. Die verkondiging ontmoet ons as God se woord; daarom vra ons nie dat dit gelegitimeer word nie. Dit bevraagteken óns juis, naamlik of ons bereid is om dit te glo. Die verkondiging vra ons om die kruis en opstanding as eskatologiese gebeure te glo, sodat nuwe moontlikhede vir ons selfverstaan daardeur geopen kan word. Hierdie soort geloof is ware Paasgeloof (Bultmann
Histories kan die Paasgebeure nie vasgestel word nie, alleen maar die Paasgeloof van die dissipels. Die Christelike Paasgeloof is egter nie geïnteresseerd in die historiese vraag daaroor nie. Vir gelowiges is die historiese ontstaan van die Paasgeloof van die dissipels die selfbekendmaking (
Bly daar ’n mitologiese res oor nadat die Nuwe-Testamentiese verkondiging ontmitologiseer is? Vir mense wat spreke oor God se beslissende eskatologiese handeling as mitologie beskou, moet daar vir seker ’n mitologiese res oorbly. Tog is dit nie meer mitologie in die ou sin van die woord, sodat dit nou oorbodig word met die verdwyning van die ou mitologiese wêreldbeeld nie. Die heilsgebeure is geen mirakelagtige, bo-natuurlike gebeure nie, maar ’n historiese gebeurtenis in ruimte en tyd. Deur dit só voor te stel word die mitologiese sluier weggeneem en kom die Nuwe-Testamentiese verkondiging tot sy reg, naamlik as aankondiging van die paradoks dat God se eskatologiese handeling voltrek in die lewe van ’n konkrete historiese persoon. Net so is die verkondiging ook nie die misterieuse woorde van ’n orakel nie, maar sober verkondiging van die persoon en lotgevalle van Jesus van Nasaret en die betekenis daarvan as heilsgebeure. Dit kan wel verstaan word as historiese fenomeen deur die geesteswetenskappe en kan selfs as moontlike wêreldbeeld beskou word. Die verkondiging self maak egter die aanspraak dat dit God se eskatologiese spreke is (Bultmann
Predikante, apostels en die kerk is sosio-historiese fenomene met ’n geskiedenis wat deel vorm van ’n kultuur. Tog is hulle eskatologiese fenomene (Bultmann
Ontmitologiering is nie alleen ’n hermeneutiese metode nie, maar opdrag en verantwoordelikheid (o.a. Fuchs
Bultmann se beskouing van die mite was ontoereikend, maar dit is nie waar Bultmann sy bydrae wou lewer nie (Perrin
Kritiek dat Bultmann drie definisies gebruik vir die mite: die mite as mitiese wêreldbeeld, die godsdiens-historiese definisie en laastens die mite as uitdrukking van menslike selfverstaan (Thiselton
Die definisie van mite was nie vir Bultmann die belangrikste aspek in sy hermeneutiese program is nie (vgl. Bultmann
Bultmann het self nie konsekwent ontmitologiseer nie. Die mitiese apokaliptiese verwagting van die koninkryk van God wat hy aan Jesus toeskryf, het hy nie ontmitologiseer nie, ten einde dit te koppel het aan die uitbly van die paroesie. Die Paasgeloof het hy ook nie ontmitologiseer nie (Fuchs
Die liberale teologie het die mite uit die verkondiging weggesny. So wou Bultmann nie werk nie. Hy wou die mitiese spreke interpreteer eerder as elimineer. Sy aanvanklike inhoudelike kritiek (
Bultmann het taal, ook mitiese taal, as objektiverend hanteer. Die objektiverende spreekwyse van mitiese taal versluier die ware intensie om ’n bepaalde selfverstaan tot uitdrukking te bring. Ontmitologisering beweeg weg van taal na verstaan (selfverstaan) voor mitiese taal dit tot uitdrukking gebring het. Hierdie verstaan skyn vir Bultmann meer outentiek te wees as die taal waarin dit verwoord is (Robinson
Bultmann se gelykstelling van mitiese spreke en objektivering van God is ongeldig. Dit is te betwyfel dat die Nuwe Testament werklik so ’n simplistiese, naïewe en primitiewe verstaan van die wêreld en van God gehad het. Bultmann se wye definisie van mites het onnodig meegebring dat analogieë en simbole ontmitologiseer is. Maar Bultmann se idee oor die waarheid waarna die mities verwoorde verkondiging in die Nuwe Testament verwys, is weer te eng. Dit lei tot ’n reduksie van die spreke oor God se handelinge, naamlik tot die Christusgebeure. So ontvlug Bultmann die historiese via die kerygma. Ontmitologisering behoort
Bultmann se navolgers het, soos hy, Heidegger se eksistensiefilosofie in hulle hermeneutiek aangewend. Dit lei tot verskilpunte omdat Bultmann gesteun het op die vroeëre werk van Heidegger, en sy navolgers op sy latere werk. So was Fuchs byvoorbeeld van mening dat Bultmann nie reg laat geskied het aan die begrip selfverstaan nie, juis omdat hy nie Heidegger se latere denke hieroor in aanmerking geneem het nie (Van Til
Bultmann het begrippe ontleen aan Heidegger se eksistensiefilosofie, maar dit telkens vir sy eie doeleindes aangepas en met die heelwat ouer filosofies-teologiese tradisie van die Marburgse Neo-Kantianisme verenig. Uit hierdie tradisie, eerder as die eksistensiefilosofie, groei Bultmann se teologie. Bultmann se weergawe van eksistensialisme is daarom eiesoortig, met wortels wat verder terug strek as sy samewerking met Heidegger in die twintigerjare van die vorige eeu (Johnson
Vir Bultmann is selfverstaan deel van voorverstaan en ondergeskik aan die doelwit om die teks te interpreteer. Hierdie benadering is te beperk. Die skopus van hermeneutiek moet voorsiening maak dat die teks die lesers kan interpreteer, sodat hulle selfverstaan aangespreek word deur die selfverstaan wat die teks voorstel. Dan is dit nie meer God, Jesus, die wêreld of taal wat ontmitologiseer word nie, maar die mens, vasgevang in ’n verwronge verhouding met homself. Dit is ongeldig om die openbaring te onderwerp aan ’n statiese ruimte met slegs tyd wat in beweging is. Lesers moet ingetrek word deur die evangelie tot waar ruimte en tyd sin maak in terme van ’n beweging, in terme van ’n pad wat geloop word, as tyd vir ander en ruimte vir ons. Bultmann se ontmitologisering benodig ’n meer radikale eksistensiale interpretasie wat die teks opnuut op ’n nuwe pad in beweging bring. Sodoende is die leser se selfverstaan nie slegs voorverstaan nie, maar ook die doel van die hermeneutiese proses. Verstaan moet minder klem kry as taal, want die teks interpreteer homself deur wat die teks oor ons sê (Robinson
Die belangrikste vraag wat uit Bultmann se benadering na vore tree, is na die historiese Jesus. Fuchs vra waarom die woorde en optrede van die historiese Jesus vir die evangeliste so belangrik was dat dit vertel moes word, as dit genoegsaam sou wees om Jesus as Here te bely? Die
Waarom was die vraag na die historiese Jesus nie vir Bultmann van wesenlike belang nie? Formkritik het vroeg in die twintigste eeu aangedui dat Jesus se boodskap wat deur die Sinoptici weergegee word, grotendeels nie outentiek was nie, maar gevorm is deur die vroegste Christelike groepe in verskillende stadia van ontwikkeling. Die aanvanklike tradisie oor Jesus is dus ingebed in die vroegste verkondiging en tegelyk daardeur bedek. Gevolglik is die Paasgeloof die draer en vormgewing van die evangelie. Hierdie konklusie het radikale gevolge vir Bultmann se benadering tot die historiese Jesus gehad. Sedert sy 1921-publikasie
Bultmann is verskeie male beskryf as die grootste teoloog wat die twintigste eeu opgelewer het. Dit is jammer dat hy in Suid-Afrika so min erkenning gekry het en dat sy werk nie die aandag gekry het wat dit verdien nie (Pelser
Die outeur verklaar hiermee dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig of voordelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.